uk

RSG

Driesestig

Society AF ↓ Епізодів: 5632

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za

Автор

RSG

Категорія

Society

Сайт подкасту

www.rsg.co.za

Останній епізод

10 лис 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,7+ iOS незабаром

Епізоди

360 Speseryroete - Deel 10 10.11.2023

Hetta van Deventer-Terblache praat oor die geskiedenis en oorsprong van kerrie.

Susan Booyens se vol lewe 10.11.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met TV-aanbieder en taalfoendi, Susan Booyens, oor haar lewe, haar flink brein en haar liefde vir boeke. En waar kom daai rustigheid vandaan wat sy uitstraal?

Vier vas wat goue toilet steel 10.11.2023

Vier mans is vasgetrek en aangekla vir die diefstal van ’n toilet van 18 karaat goud ter waarde van R110 miljoen uit Winston Churchill se geboortepaleis.

Bruna Mentrup se bewaringsfotografie 09.11.2023

Gevierde natuurlewefotograaf, Bruna Mentrup, gesels oor haar betrokkenheid by natuurbewaring die afgelope twee dekades.

Rehabilitasiesentrum vir voëls 09.11.2023

Haidee Muller-Isaacs loer in by die Tweet-Tweet rehabilitasiesentrum vir voëls, waar Danica Munro haar vertel van beseerde voëltjies se gesondwordproses.

Pas op vir Swartvrydag-slenters 09.11.2023

Verbruikersprokureur Trudie Broekmann vertel wat jy in aanloop tot Swartvrydag kan doen om nie vir slenters te val nie.

Deur die Oog(bank) van 'n krokodil 09.11.2023

‘n Australiese man het weggekom van ‘n soutwaterkrokodil wat hom aan die been beet gekry het, deur die krok se oogbank te byt.

Chelsea-Faith Thomas se groot drome 08.11.2023

Chelsea-Faith Thomas vertel vir Martelize van haar loopbaan op die verhoog, met onder meer Krismis van Map Jacobs, en TV-rolle in Arendsvlei en Spinners. Sy het ook groot drome vir ‘n loopbaan in die VSA.

Covid-grendelperiode “kweek” ‘n stadsboer 08.11.2023

Was dit nie vir Covid se streng grendelperiode nie, sou die Baaienaar Christelle Swanepoel dalk nooit ’n suksesvolle stadsboer op haar erf van minder as n kwart akker geword het nie. Mariska Spoormaker het gaan inloer.

Wêreld Beplanningsdag 2023 08.11.2023

Martelize Brink gesels oor Wêreld Beplanningsdag met Maartje Weyers, ’n geregistreerde professionele beplanner by die Suid-Afrikaanse Raad vir Beplanners.

Amerikaanse inmenging in Nieu-Seelandse "verkiesing" 08.11.2023

Amerikaanse TV-persoonlikheid John Oliver het sy program gebruik om stemme te werf vir sy gunsteling in Nieu-Seeland se voël van die eeu kompetisie. Hy wil hê die pūteketeke moet wen.

Wat doen munisipale ingenieurs? 07.11.2023

Prof. Kobus du Plessis praat oor die belang en die rol van munisipale ingenieurs.

Plekspesifieke-teater by Spier 07.11.2023

Plekspesifieke-teater op die walle van die Eersterivier, by Spier buite Stellenbosch. Constellations: The Garden of Good and Evil is gekonseptualiseer deur Brett Bailey en vervaardig deur Babra Mathers. Johan Rademan het sy mikrofoon, flitslig en stapskoene aangetrek vir hierdie ervaring.

Wat is wit waterstof? 07.11.2023

“Oor 30 jaar van nou, in plaas van die prys van ‘n vat ru-olie, sal ons elke oggend hoor wat die prys van ‘n kilogram waterstof is.” Prof. Egmont Rohwer, professor in chemie by die Universiteit van Pretoria, praat oor wit waterstof, waarvan daar onlangs ‘n groot neerslag in Frankryk ontdek is.

Brittanje se eensaamste skaap gered 07.11.2023

Brittanje se eensaamste skaap is gered, maar moet nou weggesteek word. Diereregte aktiviste is ongelukkig omdat hulle dink dat sy by haar beplande nuwe blyplek uitgebuit sal word.

Het seesterre koppe? 06.11.2023

Marinebioloog Krish Lewis gesels oor seesterre. ‘n Onlangse studie het bevind dat ‘n seester nie ‘n dier sonder ‘n kop is nie, die dier is eintlik ‘n kop!

Pitboele “help” blouapie-wesies 06.11.2023

As jy praat van twee uiterstes, dan is dit ‘n pitboel en 'n baba-blouapie. Tog het dié twee soort van bymekaar uitgekom toe ’n klomp Baaise pitboele, sommiges pragtig opgetof, vier kilometer saam met hulle mense-ouers gaan stap het ten bate van die baie blouapie-wesies wat versorging nodig het. Die Pitbull Pride Walk is in Gqeberha se Mill Park Conservancy gehou. Mariska Spoormaker was daar.

Kikker jou huis op met 'n laag verf 06.11.2023

Jeanine Boshoff vertel vir Martelize Brink hoe ‘n laag verf dinge by die huis kan opkikker.

Wat is in 'n naam? 06.11.2023

‘n Spaanse hertog het sy dogter Sofia Fernanda Dolores Cayetana Teresa Angela de la Cruz Micaela del Santisimo Sacramento del Perpetuo Socorro de la Santisima Trinidad y de Todos Los Santos gedoop. Hy moes dit egter drasties verkort om dit amptelik te registreer.

360 Speseryroete - Deel 9 03.11.2023

Kareema Shaik praat oor plaaslike kerriemengsels.

Deodat Kasner se liefde vir motorwedrenne 03.11.2023

Deodat Kasner vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy liefde vir motorwedrenne. Hulle gesels oor sy komvandaan op Lambertsbaai en die verskeie dorpe waar hy sedertdien gewoon het.

Koeie se klokke pla 03.11.2023

‘n Dorp in Switserland moet stem of hulle beeste die tradisionele klokke moet bly dra, en of dit saans afgehaal moet word. Dit volg nadat twee nuwe intrekkers oor die geraas gekla het.

Werksoek vir gestremde persone 02.11.2023

Marius Erasmus vertel vir Martelize Brink van Jobabled, ‘n werkstoepassing waar gestremde persone hulleself beskikbaar stel vir werk, en ander hulle kan bespreek vir werk.

Gróót hervestiging van gerehabiliteerde aasvoëls 02.11.2023

Die grootste hervestiging van gerehabiliteerde aasvoëls in Afrika vind aanstaande jaar plaas in die Oos-Kaap se Shamwari Privaat Wildreservaat in die omstreke van Makhanda, vroeër bekend as Grahamstad. Mariska Spoormaker praat hieroor met dr. Johan Joubert, natuurlewebestuurder en veearts van Shamwari.

Naskoolse bystand aan skoliere 02.11.2023

Charlene Petersen-Voss vertel vir Martelize Brink van die belangrike rol wat nie-regeringsorganisasies speel in die naskoolse bystand aan skoliere, soos met lees, geletterdheid, mentorskap en psigososiale ondersteuning.

Слухайте подкаст Driesestig у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали