Charl du Toit

Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste

Baie welkom! Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.lewendewoordhartenbos.co.za

Yazar

Charl du Toit

Kategori

Religion

Podcast web sitesi

www.lewendewoordhartenbos.co.za

Son bölüm

6 Eki 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

Sondagoggend 27 September 2026 06.10.2026

Sondagoggend 27 September 2026: Vir nou en vir vir altyd In Matteus 6 leer Jesus ons bid, maar die gebed wat hy vir ons gee kan nou en vir altyd werk

Sondagoggend 20 September 2026 23.09.2026

Sondagoggend 20 September 2026: Is ek verlos of is ek vry? Charl het met ons gesels oor die konsep dat wanneer ons verlos is ons nie in wetteloosheid mag verval nie en dat ons verlossing ons dwing om anders te dink. Jesus het te groot prys vir ons verlossing betaal vir ons om normaal voort te gaan

Sondagoggend 13 September 2026 14.09.2026

Sondagoggend 13 September 2026: Drie Persepsies van Jesus In Matteus 14 sien ons dat mense na Jesus kyk en drie verskillende persepsies van Hom het. Eers het die dissipels die persepsie dat Hy moontlik 'n spook is, dan sien Petrus Hom as 'n lewensredder en laaste sien die gehoor hom byna as 'n towernaar. Maar wat is dit wat Jesus ons van kom red volgens hierdie persepsies?

Sondagoggend 6 September 2026 07.09.2026

Sondag 6 September 2026 In die maand September gaan ons saam kyk na Verlossing en waarvan ons gered word. In hierdie week se preek het Charl ons bedien oor die konsep dat ons soms van onsself moet gered word.

Sondagoggend 26 Julie 2026 27.07.2026

Sondagoggend 26 Julie 2026 Hoekom glo ons in Jesus? En as ons in Jesus glo, hoekom beleef ons steeds swaar tye. Hierdie is die vrae wat Charl antwoord in die week se boodskap

Sondagoggend 19 Julie 2026 21.07.2026

Sondagoggend 19 Julie 2026 Charl het met ons gesels oor die feit dat genesing op twee moontlike vlakke kan gebeur, naamlik geestelik en fisies. Ons het dit gesien uit Handelinge 9 en hoe Paulus se genesing vir ons 'n voorbeeld van genesing kan wees

Sondag 28 Junie 2026 29.06.2026

Sondag 28 Junie 2026: Die uiteinde van ons geloof In hierdie week se boodskap het Charl met ons gesels oor waarnatoe ons geloof ons lei. Charl het vanuit Hebreërs 11 ons geleer dat ons geloof altyd 'n gewillige aktiewe gehoorsaamheid aspek behels.

Sondag 21 Junie 2026 22.06.2026

Sondag 21 Junie: Die Bron van ons Geloof Ons geloof kan nie uit ons self uit kom nie, want ons is te veel feilbaar vir dit. Ons het 'n standvastige bron nodig en daai bron is Jesus.

Sondagoggend 14 Junie 2026 15.06.2026

14 Junie 2026: Gevorderde Geloof Charl gesels met ons die feit dat geloof soms vereis dat ons moeilike vrae moet vra sonder om die antwoord te kry. Ons het ook gesien dat ons geloof gebaseer is op Jesus meer as op ons emosies

Sondagoggend 7 Junie 2026 08.06.2026

Sondagoggend 7 Junie 2026 Ons is almal feitlik in 'n geloofskrisis. Ons weet ons moet glo, maar soms dink ons dat ons baie moet glo en vergeet dat geloof nie gemeet kan word nie. Geloof moet in iets wees, geloof moet in Jesus wees

Sondagoggend 2 Junie 2026 02.06.2026

Sondagoggend 31 Mei 2026: Ons het 'n boodskap deur Neville Goodchild ontvang van Lewende Woord Bloemfontein. Neville se boodskap het gehandel oor dat ons lewe gevul moet wees met die Heilige Gees, meer as wat ons net oomblikke van die Heilige Gees beleef

Sondagoggend 17 Mei 2026 25.05.2026

Sondagoggend 17 Mei 2026 Charl het ons bedien oor die toets van ons gawes. Die Here gee vir elkeen van ons vermoëns en gawes en die gebruik daarvan is nie aldag die uitdaging nie, die motivering vir die gebruik is. Ons hou daarvan om ons gawes uit te leef as ons weet dit gaan ons aansien gee en ons verhinder dit soms uit vrees dat ons verwerping gaan beleef

Sondagoggend 10 Mei 2026 25.05.2026

Sondagoggend 10 Mei 2026: Die Pottebakker Zuleika deel met ons die waarde van rustig wees in God se hande en die wete dat Hy alles van ons weet en ons nogsteeds lief het

Sondag 3 Mei 2026 04.05.2026

Sondag 3 Mei 2026: Die vyand van Heilig Ons as christene word nie geroep om goed te wees nie, ons word geroep deur God om heilig te wees. Inteendeel die vyand van heilig, is goed. Satan het vir lank die kerk oortuig dat solank ons goed is gaan ons gered word.

Sondag 26 April 2026 04.05.2026

Sondag 26 April 2026: Ek weet vir seker! Kan ons as christene seker wees oor die feit dat ons 'n kind van God is? Die bewysse van ons kindskap is die feit dat ons in 'n oorlog teen sonde is, nie net sonde orals om ons nie, maar ook die sonde binne in ons

Sondag 19 April 2026 20.04.2026

Sondag 19 April 2026: Ons het heerskappy Pierre Strydom van Lewende Woord Kuruman het ons bedien oor die feit dat ons as Christene die Heilige Gees het wat ons help om te heers oor sonde en terugslae

Sondagoggend 12 April 2026 13.04.2026

Sondagoggend 12 April 2026 As ons kyk na die waarheid kan die verwarrend wees in vandag se tye, omdat meeste mense glo elke persoon kan sy eie waarheid leef. Tog sien ons in die Bybel dat Jesus ons waarheid is en dat Hy alleen die waarheid is. Charl gesels met ons die week oor hoe ons die prakties in ons lewe kan maak

Opstanding Sondag 5 April 2026 13.04.2026

Opstanding Sondag 8 April 2026 Wat is die doel van die Opstanding van Jesus? Het dit eninge effek op ons vandag? Charl leer ons in hierdie boodskap dat sonder die opstanding is daar nie 'n Evangelie nie!

Goeie Vrydag 3 April 2026 13.04.2026

Goeie Vrydag 3 April 2026 Jesus het vir ons die Paaslam geword, Hy is letterlik vir ons geslag, maar hoekom? Is daar nie dalk 'n makliker manier wat God ons kan red nie? Hierdie is die vrae wat Charl vir ons beantwoord in die boodskap

Sondag 22 Maart 2026 23.03.2026

Sondagoggend 22 Maart 2026: En Toe? Ons lewens gaan oomblikke van uitdaging beleef en dit is vir seker, maar wat nie vir seker is nie is ons reaksie op ons uitdagings. Charl het die week met ons gesels oor die feit dat ons nie met ons oë moet kyk nie, maar deur ons oë. Wanneer ons dan later die storie oor vertel gaan die gehoor wat luister met opgewondenheid vra "en toe?"

Sondagoggend 8 Maart 2026 09.03.2026

Sondagoggend 8 Maart 2026: God se Plan B Ons is vir lank geleer om nie vrae te vra oor lering en die Bybel nie, maar in die boodskap gesels Charl met ons oor hoe waardevol dit is om te dink. Dink oor die Evangelie, dink oor Jesus en dink oor God. Ons leer ook dat hoe meer ons dink kom ons agter dat God werklik nie 'n Plan B het nie

Sondagoggend 1 Maart 2026 02.03.2026

Sondagoggend 1 Maart 2026: Verstaan jy dit? In Kolossense skryf Paulus vir die gemeente dat hy en Timoteus elke dag God dank vir hulle getrouheid aan die Evangelie. Hy noem dat hulle getrouheid sy oorsprong vind in die feit dat die Evangelie hulle toekoms vir seker. Ons moet ons lewe leef nie met die oog op wat ons nou het nie, maar met die oog op wat ons gaan kry.

Sondagoggend 22 Februarie 2026 23.02.2026

Sondagoggend 22 Februarie 2026 Paul het met ons gedeel oor ons CV en die impak wat dit op ons geestelike lewe het.

Sondagoggend 15 Februarie 2026 17.02.2026

Sondagoggend 15 Februarie 2026 Willem van der Berg het met ons gesels oor salwing en hoe ons moet en kan salf

Sondagoggend 8 Februarie 2026 09.02.2026

Sondagoggend 8 Februarie 2026 Ons is besig om te kyk hoe ons gemaksones moet skuif en hoe ons die Evangelie moet verkondig. Hierdie week het ons saam gekyk na Fillipus en Ethiopiër en wat gehoorsaamheid gedoen het. Ons moet gehoorsaam wees aan God, want ons het weet nie aldag met watter mense ons te doen kry nie.

Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır