RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Spektrum 6 Januarie 2026 06.01.2026 50:09
Die verdagte in die moord op DJ Warras verskyn in die hof. Geslagsgeweld is tot 'n nasionale ramp verklaar, maar sommige organisasies sê dit maak nie 'n verskil op grondvlak nie. 'n Vrou van KwaZulu-Natal druk haar stempel af in die heuningbedryf.
Spektrum 5 Januarie 2026 05.01.2026 54:19
Amerika se aanval op Venezuela sorg vir 'n vars golf geopolitieke onsekerheid, en nou is Groenland glo ook in die VSA se visier. Die ANC beskuldig die SA Kommunisteparty daarvan dat hy dobbel met dié party se toekoms. Mense in die Wes-Kaap word gewaarsku om nie skulpvis, wat op die strand uitgespoel het, te eet nie.
Spektrum 19 Desember 2025 19.12.2025 49:25
Die VSA bekragtig 'n konserwatiewe aktivis se benoeming as ambassadeur na Suid-Afrika. Parool vir die Griekwastad-moordenaar, al ontken hy steeds skuld. 'n Geheimsinnige komeet beweeg naby die aarde verby.
Spektrum 18 Desember 2025 18.12.2025 48:10
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel 'n nat Kersfees en Nuwejaar, met 'n waarskuwing van 'n La Niña-weerverskynsel. Die meerderheid van Suid-Afrika se water is nie geskik om te drink nie. Die drama oor onwettige mynboubedrywighede in Bapong in Noordwes, verdiep.
Spektrum 17 Desember 2025 17.12.2025 48:21
Die Minister van Binnelandse Sake reageer op gerugte dat Amerikaanse amptenare in Johannesburg aangehou is. Die Wes-Kaap se misdaadsyfers vir die derde kwartaal word vandag bekendgemaak. Regeringslui wens Bafana Bafana sterkte toe vir hulle eerste wedstryd teen Angola by die Afrika Nasies-sokkertoernooi in Morokko.
Spektrum 16 Desember 2025 16.12.2025 48:19
Die eerste G20-sjerpa-vergadering vind plaas in Washington DC in die afwesigheid van Suid-Afrika. Die Speaker van KwaZulu-Natal se wetgewer oorweeg regstappe teen 'n MK-partylid ná gister se chaotiese mosie van wantroue. 'n Verhoogde vlak van dringendheid deur die regering oor die omvang geslagsgebasseerde geweld.
Spektrum 15 Desember 2025 15.12.2025 47:29
Die minister van binnelandse sake stel strenger reëls voor vir immigrante om burgerskap in Suid-Afrika se bekom. Koringprodusente eis dringend antwoorde van die regering oor invoerheffings. Streng waterbeperkings word ingestel in verskeie munisipaliteite in die Wes-Kaap. Onsekerheid onder oudsoldate wat staatmaak op die weermag se mediese voortsettingsfonds.
Spektrum 12 Desember 2025 12.12.2025 51:03
Ethiopian Airlines word beboet in verband met mensehandel. Die Departement van Basiese Onderwys word vanuit alle oorde gelukgewens met die tydige ingryping ná die uitlek van matriekvraestelle. Die Dierebeskermingsvereniging waarsku oor weggooi-troeteldiere.
Spektrum 11 Desember 2025 11.12.2025 54:39
Die DA wil 'n interdik bekom teen die onderhoudsproses vir die pos van Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings. Twee regeringsamptenare geskors vir die uitlek van sewe matriekvraestelle. Daar is 'n voorstel om voornemende besoekers aan Amerika se sosiale media-profiele deur te gaan voordat hulle in dié land toegelaat word.
Spektrum 10 Desember 2025 10.12.2025 54:01
Cosatu is bekommerd oor die spanning tussen sy alliansievennote, die ANC en SAKP. Australië begin met die wêreld se eerste sosiale media-verbod vir tieners. Vrae oor die effektiwiteit van die Sestien Dae-veldtog teen geweld teen vroue en kinders, wat vandag ten einde loop.
Spektrum 9 Desember 2025 09.12.2025 52:46
Die ANC se geld- en ledetal-krisis onder die vergrootglas. 'n Ooreenkoms tussen Eskom en chroomsmelters kan die aflegging van duisende werkers stuit. Hoe gemaak wanneer jy by 'n padblokkade gedwing word om 'n boete te betaal? Ons praat met 'n regsgeleerde.
Spektrum 8 Desember 2025 08.12.2025 52:16
Ons praat met 'n politieke ontleder oor die ANC se hoofraadsvergadering. Dis nog onseker of die sluipmoord op Marius van der Merwe weens sy getuinis voor die Madlanga-kommissie was, of sy stryd teen onwettige mynboubedrywighede. Kommer oor gerugte dat die verspreiding van bek-en-klouseer-inentings gesaboteur word.
Spektrum 5 Desember 2025 05.12.2025 51:04
Die SAKP gaan nié die ANC in die komende plaaslike regeringsverkiesing steun nie. Die jongste oor die brande in die Wes-Kaap. Die groot vakansie-uittog begin - 'n kenner gee veiligheidswenke.
Spektrum 4 Desember 2025 04.12.2025 50:25
Amerika se minister van buitelandse sake herbevestig dat Suid-Afrika nie welkom is by volgende jaar se G20-beraad in Miami nie. Infrastruktuur-, onderwys-, en gesondheids-projekte in die Vrystaat steier weens onderbesteding . Goeie vordering om die konstruksiemafia in KwaZulu-Natal aan bande te lê.
Spektrum 3 Desember 2025 03.12.2025 51:38
Suid-Afrika is nie genooi na die eerste Sjerpa-vergadering van die G20 nie. Die parlement gaan 'n oorsigkomitee oor die presidensie stig. Fedsas nader die hof oor regeringsopdragte, wat beperkings op openbare skole sal plaas om hulle eie finansies te bestuur. Ons fokus op die tendens van swendelaars, wat toenemend toelaes vir gestremdes teiken.
Spektrum 2 Desember 2025 02.12.2025 50:52
Suid-Afrika se ekonomie het effens in die derde kwartaal gegroei. Die Weerdiens versoek landsburgers om ag te slaan op hulle weerwaarskuwings. Die Cites-vergadering verwerp 'n voorstel om weer handel in renosterhoring toe te laat. Afriforum is bekommerd oor die skoleplasingskrisis in Gauteng.
Spektrum 1 Desember 2025 01.12.2025 51:05
Vyf verdagtes wat glo huursoldate vir Rusland gewerf het, sal na verwagting vandag in die hof verskyn. Swaar reën en hael rig groot skade aan in Tshwane. Die polisie is steeds op soek na verdagtes wat 'n egpaar op hulle plaas in Baltimore aangeval het.
Spektrum 28 November 2025 28.11.2025 45:17
Die Madlanga-kommissie se aandag wend terug na die 121 misdaaddossiere wat van Durban na Gauteng verskuif is. Die EFF eis die vrystelling van die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die diefstalskandaal by president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo. Die jongste misdaadstatistiek word ná twee keer se uitstel, bekendgemaak.
Spektrum 27 November 2025 27.11.2025 42:16
Die Suid-Afrikaanse regering sê sy plek binne die G20-groepering is onaantasbaar, nadat die Amerikaanse president Donald Trump gesê het Suid-Afrika is nie welkom by volgende jaar se G20-beraad nie. Die matriekklas van 2025 lê hulle penne neer - ons praat met 'n kenner oor die nuwe hoofstuk wat nou vir hulle voorlê. Nóg aanklagte word gebring teen Duduzile Zuma-Sambudla vir haar beweerde rol in die...
Spektrum 26 November 2025 26.11.2025 46:43
Verrigtinge by die Madlanga-kommissie se sittings word tot Vrydag uitgestel, wat ook die uitstel van ander getuienis insluit. Die geregtelike kommissie wat bewerings van politieke inmenging in die Waarheid- en Versoeningskommissie ondersoek, hervat sy verhore in Johannesburg. Die familie van die ontslape oudhoof van die Johannesburg Metropolisie glo hy het aan natuurlike oorsake gesterf.
Spektrum 25 November 2025 25.11.2025 46:35
Burgerregtegroepe vra die regering om die Gelsagsgebasseerde Geweld-aksieplan van 2019 te hersien. Die Madlanga-kommissie hervat sy ondersoek na bewerings van korrupsie en inmenging in die strafregstelsel. Pasiënte by die Charlotte Maxeke-hospitaal verhonger nadat ernstige gesondheidsrisiko’s by die voedselverskaffer se fabriek ontdek is.
Spektrum 24 November 2025 24.11.2025 46:17
Wat het die G20-beraad die Suid-Afrikaanse belastingbetaler gekos, en was dit die moeite werd? Só vra Build One South Africa. Brande het die naweek in die Wynland in die Wes-Kaap uitgebreek. Die ondersoek na die geskorste Gautengse direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, se ampsbevoegdheid duur voort.
Spektrum 21 November 2025 21.11.2025 48:54
Wereldleiers kom in Suid-Afrika aan vir die G20-beraad. Verskeie organisasies neem deel aan 'n nasionale staking om te eis dat geslagsgeweld en vrouemoord as 'n nasionale ramp verklaar word. Die Sitruskwekersvereniging beskryf die 2025 sitrusoes as 'n reuse sukses.
Spektrum 20 November 2025 20.11.2025 46:58
Nóg 'n polisiegeneraal getuig voor die parlement se ad hoc-komitee in Kaapstad. Twee organisasies eis dat die regering grond van drie militêre basisse in Kaapstad vir behuising beskikbaar stel. Die president van Oekraïne, Wolodimir Zelenski, vra sy bondgenote om groter druk op Rusland toe te pas.
Spektrum 19 November 2025 19.11.2025 51:30
Verbruikersprysinflasie versnel in Oktober. Die stryd duur voort om die uitbreking van 'n dodelike dier-siekte in die Noord-Kaap te beheer, en mense leef nou baie langer as waarvoor hulle finansieel voorsiening maak.
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden