RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ Epizody: 3033

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

5. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 6 06.04.2023

Drikus vertel vir Pearl dat Danny die pad gevat het. Sy erken aan hom dat sy en Shaun probleme het.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 5 05.04.2023

Chris maak 'n belangrike aankondiging, wat sy vreemde gedrag verduidelik.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 4 04.04.2023

Chris besoek Janet. Hy vertel haar hoe lief hy haar het. Bets probeer by Elvera uitvind wat skort met Chris.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 3 03.04.2023

Dieter is in die moeilikheid by Elvera. Roelf is bekommerd oor Aletta. Chris tree steeds vreemd op en dit laat Bets wonder.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 2 31.03.2023

Danny is rusteloos. Elvera is bekommerd oor Chris se vreemde gedrag. Shaun en Pearl sit vas.

DISNISGEDRAAI deur Mari Snyman - Episode 1 30.03.2023

Die Lingerfelders is terug! Bets is bekommerd oor Pearl. Sy is ook vies vir Danny omdat hy bly krap waar dit nie jeuk nie.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 80 (slot) 29.03.2023

Ampie verdrink sy sorge in Gert se kafee, en erken ’n paar dinge wat selfs Gert se oë laat rek. Nadat die ondenkbaarste terugslag hulle getref het, kondig Ampie-hulle aan dat hulle teruggaan plaas toe. Terug op Aangenaam vra Ampie vir Kasper ’n laaste guns...

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 79 28.03.2023

Elias sê vir Grieta hy het ’n slegte droom gehad, en Kasper skryf dit toe aan bygeloof. Bart kom paniekerig vir Ampie sê dat hy moet vlug want Frits Steyn is gearresteer. Bart vra Ampie om Hester te gaan troos toe hy op die vragmotor klim na ’n onbekende bestemming. Hester is ten gronde oor Frits se inhegtenisneming, maar praat Ampie moed in met klein Jakob se siekte.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 78 27.03.2023

Bart gee sy kamer met al die inhoud aan Ampie en Annekie, en benoem klein Jakob as sy enigste erfgenaam. Annekie sê die baba is nie gesond nie, en Ampie is bekommerd dat Annekie enige vorm van medikasie verbied en volstaan dat gebed al is wat sy sal toelaat. Bart maak Ampie touwys oor die verkoop van diamante, en Ampie gaan doen sy eerste transaksie met die geslepe diamanthandelaar, Bob.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 77 24.03.2023

Ampie en Amos lê Bart in sy kamer voor. Bart verduidelik hoe die polisie op sy spoor is, en dat hy en Frits Steyn beplan om binnekort na Duitswes te vlug waar hulle ’n plaas wil koop. Ampie sê hý sal die volgende dag die sorteertafel beman en Bart die voerbak.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 76 23.03.2023

Tys bekla sy lot by Ampie, en sê hy twyfel of hy weer sal teruggaan na die tabernakel. Dawid sê vir Ampie hy glo nou bo alle twyfel dat Bart ’n skelm is. Ampie en Amos maak ’n ontstellende ontdekking.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 75 22.03.2023

Ampie maak ’n voorstel aan Dawid wat hom baie opgewonde maak. Kasper is binnekort op pad terug plaas toe om die winteroes te gaan plant, maar Ampie sê hy wil om ’n paar redes nie nou reeds saam teruggaan nie. Kasper waarsku Ampie weer ernstig teen Bart. Tys keer ontsteld terug van die tabernakel en praat van verraad.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 74 21.03.2023

Daar is groot afwagting en opgewondenheid onder die delwers in Ampie-hulle se kleim, want Bart voorsien dat die groot diamante met die laaste hoop se was te voorskyn sal kom. Ampie deel ’n droom met Kasper, en Dawid sê hy hou sy oë op Bart, want hý is die man wat in die grootste versoeking is elke dag.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 73 20.03.2023

Ampie kry besoek van ’n onverwagte gas, en erken dat Annekie se sterk betrokkenheid by die tabernakel hulle gesinslewe negatief beïnvloed. ’n Gesprek met Kasper maak Ampie al hoe meer agterdogtig en bekommerd oor die welsyn van die familie op Donkerpos.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 72 17.03.2023

mpie verstaan nie die reaksie van sy familie, Annekie en Tys inkluis, oor sy gedrag in die tabernakel die vorige aand nie. Hy vrees bo alles dat Kasper hom in daardie toestand gesien het. Kasper kom soek Ampie op by die kleim en waarsku hom ernstig teen Bart. Ampie droom van die dag wat hulle weer kan teruggaan na Aangenaam.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 71 16.03.2023

Kasper Booysen en Tys Lombaard verskil van mening oor hoe Ampie hanteer moet word. Bart stel nie daarin belang om Annekie te help om Ampie op die regte pad te help hou nie, en Kasper rig ’n subtiele waarskuwing aan Bart.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 70 15.03.2023

Nadat Ampie veels te veel by Gert se kroeg gedrink het, verdwaal hy in die donker op pad terug na sy skuiling. ’n Onwaarskynlike gids lei hom terug huis toe. Die aand eindig in totale chaos vir Ampie en sy hele familie.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 69 14.03.2023

’n Ernstige woordewisseling tussen Annekie en Ampie laat hom woedend die huis uit storm om met Kat by die kafee te gaan kuier, maar hy word ontnugter. Ampie leer dat die vere die voël op die delwerye maak.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 68 13.03.2023

Bart en Ampie raak byna handgemeen toe Bart hom spot oor Annekie en Tys se reaksie op sy gedrag die vorige aand. Ampie kuier vir middagete saam met Bart by Frits en Hester aan huis, en drink te veel wyn. Hy wil Annekie en Tys daardeur laat verstaan dat hulle nie in beheer is van sy gedrag nie, en hom nie na willekeur kan hiet en gebied nie.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 67 10.03.2023

Ampie en Annekie het woorde, en Tys frustreer Ampie met sy ewige teologiese redenasies. Amos rig ’n ernstige waarskuwing aan Ampie, wat erken dat sy vriend reg is, maar hy is terselfdertyd ook vasbeslote dat hy nie sal toelaat dat Annekie en Tys van hom ’n soet, gehoorsame seuntjie maak nie.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 66 09.03.2023

Frits begelei ’n ietwat besope Ampie na sy skuiling. Ampie is bekommerd oor wat Annekie weet van die vorige aand se eskapades, en Tys sê vir Ampie dat hy sy plig as man teenoor Annekie versuim het.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 65 08.03.2023

Frits vertel Ampie hoe om medisyne te meng wat alle delwerskwale genees, en oortuig hom in die proses sommer ook om ’n bottel brandewyn te aanvaar in plaas van die pond wat hy Ampie skuld. Bart besoek Gert in die kroeg, en ’n bose plan word onthul.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 64 07.03.2023

Kat doen haar bes om Ampie te verlei, en neem hom na die dansvloer. Amos hoor Ampie se belydenis aan en gee hom goeie raad. Ampie besef dat Bart se opsomming van Frits heeltemal korrek was.

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 63 06.03.2023

Ampie hoor twee jongmense baie vleiend van hom praat. Hulle nooi hom om saam met hulle te gaan koffie drink, en dalk iets sterker. Ampie verstom hom aan die gedans in die danslokaal van die “kafee.” Boet neem Ampie na ’n kroeg agter die danslokaal om vir hom ’n regmaker te koop. Ampie voel geweldig gevlei terwyl Kat vir ’n tiental jong meisies vertel wat hy alles in ’n baie kort tydjie op Donkerpo...

AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 62 03.03.2023

Ampie oortuig Bart om Amos toe te laat om vir hulle te werk. ’n Ernstige woordewisseling ry Ampie se vooruitsigte op ’n aand se vrolike kuier in die wiele.

Poslouchej podcast Middagvervolgverhaal v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály