uk

RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ Епізодів: 745

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

Health

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

4 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Leefwêreld van die gestremde 27 Junie 2021 27.06.2021

Fanie du Toit gesels met Marthe-Marie Kohne oor serebrale verlamming, en die werksaamhede van Abilities Without Limits.

Leefwêreld van die gestremde 20 Junie 2021 20.06.2021

Fanie du Toit gesels met Marthe-Marie Kohne oor die uitdagings van haar lewe met serebrale gestremdheid.

Leefwêreld van die gestremde 13 Junie 2021 13.06.2021

Fanie du Toit vertel van ‘n suksesstorie waar ‘n sakeman in die forensiese bedryf meer as redelike akkommodasie vir gestremdes in die werkplek skep. Jacqui January gee terugvoer oor konsepwetgewing wat nou van die baan is a.g.v. ‘n onderhoud op RSG en ander publieke deelname.

Leefwêreld van die gestremde 6 Junie 2021 06.06.2021

Fanie du Toit gesels met 'n jong man wat op 15-jarige ouderdom nie verbaal kon kommunikeer nie. Hy is vandag besig met sy doktorsdgraad en is 'n ambassadeur vir onderwys vir mense met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n tehuis wat al vir langer as 50 jaar mense met verstandelike gestremdhede versorg.

Leefwêreld van die gestremde 30 Mei 2021 30.05.2021

Fanie du Toit hoor watter impak Covid-19 het op die grootste fondsinsamelingsinisiatief vir mense met gestremdhede, Loslitdag. Jacqui January hoor van aanpassings wat gemaak is aan die belastingeise wat ouers en versorgers van kinders met gestremdhede kan indien.

Leefwêreld van die gestremde 23 Mei 2021 23.05.2021

Fanie du Toit hoor hoe die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede gestremdes in die arbeidsmark help. Jacqui January gesels met Kylah Beukes, ‘n ma met ‘n gestremde seun, wat ander bystaan om hulpmiddele soos bv. rolstoele te bekom.

Leefwêreld van die gestremde 16 Mei 2021 16.05.2021

Fanie du Toit vind meer uit van die akademiese en praktiese bane by ‘n skool vir kinders met gestremdhede. Jacqui January gesels met ‘n voormalige Mej. Dowe SA oor haar idees om mense met gestremdhede te bemagtig om hulle stories te skryf, en haar as entrepreneur te vestig.

Leefwêreld van die gestremde 9 Mei 2021 09.05.2021

Fanie du Toit gesels met Edna Cane Swanepoel wat ná ‘n ernstige motorongeluk van haar breinkapasiteit verloor het. Sy is 'n skrywer en uitgewer, en werk nou nog meer met die ondersteuning van haar familie, en skryf voort. Jacqui January hoor van die werk wat gedoen word by die Alta du Toit Skool in die Kaap vir kinders met veelvoudige gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 2 Mei 2021 02.05.2021

Fanie du Toit kry praktiese wenke oor hoe om jou gehoor teen geraas te beskerm. Jacqui January gesels met ‘n jong vrou met ‘n gestremdheid oor mense met gestremdhede in die arbeidsmark.

Leefwêreld van die gestremde 25 April 2021 25.04.2021

Fanie du Toit hoor watter impak 'n volledige gehoortoets op spraak het. Jacqui January vertel van ‘n ondersteuningsnetwerk vir ouers en versorgers van kinders met gehoorgestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 18 April 2021 18.04.2021

Fanie du Toit gesels met Sheri Brynard wat leef met Downsindroom. Sy tree op as ambassadeur van die VN vir mense met Downsindroom. Jacqui January vind meer uit van die regsgeding oor kopiereg wat Blind SA aanhangig gemaak het teen die regering. Die huidige wette verhoed dat persone met siggestremdhede toegang het tot Braillegeskrifte wat wêreldwyd gepubliseer word.

Leefwêreld van die gestremde 11 April 2021 11.04.2021

Fanie du Toit hoor van 'n onderwyser wat met outisme leef, van sy ervarings en kennis oor outisme.  Hy doen opvoeding en 'n waardevolle bydrae hieroor in sy gemeenskap. Jacqui January hoor van 'n projek met innoverende idees oor hoe om ouers deur sosiale media te bemagtig.

Leefwêreld van die gestremde 4 April 2021 04.04.2021

Fanie du Toit vertel die storie van 'n ma met 'n kind wat outisties is. Sy het 'n boek geskryf om ander te help vir beter begrip en om stigmatisering m.b.t. outisme te help bekamp. Jacqui January gesels met 'n arbeidsterapeut oor 'n projek wat opleiding en hulp bied aan ouers en versorgers wat omsien na kinders wat met outisme gediagnoseer is.

Leefwêreld van die gestremde 28 Maart 2021 28.03.2021

Fanie du Toit hoor van ‘n innoverende internasionale inisiatief wat ook in Suid-Afrika gevestig is. Hulle fokus spesifiek daarop om kommunikasie te versterk vir persone met gehoorgestremdhedee. En Jacqui January hoor van hulpmiddele om die lewe vir persone in rolstoele of diegene wat bedlênd is, gemakliker te maak.

Leefwêreld van die gestremde 21 Maart 2021 21.03.2021

Fanie du Toit hoor hoe die publiek kan help om die regte van persone met gestremdhede te help implementeer en respekteer. Jacqui January hoor van die bevordering van die regte van persone met gestremdhede in geloofgemeenskappe en kerke.

Leefwêreld van die gestremde 14 Maart 2021 14.03.2021

Fanie du Toit kyk na die opleiding van bou-inspekteurs ten opsigte van die toeganklikheid van geboue. Jacqui January hoor watter hulp daar is vir mense wat met demensie gediagnoseer is.

Leefwêreld van die gestremde 7 Maart 2021 07.03.2021

Fanie du Toit kyk na universele toegang by openbare plekke en jou huis. Jacqui January hoor meer van 'n lewe in  ‘n rolstoel n.a.v. Internasionale Rolstoeldag.

Leefwêreld van die gestremde 28 Februarie 2021 28.02.2021

Fanie du Toit fokus op Wêreld-gehoordag wat op 5 Maart gevier word. Jacqui January hoor van jong vrou wat in ‘n motorongeluk ‘n traumatiese breinbesering opgedoen het, en vandag voluit leef.

Leefwêreld van die gestremde 21 Februarie 2021 21.02.2021

Fanie du Toit praat met Sherilee Rutherford van die Ida Instituut oor  ‘n verslag van die Wêreld Gesondheidsorganisasie wat handel oor die gesondheidsoorsake wat gehoorverlies meebring. Jacqui January hoor van ‘n inisiatief om opritte vir rolstoelgesbruikers in Namakwaland te bou.

Leefwêreld van die gestremde 14 Februarie 2021 14.02.2021

Fanie du Toit gesels met ‘n vrou van kort statuur.  Sy vertel van 'n seldsame sindroom wat groei erg verstadig. Die toestand is sover slegs by vier families wêreldwyd gediagnoseer. Jacqui January hoor van ‘n ondersteuningsnetwerk vir ouers in die Vrystaat met kinders wat met uitdagings en/of gestremdhede lewe.

Leefwêreld van die gestremde 7 Februarie 2021 07.02.2021

Fanie du Toit kyk na die terminologie wat ons gebruik om mense met gestremdhede te definieer, en hoe ons soms willens en wetens diskrimineer. Jacqui January het gaan uitvind oor hoe die dieet van kinders met metaboliese defekte hulle en hulle gesinne se lewe beïnvloed.

Leefwêreld van die gestremde 31 Januarie 2021 31.01.2021

Fanie du Toit gesels met Mej. Dowe SA oor haar werk, suksesse en uitdagings. Jacqui January gesels met ‘n jong dowe vrou van Soweto, wat dit self nie breed het nie, maar ander se klein kinders oppas.

Leefwêreld van die gestremde 24 Januarie 2021 24.01.2021

Fanie du Toit vind meer uit van die werksaamhede van Gidshond SA. Jacqui January gesels met ‘n ma oor haar 14-jarige seun wat outisties is. Sy vertel van die skool wat sy en haar man begin het, en haar seun se liefde vir naaldwerk.

Leefwêreld van die gestremde 17 Januarie 2021 17.01.2021

Fanie du Toit gesels met Hannl Cronjé wat aftree. Sy kyk terug na haar jare in Atlantis aan die Weskus, en vertel van dié gemeenskap. Jacqui January gesels met ‘n luisteraar wat leef met serebrale gestremdheid.

Leefwêreld van die gestremde 10 Januarie 2021 10.01.2021

Fanie du Toit kyk hoor van ‘n simposium oor outisme, en van die interessante gedragpatrone van tieners wat met outisme gediagnoseer is. Jacqui January hoor van die Garden Route Distriksmunisipaliteit se dokumente oor Covid-19 en ander oordraagbare siektes, wat in Braille beskikbaar gestel is.

Слухайте подкаст Leefwêreld van die Gestremde у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали