uk

RSG

Spektrum

News AF ↓ Епізодів: 2543

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

News

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

16 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Spektrum 4 Julie 2024 04.07.2024

Reaksie op die premier van Gauteng se provinsiale kabinet. Inwoners van gekaapte geboue in Johannesburg pleit by die regering om hulle lewensomstandighede te verbeter. Die nuwe Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê daar is 'n paar kwessies waaraan hy nou dringend sal aandag gee. Orkaan Beryl saai verwoesting in die Karibiese Eilande.

Spektrum 3 Julie 2024 03.07.2024

Die land se nuwe ministers en hulle adjunkte word by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum in hulle ampte beëdig. Daar is steeds geen ooreenkoms tussen die DA en die ANC in Gauteng nie - ons vra wat die implikasies van dié dooiepunt is. Skerp kritiek teen die benoeming van die MK-hoofsweep, dr. John Hlope, as lid van die regterlike dienskommissie. 'n Byna totale ineenstorting van siviele...

Spektrum 2 Julie 2023 02.07.2024

Kenners praat oor die take wat voorlê vir die nuutaangestelde minister van polisie, Senzo Mchunu. Die Basiese Onderwys-portefeulje word ook onder die loep geneem. Ons vra wat minister Siviwe Gwarube se grootste uitdagings is, in haar nuwe ministersposisie. Die land se kragnetwerk kry 'n addisionele 800 megawatt by ná die aanskakeling van eenheid vyf by die Kusile-steenkoolkragstasie. Verdere verli...

Spektrum 1 Julie 2024 01.07.2024

Nóg reaksie op die samestelling van die nuwe kabinet. Landbou-organisasies sê wat hulle van die minister van landbou, John Steenhuisen, verwag. Ons pols die minister korrektiewe dienste, dr. Pieter Groenewald, oor sy planne.

Spektrum 28 Junie 2024 28.06.2024

Ondanks die president se versoek om diskresie, speel die RNE se onderhandelinge af in die openbare oog. Die náskokke van die nuus dat Media24 sy gedrukte publikasies gaan staak, tref steeds. Die toerismesektor in Mpumalanga is op die herstelpad nadat die Covid-pandemie harde houe toegedien het.

Spektrum 27 Junie 2024 27.06.2024

Afwagting bou op vir die aankondiging van die nuwe kabinet ná 'n deurbraak in onderhandelinge tussen partye van die RNE. Ons neem grensbestuur en -beveiliging in Mbombela onder die loep. Nog twee Suid-Afrikaanse soldate sterf in die Demokratiese Republiek die Kongo.

Spektrum 26 Junie 2024 26.06.2024

Gesprekke tussen partye van die RNE duur voort, in afwagting op 'n nuwe kabinet. Motoriste se padgedrag onder die vergrootglas. Grensowerhede is nou strenger om moontlike draers van A-pokke te identifiseer. Geslagsgebaseerde geweld is aan die toeneem in Bloemfontein. Indiensneming het in die eerste kwaartaal van die jaar afgeneem.

Spektrum 25 Junie 2024 25.06.2024

Afwagting bou op te midde van stram onderhandelinge oor die samestelling van president Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet. Ons neem padveiligheid en motoriste se padgedrag onder die loep. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging gaan voort met sy veldtog teen die kriminalisering van medici wat mediese foute begaan.

Spektrum 24 Junie 2024 24.06.2024

'n Aankondiging oor wie die land se nuwe ministers sal wees, word binne enkele dae verwag. Die debat oor Amerikaanse veghonde vlam weer op. Langafstand-swemmer Howard Warrington van Kaapstad stel 'n nuwe wêreldrekord op.

Spektrum 21 Junie 2024 21.06.2024

Die burgerlike samelewing deel wenslyse oor wie by president Cyril Ramaphosa se kabinet ingesluit moet word, maar onderhandelinge dui reeds op krake binne dié voorgestelde Regering van Nasionale Eenheid. Intussen stel die MK-party, dr. John Hlope, as sy hoofsweep in die parlement aan. Die VF Plus dien 'n mosie in om die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap te desentraliseer.

Spektrum 20 Junie 2024 20.06.2024

Humanitêre- en burgerlike groepe reageer op die samestelling van die Regering van Nasionale Eenheid. Uiteenlopende reaksie op die aankondiging van KwaZulu-Natal se nuwe uitvoerende raad. Die polisie in Gauteng ondersoek beeldmateriaal van 'n groep mense wat by 'n pakhuis van die Verkiesingskommissie probeer inbreek het. Die Verenigde Nasies bevind dat sowel Palestynse magte as Israel se owerhede s...

Spektrum 19 Junie 2024 19.06.2024

Spektrum gee breedvoerige dekking van die beëdiging van Cyril Ramaphosa as die president van Suid-Afrika.

Spektrum 18 Junie 2024 18.06.2024

Politieke skuiwe in metro's en munisipaliteite, soos die nuwe regering vorm aanneem. Julius Malema weer vandag in die hof. Goeie brandstof-nuus vir motoriste.

Spektrum 17 Junie 2024 17.06.2024

Die landbousektor sê die verlies van Thoko Didiza as minister van landbou en grondhervorming is groot. Ons praat met dr. Annelie Lotriet, die nuutverkose adjunk-Speaker van die Nasionale Vergadering. Daar is wêreldwyd kommer oor nuuskantore se toenemende gebruik van Kunsmatige Intelligensie om nuus te vervaardig. Verskeie paaie in Pretoria sal gesluit word vir die president se inhuldiging wat Woen...

Spektrum 14 Junie 2024 14.06.2024

Cyril Ramaphosa, John Steenhuisen, Juluis Malema en ander LP’s beëdig in die 7de Parlement van Suid-Afrika. Die MK-party skitter in sy afwesigheid by die gelkeentheid.

Spektrum 13 Junie 2024 13.06.2024

Die tyd raak min vir politieke partye om hulle onderhandelings af te handel. Ons praat met 'n politieke wetenskaplike oor die jongste verwikkelinge. Maties se oudste koshuis sal moontlik sy deure moet sluit.

Spektrum 12 Junie 2024 12.06.2024

Vyf bevestigde gevalle van aappokke is sedert Mei in Suid-Afrika aangemeld. Die minister van gesondheid sê die land het geen geregistreerde behandeling vir dié siekte nie. Die IVP word die middelpunt van koalisiesamesprekings in KwaZulu-Natal. Die Padongelukkefonds word daarvan beskuldig dat hy nie salarisse aan versorgers van gestremde fondsbegunstigdes betaal nie.

Spektrum 11 Junie 2024 11.06.2024

Hoe gerus kan Cyril Ramaphosa wees oor sy hierverkiesing as president van die land? Wes-Kaapse owerhede monitor die ondersoek na 'n massa-skietvoorval in Khayelitsha. 'n Beduidende daling in sakevertroue in Mei word toegeskryf aan onsekerheid as gevolg van die verkiesing.

Spektrum 10 Junie 2024 10.06.2024

Gesprekke verdiep tussen politieke partye om hopelik teen die einde van die week 'n regering in plek te hê. Hoe vinnig het die ink van jou vinger verdwyn ná die onlangse verkiesing? Noord-Kaapse aktiviste teen geslagsgeweld verwelkom 'n verslag deur die Openbare Beskermer wat regeringsteun aan slagoffers van huishoudelike geweld belowe.

Spektrum 7 Junie 2024 07.06.2024

Die ANC sê 'n regering van nasionale eenheid moet armoede, werkloosheid en ongelykheid takel. President Ramaphosa besoek die Oos-Kaap ná die verwoestende oorstromings. 'n Suid-Afrikaanse boksrolprent wat in 1969 gemaak is, maar nooit uitgereik is nie, is onlangs vir die eerste keer in Johannesburg vertoon.

Spektrum 6 Junie 2024 06.06.2024

Hoe haalbaar is 'n regering van nasionale eenheid. Rampbestuur-owerhede op die Tuinroete poog om paaie wat weens vloed- en reënskade gesluit is, te heropen. Israel wil duisende burgers in die noorde laat terugkeer ná 'n Hezbollah-aanval. Ons praat met 'n kenner oor die moontlikheid van beurtkrag, en die bestendigheid van die kragnetwerk.

Spektrum 5 Junie 2024 05.06.2024

'n Kabinetsminister verskyn in die hof op klagtes van korrupsie. Verskeie paaie in die Klein-Karoo is weens oorstromings en rotsstortings gesluit. Op Wêreld Omgewingsdag vra die regering dat Suid-Afrikaners na hulle land kyk om droogte en verwoesting te help verminder.

Spektrum 4 Junie 2024 04.06.2024

Die hofsaak teen die voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering word uitgestel. Nog sterftes weens oorstromings in die Oos-Kaap. Inwoners van Phoenix in KwaZulu-Natal word gevra om nie stemnotas wat geweld aanhits, te versprei nie.

Spektrum 3 Junie 2024 03.06.2024

'n Nedersetting by Kariega in die Oos-Kaap word ontruim uit vrees dat 'n damwal kan meegee. Navorsing deur die RGN wys dat kiesers wel 'n vorm van intimidasie ervaar het op stemdag. Verdere druk op Johannesburg se kragnetwerk kan lei tot onderbrekings. Een Suid-Afrikaanse soldaat is dood en verskeie beseer in 'n lokval deur M23-rebelle in die Demokratiese Republiek die Kongo.

Spektrum 31 Mei 2024 31.05.2024

Die ANC trek laer namate dit duidelik word dat 'n koalisieregering 'n realiteit is. Die OVK vra verskoning vir tegniese probleme met die verkiesingsuitslae. Ons praat oor die vertoning van die Rand te midde van onsekerheid oor die toekoms van ANC president Cyril Ramaphosa.

Слухайте подкаст Spektrum у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали