RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Spektrum 15 Oktober 2025 15.10.2025 43:11
Umalusi sê alles is gereed vir vanjaar se matriekeindeksamen. 'n Belastingkenner meen dis dalk tyd om die BTW-registrasiekerf vir klein besighede te verander. Die ontwikkeling van kernkrag in Suid-Afrika sal hoog op die agenda van die G20-beraad wees. Die voormalige Eerste Minister van Kenia, Raila Odinga, sterf.
Spektrum 14 Oktober 2025 14.10.2025 53:39
Die geskorste adjunkpolisiekommisaris, Shadrack Sibiya, ontken dat hy bande met misdaadsindikate het. Sakevertroue is aan die toeneem. Navorsing word gedoen oor hoe rooibosekstrak moontlik help om borskanker te beveg. Ons praat met die persoon agter Tollie Parton.
Spektrum 13 Oktober 2025 13.10.2025 55:07
Die geskorste adjunk-polisiekommisaris, Shadrack Sibiya, getuig voor die parlementere ad hoc-komitee oor korupsie in die polisiediens. Die beenmurgregister rig 'n pleidooi aan jong mans om stamselle te skenk. Al die oorlewende Israeliese gyselaars is vrygelaat.
Spektrum 10 Oktober 2025 10.10.2025 50:27
Die vliegtuig met die kis van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, land in Johannesburg. Die skade by die Fort Hare Universiteit kan tot 'n halfmiljoen rand beloop weens studente-betogings. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se jaarlikse nuutskeppingskompetisie word amptelik bekendgestel.
Spektrum 9 Oktober 2025 09.10.2025 50:19
Die nasionale kommissaris van polisie, Fannie Masemola, begin met sy voorlegging voor die parlementêre ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek. Swak berekeninge deur die Padongelukkefonds is blykbaar die rede vir sy geldelike probleme. Kenners bespreek kiesers in geweldgeteisterde gebiede se onbereidwilligheid om aan verkiesings deel te neem.
Spektrum 8 Oktober 2025 08.10.2025 49:22
Suid-Afrikaanse aktiviste van die Global Sumud-flottielje het vroeër op die OR Tambo Internasionale lughawe vanuit Jordanië aangekom. Dis Dag 2 van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se getuienis voor die Parlement se ad hoc-komitee, wat bewerings van inmenging in die strafregstelsel ondersoek. Ons praat met die organisasie, WATERCAN, oor die sogenaamde Watermafia in Johan...
Spektrum 7 Oktober 2025 07.10.2025 52:49
Die eerste sitting van die Parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, begin op 'n wankelrige noot. Ons praat met die minister van samewerkende regering en tradisionele sake oor die sukkelende Ditsobotla-munisipaliteit. 'n Hofgeding dreig oor regeringsdepartemente wat die Nasionale Kindersbeskermingsregister ignoreer.
Spektrum 6 Oktober 2025 06.10.2025 52:44
Leiers van die nuwe UNITE FOR CHANGE1-party sê hulle deure is oop vir ander partye. Gesprekke om die liggaam van die ontslape oudambassadeur, Nathi Mthetwa, na Suid-Afrika te repatrieer, word deur sy familie in Frankryk gevoer. Die parlementêre ad hoc-komitee wat ondersoek moet doen na inmenging by die polisie, begin môre met sy werksaamhede.
Spektrum 3 Oktober 2025 03.10.2025 49:47
Die aanstelling van munisipale amptenare op meriete is onder die vergrootglas by 'n indaba in Midrand. Die ANC sê partylede wat deur die Madlanga-kommissie geïmpliseer word, sal voor sy integriteitskomitee verskyn. Daar is groot druk op Israel om aktiviste van die Global Sumud-flottielje vry te laat. Generasie Z-betogings in Madagaskar woed voort.
Spektrum 2 Oktober 2025 02.10.2025 50:15
President Cyril Ramaphosa eis die vrylating van Suid-Afrikaners aan boord van die Gasa-flotielje in die Middelandse See, wat glo deur Israeli's ontvoer is. Ons praat met die EFF oor die skuldigbevinding van sy leier aan wapenverwante oortredings. Die Tembisa-korrupsieskandaal kan die ANC se steun onder kiesers verder benadeel.
Spektrum 1 Oktober 2025 01.10.2025 50:07
Afriforum verwelkom die skuldigbevinding van Julius Malema weens die onverskillige afvuur van 'n vuurwapen. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa. Onmin heers in Vredendal aan die Weskus waar skoolseuns KI-gemanipuleerde foto’s van skoolmeisies versprei het.
Spektrum 30 September 2025 30.09.2025 46:35
Statistieke SA se jongste data wys dat werksgeleenthede in die formele nie-landbousektor met 80 000 afgeneem het. Die hoof van misdaadintelligensie getuig vir 'n tweede dag voor die Madlanga-kommissie in Pretoria. NEHAWU verwelkom die Spesiale Ondersoekeenheid se tussentydse verslag oor die Tembisa-hospitaal in die Ekurhuleni-metro in Gauteng, Klimaatsaktiviste betoog by die Afrika Energieweek in...
Spektrum 29 September 2025 29.09.2025 50:57
Die misdaadinligtingsbaas, generaal Dumisani Khumalo, sê die ontbinding van die politieke moorde-taakspan is deur 'n georganiseerde misdaadsindikaat beïnvloed. Welkome reën val oor groot dele van die land. 'n Erfenisnavorser van Tukkies glo daar is potensiaal om Suid-Afrika se 'donker toerisme' te ontwikkel.
Spektrum 26 September 2025 26.09.2025 48:37
President Ramaphosa sinspeel daarop dat Suid-Afrika gasheer kan speel vir vredesgesprekke tussen Oekraïne en Rusland. Ons praat met 'n psigiater oor die tekens van iemand wat selfdood beplan. Die Bokke pak die Poemas môre in Durban.
Spektrum 25 September 2025 25.09.2025 49:23
'n Derde getuie verskyn voor die Madlanga-kommissie. Die stryd teen korrupsie eis al hoe meer lewens. 'n Hoogsbedreigde swartaasvoël broei in die Oos-Kaap uit. EFF-leier Julius Malema het 'n konsepresolusie in die parlement ingedien teen sogenaamde apartheidsera standbeelde.
Spektrum 24 September 2025 24.09.2025 51:11
Die eerste saak van grondonteiening sonder vergoeding vir 'n staatsbehuisingsprojek is op pad hof toe. Die Mpumalanga Wetgewer gee die groenlig vir die hernoeming van die Nasionale Kruger Wildtuin. Die Amerikaanse president, Donald Trump, glo Oekraïne kan sy geannekseerde grondgebied van Rusland terugkry.
Spektrum 23 September 2025 23.09.2025 46:31
Die Nasionale Polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, hervat sy getuienis voor die Madlanga Kommissie van Ondersoek. Gauteng se onderwysdepartement sê burgerskap of immigrasiestatus is nie 'n bepalende faktor vir skoolplasings nie. Veranderinge aan die paroolstelsel is onder bespreking by 'n beraad in Pretoria.
Spektrum 22 September 2025 22.09.2025 49:48
Daar is kommer dat Suid-Afrika se steun vir die Palestyne, handelsgesprekke met Washington kan kelder op die vooraand van 'n hoëvlakbesoek aan Amerika. Afriforum maak beswaar teen 'n sogenaamde rykmantariefheffing in Kaapstad. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, 'verduidelik' Cyril Ramaphosa se DA-aanmerking.
Spektrum 19 September 2025 19.09.2025 54:55
Dag 3 se getuienis deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, voor die Madlanga-kommissie het die tonge los. Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika sal daadwerklik moet ingryp om voedselonsekerheid in die land te bekamp. Die Protea-netbalspan se visier bly op sy eie doelwitte, ondanks die ontwrigting binne die groep van hulle volgende teenstanders, Nieu-Se...
Spektrum 18 September 2025 18.09.2025 53:42
KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê die taakspan wat politieke moorde in die provinsie ondersoek het, het glo opdragte om te ontbind, verontagsaam. Minister Angie Motshekga verdedig die weermaghoof se besoek aan Iran. Die Reserwebank maak later vandag sy besluit oor rentekoerse bekend te midde van hoop dat dit sal daal.
Spektrum 17 September 2025 17.09.2025 52:29
Verbruikersprysinflasie daal op ’n jaargrondslag tot 3,3% in Augustus. Alle oë is vandag op die KwaZulu-Natalse polisiehoof, Nhlanhla Mkhwanazi, die eerste getuie in die verhore van die Madlanga-kommissie van ondersoek. Uitspraak word vandag in Johannesburg verwag in die borgtogaansoek van die sakeman, Vusimuzi "Cat" Matlala. Die Springbok-vrouespan is terug in die land ná 'n geskiedkundige ervari...
Spektrum 16 September 2025 16.09.2025 53:27
Die Konstitusionele Hof hoor 'n saak aan oor beplande seismiese toetsing aan die Wildekus. 'n Finale besluit is nog nie geneem oor die moordenaar, Donovan Moodley, se parool nie. Die DA maak 'n plan bekend om Gauteng se infrastruktuuruitdagings te pak. 'n Kommissie van ondersoek van die Verenigde Nasies bevind dat Israel volksmoord in die Gasastrook gepleeg het. Wetenskaplikes is opgewonde oor Nep...
Spektrum 15 September 2025 15.09.2025 52:30
Die EFF stel voor alle Suid-Afrikaanse burgers moet op 16-jarige ouderdom outomaties op die kiesersrol geplaas word. Inwoners van Sodwana in die noorde van KwaZulu-Natal is bekommerd oor die voortbestaan van die Isimangaliso Unesco Park. Die konstruksiebedryf het in die eerste kwartaal van die jaar beduidend goed gevaar.
Spektrum 12 September 2025 12.09.2025 49:14
'n Dringende hofaansoek om 'n dokumentêre televisiereeks oor die misdadiger Thabo Bester te keer, misluk. Die burgerregte-organisasie, Action Society, veroordeel agt polisielede van die presidensiële beskermingseenheid se hofaansoek om ontslag. Ons bring hulde aan die legendariese flank, Jan Boland Coetzee, wat ná 'n siekbed oorlede is.
Spektrum 11 September 2025 11.09.2025 50:52
Mans kan nou vroue se vanne aanneem. Oorlog neem hulpbronne weg van die stryd teen armoede, sê 'n VN-verslag. Iran se beplande deelname aan 'n Suid-Afrikaanse weermagoefening laat die wenkbroue lig.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали