uk

RSG

Groeipyne

Kids AF ↓ Епізодів: 633

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

Kids

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

8 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Groeipyne 3 Oktober 2024 03.10.2024

Wie onthou nog Annelie van Rooyen se bekende liedjie oor Sannie wat thewe thakke thout thal eet? Spraakterapeut en skrywer, Christien Neser, praat oor die oorsake en behandeling van lispel.

Groeipyne 26 September 2024 26.09.2024

Die fokus val op die WOW-projek (Woorde Open Wêrelde), Stellenbosch Universiteit se bemagtingsprojek wat ‘n verskil in vele gemeenskappe maak. Die projekbestuurder, Fiona Van Kerwel, vertel meer.

Groeipyne 19 September 2024 19.09.2024

Arbeidsterapeut Chrismarie Whitehead gee raad aan kleuterskooljuffrouens oor hoe om die klaskamer aan te pas, om maatjies te help, wat sukkel om hulle gedrag te reguleer.

Groeipyne 12 September 2024 12.09.2024

Ons praat verder met dr.  Esther Marloth, wat haar doktorsgraad in leerondersteuning verwerf het. Sy het meer as 30 jaar ondervinding, en het die afgelope drie jaar aan 'n boek gewerk wat handel  oor die verskillende leerprobleme waarmee onderwysers in die klaskamer worstel.

Groeipyne 5 September 2024 05.09.2024

Ons praat verder met dr.  Esther Marloth, wat haar doktorsgraad in leerondersteuning verwerf het. Sy het meer as 30 jaar ondervinding, en het die afgelope drie jaar aan 'n boek gewerk wat handel  oor die verskillende leerprobleme waarmee onderwysers in die klaskamer worstel.

Groeipyne 29 Augustus 2024 29.08.2024

Ons praat oor  leerondersteuning uit die oog van ‘n passievolle onderwyser, wat haar doktergraad hieroor gedoen het. Dr. Esther Marloth is ‘n Suid-Afrikaner, wat in Duitsland werk. Sy het meer as 30 jaar se ondervinding, en het die afgelope drie jaar aan 'n boek gewerk oor die verskillende leerprobleme waarmee onderwysers op skool te kampe het.

Groeipyne 22 Augustus 2024 22.08.2024

Wat is leerondersteuning? Wat behels dit, en hoe raak dit jou en jou kind? Jeanine Pentz, 'n leerondersteuningsbestuurder by Curro Uitzicht skool in Durbanville in Kaapstad, het die antwoorde.

Groeipyne 15 Augustus 2024 15.08.2024

Wanneer moet ‘n ouer of kleuterskoolonderwyser rooi ligte sien flikker oor 'n kind se ontwikkelingsmylpale? En sou jy bekommerd wees, waarheen wend jy jou? Arbeidsterapeut  Jancke van Wyk het die antwoorde.

Groeipyne 8 Augustus 2024 08.08.2024

Dieetkundige Christa Dunn praat oor kinders wat ondergewig is. Sy verduidelik wat die bydraende faktore is, en wat ons kan doen om die probleem op te los.

Groeipyne 1 Augustus 2024 01.08.2024

Kliniese sielkundige en spelterapeut dr. Jo-Marie Bothma praat oor hoe om voort te bou op die goeie ouerskapspraktyke van geslag tot geslag, en gee raad oor hoe om ‘n nuwe rigting in te slaan.

Groeipyne 25 Julie 2024 25.07.2024

Ons fokus op generasiesiklusse – dít wat van geslag tot geslag oorgedra word. Kliniese sielkundige en spelterapeut, dr. Jo-Marie Bothma, praat oor ouerskappraktyke oor generasies heen - die goeie en die minder aangename aspekte.

Groeipyne 18 Julie 2024 18.07.2024

Dieetkundige Christa Dunn deel kommerwekkende statistiek oor vetsug onder voorskoolse kinders, en gee raad om die probleem aan te pak.

Groeipyne 11 Julie 2024 11.07.2024

Die grondslagfase is een van die belangrikste fases van 'n kinders se skoolloopbaan, indien nie dié belangrikste nie. Yolandi van den Heever, 'n vroeë kinderontwikkelingspesialis en kleuterskooljuffrou, praat oor die belangrikheid van hierdie fase.

Groeipyne 4 Julie 2024 04.07.2024

Ouers wil altyd die beste vir hulle kinders gee. Hulle bedoeling is goed, maar soms is hulle nie goed ingelig nie. Dít kan moontlik skadelike gevolge hê. Vroeë kinderontwikkelingspesialis Sophie Breytenbach bespreek die nadeel van vroeë papierwerk vir voorskoolse kinders.

Groeipyne 27 Junie 2024 27.06.2024

Dis steeds skoolvakansie, en peuters en kleuters het die klaskamer vir die huis verruil. Wat gebeur by die huis, teenoor wat in die klaskamer plaasvind? Kleinkinderonderrigspesialis en kleuterskooljuffrou, Yolandi van den Heever, praat oor onderrig en opvoeding, en wie vir wat verantwoordelik is.

Groeipyne 20 Junie 2024 20.06.2024

Die winter is hier, en ons voel dit aan ons lywe. Só ook ons peuters en kleuters. Watter impak het dit op hulle en op die kleuterskoolklaskamer? Dr. Elsabe Wessels, verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Opvoedunde, deel haar insigte.

Groeipyne 13 Junie 2024 13.06.2024

Ons fokus op die belangrike rol van pa's in kinders se ontwikkeling. Heidi Malan, wat meer as 20 jaar se ervaring in die aanbied van doeltreffende ouerskapsleiding het, deel haar insigte.

Groeipyne 6 Junie 2024 06.06.2024

Vroë kinderontwikkeling-spesialiste sê speel is ‘n kleuter en peuter se werk. Die Verenigde Nasies stem saam, en het Internasionale Speeldag in die lewe geroep om kinders se reg om te kan speel te beskerm en te bevorder. Dié dag word op 11 Junie gevier. 'n Spesialisberader in spelterapie, Wietske Boon, praat oor die voordele verbonde aan speel.

Groeipyne 30 Mei 2024 30.05.2024

Op 11 Junie vier ons die eerste Wêreld Speeldag. Dis deur die VN ingestel ter beskerming en bevordering van kinders se reg om te kan speel. 'n Spesialisberader in spelterapie, Wietske Boon, praat oor die belangrikheid en die rol van speel in vroeë kinderontwikkeling.

Groeipyne 23 Mei 2024 23.05.2024

Wat is die proses wat gevolg moet word om toegang tot ‘n leerondersteuningsentrum vir ‘n kind met leeruitdagings te kry? Hennie Mentz, die bestuurshoof van Curro Uitzicht, ‘n leerondersteuningskool in Kaapstad, is terug in die Groeipyne-ateljee om raad te gee.

Groeipyne 16 Mei 2024 16.05.2024

Wat maak ek as ouer van ‘n voorskoolse kind met leeruitdagings? Hennie Mentz, die bestuurshoof van Curro Uitzicht, ‘n leerondersteuningskool in Kaapstad, gee raad.

Groeipyne 9 Mei 2024 09.05.2024

Milanie Vosloo, projekbestuurder van Afrikaans.com, praat oor die belangrike rol wat ma's speel in die holistiese ontwikkeling van hulle kinders.

Groeipyne 2 Mei 2024 02.05.2024

Ons fokus op die belangrike rol wat grootouers speel in die grootmaak van kinders. En, van watter ouderdom af mag kleintjies by oupa en ouma oornag? Sielkundige Fiona Doman-Olivier het die antwoorde.

Groeipyne 25 April 2024 25.04.2024

Ons sit die gesprek oor die seksuele mishandeling en uitbuiting van kinders voort. Edith Kriel, die bestuurshoof van die nie-regeringsorganisasie, Jellybeanz, vertel van die werk wat hulle met jong slagoffers en hulle gesinne doen.

Groeipyne 18 April 2024 18.04.2024

Suid-Afrikaanse kinders is van die kwesbaarste ter wêreld. Statistiek dui daarop dat een uit elke drie kinders voor die ouderdom van 18 jaar seksueel mishandel word. Edith Kriel, die bestuurshoof  van Jellybeanz, praat oor die uitwerking hiervan op kinders en gesinne, asook die werk wat hulle doen.

Слухайте подкаст Groeipyne у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали