uk

RSG

Driesestig

Society AF ↓ Епізодів: 5605

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

Society

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

30 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Crystal Esau se kraamhuis 17.12.2025

Haidee Muller-Isaacs loer in by 'n kraamhuis in Parow in die Kaapse noordelike voorstede. Haidee Muller-Isaacs loer in by 'n kraamhuis in Parow in die Kaapse noordelike voorstede. Verloskundige Crystal Esau vertel van haar passie vir die natuurlike geboorteproses, en hoekom sy doen wat sy doen. Verloskundige Crystal Esau vertel van haar passie vir die natuurlike geboorteproses, en hoekom sy doen w...

Melanie Brummer vereer by Ecological Awards 17.12.2025

Melanie Brummer se Upcycled Cloth Collection is vereer by die Ecological Awards. Sy het ‘n wêreldwye gemeenskap van 250 000 mense gebou, wat tekstielafval verminder deur dit te omskep in nuwe skeppings.

Êrens oorsee 16 Desember 2025 16.12.2025

Julian Taylor vertel van die lewe in Tasmanië, Australië.

Kaylee se swemavontuur 16.12.2025

Op 15 was sy die jongste nóg om die 33 km Valsbaai-oorsteek-swem te doen, met net ‘n swembroek in die koue water. Kaylee Mouton en haar ma Chantell vertel van die aand toe hulle op dié avontuur besluit het.

Sandkrappe 15.12.2025

Maryke Musson, die uitvoerende bestuurder van bewaring, opvoedkunde en kommunikasie by die Suid Afrikaanse Vereniging vir Marine Biologiese Navorsing, praat oor sandkrappe.

Juffrou Margareth Cloete 15.12.2025

Die skooljaar is verby, en daarmee saam ook ‘n loopbaan by die skool. Haidee Muller-Isaacs gesels met Juffrou Margareth Cloete. Sy was voorheen in die nuus omdat sy met haar matrieks by klaskamers by Hoërskool Springbok intrek om net op die eksamen te konsentreer. Sy het intussen afgetree, maar dit beteken nie sy is klaar met die leerders en haar planne om te help nie.

Hoe het julle ontmoet? 15 Desember 2025 15.12.2025

Peet van Staden vertel van sy liefdespad met Fadela, wat in April 1989 by Westlake Gevangenisdiens Opleidingskollege begin het.

Agterpaddorpies: Williston 12.12.2025

Ons hoop om jou te oorreed om met Suid-Afrika se agterpaaie te reis, en by ‘n paar vergete dorpies aan te doen. Johan Rademan en Jurgens Schoeman vat die stuur op die agterpaaie.

360 Speseryroete - Deel 110 12.12.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor fleurografie, en die gebruik van plante as simbole.

Tash se kostuin 12.12.2025

Haidee Muller-Isaacs kuier by Tash van Zyl. Die afgelope 10 jaar is haar Durbanville-tuin in 'n kostuin omskep. Dit het nou ’n opleidingsplatform vir ander geword.

Die kleur van 'n trourok 12.12.2025

Trourokke kry deesdae ‘n tweede lewe deur dit professioneel te laat kleur om weer te dra. Andersins hang dit mos net in ‘n kas.

Inge Kuhne se sabbatsverlof 11.12.2025

Hoekom bied sekere maatskappye sabbatsverlof aan werkers? Hoe werk so iets? Is dit voordelig op die ou end? Hoe maak mens optimaal gebruik van só 'n geleentheid? Haidee Muller-Isaacs steek kers op by 'n bekende Sondagkoerant se redakteur, Inge Kuhne, wat tans op sabbatsverlof is.

Jonk 11 Desember 2025 11.12.2025

Dieetkundig Valpré Huisamen praat oor die voedingsdigte aanvulling Spirulina.

Pleisters vir jou handsak 11.12.2025

Hermes het ‘n pakkie van drie skaapleer-pleisters vir $200 op hulle adverteer. Die idee is dat jy ’n lelike merk op iets op ‘n modieuse manier verbloem. Dis egter nie meer beskikbaar nie.

Nuuseum bewaar SA se Afrikaanse erfenis 10.12.2025

Die breë Afrikaanse kultuurerfenis kry ’n nuwe digitale lewe met die bekendstelling van Nuuseum, ’n nie-winsgewende organisasie wat daarop gemik is om Suid-Afrika se diverse Afrikaanse geskiedenis, kuns, musiek, landbou, en sport vir toekomstige geslagte te bewaar. Johan Rademan het met die hoof van Nuuseum, prof. Lizabé Lambrechts, gesels.

Waar kom bygelowe vandaan? 10.12.2025

Dr. Mandie Uys praat oor die oorsprong van bygelowe - van antieke gelowe tot meer moderne Feng Shui en gelukbringertjies.

Wasmasjien vir mense 10.12.2025

In Japan is daar nou wasmasjiene vir mense. Jy gaan lê, en alles word vir jou gedoen. Teen R6,5 miljoen elk is die eerste twee reeds verkoop.

Êrens oorsee 9 Desember 2025 09.12.2025

Douw Cloete vertel vir Martelize Brink van Langebach in Duitsland, waar hy en sy Nederlandse vrou ‘n gastehuis in ‘n woud het.

Gemeenskapsgedrewe bewaring 09.12.2025

Christiaan Lochner praat oor gemeenskapsgedrewe bewaring by Heroldsbaai Natuurreservaat, met sy kusfynbos en inheemse woud.

Wegsteekgeld 09.12.2025

’n Man van Kanada is meer as ‘n miljoen Kanadese dollar kwyt nadat die polisie die kontant op verskeie plekke op sy eiendom gekry het waar dit weggesteek is. Daar is ‘n moontlikheid dat 15 000 Kanadese dollar eerlik bekom is, so dit kon hy hou. Die res is vermoedelik dwelmgeld.

Vlermuise se belangrike rol 08.12.2025

Dr. Marienne de Villiers praat oor die belangrike rol van vlermuise, veral vir die landbou.

Hoe het julle ontmoet? 8 Desember 2025 08.12.2025

Kobus Matthee vertel vir Martelize Brink hoe dinge in die jagveld vir hom en Sonja in plek geval het.

51 Passasiers skoonveld! 08.12.2025

‘n Fout het gemaak dat berekeninge vir 51 passasiers op ‘n Qantas-vlug nie gemaak is nie. Vir vlugdoeleindes was daar 4 291 kg, wat nie in berekening gebring is nie.

Chris Oosthuizen se bergpasse 05.12.2025

Chris Oosthuizen staan aan die bestuur van ‘n privaatskool tussen Aliwal-Noord, Zastron en Lady Grey. Sy groot ontvlugting is om die omgewing se bergpasse te verken, waar hy as ‘n bergpasgids optree. Johan Rademan het saam met hom deur die passe gedraf.

360 Speseryroete - Deel 109 05.12.2025

Maruis Slabbert vertel vir Martelize Brink van die handgemaakte botter by Spitskop, en gee resepte waar jy dit kan inspan.

Слухайте подкаст Driesestig у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали