uk

RSG

Driesestig

Society AF ↓ Епізодів: 5636

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

Society

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

11 лис 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,7+ iOS незабаром

Епізоди

Die krag in die grysheid 26.12.2022

Ina Wilken is die nuwe voorsitter van GrysKrag, ‘n niewinsgewende diensorganisasie vir persone ouer as 50 jaar. Sy praat oor haar visie vir GrysKrag.

Hoe maak mens biobrandstof? 23.12.2022

Rex Zietsman verduidelik vir Renske Jacobs hoe biobrandstof gemaak word.

Helenvale se blaasorkes bring vreugde 23.12.2022

Sal jy kan stilsit in jou huis wanneer ‘n blaasorkes verby loop en vrolike klanke om jou spoel? Die afgelope 18 jaar het die jong musikante van die Helenvale Brass Band en inwoners wat hulle deur die strate volg, ‘n bekende gesig geword. Mariska Spoormaker het ‘n oefening van dié gewilde orkes bygewoon.

Speel die didgeridoo 23.12.2022

Andries Bruyns vertel vir Renske Jacobs hoe hy didgeridoos maak en hoe dit klink.

Film oor boeliegedrag 22.12.2022

Jacques Gombault vertel hoe hy toneelspel gebruik op bewustheid te skep en mense op te voed oor boeliegedrag.

Die uitkyk-tannie van Bellville 22.12.2022

Haidee Muller-Isaacs loer weer in by die uitkyk-tannie van Bellville, Tannie Poppie Weideman. ‘n Paar jaar gelede het Haidee by Tannie Poppie ingeloer nadat sy by die supermark langs haar woonstel gehoor het hoe sy haar ontferm oor die jongmense wat daar werk.

Maklike kersversienings 22.12.2022

Almie Louis gee ‘n paar eenvoudige idees vir kersversierings.

Johny se Noord-Kaap Kersfees 21.12.2022

Johny Klein deel sy herinneringe van Kerstyd in die Noord-Kaap.

Agulhas se vuurtoring 20.12.2022

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van Agulhas se vuurtoring.

Curt se skoolskoenprojek 20.12.2022

Curt Baker is gebore en getoë op Mosselbaai in die Suid-Kaap. Deesdae is hy 'n bemarkingsbestuurder by die SABC in Kaapstad. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy skoolskoenprojek, en hoekom die kinders van sy tuisdorp hom ekstra na aan die hart lê. Hy het nog nie naastenby genoeg skoene ingesamel nie, maar die hoop beskaam nie, sê Curt.

Van die township tot 'n regsgraad met onderskeiding 20.12.2022

Fundile Nene vertel vir Martelize Brink van haar grootwordjare in ‘n township tot waar sy haar LLB-graad met onderskeiding verwerf het.

Troeteldiere en slangbyte 19.12.2022

Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor troeteldiere en slangbyte.

“Hoekom ek klaar is met sosiale media” 19.12.2022

As jong argitek in Nelson Mandelabaai het Bardy Badenhorst nie net inspirasie uit sosiale mediaplatforms geput nie, maar Instagram ook die elektroniese dagboek van sy ontwerpe gemaak, en dit daarna op Pinterest gedeel. Maar nou is Bardy klaar met enige sosiale media. Mariska Spoormaker het gaan hoor hoekom.

Regverdigheid in die handelsomgewing 15.12.2022

Paul Colditz praat oor Fairtrade, wat streef vir regverdigheid in die handelsomgewing.

Baai se burgemeester praat oor waterkrisis 15.12.2022

Weet jy hoe voel dit om in ‘n feitlik leë opgaardam te staan wat ‘n metropool moet bedien? Retief Odendaal, die burgemeester van Nelson Mandelabaai, sal jou hiervan kan vertel. Hy het met Mariska Spoormaker gepraat.

Die bekamping van menseroof 15.12.2022

Herman Bosman praat oor die rol van die staat en die burgerlike gemeenskap om menseroof te bekamp.

Nekstutte vir motorfietsryers 14.12.2022

Chris Leatt vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die nekstutte wat hy ontwerp het, wat internasionaal vir fietsry en motorfietssport gebruik word.

Aanlynplatform vir intreefase werksoekers 14.12.2022

Christiaan van den Berg, medestigter van JOBJACK, vertel hoekom hy en sy vennoot hierdie aanlynplatform begin het vir intreefase werksoekers. Hy vertel ook hoekom hy sy werk as geoktrooieerde rekenmeester prysgegee het om sy passie na te jaag om ander jongmense te help. Hy het ook onlangs 'n toekenning ontvang. Haidee Muller-Isaacs het by hom gaan inloer.

Twee Oseane Akwarium se nuwe skeurtandhaaie 14.12.2022

Tinus Beukes vertel van die Twee Oseane Akwarium se nuwe skeurtandhaaie, en van die haaie wat tot nou toe daar te sien was, wat terugkeer see toe.

Die Wes-Kaap se bergpasse 13.12.2022

Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Wes-Kaap se bergpasse.

Joernalis praat oor haar emosionele herstelpad 13.12.2022

Meer as 30 jaar nadat die Baaise joernalis, Roslyn Baatjies, gestremd gelaat is ná n taxi-ongeluk, het sy onlangs eers by die punt van aanvaarding oor haar fisieke toestand gekom. Mariska Spoormaker het met haar gepraat.

Sjefskool help gemeenskap 13.12.2022

Glanskok Francois Ferreira vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy sy sjefskool om terug te ploeg in die gemeenskap.

Afrikabeeste 12.12.2022

Prof. Frikkie Neser vertel vir Martelize Brink wat Afrikabeeste se gene aan die wêreld bied.

Die lank en kort van Vanes-Mari du Toit 12.12.2022

Vanes-Mari du Toit was eens op 'n tyd 'n Protea-netbalspeler. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar grootworddae in 'n enkelouerhuis, hoe sy bo haar omstandighede uitgestyg het, en hoekom sy altyd ander sal bly inspireer. En dan natuurlik gesels die twee ook oor die voormalige sportvrou se lengte wat ander mense altyd verbaas.

Durban se strande 12.12.2022

Maryke Musson van uShaka Marine World praat oor die toestand van Durban se strande.

Слухайте подкаст Driesestig у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали