RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
31 Jul 2016 30.07.2016 21:26
Piet Human is 'n ingenieur wat help met toeganklikheid by openbare plekke vir gestremdes. Hy het 'n toeganklikheidsvlakaanwyser hiervoor ontwerp. Jacqui January het met hom gesels. En Fanie du Toit hoor van 'n onderwyser wat ná 'n duikongeluk ander mense in sy rolstoel inspireer en sy drome uitleef.
24 Jul 2016 23.07.2016 25:25
Hoe verwys mens na gestremdes, en wat is die regte en aanvaarbare terme om te gebruik? Fanie du Toit het gaan uitvind. En Jacqui January vertel van die suksesse van plastiekherwinning, en die voordele wat dit vir gestremdes inhou.
17 Jul 2016 16.07.2016 13:40
Fanie du Toit kyk na die belasting van mense met gestremdhede. Daar is ook wenke en hulp t.o.v die eise en die invul van belastingopgawes.
10 Jul 2016 09.07.2016 14:30
Fanie du Toit kyk na werksplasing vir gestremdes. Hy het praktiese raad vir van die vele uitdagings wat gestremdes in die arbeidsmark ervaar.
3 Jul 2016 02.07.2016 21:53
Jacqui January vertel van 'n groep van Wits Universiteit wat gesinne van dowe kinders help met kommunikasievaardighede. En Fanie du Toit vind uit watter strukture in plek is om te verhoed dat daar in die werkplek gediskrimeer word teen mense met geestessiektes.
26 Jun 2016 25.06.2016 22:28
Jacqui January gesels met Piet Human, 'n elektriese ingenieur, oor sy hulp aan gestremdes om hulle in die arbeidsmark te vestig. En Fanie du Toit gesels met Esme Fourie oor die uitdagings van mense met gestremdhede in landelike gebiede.
19 Jun 2016 19.06.2016 22:41
Jacqui January gesels met 'n jong vrou wie se sintuie is erg in 'n skietvoorval beskadig is. Sy beywer haar nou vir gelyke indiensneming vir gestremde vroue. En Fanie du Toit vind meer uit oor die toegangklikheid vir, en plasing van, gestremdes in die werkplek.
29 May 2016 29.05.2016 23:04
Fanie du Toit hoor meer van 'n konferensie waar die fokus op serabraal gestremde skoolkinders val. Jacqui January het gaan hoor hoe Tekkie Tax help met bewusmaking hulp aan mense met epilepsie.
22 May 2016 21.05.2016 23:47
Jacqui January gesels met 'n skoolhoof van Lenasia wat vertel hoe horende en dowe kinders by hulle skool saam leer en ontwikkel. En Fanie du Toit gesels met 'n ma van twee volwasse intellektuele gestremde vroue oor beskermde indiensneming.
15 May 2016 14.05.2016 25:52
'n Nuwe beleid is aanvaar vir die regte van gestremdes. Fanie du Toit hoor hoe dit verskil van die vorige beleid. Jacqui January het nuus oor 'n organisasie wat al langer as 130 jaar opleiding en sorg aan dowes en multi-gestremdes bied.
8 May 2016 07.05.2016 23:05
Fanie du Toit het inligting oor hoe om self jou gehoor te toets n.a.v. baanbrekerswerk by die Universiteit van Pretoria. En Jacqui January gesels met 'n ma en haar volwasse gestremde dogter in die gees van Moedersdag.
1 May 2016 30.04.2016 20:03
Fanie du Toit kyk na die Witskrif op die Regte van Gestremdes en hoe dit mense met gestremdhede sal bemagtig. En Jacqui January gesels oor mense se houding teenoor mense met gestremdhede.
24 Apr 2016 23.04.2016 19:15
Fanie du Toit vind mmer uit van die eerste koglieêre inplanting by Tygerberghospital in Kaapstad. Jacqui January gesels met iemand wat 'n koglieêre inplanting gehad het, en hoor van ander se hulp in haar sukses met die inplanting.
17 Apr 2016 16.04.2016 24:35
Stamsel-navorsing toon belofte vir mense wat deur retinitis pigmentosa geaffekteer word. Jacqui January het meer gaan uitvind oor hierdie baanbrekerswerk. En Fanie du Toit gesels met 'n vrou wat baie aanpassings moes doen a.g.v. spierdistrofie.
10 Apr 2016 09.04.2016 20:34
Die Verenigde Nasies het 'n raamwerk opgestel oor die menseregte van gestremdes in die werkplek. Fanie du Toit kyk na indiensnemingstendense in Suid-Arika. En Jacqui January vertel van 'n projek waar volwasse dowes opgelei word om hulle vir die arbeidsmark voor te berei.
10 Apr 2016 09.04.2016 20:34
Die Verenigde Nasies het 'n raamwerk opgestel oor die menseregte van gestremdes in die werkplek. Fanie du Toit kyk na indiensnemingstendense in Suid-Arika. En Jacqui January vertel van 'n projek waar volwasse dowes opgelei word om hulle vir die arbeidsmark voor te berei.
20 Mar 2016 19.03.2016 22:24
Jacqui January vind meer uit van die uitdagings vir vriende en familie van mense met Downsindroom. En Fanie du Toit vertel van 'n ondersteuningsgroep vir jong gestremde dogters wat deur gestremde vroue bestuur word.
13 Mar 2016 12.03.2016 22:18
Fanie du Toit kyk na die toeganglikheid van toerisme-aantreklikhede vir gestremdes. En Jacqui January fokus op gloukoom wat erge sig-gestremdheid kan meebring indien dit onbehandeld bly.
28 Feb 2016 27.02.2016 24:09
'n Landdros vertel van hoe hy ná 50 jaar sy hakkelprobleem oorkom het, en steeds elke dag daaraan moet werk. En Jacqui January praat met 'n ma oor haar droom om hulle gemeenskap so normaal moontlik te maak vir haar seun wat Downsindroom het.
21 Feb 2016 20.02.2016 21:46
Fanie du Toit kyk na die stand van padvervoer vir mense met gestremdhede. En Jacqui January vertel van 'n interessante toepassing op slimfone om jou gehoorverlies te bepaal.
14 Feb 2016 13.02.2016 21:54
Fanie du Toit yk na die rol en dienste van 'n arbeidsterapeut vir mense met liggaamlike en verstandelike gestremdhede. En Jacqui January hoor wat die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdhede van die staatsrede dink.
7 Feb 2016 06.02.2016 18:07
Suid-Afrikaners hou van sport! En mense met gestremdhede blink saam uit met ander in die internasionale arena, veral in atletiek.
31 Jan 2016 30.01.2016 25:50
Fanie du Toit vind meer uit oor die jaarlikse verrigtinge en planne van die nasionale liggaam vir gestremdes in Suid-Afrika, en hoe dit by wêreldtendense inskakel. En Jacqui January hoor van die oorsprong, die vordering en toepassing van Braille.
24 Jan 2016 23.01.2016 24:49
Watter bydrae lewer fisiese aktiwiteite in die ontwikkeling van mense met down sindroom? Jacqui January gesels met 'n PhD student wat navorsing gedoen het hieroor. Fanie du Toit het gaan hoor van intensiewe ondersteuning by 'n tersieêre inrigting in die Kaapse Skiereiland.
17 Jan 2016 16.01.2016 23:16
Jacqui January het gaan hoor van die eerste skooldag by 'n skool vir kinders wat verstandelik gestremd is. Fanie du Toit het gaan uitvind oor beskikbaarheid van hulpmiddels vir mense met gestremde in plattelandse gebiede.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали