RSG
Groeipyne
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Groeipyne 11 April 2024 11.04.2024 20:24
Die fokus is op die seksuele uitbuiting en misbruik van kinders. Ouers wil weet hoe om hulle kinders te bemagtig. Fanie Viljoen, skrywer van die kinderboek DIE DAG AS DIE DRAAK KOM, deel van sy insigte en navorsing vir die boek.
Groeipyne 4 April 2024 04.04.2024 20:41
Die tweede kwartaal van die skooljaar het begin, en die kleintjies is terug by die kleuterskool. Kleinkinder-onderrigspesialis Yolandi van den Heever gee raad oor hoe om weer in 'n roetine te kom, en wat om in die klaskamer te verwag.
Groeipyne 28 Maart 2025 28.03.2024 24:50
Vroeë kinderontwikkeling-spesialis, Sophie Breytenbach, gee raad oor kinders met leer-struikelblokke. Sy verduidelik ook hoe die Kinderwet ouers en skole se verantwoordelikhede ten opsigte van leer en onderrig uiteensit.
Groeipyne 21 Maart 2024 21.03.2024 21:08
Die eerste kwartaal van die nuwe skooljaar is verby, en leerders het hulle vorderingsverslae ontvang. Hoe moet ouers van kinders in die pre- en grondslagfase hierdie rapporte interpreteer? Vroeë kinderontwikkeling-spesialis, Sophie Breytenbach, het raad.
Groeipyne 14 Maart 2024 14.03.2024 25:25
Remediërende leeskenner Brand van Dyk praat oor die ontwikkeling van kinders se leesvaardighede.
Groeipyne 7 Maart 2024 07.03.2024 25:38
Ouervervreemding is ‘n verskynsel wat ‘n verwoestende uitwerking op gesinne en families kan hê. Marietjie Havenga, ‘n onderrig- en leerspesialis van Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum, het navorsing hieroor gedoen, en deel haar insigte vanuit ‘n onderwysperspektief.
Groeipyne 29 Februarie 2024 29.02.2024 25:40
Spraakterapeut en skrywer Christien Neser deel haar insigte oor die angs-toestand, selektiewe mutisme, uit gevallestudies, en gee raad aan onderwysers oor hoe om kinders met SM in die klaskamer te help.
Groeipyne 22 Februarie 2024 22.02.2024 25:44
Kliniese sielkundige en spelterapeut Jo-Marie Bothma werp meer lig op selektiewe mutisme, ‘n angstoestand wat veroorsaak dat jong kinders so te sê stom word in sekere situasies.
Groeipyne 15 Februarie 2024 15.02.2024 24:27
Ons fokus op lees, en die rol wat ‘n gemeenskap-ontwikkelingsorganisasie speel om kinders se leesvermoë te verbeter. Chareldine van der Merwe, die projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans, vertel van die werk wat hulle doen.
Groeipyne 8 Februarie 2024 08.02.2024 22:25
Ons fokus op die omstrede Bela-wet, wat veral Afrikaanse skoolgemeenskappe warm onder die kraag het. Hou dit ‘n bedreiging vir moedertaalonderrig in? Daan Potgieter, bestuurshoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, en Milanie Vosloo, Afrikaans.com se projekbestuurder, vertel meer.
Groeipyne 1 Februarie 2024 01.02.2024 25:15
Wat is van die faktore wat jou kind se spraak-en taalontwikkeling kan belemmer?
Groeipyne 25 Januarie 2024 25.01.2024 24:31
Kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskooljuffrou, Yolandi van den Heever, gee raad oor hoe om peuters en kleuters te dissiplineer.
Groeipyne 18 Januarie 2024 18.01.2024 23:11
Die nuwe akademiese jaar het begin en in hierdie week se Groeipyne fokus ons op roetine om ons weer aan die gang te kry. 'n Spesialis in voorskoolse onderwys en kleuterskoolonderwyser, Yolandi van den Heever deel haar insigte en gee ook waardevolle raad.
Groeipyne 11 Januarie 2024 11.01.2024 23:53
Hierdie week kyk ons vir oulaas terug op die Groeipyne hoogtepunte van 2023 en herkou ons aan die insigte en wenke van kenners oor verskeie onderwerpe.
Groeipyne 4 Januarie 2024 04.01.2024 25:19
So met die aanvang van ‘n nuwe jaar kyk ons terug op die Groeiipyne hoogtepunte van 2023 en herkou ons aan die insigte en wenke van kenners oor verskeie onderwerpe.
Groeipyne 21 Desember 2023 21.12.2023 23:57
Die jaar is amper verby en in retrospek kan ons nou baie van die jaar se gebeure – en die inpak daarvan op ons gesin – in perspektief plaas. Sielkundige Fiona Doman Olivier herinner ons aan wat saak maak en hoe om alles mooi op te weeg en te besin.
Groeipyne 14 Desember 2023 14.12.2023 22:39
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!
Groeipyne 7 Desember 2023 07.12.2023 23:00
In hierdie week se Groeipyne sit ons ons gesprek rondom neuro-diverse kinders en meer spesifiek kinders met outisme voort. Arbeidsterapeut Armandi Kotze deel haar insigte en gee raad.
Groeipyne 30 November 2023 30.11.2023 25:03
In hierdie week se Groeipyne fokus ons op neuro-diversiteit en veral kinders met outisme. Arbeidsterapeut Armandi Kotze deel haar insigte en gee raad.
Groeipyne 23 November 2023 23.11.2023 24:50
Ons fokus weer op sensoriese integrasiedisfunksie, en gesels met die ma van ‘n seuntjie wat op tweejarige ouderdom gediagnoseer is. Die historikus en biograaf, Lindie Koorts, deel hulle persoonlike reis met ons.
Groeipyne 16 November 2023 16.11.2023 23:14
Wanneer is die regte tyd vir potjie-afrigting (potty training), en waar begin ‘n mens? Die vroeë kinderontwikkelingspesialis, Yolandi van den Heever, gee raad.
Groeipyne 9 November 2023 09.11.2023 25:19
Die meeste van ons was as kinders bevoorreg om 'n pop of twee te kon hê, en herinneringe hieraan kan dikwels jou hart warm laat klop. Kliniese sielkundige dr. Jo-Marie Bothma praat oor die talle voordele verbonde aan popspeel.
Groeipyne 2 November 2023 02.11.2023 24:13
Charlize Calitz, die RR-graadhoof by Skuilkrosies, Laerskool Skuilkrans se Vroeë Kinder-ontwikkelingsentrum, praat oor kreatiwiteit in die kleuterskoolklaskamer.
Groeipyne 26 Oktober 2023 26.10.2023 24:14
Elke jaar wonder ouers van graad R-kinders of hulle kinders werklik skoolgereed is. Dis ʼn baie moeilike situasie omdat jy moet besluit oor iets wat moontlik ʼn groot impak kan hê op die toekoms van jou kind, vir wie jy wil net die heel beste wil hê. Kleuterskoolhoof Marietjie Havenga deel 'n paar riglyne wat ouers en onderwysers kan gebruik wanneer hulle die groot besluit moet maak.
Groeipyne 19 Oktober 2023 19.10.2023 25:12
Ons fokus ons op die LSD-benadering vir voorskoolse kinders: Liefde, Sekuriteit, Dissipline. Dr. Elsabe Wessels verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Opvoedkunde verduidelik wat dit behels.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали