uk

RSG

Spektrum

News AF ↓ Епізодів: 2553

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

News

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

30 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Spektrum 28 September 2020 28.09.2020

Die president se besluit om die minister van verdediging te straf met 3 maande sonder betaling lok wyd reaksie uit. Ouers in Gauteng het slegs sewe dae om graad-1 en graad-8 plasings vir volgende jaar te aanvaar. 'n Koor stemme klink op teen planne om ministers in die kabinet te vra om besnoeiings aan hulle begrotings te maak vir SAL. Ons hoor hoe die Covid-19-raad ontbind is, en dat lede per e-po...

Spektrum 25 September 2020 25.09.2020

Die EFF in Tshwane vra dat die administrateur in die hoofstad vervang word, 'n debat woed oor weermaglede se betrokkenheid by interne party-politieke kwessies en NEDLAC is vol planne om Eskom te herstruktureer maar daar is bitter min spesifieke planne en kenners is skepties. Die 39-jarige oud-rugbyspeler Zane Killian het intussen vanoggend in die landdroshof verskyn in verband met die moord op die...

Spektrum 24 September 2020 24.09.2020

Ons doen in-diepte verslag oor ontvoering en mensehandel, die Jacob-Zuma stigting vaar uit teen adjunk-regter Raymond Zondo, nadat die oud-president oor die vingers getik is en die Nasionale Kruger Wildtuin waarsku dat dagbesoekers sonder besprekings weggewys kan word die langnaweek.

Spektrum 23 September 2020 23.09.2020

Die premier van die Vrystaat waarsku teen 'n menshandelsindikaat in die provinsie; Intussen sê die polisie dat boodskappe oor kinder-ontvoerings wat op sosiale media gedeel word, vals nuus is; Ons kry die jongste oor die Nathaniel Julies saak; en vra of die polisie voldoende opleiding kry om hulle werk reg te doen.....

Spektrum 22 September 2020 22.09.2020

Emosies het gister hooggeloop by 'n vergadering tussen die Minister van Polisie, boere en plaaswerkers in KwaZulu-Natal. NUMSA sê die regering is onverantwoordelik om geld aan die SAL te gee, sonder 'n befondsingmodel. En die Khoisan-organisasie, DAK, nader die Menseregtekommissie oor 'n tekening van die Khoisan wat op 'n boks wyn verskyn.

Spektrum 21 September 2020 21.09.2020

'n Vermoorde dokter en sy kollega het onlangs vir beskerming gevra - ons vind meer uit oor die dreigemente wat hulle die afgelope tyd gekry het.....Die Regering sê hy sal geld gee om die herstrukturering van die SAL te befonds - maar is dit die regte besluit?; en Adjunkhoofregter Raymond Zondo sit sy voet neer en sê oudpresident Jacob Zuma moet in November voor die kommissie van ondersoek na staat...

Spektrum 18 September 2020 18.09.2020

'n Senior bestuurder van die Tshwane Metro is geskors. Sakereddingspraktisyns vergader met die Suid-Afrikaanse Lugdiens se krediteure. Die naamsverandering proses van die Port Elizabeth lughawe duur voort. En passasiersskepe kan weer reise onderneem.

Spektrum 17 September 2020 17.09.2020

Die Departement van Basiese Onderwys het die slaagvereistes vir leerlinge in grade 10 en 11 hersien. Die verkoop van gedeeltes van die Edcon-groep aan Retailability is gefinaliseer. George Bizos word ter ruste gelê. Japan het 'n nuwe Eerste Minister. En 'n dokumentêr fokus op die rol van die LGBTQi-gemeenskap tydens die Fees Must Fall-beweging.

Spektrum 16 September 2020 16.09.2020

Kommer oor die groot aantal plaasaanvalle. Oproepe vir 'n kommissie wat grondhervorming ondersoek. Die jongste kleinhandelsyfers is bekend. En vandag is Wêreld Osoonlaagdag.

Spektrum 15 September 2020 15.09.2020

Die nasionale ramptoestand is vandag ses maande gelede afgekondig toe die COVID-19-pandemie in Suid-Afrika toegeslaan het. Is daar lewe op ons buurplaneet? En, die ANC erken skuld oor die Zimbabwe-vlug.

Spektrum 14 September 2020 14.09.2020

Begrafnisondernemers begin vandag staak. Gemengde reaksie op die nuus dat minder ervare nasieners ingespan gaan word. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die Zimbabwe vliegtuig-herrie. En, dis herwinningsweek.

Spektrum 11 September 2020 11.09.2020

Ons praat met'n politieke ontlederoor die uitkoms van die kabinetsvergadering, veral oor die EFF se onlnagse optrede, die goedkeuring van die oprig van nuwe landboukolleges en die totstandkoming van 'n presidensiële klimaatsverandering koordineringskommissie. Die nasionale sekretaris van die Suid Afrikaanse nasionale weermag Unie, sê die regering is die land 'n verduideliking verskuldig oor die AN...

Spektrum 10 September 2020 10.09.2020

Huldeblyke stroom in na die dood van advokaat George Bizos, en die oud-politikus Roelf Meyer vertel hoekom Bizos so lief was vir die Beeld. Op 'n politieke noot waarsku die joernalis en ontleder Max du Preez, dat die EFF se gewelddadige betogings,'n toets is vir die land se demokrasie wat ons nie kan dop nie. 'n Verslag van die Wêreld Natuurlewe Fonds, The Living Planet Report, toon dat die gemidd...

Spektrum 9 September 2020 09.09.2020

Clicks winkels se deure is vandag gesluit.; Tien mense is in hegtenis geneem vir die beskadiging van eiendom by Clicks winkels.; Bloemwater is in groot finansiële moeilikheid omdat munisipaliteite nie hulle rekeninge betaal nie.; en die Britse premier, Boris Johnson, sê 'n nuwe handelsooreenkoms met die EU moet teen die 15de Oktober bereik word.

Spektrum 8 September 2020 08.09.2020

'n Media- en bemarkingsanalis, Chris Broodryk, skryf die Clicks voorval toe aan 'n gebrek aan oorsig.; Suid-Afrika se Bruto Binnelande Produk het aansienlik in die tweede kwartaal gekrimp.; Die Covid-19 dodetal steek die 15-duisend kerf verby.; en die voormalige mejuffrou Doof SA, Chantal Pretorius sê die dra van maskers maak die lewe vir gehoorgestremdes moeilik.

Spektrum 7 September 2020 07.09.2020

Die EFF eis dat alle Clicks-winkels vir vyf dae hul deure sluit.; Die bestuur van Clicks gaan optree teen die personeellede wat verantwoordelik is vir die haaradvertensie.; Die eerste fiksie-rolprent oor die destydse uitsettings in Distrik Ses, word binnekort aan Suid-Afrikaanse gehore bekend gestel.; en reaksie op die DA se beleidskonferensie besluite.

Spektrum 4 September 2020 04.09.2020

Twee Eskom kragstasiebestuurders is geskors oor beurtkrag.; 'n Kundige sê die regering moet opleiding aan klein- en medium sakeondernemings verskaf.; 'n Dokumentêre film oor feeverhale wat die omgewing kan red.; Vanjaar gaan geen matriekafskeidsgeleenthede by skole gehou word nie.; en 'n bewaringsekoloog wil vasstel of die luise op die Asiese Olifant, dieselfde spesie is as die wat op olifante in...

Spektrum 3 September 2020 03.09.2020

Blind SA sê die regering slaan nie ag op hulle klagtes oor die swak diens wat gesig-gestremdes van die polisie af kry nie.; Standard Bank se hoof van makro-ekonomiese navorsing, Dr Elna Moolman, sê die beurtkrag het 'n negatiewe impak op die reeds sukkelende ekonomie.; en die DA reageer op John Moodey se aantygings.

Spektrum 2 September 2020 02.09.2020

Die Instituut vir Rasseverhoudinge vra dat Krieket Suid-Afrika se lidmaatskap ondersoek word.; Wetenskaplikes by die Universiteit van Meksiko het 'n nuwe manier ontdek om koraalriwwe te red.; John Moodey het as leier van die DA in Gauteng bedank.; en die SAUK se afleggingsproses gaan langer neem as wat aanvanklik verwag is.

Spektrum 1 September 2020 01.09.2020

Fase 2 beurtkrag is ingestel tot tienuur vanaand. SA Childcare sê meer subsidies is nodig om kleuterskole in minder gegoede gebiede by te staan. Die Suid-Afrikaanse sangeres, Belinda Davids, is deur na die halfeindronde van Britain's Got Talent. En buitelandse boere wie se grond destyds deur die regering in Zimbabwe onteien is, kan aansoek doen dat dié plase aan hulle terug besorg word.

Spektrum 31 Augustus 2020 31.08.2020

Twee polisiebeamptes van Eldorado Park sal vandag in die hof verskyn in verband met die dood van 'n 16-jarige seun. Die ANC sal later vanmiddag 'n mediakonferensie hou oor sy afgelope NUK-vergadering. Ons praat met 'n ekonoom oor die rand se beste vertoning in drie weke. En talle skole het 'n aangepaste dagstelsel ingestel om die blootstelling aan Covid-19 te beperk.

Spektrum 28 Augustus 2020 28.08.2020

Die minister van polisie, Bheki Cele, lê besoek af aan Eldoradopark in Johannesburg, waar die 16-Jarige Nathaniel Julies na bewering deur die polisie doodgeskiet is. Die kwessie plaas die soeklig weer op polisiegeweld. Ons praat met 'n kenner hieroor en ons hoor by die menseregtekommissie hoe hulle betrokke gaan raak. Op 'n ligter noot, ondersoek ons sogenaamde 'siek geboue'- wat daanra verwys dat...

Spektrum 27 Augustus 2020 27.08.2020

President Ramaphosa is geskeduleer om vanmiddag vrae te beantwoord in die Nasionale Vergadering. Dit volg na die kabinet se vergadering waarin korrupsie en dronk bestuur skerp veroordeel is; Ons bespreek die korrupsie-probleem en vra waarom die president oënskynlik magteloos is om enigiets daaraan te doen; Die polisie se gespesialiseerder moord en diefstal eenhede word heropen; en die voormalige i...

Spektrum 26 Augustus 2020 26.08.2020

** Verbruikers-inflasie styg...ons praat met 'n ekonoom. ** En is dit die staat se verantwoordelikheid om te verseker dat landsburgers hulle nie vergryp aan drank nie?

Spektrum 25 Augustus 2020 25.08.2020

NEHAWU se beplande staking vandag is uitgestel; Oudminister Trevor Manuel sê die regering is gebreek; Ons vra ook waarom Manuel nou so openlik praat oor die kwessies; en goeie nuus vir boere - beleggings in die landbousektor neem toe.

Слухайте подкаст Spektrum у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали