RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ Epizody: 3035

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

7. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 23 17.10.2022

Wikus en Armani kan net nie hulle geskille oplos nie. Tryna bly bekommerd oor Vytjie. Jana bied egter ’n oplossing aan. Die vraag is of dit die oplossing vir alles sal wees?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 22 14.10.2022

Tryna en Thys kry uiteindelik vir Vytjie. Thys is kwaad vir Vytjie omdat sy haar ma onnodig bekommerd gehad het. Tryna bly bekommerd oor Vytjie wat nie wil sê wat fout is nie, en ook nie meer kans sien vir Duinebult nie. Du Preez praat oor sy gevoelens met Jana. Jana is nog versigtig. Sy het eenmaal seergekry. Sy sien nie weer kans daarvoor nie.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 21 13.10.2022

Vytjie is nie haarself nie, en het almal op hol. Sy tree heeltemal buite haar aard op, en niemand weet hoekom nie.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 20 12.10.2022

Wikus en Armani is weer haaks. Duinebult se mense maak amok nadat Spring Tide Holdings twee locals wat in besit van perlemoen was, aangerand het. Riekie en Dawie sit op. Trix moet inspring en raad gee. Dawie loop steeds lig as dit by Riekie kom.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 19 11.10.2022

Stella en Gys se verhouding floreer. Steward haal vir Evelyn oor die kole omdat sy hom en sy burgemeesterskap ondermyn. Vytjie is in die sewende hemel. Nie net gaan dit goed met haar afrigting nie, maar meneer Van der Veen verras haar ook met ’n geskenk. Tryna waarsku haar om nie te naïef deur die lewe te gaan nie. Vytjie dink sy het die wysheid in pag om nie deur mense om die bos gelei te word ni...

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 18 10.10.2022

Thys en Vytjie sit vas oor meneer Van der Veen en die skinderstories en venyn omdat hy haar apart afrig. Evelyn vererg haar vir Riekie en haar stories, en laat haar dit goed verstaan. Sy lig Stella daaroor in. Stella sê sy sal haar nie aan die skinderstories steur nie, aangesien Gys in wese verander het en dit elke dag wys in sy optrede, maar die saad van twyfel blyk gesaai te wees.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 17 07.10.2022

Jana het lekker by Du Preez gekuier. Du Preez is egter in die sop, want Trix het uitgevind hy het vir haar gejok. Vytjie stel haar ma gerus oor Thys. Riekie deel haar goeie nuus met Trix.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 16 06.10.2022

Gys word uit die kliniek ontslaan. Stella moet maar fyntrap. Du Preez begin stadig maar seker sy gevoelens teenoor Jana wys. Jana is nog versigtig.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 15 05.10.2022

Gys word opgeneem. Evelyn en Stella wag om te hoor wat die dokter sê. Evelyn loop in Speurder Theron vas. Sy is erg onkant gevang. Sy weier egter om na hom te luister of te hoor wat hy te sê het. Sy versoek hom ook om nie dinge op Duinebult vir haar te kompliseer nie. Steward het nog steeds niks goeds van Gys te sê nie, en dit veroorsaak konflik tussen hom en Evelyn.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 14 04.10.2022

Trix deel haar geheim met Riekie. Gys is in die moeilikheid, en Stella moet orals vure doodslaan. Evelyn is baie duidelik wanneer sy sê sy het genoeg van Gys en sy moeilikheid gehad.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 13 03.10.2022

Trix oorreed vir Jana om ’n ete by haar huis te hou en Op dié manier ’n paar mense te leer ken. Sy maan Riekie en Jana teen eensaamheid. Du Preez loop ook deur, want Trix se oë mis niks nie, veral nie as dit met moontlike liefde te doen het nie.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 12 30.09.2022

Jana gaan soek meer inligting oor Piet Bakkievanger by Trix. Baie benoud gaan vra sy vir Du Preez om ’n ogie oor haar en haar huis te hou. Du Preez se reaksie maak dat sy amper onmiddellik spyt is. Riekie ontferm haar oor Dawie, maar moet heeltyd lofliedere oor Bessie en haar kwaliteite aanhoor. Dawie klink maar vol fiemies. Riekie is nie seker of sy haar lewe daarmee wil kompliseer nie.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 11 29.09.2022

Wikus en Armani is aanmekaar omdat Wikus nie sy oë van ander vroue kan afhou nie. Dit is gou duidelik dat Armani ook maar net ’n poppie is wat daarvan hou dat ander haar ego streel. Vinkel en koljander, die een is nes die ander. Jana se uitstalling in die Bo-Kaap is ’n reuse sukses. Sy en Jakes is baie tevrede oor die uitkoms. Dit is egter met haar terugkeer na Duinebult dat sy hoor dat daar dinge...

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 10 28.09.2022

Riekie kan nie wag om vir Trix te vertel wat gebeur het nie. Trix is soos gewoonlik die ‘oor’ en gee raad, en speel steeds Cupido. Sy maak ook seker Jana woon die strandpartytjie by, en is heel tevrede met die uitkoms. Maar net die volgende dag spat die vonke weer tussen Jana en Du Preez.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 9 27.09.2022

Stella en Gys handhaaf ’n wapenstilstand. Gaan dit hou of sal Gys weer iewers uithaak? Riekie is omgekrap oor Dawie en Bessie se eskapades. Sy wend haar na Trix. Is dit wys? Sal Trix vir Riekie in die regte rigting help, of van die wal af in die sloot? Du Preez is ook nie uitgesluit by haar planne nie. Hy is net ’n bietjie meer lugtig vir Trix en haar liefdespyltjies.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 8 26.09.2022

Gys het nie net probleme by die huis nie, maar dinge raak ook vir hom warm by die skool. Behalwe vir die landloopseisoen wat begin het, lê daar ook ’n toetsreeks vir Vytjie en Thys voor. Stella wil Riekie help om vir Dawie te oorrompel, maar Riekie is skepties, gegewe al die weduwees wat hulle voor Dawie se voete gooi.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 7 23.09.2022

Het Gys hierdie keer te ver gegaan? Evelyn ontferm haar oor Stella en haal haar daardeur Steward se gramskap op die hals. Jana en Evelyn ontmoet mekaar, en Jana en Du Preez se paaie kruis ook weer.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 6 22.09.2022

Die inwoners takel Steward in ’n vergadering oor viskwotas, die beheerliggaamposte en beloftes oor werkskepping. Riekie, wat haar ook beywer vir dievissergemeenskap, is ook teenwoordig. So ook Pastoor Veldsman. Riekie is nie heeltemal tevrede met die uitkoms van die vergadering nie en nader pastoor Veldsman daaroor.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 5 21.09.2022

Trix en Jana leer mekaar beter ken. Du Preez reik uit na Jana, maar nes hy dink hulle kan moontlik vriende wees, dan trek sy terug. Evelyn sit aan Steward om Spring Tide Holdings so ver te kry om hulle beloftes oor Duinebult en sy mense na te kom.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 4 20.09.2022

Pastoor Veldsman praat met Tryna oor sy bekommernis oor Vytjie. Speurder Theron is besig met sy ondersoek oor Piet Bakkievanger se verdwyning. Du Preez iseen van sy verdagtes. Die twee is al met die speurder se eerste besoek haaks. Tryna maak haar hart op ’n skrefie oop vir Jana, maar Jana hou haar eie seer dig gesluit. Du Preez lê weer besoek af by sy buurvrou, en word hierdie keer ’n bietjie bet...

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 3 19.09.2022

Vytjie weier om in die see te swem. Die see het dan haar en Thys se pa’s kom vat. Boonop op ’n manier wat glad nie vir haar sin maak nie. Du Preez ontmoet vir Jana, sy nuwe buurvrou, en die vonke spat onmiddellik. Tryna sit met haar eie hartseer en probeer dit van Vytjie af weghou. Vy ken haar ma egter te goed en word nie deur haar om die bos gelei nie. Sal tyd alles beter maak?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 2 16.09.2022

Hoekom doen Gys wat hy doen? Sal Evelyn agter die kap van die byl kom? Hoe lank sal Stella nog sy fisiese mishandeling verduur?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 1 15.09.2022

Riekie vertel vir Trix van die nuwe aankomeling op die dorp. Wie is sy en wat kom doen sy op Duinebult? Tryna stel haarself aan Jana bekend en bied haar hulp aan om die huis leefbaar te maak. Hoekom is Gert so ontsteld nadat Jana by die hotel aangekom het? En hoekom rep niemand ’n dooie woord oor Piet nie?

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 60 (slot) 14.09.2022

Dit gons op die dorp. Vir die eerste keer in Wingerdsvlei se geskiedenis word drie mense kort na mekaar vir verskillende moorde in hegtenis geneem. Florence Viljoen en Angie Nagel klink ‘n glasie op hulle puik speurwerk.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 59 13.09.2022

Tersia Radlof besluit haar pa se lewe moet gevier word. Dis ‘n dag waarin die goeie van ‘n mens onthou en gedeel word. Buks Marais wend een laaste deperate poging aan om Sonja Radlof van mening te laat verander. Dennis September oortref homself.

Poslouchej podcast Middagvervolgverhaal v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály