uk

RSG

Driesestig

Society AF ↓ Епізодів: 5605

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

Society

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

30 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Hoe het julle ontmoet? 24 November 2025 24.11.2025

Adelé Joubert vertel vir Martelize Brink dat Werner met die deur in die huis geval het en haar sommer ‘n klapsoen op die koop toe gegee het.

Elvis in die hof 24.11.2025

‘n Regter in die VSA is vir ses maande geskors nadat sy Elvis Presley-kapperjolle aan die lig gekom het. Soms is hy werk toe met sy Elvis-pruik en sonbril. Hy het ook Elvis se musiek in die hof gespeel.

Nuwe middagvervolgverhaal op RSG 21.11.2025

Lelia Etsebeth vertel vir Martelize Brink van KERSVERSIERINGS VAN HOOP, RSG se nuwe middagvervolgverhaal wat op Maandag 24 November begin.

360 Speseryroete - Deel 107 21.11.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat verder oor kos-pasmaats.

Rugbyjoernalis mik pale toe 21.11.2025

Kom dit by rugby, is daar baie kenners - die afrigters, die ontleders en sommige Jan Publieke wat meer weet as die skeidsregter. Maar 'n belangrike, en 'n half onsigbare deel van die groter rugbygeheel, is die sportjoernaliste, spesifiek die rugbyskrywers. Michael Green is een van hulle - al oor die dertig jaar lank. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.

Kla persoonlik 21.11.2025

‘n Munisipaliteit in Long Island, New York, aanvaar nou slegs klagtes in persoon of per geregistreerde pos. Geen meer klagtes via digitale roetes nie.

Tannie Anne se poppies 20.11.2025

Tannie Anne Kruger brei die oulikse diertjie-poppies, spesiaal vir getraumatiseerde kinders. Op 87 bring dit vir haar hope plesier. Haidee Muller-Isaacs het by haar in Somerset-Wes gaan kuier, en alte lekker pop gespeel. Tannie Anne vertel van haar komvandaan, Touwsrivier, en hoe haar ma haar destyds geleer brei het.

Jonk 20 November 2025 20.11.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor beenboeljon, hoe dit verskil van aftreksel, en of die gesondheidsvoordele waarop geroem word, die ure se kook werd is.

Frankryk hou hulle optelmasjien 20.11.2025

’n Hof in Frankryk het vir eers ‘n stokkie gesteek voor die verkoop van die eerste optelmasjien. La Pascaline is deur die Franse wiskundige, Blaise Pascal, in 1642 ontwerp. Dié nasionale skat mag nie Frankryk verlaat nie, en is van ‘n veiling onttrek.

Madam Zingara in Kaapstad 19.11.2025

Ons eie klein Moulin Rouge-ervaring. Dít is hoe Johan Rademan die nuwe Madam Zingara: La Dolce Royal-vertoning beskryf. Dit is in die boheemse ingevoerde Sigeunertent, waar die gees van Madame Zingara, die eksotiese en misterieuese sigeunervrou, se gees nie eers deur ‘n brand vernietig kon word nie. Kry jou kostuum reg om die ervaring van 'n leeftyd by te woon.

Katskool toe vir CATS 19.11.2025

Jackie Lulu gesels met Martelize Brink van CATS en die verskeie rolle in die musiekblyspel waarvoor sy voorberei.

Die geskiedenis van naelsorg en naelkuns 19.11.2025

Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van die geskiedenis van naelsorg en naelkuns. Ons hoor van mans wat dit geverf het vir die slagveld.

Hof toe oor Vegemite 19.11.2025

‘n Australiese gevangene neem die gevangenisowerhede hof toe oor Vegemite. Dis hul plaaslike alternatief vir Marmite. In die staat Victoria word dit in die gevangenis verbied omdat dit gebruik word om goed mee te smokkel en alkohol te brou.

Êrens oorsee 18 November 2025 18.11.2025

Michelle Bester vertel vir Martelize Brink van die lewe in Buckie in Skotland. Baie van die bekendste whisky word in hulle omgewing gedistilleer.

Heinrich Malgas se 21 jaar in die lug 18.11.2025

Heinrich Malgas gesels met Haidee Muller-Isaacs oor sy 21 jaar ervaring as ’n vlugkelner. Hy vertel van die soet en die suur, en die bekendes wat hy aan boord gehad het.

'n KI-huwelik 18.11.2025

‘n Vrou in Japan het getrou met ’n KI-persoonlikheid wat sy op ChatGPT geskep het. Die troureëlings is getref deur ‘n onderneming wat spesialiseer in huwelike tussen mense en virtuele of fiktiewe karakters.

Troetelpraatjies 17 November 2025 17.11.2025

Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraarsvrae oor katte.

Cornelius & Kathy = baie boeke! 17.11.2025

Van sy studentedae af, dwarsdeur sy akademiese loopbaan in Amerika en Suid-Afrika, het Cornelius Thomas oor die 40 jaar lank boeke bymekaargemaak. Boeke van alle soorte, sê Cornelius, want die lewe is alle soorte, en mense moet daaroor lees. Cornelius se vrou Kathy, net so 'n ywerige boekemens, bedryf saam met haar man Wendy's Book Lounge, waar jy onder meer in 'n sagte rusbank kan terugsit en lee...

Hoe het julle ontmoet? 17 November 2025 17.11.2025

Maritha de Beer vertel vir Martelize Brink hoe ‘n vriendin op kort kennisgewing met Dick de Beer gereël het om saam met haar matriekafskeid toe te gaan.

Kos vir boetes 17.11.2025

'n Munisipale hof en biblioteek in 'n stad in Oklahoma laat mense met verkeersoortredings, sekere munisipale oortredings en agterstallige biblioteekboeke toe om kos te skenk in ruil vir die vermindering of uitskakeling van hulle oortredings.

Charlene se boodskap van hoop 14.11.2025

Haidee Muller-Isaacs gesels met die inspirerende sangeres Charlene van Rooyen oor haar kinderhuisdae, en hoe sy ten spyte van kronkelpaaie, nou kies om haar lewe voluit te leef. Charlene het 'n positiewe boodskap van hoop aan ieder en elk.

360 Speseryroete - Deel 106 14.11.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kos-pasmaats.

Jan-Hendrik se boodskap aan Bakgat-wenner 14.11.2025

Jan-Hendrik van der Westhuizen is vanjaar se mentor vir die wenner van RSG en Virseker se 2025 Bakgat-beskuitkompetisie. Hier is sy boodskap aan Magda Janse van Vuuren wat as wenner gekroon is.

Huishou Olimpiese Spele 14.11.2025

Die 35ste Huishou Olimpiese Spele is in Las Vegas gehou. Bedopmaak, mop-aflos en stofsuig is van die items waaraan die werkers van die Las Vegas hotelle deelgeneem het.

Gerhard Meyer se granate 12.11.2025

Gerhard Meyer, ’n granaatboer van die Klein Karoo, het sy keuse van gewasse totaal verander ná raad van ’n boer van Israel. Gerhard was onlangs deel van Afrika-groep wat genooi is om in Keulen 'n verbruikersexpo by te woon, maar was voor dit in Spanje. Johan Rademan het met hom gepraat.

Слухайте подкаст Driesestig у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали