uk

RSG

Spektrum

News AF ↓ Епізодів: 2553

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

News

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

30 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Spektrum 2 November 2020 02.11.2020

Reaksie op die DA se virtuele verkiesingskonferensie. Sommige misdaadrekords kan in die nabye toekoms uitgewis word. Nog swaar reën word vir vanmiddag voorspel. Professor Salim Abdul Karim sê mense moet aanhou om Covid-19-veiligheidsmaatreëls na te kom.

Spektrum 30 Oktober 2020 30.10.2020

Sommige opposisiepartye is nie beïndruk met die ANC se plan om mosies van wantroue teen raadslede van die party in vyf munisipaliteite in te stel nie. En 'n Afrikaanse Moslemrolprent word internasionaal bekroon.

Spektrum 29 Oktober 2020 29.10.2020

Opposisiepartye sê hulle is teleurgesteld in die minister van finansies, Tito Mboweni, se mediumtermyn-begroting. Volgens hulle het hy sy beloftes verbreek om die land se skuldlas onder beheer te bring, en om nie weer 'n reddingsboei aan die SAL te gee nie. Die landbou-organisasies, AgriSA en TLUSA, reageer uiteenlopend oor die besluit om R10-miljard aan die Landbank beskikbaar te stel. Die nasion...

Spektrum 28 Oktober 2020 28.10.2020

Sal die Minister van Finansies vanmiddag met sy mediumtermyn-begrotingsrede 'n nekslag aan Suid-Afrikaners toedien? Die Tshwane-metro sal teen volgende week waarskynlik weer 'n burgemeester hê, maar is inwoners se probleme met dienslewering nou verby?

Spektrum 27 Oktober 2020 27.10.2020

Drama in die hof nadat die vyf verdagtes in die Senzo Meyiwa-moordsaak nie om borgtog wou aansoek doen nie. Die minister van polisie dreig met aanklagte van regsverydeling teen diegene wat inligting aan die media sou lek oor hierdie en ander moord-ondersoeke. 'n Polisiekenner gee insig oor die impak van sulke lekkasies op ondersoeke. Die EFF en die ANC is dit eens dat die plaaslike verkiesing van...

Spektrum 26 Oktober 2020 26.10.2020

Ons kyk na politieke partye se verwagting van die mediumtermyn-begroting. Die minister van polisie gee terugvoer oor die Senzo Meyiwa moordondersoek. Verskeie hoëprofiel sake draai in die hof. 'n Doktorsgraadstudent in plantkunde het vir 'n tweede keer 'n plantspesie wat as uitgesterf beskou is, herontdek.

Spektrum 23 Oktober 2020 23.10.2020

Die Gemeenskap van die Bo-Kaap is woedend, en eis antwoorde, nadat ‘n jong vrou op YouTube beweer dat sy as kind verkrag is deur haar oupa en sy broer. ‘n Nuwe veldbrand het gisteraand uitgebreek in die Noord-Kaap tussen Boshoff en Kimberley, en een van die boere wat help om die stryd aan te pak, praat oor dié vreesaanjaende ervaring. Geweldsmisdaad is volgens die Instituut vir Rasseverhudinge bes...

Spektrum 22 Oktober 2020 22.10.2020

Hulp stroom reeds in van heinde en verre vir boere in die Vrystaat en Noord-Kaap wat deur die verwoestende veldbrande in die twee provinsies geraak is. Ons spits ons toe op die diere-slagoffers van die brand, met 'n veearts van die Vrystaat, wat sê hy’t lanklaas so ‘n wreedaardige gesig aanskou. AgriSA het die Nasionale Tesourie genader om in te gryp om die volhoubaarheid van die Landbank te verse...

Spektrum 21 Oktober 2020 21.10.2020

Die eerste spertyd vir belastingopgawes is 22 Oktober. Boere in die Vrystaat beraam die skade nadat veldbrande verwoesting in groot dele van die provinsie asook die Noord-Kaap gesaai het. Die Inniebos-fees in Mpumalanga word gekanselleer.

Spektrum 20 Oktober 2020 20.10.2020

Die afdanking van personeel by die SAUK word weer eens die sentrale besprekingspunt by die parlementêre oorsigkomitee. Geneeskundiges waarsku dat mense wat beginselbesware teen entstowwe het, die stryd teen Covid-19 kan saboteer. 'n Boervrou van Clocolan in die Oos-Vrystaat vertel van haar ervaring met 'n plaasaanval.

Spektrum 19 Oktober 2020 19.10.2020

Die Universiteit Stellenbosch verwerp die DA se bewering dat die rektor, prof. Wim de Villiers, glo 'n neerhalende houding teenoor Afrikaanse moedertaalonderrig by die instelling inslaan. Die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg begin binnekort met kliniese toetse om te bepaal of die inenting teen masels, Duitse masels en pampoentjies, bekend as MMR,...

Spektrum 16 Oktober 2020 16.10.2020

Pastoor Timothy Omotoso sal waarskynlik vandag uitvind of hy borgtog sal kry. Honderde betogers is buite die Senekal Landdroshof, waar die twee verdagtes vir die moord op Brendin Horner verskyn. Vrystaat Landbou het vooraf sy lede gevra om nie vandag na Senekal te gaan nie. Europese lande het weer streng inperkingsmaatreëls ingestel - ons praat met 'n Suid-Afrikaner wat in Spanje woon.

Spektrum 15 Oktober 2020 15.10.2020

'n Pastoor van die Jesus Dominion International Church getuig in die borgtogaansoek van Timothy Omotoso. Reaksie op 'n hofuitspraak oor Eskom se onderbreking van kragtoevoer. AgriSA sê alle rolspelers moet môre se verrigtinge in Senekal met respek en waardigheid benader. 'n Laerskoolonderwyser van Nigel word 80 en werk steeds.

Spektrum 14 Oktober 2020 14.10.2020

Die Minister van Sport verloor sy geduld met Krieket Suid-Afrika. Handelstoetstande verbeter. Ons praat met die ontvangers van vanjaar se Neville Alexander-toekennings. En, is 'n tweede vlaag Covid-19 ons voorland?

Spektrum 13 Oktober 2020 13.10.2020

Die 51-jarigé Andre Pienaar word borgtog geweier in die Senekal Landdroshof. Julius Malema eis die teenwoordigheid van die media wanneer 'n polisiebeampte getuig. Klagtes dat die Teen-bende-eenheid in die Wes-Kaap hulle magte misbruik. En die jongste nuus oor die verringtinge by die Staatskapingskommissie. ** En twee vroue is dood in nòg 'n botsing op die N1 in die Karoo.

Spektrum 12 Oktober 2020 12.10.2020

Die DA lê strafregtelike klagte teen die EFF-leier oor omstrede inskrywings op sosiale media. Die president verwys in sy weeklikse brief na plaasmoorde. En die Nobelprys vir Ekonomie word aangekondig.

Spektrum 9 Oktober 2020 09.10.2020

Die VN se Wêreldvoedselprogram is die ontvanger van die Nobel-vredesprys. Die Gautengse LUR vir gesondheid, Bandile Masuku, is uit sy pos verwyder. Die hofaansoek van die Openbare Beskermer teen die Parlement is van die hand gewys.'n Kenner sê jy moenie drank drink of enige dwelmmiddels gebruik terwyl jy van die huis af werk nie, want jy kan steeds afgedank word daaroor.

Spektrum 8 Oktober 2020 08.10.2020

Die traumatoloog, dr. Tessa van Wijk, sê depressie is nie altyd 'n siekte wat deur die samelewing met die nodige sensitiwiteit hanteer word, wat lyers van die siekte verdien nie.; Die politieke ontleder, Harald Pakendorff sê die gebeure in Senekal is 'n uitvloeisel van 'n veel dieper probleem is Suid-Afrika.; Ons ontleed die Amerikaanse verkiesingsdebat tussen Mike Pence en Kamala Harris.; en die...

Spektrum 7 Oktober 2020 07.10.2020

Die Nasionale Vervolgingsgesag het in die parlement verskyn oor sy jaarverslag vir die 2019/20 boekjaar. Ons bring vir jou die jongste oor die COSATU- en SAFTU-optogte wat in verskeie hoofsentra in die land gehou word. 'n Kenner sê die Senekalprotes was 'n keerpunt in Suid-Afrika. En die Nobelpryswenner vir Chemie is bekendgemaak.

Spektrum 6 Oktober 2020 06.10.2020

Twee verdagtes het vlugtig in die landdroshof op Senekal in die Vrystaat verskyn in verband met die moord op die 21-jarige, Brendin Horner. 'n Aantal boere en lede van die gemeenskap het by die hof saamgetrek in protes teen plaasmoorde. Minder mense het tydens die inperking aansoek gedoen om lenings.

Spektrum 5 Oktober 2020 05.10.2020

Twee verdagtes verskyn môre in die landdroshof op Senekal in verband met die moord op 'n jong plaasbestuurder. 'n Voormalige kabinetsminister sê wetgewing om skenkings aan politiek partye bekend te maak, moet nóú in werking tree. Die prys van petrol en diesel sal om middernag môreaand daal. Twee jagluiperds is vanoggend vrygelaat in die Rietvlei Natuurreservaat in Pretoria. Die Amerikaanse preside...

Spektrum 2 Oktober 2020 02.10.2020

Gevaarligte flikker oor die moontlike verspreiding van waninligting as 'n teenreaksie teen die Valke se optrede teen korrupsie. Kiesersregistrasie word hierdie naweek gehou vir swoat eenhonderd tussenverkiesings wat op 11 November sal plaasvind. En ons praat met landbou-organisasies oor die besluit om vyfhonderdduisend hektaar staatsgrond beskikbaar te stel vir landboudoeleindes.

Spektrum 1 Oktober 2020 01.10.2020

'n ANC hoë kry borgtog nadat hy in die hof verskyn het oor Bosasa-geld. 'n Ontleder deel sy mening oor of ander topamptenare ook binnekort in hegtenis geneem sal word. Ouers in Gauteng ontvang van vandag af SMS'e oor die uitslag van hulle aansoeke om skooltoelating.

Spektrum 30 September 2020 30.09.2020

Reaksie op gister se skok-werkloosheidstatistiek kring uit. Regskenners is skepties oor oudpresident Jacob Zuma se jongste strategie om nie voor die Zondo-kommissie te verskyn nie. En die polisiewaghond OPOD gaan 'n paar ou sake heropen, maar daar word vrae oor die doeltreffendheid van die instelling gevra.

Spektrum 29 September 2020 29.09.2020

Twee komma twee miljoen werksgeleenthede het in die tweede kwartaal van die jaar in Suid-Afrika verlore gegaan. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat gaan 'n aantal onopgeloste sake heropen. Ons vind uit watter impak die Springbokke se beperkte oefengeleenthede kan hê op hulle wedstrydspel en -fiksheid.

Слухайте подкаст Spektrum у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали