uk

RSG

Spektrum

News AF ↓ Епізодів: 2541

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

News

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

14 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Spitstyd 10 September 2025 10.09.2025

President Cyril Ramaphosa verdedig die aanstelling van 'n groot aantal adjunkminsiters. Die parlimentêre komitee oor korrektiewe dienste is bekommerd oor die hoë aantal onnatuurlike steftes van gevangenes. Diensleweringsbetogings in Westbury in Johannesburg vlam op. Die nasionale regering gryp in by die beleërde Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes.

Spektrum 9 September 2025 09.09.2025

Suid-Afrika se bruto binnelandse produk styg met 0,8% in die tweede kwartaal van 2025. Solidariteit verdedig sy besluit om 'n minister hof toe te sleep. BEMAWU reageer op die regering se uitlatings oor die SAUK se benarde geldsake.

Spektrum 8 September 2025 08.09.2025

Die omstrede sakeman, Cat Matlala, is terug in 'n Gautengse hof vir sy borgtogaansoek. Planne word gefinaliseer om Gauteng se regering se swak finansies reg te ruk. Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het sewe veranderinge gemaak aan sy vyftiental vir Saterdag se tweede toets teen die All Blacks.

Spektrum 5 September 2025 05.09.2025

'n Man sterf in 'n vermeende bendeverwante voorval voor die landdroshof in Athlone, Kaapstad. Die ad hoc-komitee oor bedreigings van nasionale veiligheid vergader weer vandag. Die Springbokke is slaggereed vir môreoggend se titansiese stryd teen die All Blacks in Nieu-Seeland.

Spektrum 4 September 2025 04.09.2025

Gebrekkige dienslewering in die Mangaung Metro en misdaad in die Ditsabotla Munisipaliteit kom onder die soeklig. Die Minister van Landbou, John Steenhuizen, besoek Noordwes en praat oor die jongste voorvalle van bek-en-klouseer. Die Springbokspan vir Saterdagoggend se kragmeting teen die All Blacks is bekendgemaak.

Spektrum 3 September 2025 03.09.2025

'n 80-jarige man verskyn in Kroonstad in die hof nadat 'n liggaam in 'n vlak graf op sy plaas gevind is. 'n Video van 'n amptenaar van die Stellenbosch-munisipaliteit, wat sê hulle sal die wêreld moeilik maak vir wit mans, versprei soos 'n veldbrand. 'n Man vertel van sy onderonsie met twee hiënas aan die KwaZulu-Natalse noordkus.

Spektrum 2 September 2025 02.09.2025

Die DA veroordeel president Cyril Ramaphosa se lof vir Zimbabwe se grondherstelprogram. Staatspensioene dalk in gedrang nadat sowat R2-miljard aan twyfelagtige kontrakte bestee is. Duisende mynwerkers by Glencore en Samancor kan hulle werk verloor.

Spektrum 1 September 2025 01.09.2025

Ouers by drie verskillende skole is ontevrede oor die hantering van seksuele oortredings. Die M20-mediaberaad in Johannesburg kyk onder meer na die allerbelangrike kwessie van inligtingsintegriteit. Ontevredenheid neem toe oor NERSA en Eskom se duur fout met kragtariewe. Die Silwermyn-gebied van die Tafelberg Nasionale Park word heropen.

Spektrum 29 Augustus 2025 29.08.2025

Die Madlanga-kommissie is gereed om met sy werksaamhede te begin. Taxigeweld in die Wes-Kaap is hopelik binnekort onder beheer danksy 'n suksesvolle hofinterdik. Suid-Afrika sal voortgaan om vrede op die wêreldverhoog te bepleit, aldus die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking.

Spektrum 28 Augustus 2025 28.08.2025

'n Regskenner bespreek Julius Malema se skuldigbevinding aan haatspraak. Die voormalige Abraham Kriel-huisvader vandag in die hof. Klimaatsverandering veroorsaak hoër lentetemperature, en die lentereën kom later.

Spektrum 27 Augustus 2025 27.08.2025

Die GOOD-party, Rise Mzansi en BOSA wil saamwerk om gefragmenteerde stemme te trek. 'n Nuwe raadgewende liggaam oor opvoedkundige beleid in skole aangekondig. 'n Suid-Afrikaanse langasem hardloop die vinnigste 100 kilometer ooit - maar daar is 'n vangplek.

Spektrum 26 Augustus 2025 26.08.2025

Die Madlanga-kommissie wat die polisie ondersoek, stel sy eerste sitting uit. Die geskorste adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, vra dat 'n volbank regters sy saak aanhoor. 'n 73-jarige vrou van Wupperthal in die Wes-Kaap, wat nog nooit toneel gespeel het nie, word benoem by die Silwerskermfees.

Spektrum 25 Augustus 2025 25.08.2025

Dis vandag die sperdatum vir Suid-Afrikaners om te registreer om WVK-verwante sake op die nuwe kommissie van ondersoek se aandag te bring. Ons vra hoe veilig is fluitjieblasers in die proses? Brandbestryders poog steeds om 'n brand by Sabie onder beheer te bring. Olimpiese medaljewenners word bekroon by die SA Sporttoekennings.

Spektrum 22 Augustus 2025 22.08.2025

Fluitjieblaser Babita Deokaran, wat vier jaar gelede vermoor is, se familie versoek dat die baasbrein vasgetrek word. Navorsers ontdek nuwe voordele in daggablare. Dokumentêre rolprentmakers se verantwoordelikheid teenoor die onderwerpe van hulle stories word by die Silwerskermfees bespreek.

Spektrum 21 Augustus 2025 21.08.2025

Die DA eis dat die Minister van Verdeding se kop rol. Ons bespreek Israel se planne om nuwe vestings in die Wesoewer te bou en Gasastad te beset met 'n politieke ontleder. Die leier van die Vryheidsfront Plus vra dat lede van die RNE 'n dialoog hou.

Spektrum 20 Augustus 2025 20.08.2025

Politieke partye kan nou groter skenkings van individue en instellings ontvang. Landdroste sleep die president hof toe oor loonverhogings. Suid-Afrika wil sy handelsbande met Japan versterk.

Spektrum 19 Augustus 2025 19.08.2025

Die ANC gaan tugstappe doen teen Senzo Mchunu en Malusi Gigaba oor omstrede opmerkings teen die party. Die vierjarige meisie van Eldorado Park, wat deur haar pa aangerand is, word vandag begrawe. E-taxibestuurders beweer Gauteng se departement van vervoer lê onwettig beslag op hulle voertuie. Inwoners van Vryheid in KwaZulu-Natal is warm onder die krag oor 'n sogenaamde boorgattarief. Die Raad vir...

Spektrum 18 Augustus 2025 18.08.2025

Die borgaansoek van vyf beskuldigdes van Johannesburg wat na bewering 'n kind gedwing het om Mandrax te rook, neem 'n nuwe wending. Meer oor die ad hoc-komitee wat aangestel is om bewerings van bedreigings vir nasionale veiligheid te ondersoek, se vergadering in die Parlement. 'n Samevatting van Suid-Afrika se donker naweek van sport.

Spektrum 15 Augustus 2025 15.08.2025

President Cyril Ramaphosa lewer die openingsrede by die Nasionale Konvensie in Pretoria, die voorloper van die beplande Nasionale Dialoog. Hernieude betogings dreig in Soweto ná die moord op 'n e-taxibestuurder - strydende partye blameer die bestuur van die Maponya Winkelsentrum. Die regering beklemtoon dat die president onbewus was van die hoof van die weermag se besoek aan Iran.

Spektrum 14 Augustus 2025 14.08.2025

Die polisie is op soek na verdagtes in verband met die aanval op e-taxi-bestuurders in Soweto. Die weermaghoof, Rudzani Maphwanya, is in die sop oor sy uitlatings oor die verhouding tussen Iran en Suid-Afrika. Action SA sal slegs waarnemers stuur om die Nasionale Dialoog by te woon. OUTA wil die direkteur van die Johannesburg Eiendomsmaatskappy, Helen Botes, tot 'n misdadige direkteur laat verklaa...

Spektrum 13 Augustus 2025 13.08.2025

Al hoe meer organisasies stap weg van die Nasionale Dialoog af. Navorsing deur die Mapungubwe-instituut wys koalisies en die Regering van Nasionale Eenheid wy meer aandag aan politiekery eerder as dienslewering. Europese leiers hou 'n reeks gesprekke oor Oekraïne, onder andere met die Amerikaanse president, Donald Trump.

Spektrum 12 Augustus 2025 12.08.2025

'n Handelsooreenkoms met Amerika ontwyk Suid-Afrika steeds. Inwoners van Eldoradopark in Johannesburg eis geregtigheid ná die dood van 'n vierjarige meisie. Suid-Afrika kan nou as 'n mafiastaat getipeer word, sê 'n prominente politieke ontleder.

Spektrum 11 Augustus 2025 11.08.2025

Die presidensie sê die presiese koste van die Nasionale Dialoog is vir eers onbekend. Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur probeer sy gebruik van die k-woord jare gelede verduidelik. Die debat oor kernkrag vir Suid-Afrika vlam weer op.

Spektrum 8 Augustus 2025 08.08.2025

Action SA kritiseer die polisie vir sy trae reaksietyd op klagtes van kindermishandeling in Eldorado Park. Kommer oor die uitwerking van Amerika se handelstariewe op die landboubedryf in KwaZulu-Natal. ‘n Paar gevalle van die Chikungunya-virus is in Suid-Afrika aangemeld.

Spektrum 7 Augustus 2025 07.08.2025

Die eerste deel van die BELA-regulasies word vir kommentaar gepubliseer. Solidariteit vertrek binnekort weer na Amerika om die kwessie van handelstariewe te bespreek. 'n Vrou van KwaZulu-Natal druk haar stempel af op die heuningbedryf.

Слухайте подкаст Spektrum у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали