RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Ant Suzie leer om te swem 14.03.2024 6:43
Suzie Mathys het in haar laat sestigs 'n besigheidseienaar geword. Op 70 was sy 'n strooimeisie vir haar vriendin, die bekende Marlene le Roux. En nou, op 71, spring sy sommer diepkant in en leer swem. 'n Mens is werklik nooit te oud om te leer nie, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.
Wat is donker materie? 14.03.2024 9:08
Dr. JJ van Zyl vertel vir Martelize Brink wat donker materie is, en hoe dit waargeneem word.
Britte en hulle slakke 14.03.2024 1:55
Britse organisasies versoek dat Britte vriende maak met hulle sowat 150 slak- en naakslakspesies. Min soorte maak moeilikheid in die tuin, maar gif laat almal van hulle vrek. Krimpvarkie- en voëlgetalle het dramaties afgeneem met die vermindering van slakke in die platteland.
Charles J. Fourie se skryfwêreld 13.03.2024 9:01
Charles J. Fourie gesels oor sy wêreld van skryf. RSG se middagvervolgverhaal, As die Hadida roep, is sy pennevrug.
Die “Hoopfabriek” vir jongmense 13.03.2024 7:20
Oorkant die SABC in Gqeberha, ry jy deur die hekke van die Ray Mhlaba-sentrum om by die Conyngham koffiewinkel te kom. Op die groter perseel vind jy hoop in aksie, want hier word weerlose jongmense tussen 18 en 25 jaar vaardighede aangeleer wat hulle óf entrepreneurs óf werknemers in verskillende bedryfsektore maak. Mariska Spoormaker het meer gaan uitvind.
Anim se 500 km in die sneeu 13.03.2024 11:04
Anim Swart (58) vertel van die Lapland Arctic Ultra-wedloop in Swede sy meer as 500 km in die sneeu te voet afgelê het sonder ondersteuning. Sy was die eerste vrou oor die wenstreep en algeheel vierde.
Baarde of tatoeëermerke help gidshonde 13.03.2024 2:17
Brittanje se organisasie wat gidshonde vir siggestremde mense oplei, vra dat mense met tatoeëermerke op die gesig, baarde, snorre, en vreemde haarstyle soos ‘n mohawk, hulle moet help met opleiding. Navorsing wys dat honde skrik vir mense wat só lyk. As hulle met die klein hondjies speel, gee dit vir die honde ‘n positiewe ervaring, en help hulle om gemaklik en selfversekerd te wees.
Die spoorweë se gieterye 12.03.2024 6:20
Jan de Beer vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die spoorweë se gieterye, en wat hulle daar doen.
Mielieverbouing in Suid-Afrika 12.03.2024 8:10
Mielies is ‘n Amerikaanse graangewas wat sedert die 16de eeu ‘n stapelvoedsel in Suid-Afrika geword het. Jacqui January vind meer uit van die die Drie Susters-konsep, die tradisionele manier hoe mielies in Amerika verbou is. Dit behels die innoverende praktyk om mielies, boontjies en pampoen saam te plant as plantmaats. Professor Ben-Erik van Wyk van die Universiteit van Johannesburg en ‘n mielieb...
Is die karnivoordieet veilig? 12.03.2024 11:32
Dieetkundige Retha Harmse vertelvan die karnivoordieet waar slegs vleis en ander diereprodukte geëet word.
Betaal biblioteekboetes met foto van kat 12.03.2024 1:28
‘n Biblioteek in Worcester in Massachusetts in die VSA laat mense hulle boetes vir beskadigde of laat boeke betaal met ‘n foto of prent van ‘n kat.
Mense veroorsaak gehoorskade by diere 11.03.2024 6:20
Alida du Toit praat oor die skade wat menslike atiwiteit aan diere se gehoor aanrig. Skade aan walvisse se gehoor kan daartoe lei dat hulle op strande uitswem.
Om te leer wat goeie werk is 11.03.2024 7:14
Baie werklose jongmense in Nelson Mandelabaai vind hoop en werk danksy die Work 4 A Living-program wat in vier sentrums in dié metropool aangebied word. Werksetiek, die opneem van eie verantwoordelikheid en persoonlike geldbestuur is van die fokuspunte in die opleiding. Mariska Spoormaker het die sentrum in Gelvandale besoek waar sy Matthew Solomon raakgeloop het.
Langste toutrek-rekord 11.03.2024 2:40
Wallis het ‘n rekord opgestel vir die langste toutrek van net meer as 516 meter met 100 deelnemers.
Alfred Thorpe se Kaapse driekamp 08.03.2024 6:55
Alfred Thorpe vertel vir Martelize Brink van die Calling Cape Town-driekamp, waar 50 atlete 8 km van Robbeneiland af swem, voor hulle die Kaapstad Fietstoer se 109 km plattrap. Daarna draf hulle die volgende 12 ure die 50 km roete tussen Kaapstad se drie ikoniese pieke.
360 Speseryroete - Deel 26 08.03.2024 8:00
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor Cajun-speserye.
Japie en die kankerhuis 08.03.2024 7:29
Haidee Muller-Isaacs gesels met Japie Coetzee oor sy betrokkenheid by die Irma Bruchi Kankerhuis in George. Japie was op sy dag ‘n kranige sportman. Sy vrou is ‘n paar jaar gelede aan kanker oorlede. Japie het self kanker geklop, en vertel van die pad wat hy met die kankerhuis stap.
Groenland se ys na Dubai 08.03.2024 2:08
In Dubai kan jy ys van Groenland se ysberge in jou drankie kry. Die helderste en skoonste ys is ouer as 100 000 jaar, en smaak na niks.
Heuningvlei en gemeenskapstoerisme 07.03.2024 7:16
Die Morawiese sendingdorp, Wuppertal, se grondgebied strek oor 36 000 hektaar, met 16 nedersettings, of buiteposte. Daleen van der Westhuizen is die voorsitter van Heuningvlei Toerisme, een van die buiteposte. Johan Rademan het by haar in die Cederberge gaan kuier, en gevra om te verduidelik waar Heuningvlei is. Sy gesels oor gemeenskapstoerisme en hoe afhanklik Heuningvlei daarvan is.
Kry werk sonder werksondervinding 07.03.2024 9:14
Dr. Cobus Oosthuizen vertel hoe jy die uitdaging kan aanspak om 'n werk te kry sonder vorige werksondervinding.
K-Pop ster “verkul” aanhangers 07.03.2024 2:48
Die K-Pop-ster, Karina, het haar aanhangers om verskoning gevra nadat dit bekend geword het dat sy in ‘n verhouding met ‘n akteur is. Haar aanhangers het betoog omdat hulle voel sy verkul hulle. K-Pop-sterre word as romanties toeganklik bemark.
Prof. Karin se 50/50-veldtog 06.03.2024 11:25
Prof. Karin Baatjes gesels oor haar roeping in opvoeding, en die uitdaging met beurse vir studente. Vir haar 50ste verjaarsdag het sy ‘n 50/50-veldtog begin, waar sy mense nooi om weekliks 50 minute saam met haar te stap, draf of op ‘n ander manier te beweeg en geld vir beurse in te samel.
Grootmense se speelgoedland 06.03.2024 7:23
As jy nie mooi kyk wanneer jy in Gqeberha se Worrakerstraat ry nie, kan jy reg verby die Baai se speelgoedmuseum en restaurant ry. Mariska Spoormaker het betyds stilgehou, ’n koffie bestel en gesels met Emile Burger, mede-eienaar van die speelgoedmuseum, wat hy en sy vrou Yvonne 50 jaar gelede begin het.
Man kry 217 Covid-19-inentings! 06.03.2024 2:05
‘n Duitse man is 217 keer ingeënt teen Covid-19, oor ‘n tydperk van 29 maande! Hy weet egter nie hoe effektief dit is nie, siende dat hy nog nie Covid-19 gehad het nie.
Die spoorweë se werkswinkels 05.03.2024 13:09
Jan de Beer vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die rol van die spoorweë se werkswinkels. Hy fokus op die werkplaas by Koedoespoort in Pretoria.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали