Carin Conradie
Bybelstories in Afrikaans
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak. Geniet die Woord!
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.buzzsprout.com
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Boeke van die profete 3: Nehemia gaan na Jerusalem 02.10.2025 11:11
In Nehemia 1 - 4 lees ons hoe dit gekom het dat Nehemia na Jerusalem is en die mense aangemoedig het om die muur rondom die stad te begin herbou. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 2: Priester Esra gaan na Jerusalem 25.09.2025 10:38
In hierdie storie uit Esra 7 - 10 leer ons van die tweede groep mense wat terug is na Jerusalem saam met die priester Esra. Hy was 'n geleerde man wat die mense moes leer van die Wet van God. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Boeke van die profete 1: Serubbabel vat Juda terug na hulle land 18.09.2025 10:58
Ons begin vertel nou die stories uit die boeke van die profete. Hierdie storie kom uit Esra 1-6 toe die eerste klompie mense uit Juda terug is na hulle land. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 110: Die laaste vier konings van Juda 11.09.2025 10:59
Hierdie is die laaste storie in die reeks: Stories uit Kanaän, want hierdie storie vertel hoe die laaste mense weggevoer is uit Juda. Ons lees dit in 2 Konings 23-25 en 2 Kronieke 36. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 109: Konings Amon en Josia van Juda 04.09.2025 10:26
In die tyd van koning Jerobeam 1, het 'n profeet voorspel dat 'n jong koning, Josia, die land van afgodery sal skoonmaak - ongeveer 300 jaar later. Ons lees die storie van Josia in 2 Konings 21 tot 23 en 2 Kronieke 33 tot 35. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 108: Koning Manasse van Juda 28.08.2025 9:08
In 2 Konings 22 en 2 Kronieke 33 lees ons van Hiskia se seun Manasse. Hy het sleg begin en goed geëindig. Genade! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 107: God maak vir Hiskia gesond 21.08.2025 10:02
Ons lees in 2 Konings 20, 2 Kronieke 32 en Jesaja 38 van Hiskia wat siek geword het en God wat hom gesond gemaak het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 106: Koning Hiskia en koning Sanherib 14.08.2025 10:45
Koning Sanherib het vir Jerusalem beleër. Hikia het na die Here geroep en Hy het uitkoms gegee. Ons lees dit in 2 Konings 18, 19 en 2 Kronieke 32. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 105: Hiskia word koning van Juda 07.08.2025 10:27
Ons begin lees van Hiskia, want naas Dawid, een van die getrouste konings was. Hy het die tempeldiens weer herstel. Ons lees dit in 2 Konings 18 en 2 Kronieke 29 tot 31. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 104: Die laaste koning van Israel 31.07.2025 9:28
Hosea was die laaste koning van die noordelike ryk van Israel. In hierdie storie word die eerste mense van Israel weggevoer deur Assirië. Ons lees dit in 2 Konings 17. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 103: Koning Agas van Juda 26.07.2025 10:29
In 2 Konings 16 en 2 Kronieke 28 lees ons van koning Agas van Juda wat sy eie kop gevolg het. Ons vewys ook na Spreuke 3:6. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 102: Konings Asarja en Jotam van Juda 17.07.2025 9:43
In 2 Konings 15 en 2 Kronieke 26 en 27 lees ons van die pa en seun: Asarja en Jotam van Juda. Asarja het op 'n stadium die Here vergeet, maar Jotam het Hom getrou gedien tot hy oud was. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 101: Ses konings van Israel 11.07.2025 10:33
Hierdie storie gaan oor ses van Israel se konings. Nie een het die Here gedien nie. Tog sien ons steeds die Here se goedheid en genade in die stories. Ons lees dit in 2 Konings 14 en 15. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 100: Koning Amasia van Juda 03.07.2025 10:24
Koning Amasia van Juda was die seun van Joas. Hy het ook goed begin, maar later die Here vergeet. Ons lees dit in 2 Konings 14 en 2 Kronieke 25. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 99: Konings Joahas en Joas van Israel 26.06.2025 10:42
In 2 Konings 13 lees ons van twee konings van Israel en van Elisa wat gesterf het. In hierdie storie kom God se genade en sy krag so duidelik na vore! Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 98: Koning Joas se regering 19.06.2025 9:57
In 2 Konings 12 en 2 Kronieke 24 hoor ons van koning Joas van Juda en hoe hy goed begin, maar sleg geëindig het. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 97: Jehu word koning oor Israel 12.06.2025 10:19
God het gesê dat Agab se hele familie uitgewis gaan word deur die hand van 'n nuwe koning. Ons lees hiervan in 2 Konings 9 en 10. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 96: Joas word koning oor Juda 05.06.2025 9:44
In 2 Konings 11 en 2 Kronieke 22 en 23 lees ons hoe God sy belofte gehou het dat daar weer iemand uit die nageslag van Dawid op Juda se troon sit. Die storie van die jong koning Joas. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 95: Konings Joram en Ahasia van Juda 30.05.2025 9:52
Israel en Juda het konings gehad met dieselfde name. In hierdie storie word twee konings van Juda se storie vertel. Ons kry dit in 2 Konings 8 en 2 Kronieke 21 en 22. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 94: Gasael word Aram se koning 22.05.2025 9:51
Hierdie storie gaan oor die heidense koning, Gasael. Die Here het hom self uitgekies om koning oor Aram te word. Ons lees van hom in 2 Konings 8, 10, 12 en 13. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 93: 'n Vrou kry haar grond terug 15.05.2025 9:04
Die Here kan enige afspraak vooraf reël. Dit sien ons in hierdie storie in 2 Konings 8, toe God twee mense saam by die koning uitbring - om vir 'n vrou te sorg. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 92: Hongersnood in Samaria 14.05.2025 9:37
In 2 Konings 6 en 7 lees ons hoe die Here deur sy almag Israel van hongersnood gered het in Samaria. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 91: Die Arameërs word blind 25.04.2025 9:07
In 2 Konings 6 lees ons van God wat geheime laat uitlek, geestelike oë oopmaak en oë toemaak. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 90: Naäman kry melaatsheid en word gesond 17.04.2025 10:28
Ons lees die storie van Naäman se genesing in 2 Konings 5. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Stories uit Kanaän 89: Elisa en wonderwerke van kos en 'n byl 10.04.2025 9:43
God het besondere wonderwerke gedoen deur sy profete. In hierdie storie vertel ons sommer drie. Dis geskryf in 2 Konings 4 en 6. Boodskappe per epos is baie welkom! Support the show
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали