uk

100.5FM Radio Laeveld

100.5FM Radio Laeveld

As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.radiolaeveld.co.za

Автор

100.5FM Radio Laeveld

Категорія

Uncategorized

Сайт подкасту

www.radiolaeveld.co.za

Останній епізод

16 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

NPO Ekspo volgende Vrydag gehou 01.10.2026

Volgende Vrydag hou die Laeveld 'n NPO Ekspo om plaaslike ondernemings met nie-winsgewende organisasies te verbind. Shirley Khoza en Nandi Shongwe gesels met Sonop Ontbyt.

'Meisies' meng klassieke, kabaret- en kontemporêre klanke 29.09.2026

Meisie is 'n plaaslike groep wat klassieke, kabaret- en kontemporêre klanke vermeng om vroue se stories te vertel. Naomi Tagg, Janette Rottcher en Lizanne Barnard het met Sonop Ontbyt gesels.

SolarFlair presteer by Sasol Solar Challenge 28.09.2026

Die plaaslike SolarFlair-span het "Best Embodiment of African Engineering and Team Spirit" gewen tydens die pas afgelope Sasol Solar Challenge. Craig Gebhardt en Schalk Pottas het by Sonop Ontbyt in die ateljee gekuier.

Luilekker Sondag: Andrew Duggan 28.09.2026

Andrew Duggan was gister Anne sa gas tydens Luilekker Sondag.

Cupcakes 4 Kids with Cancer hierdie Saterdag 23.09.2026

September is Bewusmakingsmaand vir Kinderkanker, en Saterdag sal die Laeveld by duisende Suid-Afrikaners aansluit vir die Nasionale Kolwyntjiedag vir Kinders met Kanker. Jacki van Zyl vertel meer.

Knitted Knockers ondersteun kankerpasiënte 22.09.2026

Naomi Philander vertel meer oor KANSA se pruikprogramme en Knitted Knockers.

Groot Vyf in Konsert in die Kruger 22.09.2026

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters beplan in Maart 'n groot konsert om fondse in te samel om hul aktiwiteite in die Krugerwildtuin te befonds. Linda Pieters vertel vir Sonop Ontbyt meer oor die Groot Vyf musikante wat deel gaan wees van hierdie onvergeetlike ervaring.

Pumas kyk vorentoe na Curriebeker-hartbreek 22.09.2026

Die Pumas het weer die eindronde van die Curriebeker gehaal vanjaar, en hul seisoen is nog lank nie klaar nie. Marius van Rensburg gesels met Sonop Ontbyt oor hul opkomende toer oorsee en wat hulle vir 2027 in die mou voer.

Luilekker Sondag: Ilse Mare 21.09.2026

Die plaaslike musikant Ilse Mare was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.

Finale stemmery open vir Skryf'it-kompetisie 18.09.2026

Coenie Naudé het jou stem 'n finale keer nodig vir sy oorspronklike liedjie "Geraas" in die FAK Skryf'it-kompetisie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor wat die kompetisie en liedjie vir hom beteken. SMS AD1 + jou naam na 45730 en besoek skryfit.co.za.

Misdaadtendense verander met die seisoene 17.09.2026

Soos die seisoene verander sien hulle verskillende misdaadtendense, sê Callum MacPherson van Securicon vir Laeveld Brunch.

Mahindra Nelspruit bied jou na jou aankoop steeds ondersteuning 16.09.2026

Jy het die voertuig gekoop: Hoe kry jy daarna ondersteuning? Letitia Habib, naverkoopbestuurder by Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive.

Lentegroentetuin 15.09.2026

Elzabé de Bruyn gesels met Saterdag Ontbyt oor jou lentegroentetuin.

Dameskring omarm Afrikaans 14.09.2026

Die Dameskring Eersteling-tak bied elke twee jaar 'n Afrikaans Aand aan om die taal te bevorder en hul beursprogram te ondersteun. Marionette Groenewald gesels met Kies Koers oor vanjaar se tema van "Omarm".

El Niño en malaria: Kenner vertel 14.09.2026

Prof. Lizette Koekemoer van die Wits Navorsingsinstituut vir malaria vertel vir Saterdag Ontbyt wat die komende somer, met 'n baie sterk El Niño, vir muskiete en malaria in kan hou.

Luilekker Sondag: Brandon Turvey 14.09.2026

Die plaaslike sanger Brandon Turvey was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.

Lefpa onthou 11 September 25 jaar later 11.09.2026

Dit is vandag die 25ste herdenking van 11 September 2001 toe Al Kaïda-vlieëniers met twee gekaapte vliegtuie in die toringgeboue van die Wêreldhandelsentrum in New York vas gevlieg het. In totaal is 2,977 slagoffers daardie dag dood. André Scheepers van die Laeveld- en platorand-brandbeskermsvereniging deel sy herinneringe.

Inbrekers kom deur die dak 10.09.2026

Callum MacPherson en Gerald Erasmus gesels met Laeveld Brunch.

Night of 1000 stars 10.09.2026

Night of 1000 Stars ten bate van KANSA vind eersdaags plaas. Sandra Jacobs en Rinella Jansen van Vuuren gesels met Sonop Ontbyt.

Jabberwock gerat vir Wêreldkampioenskap 10.09.2026

Adventure Race-span Jabberwock (Sara Archdeacon, Harry Wiltshire, Craig Metherell, DeWaal Visser) is op pad na Adventure Racing Wêreldkampioenskap in Corsica, Frankryk vanaf 27 September.

Songs of Praise 08.09.2026

Die Hervormde Kerk Nelspruit bied sedert 2001 Songs of Praise aan en Richard Cock, een van Suid-Afrika se bekendste en mees gerespekteerde dirigente en koorleiers, is deel daarvan sowel as die Mpumalanga Universiteitskoor, plaaslike gemeenskapskoor, Laudate, die Laerskool Laeveldkoor en die Laeveld Jeug. Tobias Kruger en die dirigent van die gemeenskapsorkes, Lizanne Barnard, gesels met Sonop Ontb...

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas 08.09.2026

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Luilekker Sondag: Pieter Rischmuller 07.09.2026

Die plaaslike musikant Pieter Rischmuller was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.

Sterk El Niño kom: Lefpa gesels oor brandgevaar 04.09.2026

Vanjaar se El Niño-weerverskynsel sal moontlik die sterkste ooit wees. Dit lei tot droë en uiters warm weer wat die brandgevaar tot die uiterste verhoog. André Scheepers vertel vir Laeveld Brunch hoe lyk die situasie tans in die Laeveld.

Twee vasgetrek tydens pro-aktiewe operasie 03.09.2026

Securicon het tydens een van hul gereelde pro-aktiewe operasies die week twee verdagtes in hegtenis geneem met vermoedelike verdowingsmiddels en gevaarlike wapens in hul besit.

Слухайте подкаст 100.5FM Radio Laeveld у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали