RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Êrens oorsee 27 Januarie 2026 27.01.2026 11:59
Matty Strydom gesels met Martelize Brink oor haar viermaande lange reis deur Indië.
Die sielkunde van Jan Tuisbly se karretjie 27.01.2026 7:10
Noudat Desember se feestyd met vriende- en familiesamesyn iets van die verlede is, is dit dalk tyd om te kyk na die mense wat nie in die geroesemoes van mense wil beland nie, en verkies om by die huis te bly, al is dit op hulle eie. Mariska Spoormaker het hieroor gepraat met Hanna Kotze, ‘n kliniese maatskaplike werker en traumaberader van die Baai.
TV-span van Japan in Wupperthal 27.01.2026 9:22
Gavin Terblanche, David Bush en Takanori Hoshi vertel van die NHK TV-span van Japan se besoek aan Wupperthal.
Museum van persoonlike mislukkings 27.01.2026 1:28
In Vancouver is daar ‘n museum van persoonlike mislukkings. Goed waar dinge fout gegaan het, is daar te sien, met die storie waar die item inpas.
Panthera Africa grootkat-toevlugsoord 26.01.2026 9:20
Lizaene Cornwall vertel vir Martelize Brink van die Panthera Africa grootkat-toevlugsoord by Stanford, wat onlangs skade gelei het met die brande in die omgewing.
Kariega se legendariese Wongs 26.01.2026 7:28
Al 49 jaar lank weet almal van Kariega wie Winston en Marlene Wong is, want dit is hoe lank die egpaar se Dragon Inn die inwoners met smullekker Chinese wegneemetes bederf. Noudat die Wongs nader aan tagtig as sewentig is, het Marlene al soort van legendariese status bereik. Mariska Spoormaker het gaan inloer.
Jou naam se komvandaan 26 Januarie 2026 26.01.2026 7:54
Dr. Willem Botha praat oor Germaanse naamgewing, en die ideale en beginsels wat ouers in hulle kinders wou vaslê.
'n Dak oor 'n rot se kop 26.01.2026 1:39
In Amerika soek ’n dierereddingsorganisasie blyplek vir 480 rotte. Die troeteldiergetalle het handuitgeruk, en ‘n huis oorgeneem.
Gholfskeidsregter Inus Marais – Deel 1 23.01.2026 8:02
Na raming speel meer as 'n 100 miljoen mense wêreldwyd gholf, of is ten minste daarby betrokke. Op RSG word gholf ook deur ons luisteraars as ‘n voorkeursportsoort aangedui. Inus Marais is ‘n amateurgholfspeler wat homself, deur sy vrou Helene se inspirasie, as internasionale gholfskeidsregter bekwaam het. Johan Rademan het met hom gesels.
360 Speseryroete - Deel 114 23.01.2026 10:36
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor 2026 se geure van die jaar.
Sokkies van Japan 23.01.2026 1:58
Sokkies gekoop by geriefswinkels, eerder as klerewinkels, is deesdae ‘n gesogte aandenking vir toeriste in Japan.
Despatch se stoei-familie 22.01.2026 7:46
Op Despatch, die Oos-Kaapse dorpie buite Gqeberha, het die van Els al sinoniem met stoei geword. Mariska Spoormaker het na die Despatch-stoeiklub gegaan, en drie generasies van die stoeier-Else by ‘n oefensessie ontmoet.
Jonk 22 Januarie 2026 22.01.2026 8:38
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor preserveermiddels, en hoe dit werk.
Opblaasmatras-seeredding 22.01.2026 0:54
‘n Man is aan die kus by Edinburgh uit die see gered, waar hy aan ‘n opblaasmatras geklou het.
Oorlogvakansie vir Oekraïense kinders 21.01.2026 10:08
Johan Oldenburg vertel vir Martelize Brink van die afgelope Kersfees wat hy in Oekraïne, op die grens met Rusland, deurgebring het. Kinders van daar is nou vir twee weke in Nederland met vakansie van die oorlog.
Die reisende klaskamer 21.01.2026 9:07
Die Reisende Klaskamer is ‘n skool wat na die kinders toe gaan. Dis ’n opvoedkundige inisiatief deur DGB, ‘n wynprodusent en -verspreider. Twee mobiele rekenaar- en biblioteekklaskamers reis deur die wynlande, en besoek 19 laerskole op ‘n tweeweeklikse basis. Dit is daarop gemik om die opvoedkundige gaping te oorbrug, en meer as 5 000 laerskoolkinders en 153 onderwysers te inspireer. Haidee Muller...
Wat kan ons leer by… 21 Januarie 2026 21.01.2026 8:36
Dr. Mandie Uys vertel van die Babiloniërs. Babilon was uiters strategies geleë waar die Tigris- en die Eufraatriviere bymekaar kom, in wat vandag Irak is. Die stad se ligging was uitstekend vir in- en uitvoere.
Identiese tweeling-troue 21.01.2026 1:07
In China gons die internet oor ‘n familiefoto by ‘n troue. Identiese tweelingbroers het met identiese tweelingsusters getrou. By die troue was die bruide se identiese tweeling-ooms, so ook die bruidegomme se identiese tweeling-ooms.
Êrens oorsee 20 Januarie 2026 20.01.2026 12:18
Nick Bezuidenhout vertel van sy nomadiese bestaan. Die afgelope ses jaar was hy al in 17 lande. Hy vertel van Panama waar hy nou al twee maande bly.
Kabeljous-reservaat vlammehel gespaar 20.01.2026 7:44
Met die verwoestende brande wat tot verlede week nog in die Kouga-streek gewoed het, is die Kabeljous-reservaat buite Jeffreysbaai gelukkig ‘n vlammehel gespaar. Dié reservaat is een van die weinige plekke wat nog ‘n veilige habitat vir die bedreigde witkruisvleivalk bied. Hoewel dit ‘n provinsiale reservaat is, word dit al jare lank deur vrywilligers van die Kabeljous Reservaat Aksiegroep in stan...
Ultrakoue-marathon 20.01.2026 1:05
In Rusland word ’n ultra-marathon in ysige omstandighede gehardloop. Die Pole of Cold Oymyakon-marathon se 50 km is verlede week in -41 grade Celsius gehardloop.
Die kwesbare sekretarisvoël 19.01.2026 12:03
Cassie Carstens praat oor sekretarisvoëls, wat mens in die gras sien stap. In Suid-Afrika is hulle as kwesbaar gelys, maar daar is groter uitdagings vir hulle voortbestaan verder op die vasteland.
DF Akademie se tuintannie 19.01.2026 8:27
Haidee Muller-Isaacs kuier by Lorinda Smit, die tuintannie by DF Akademie. Lorinda vertel van die inspirerende tienerseun wat aanvanklik die saadjie geplant het vir hierdie tuinplanne.
Jou naam se komvandaan 19 Januarie 2026 19.01.2026 12:14
Dr. Willem Botha vertel waar dinge fout gaan met name opgee, asook die variasies van Johan.
Sand vir Saoedi-Arabië 19.01.2026 1:36
Dit klink vreemd, maar Saoedi-Arabië voer sand in. Hulle het so baie, maar dit is nie geskik om mee te bou nie. Hulle bousand word hoofsaaklik van Australië af ingevoer.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали