uk

RSG

Driesestig

Society AF ↓ Епізодів: 5585

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

Society

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

22 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Sorgverlatersprogram vir jongmense 07.07.2026

Alda Fourie vertel vir Martelize Brink van Engo Vrystaat se sorgverlatersprogram wanneer jongmense te oud word om in jeugsorgsentrums te bly.

Besteel terwyl hy steel 07.07.2026

Jalen Godard het in Maryland in die VSA sy rieme styfgeloop toe sy motor gesteel is terwyl hy inbreek by ‘n winkel. Toe hy die diefstal by die polisie aangee, sit hulle een en een bymekaar, en vir Jalen in boeie.

Troeldiere se tandgesondheid 06.07.2026

Dr. Elizna Boag praat oor troeldiere se tandgesondheid, en veral die aandag wat gegee moet word aan klein hondjies en katjies.

In die wêreld van landbou 6 Julie 2026 06.07.2026

In vandeesweek se landbounuus berig ons onder meer oor pogings om die prestasie van die Kaapstad hawe te herstel; AgriSA se kommentaar op ‘n verslag van die Nasionale Energiereguleerder; die prestasie van Suid-Afrika se melkbedryf; en ‘n kommerwekkende verslag oor plaagdoderreste in talle alledaagse kossoorte.

Joanie Voss oor RSG se matriekafskeidprojek 06.07.2026

Joanie Voss gesels met Martelize Brink oor haar ervaring as begunstigde van RSG se 2025 matriekafskeidveldtog saam met die Elizabeth Galloway Academy of Fashion.

Troeteldier se as om jou oë? 06.07.2026

Grimeerkunstenaar Claire Hobson het haar hond se as met pigment gemeng, en semipermanente oogomlyner daarmee laat tatoeër, met die idee dat hy steeds die wêreld deur haar oë kan ervaar.

'n Stukkie Arabië in die Karoo 03.07.2026

Tradisionele Arabiese markte verkoop dikwels speserye, tekstiele, leerware, juweliersware, handwerk en kos. Dit dien ook as 'n sosiale bymekaarkomplek, en staan bekend as ‘n Souk. Jy hoef nie na Marrakesj, Tunis of Fez te reis nie, want in Prins Albert is daar ‘n Karoo Souk, waar Johan Rademan met ‘n wolspinner en -wewer gesels het, wat dié kuns al amper vier dekades lank beoefen.

360 Speseryroete: Braaikos 03.07.2026

Cornelle Minie vertel van die braaikos wat hulle voorsit by die Boerebraai Restaurant op Middelvlei.

Huur 'n hond 03.07.2026

Wangfu is ‘n aanlynplatform in China waar jy ‘n hond bestel om mee te gaan stap. Eienaars registreer hulle honde op die platform met inligting en ‘n foto, en dan kies die kliënt die hond wat hulle wil huur per uur.

Rico, die skaap 02.07.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met Marietjie Brink oor Rico, ‘n skaap wat vir sewe jaar alleen en

Jonk: Kou jou kos behoorlik 02.07.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen vertel vir Martelize Brink dat kou sowel ‘n sielkundige as fisiologiese rol het.

Skildery van miljoene rand op straat gekry 02.07.2026

‘n Man het in Sevilla in Spanje ‘n skildery op straat opgetel. Vir hom was die raam mooi. Later vind hy uit dat die skildery R2,84 miljoen werd is… maar ook as gesteel aangegee is.

Brümilda se vol lewe 01.07.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met die bekroonde aktrise, Brümilda van Rensburg, oor loopbaandinge en die lewe ná 40 jaar in die bedryf.

Wat kan ons leer by... Middeleeuse ridders (Deel 3) 01.07.2026

Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van Middeleeuse ridders en die idee van ridderskap in die moderne lewe.

Stompies vir poffertjies 01.07.2026

WasteBar is ‘n kostrok in Nederland waar jy sigaretstompies kan ruil vir poffertjies. Dis ‘n inisiatief om mense anders te laat dink oor rommel.

Êrens oorsee: Bali 30.06.2026

Hennie van der Merwe vertel vir Martelize Brink van die kulturele ervarings in Bali, Indonesië. Hy bly naby Singaraja. Die Dag van Stilte is ‘n opvallende gebeurtenis daar.

Wees slim en spaar met jou inkopies 30.06.2026

Koskonsultant Heleen Meyer praat oor inkopies, en gee raad en wenke wat jou geld kan bespaar.

Visvang by die winkel 30.06.2026

‘n Winkelsentrum in Rusland beplan die eerste binneshuise visvangdam. In die dam is kameras wat die aksie onder die water afneem, en dit op skerms vertoon.

SA se Merinoskape 29.06.2026

Cor Uys vertel vir Martelize Brink van die geskiedenis van Merinoskape, en hoe die skape uit Spanje die basis van sowel Suid-Afrika as Australië se wolbedrywe gevorm het.

In die wêreld van landbou 29 Junie 2026 29.06.2026

In hierdie week se landbounuus: Die Wes-Kaapse regering verskerp sy reaksie op bek-en-klouseer; Afriforum reik ’n waarskuwing uit oor ’n verhoogde risiko vir veldbrande hierdie winter; die swak prestasie van die Kaapstad hawe bekommer rolspelers in die varsvrugtebedryf; en Graan SA is ontevrede oor die regering se besluit om die koringtarief onveranderd te hou.

Gaarmaakmetodes vir beesvleis 29.06.2026

Prof. Phillip praat oor die beste gaarmaakmetodes vir verskillende snitte beesvleis.

Is daar 'n balk in jou oog? 29.06.2026

‘n Rus het sy sig begin verloor. ‘n CT-skandering wys toe dat ‘n besering wat hy tydens tuinmaak in 2024 opgedoen het en nie veel aan gesteur het nie, nogal erg was. ‘n Takkie van 12 cm lank het die oogkas binnegedring, wat die sinusse vernietig en die basis van die skedel beskadig het. Dit is deur sy neusholte verwyder, en sy sig is terug.

Cedwyn vier 40 jaar as akteur 26.06.2026

Die akteur, Cedwyn Joel, vier sy veertigste jaar in die vermaakbedryf. Min mense weet dat hy aanvanklik by die poskantoor gewerk het. Haidee Muller-Isaacs vind meer uit oordié gewilde pa van drie meisiekinders.

360 Speseryroete: Skaap-, bees- en varkkoppe 26.06.2026

Kos- en kultuurhistorikus, Hetta van Deventer-Terblanche, vertel hoe om bees-, vark-, bok- en skaapkop voor te berei.

Hoe hard kan jy skree? 26.06.2026

Australiër Joseph McGrail-Bateup het ‘n Guiness Wêreldrekord opgestel as die man wat die hardste kan skree - dit teen 122,4 desibel.

Слухайте подкаст Driesestig у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали