Jan Smit
Laat ons Boekevat
'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.buzzsprout.com
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
1 Johannes 1 28.10.2026 20:42
Send us Fan Mail Ons begin vandag met die briewe van Johannes. Johannes, die dissipel vir wie Jesus lief was. Die apostel wat vir ons leer: God is liefde. Die apostel wat vir ons leer wie Jesus is, en wat ons vertel van die karakter van God, en van Sy Seun, Jesus Christus.
Lukas 24 19.10.2026 19:40
Send us Fan Mail Die hartseer van Goeie Vrydag is verby en ons vier die vreugde van Opstanding Sondag! Jesus verskyn aan die Emmaus gangers en ook aan Sy dissipels, en dan gaan Jesus na Betanië op die Olyfberg vanwaar Hy opvaar na die hemel. Daarmee het ons aan die einde gekom van die evangelie volgens Lukas.
Lukas 23 05.10.2026 21:35
Send us Fan Mail Vandag lees ons van Jesus se verhoor voor Pilatus en Herodes. Sonder wettige aanklagte en behoorlike bewyse word die onskuldige Jesus, skuldig bevind, bloot net omdat die geskreeu en aandrang van die skare die oorhand gekry het. Jesus word gekruisig en begrawe, en dit bring ons aan die einde van 'n lang en hartseer dag. Die dag wat ons vandag ken as Goeie Vrydag.
Promises of God 25.09.2026 14:36
Send us Fan Mail We are encouraged to stand on the promises of God, and to trust God to be faithful to keep His promises.
Lukas 22(b) 25.09.2026 17:08
Send us Fan Mail Jesus is in die tuin van Getsemani waar Hy tot Sy Vader bid, waar Judas Hom verraai, en waar Hy gevange geneem word. Jesus word geslaan en gespot, en verskyn voor die Joodse raad, waar Hy op onreëlmatige manier verhoor en skuldig bevind word.
Lukas 22(a) 12.09.2026 20:55
Send us Fan Mail Dit is die tyd vir die fees van die ongesuurde brode, die Pasga, oftewel die Paasfees, en dit is by hierdie geleentheid waar Jesus die nagmaal instel.
Lukas 21 02.09.2026 23:33
Send us Fan Mail Hierdie hoofstuk handel hoofsaaklik oor die profetiese rede van Jesus, wat gevolg het op 'n vraag van die dissipels.
Lukas 20 21.08.2026 23:08
Send us Fan Mail Jesus is nou in Jerusalem waar Hy die mense leer deur gelykenisse te vertel en met hulle te gesels, maar deurentyd is die skrifgeleerdes en Fariseërs en Sadduseërs besig om Jesus uit te lok om iets te sê waarvoor hulle Hom kon aankla of gevange neem.
Lukas 19 14.08.2026 22:19
Send us Fan Mail In Jerigo gaan Jesus tuis by die hoof tollenaar Saggeus, en dan vertel Jesus die baie belangrike en insiggewende gelykenis van die tien goue muntstukke. Dit is 'n profetiese gelykenis wat vooruit wys na die kerk van Jesus op aarde. Dan reis Jesus verder tot by Betfage en Betanië voordat Hy jerusalem binnegaan. Die eerste ding wat Jesus in Jerusalem doen, is om die tempel te r...
Lukas 18 08.08.2026 19:58
Send us Fan Mail Jesus is op reis na Jerusalem om daar gekruisig te word, en op Sy pad gaan Jesus nou deur Jerigo loop. Hy vertel nog gelykenisse, antwoord die vraag van die ryk jongman en genees die blinde man by Jerigo.
Lukas 17 02.08.2026 24:28
Send us Fan Mail Jesus genees tien melaatse mans, maar net een kom terug om God te prys en te dank. Jesus leer ons ook oor die krag van geloof, en Hy leer ons oor die koms van die koninkryk van God.
Lukas 16 26.07.2026 22:03
Send us Fan Mail Vandag se Bybelstudie gaan oor die gelykenis van die oneerlike bestuurder, en die verhaal van die ryk man en Lasarus.
Lukas 15 15.07.2026 20:48
Send us Fan Mail Vandag lees ons van die verlore skaap, die verlore muntstuk, en van die verlore seun. Jesus vertel vir ons van die vreugde wat tot in die hemel heers, wanneer net een sondaar tot bekering kom.
Lukas 14 10.07.2026 19:25
Send us Fan Mail Jesus maak nog mense gesond en vertel nog gelykenisse. Jesus leer ons lesse van nederigheid en van vrygewigheid, en dat ons die sout van die aarde moet wees.
Lukas 13 01.07.2026 21:44
Send us Fan Mail Jesus is nog steeds op reis na Jerusalem, en op die pad gaan Hy deur 'n aantal dorpe en stede. Hy leer die mense met gelykenisse, en Hy maak die siekes gesond. Hy vertel ons van die smal deur wat lei tot die lewe, en Hy dring by die mense aan om tot bekering te kom.
Lukas 12 21.06.2026 23:44
Send us Fan Mail In hierdie hoofstuk leer Jesus die dissipels 'n hele aantal belangrike lesse, en vertel Hy ook 'n aantal gelykenisse vir die skare. Jesus waarsku teen die soeke na rykdom, en gee die volgende waarskuwing: "Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees." Jesus waarsku ons ook om te alle tye gereed te wees vir Sy wederkoms.
Lukas 11 15.06.2026 25:17
Send us Fan Mail Op die versoek van die dissipels, leer Jesus hulle om te bid. Jesus beklemtoon ook weer die belangrikheid van die Woord van God. Dan beland Jesus in 'n onderonsie met die Fariseërs en die skrifgeleerdes. Hy wys hulle op hul sonde en skynheiligheid, en dit maak hulle baie opstandig. Jesus bestraf hulle, en spreek selfs 'n vloek oor hulle uit.
Lukas 10 08.06.2026 21:46
Send us Fan Mail In Lukas hoofstuk 10 lees ons van die 72 dissipels wat Jesus uitgestuur het op 'n sending in Samaria, en ons hoor ook die gelykenis van die barmhartige Samaritaan. ons leer ook 'n baie belangrike les as Jesus die huis van Marta en Maria besoek.
Lukas 9b 28.05.2026 19:51
Send us Fan Mail Jesus is nou op pad vanaf die berg Hermon, terug na Galilea. Op die pad, dryf Hy 'n bose gees uit 'n seun uit, kondig die tweede keer Sy eie dood aan, en leer die dissipels dat die mens se eie ego en status, nie belangrik is in die koninkryk van God nie. Jesus vertrek na Jerusalem, en besluit om deur Samaria te reis, maar die mense in 'n Samaritaanse dorp wou Hom ni...
Pinkster 2026 Bid in die Heilige Gees 22.05.2026 10:50
Send us Fan Mail Sover het ons Pinkster reeks vir hierdie jaar ingesluit: "Christelike gebed", "Bid tot die Vader", en "Bid deur Jesus Christus." Vandag sluit ons die reeks af met "Bid in die Heilige Gees." Ons wens julle almal 'n geseënde Pinkster Sondag toe.
Pinkster 2026 Bid deur Jesus 18.05.2026 9:43
Send us Fan Mail Die bloed van Jesus gee ons toegang tot die Vader, en Jesus is ons Voorspraak en Advokaat by God. Jesus leer ons om te bid, en Hy is vir ons 'n voorbeeld van gereelde en opregte gebed. En die grootste voorreg wat ons het, is om in die Naam van Jesus tot ons Vader te bid.
Pinkster 2026 Christelike gebed. 17.05.2026 9:31
Send us Fan Mail In ons Pinkster biduur en Bybelstudie reeks gaan ons hierdie jaar meer leer oor gebed. Ons wil graag leer wat gebed id en hoe om effektief te bid. En ons wil ons in die tyd toelê op gebed om te vra dat die Heilige Gees ons weer opnuut sal vul, en besit sal neem van ons lewens.
Pinkster 2026 Bid tot die Vader 17.05.2026 10:37
Send us Fan Mail Verlede keer het ons geleer oor Christelike gebed. Vandag kyk ons na gebed tot ons hemelse Vader, en gebed in geloof.
Lukas 9a 17.05.2026 18:20
Send us Fan Mail Jesus doen nog wonderwerke, en hy leer die dissipels en al die mense wat Hom volg. Dan lees ons van Petrus se belydenis, en van Jesus se verheerliking op die berg. Net daarna begin Jesus om vir die dissipels te vertel van Sy komende lyding en kruisiging.
Hemelvaart 2026 14.05.2026 14:02
Send us Fan Mail Vandag herdenk ons die Hemelvaart van Jesus Christus, ons Verlosser. Ons kyk na die lewe van Jesus, van voor die grondlegging van die aarde af, tot na Sy opstanding uit die dood.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали