RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Spektrum: Is landswye begtogings skadelik vir SA-handelsmerk? 30.06.2026 49:04
30 Junie 2026: Die landwye betogings teen ongedokumenteerde buitelanders is aan die gang. Ons praat met ons verslaggewers in brandpuntgebiede. Ons vra ook of dié begtogings skadelik is vir die Suid-Afrikaanse handelsnaam. Die forensiese ondersoeker, Paul O'Sullivan, beweer die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkwanazi, se 2025-openbare verklaring oor korrupsie in die polisiediens het...
Spektrum: Talle veroordeel beplande betogings teen onwettiges 29.06.2026 50:03
29 Junie 2026: Die Madlanga-kommissie sit sy werksaamhede voort ná 'n mislukte sluipmoordaanval op ’n sleutelgetuie. Talle politieke partye en nie-regeringorganiasies veroordeel môre se beplande betogings teen onwettige buitelanders. Groot tennis begin vandag op Wimbledon in Engeland.
Spektrum: Johannesburgers staal hulle vir hoër munisipale tariewe 26.06.2026 48:19
26 Junie 2026: Die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, en meer as 'n dosyn ander senior polisiebeamptes verskyn in die hof in verband met die beweerde Medicare24-bedrogspul. Johannesburg se nuwe munisipale tariewe is bekend - alles is op, met water wat meer as 12% styg.
Spektrum: Venezuela tel die stukke op ná twee aardbewings 25.06.2026 53:08
25 Junie 2026: Venezuela tel die stukke op ná twee vernietigende aardbewings kort na mekaar. Drie verdagtes verskyn in die hof in verband met die Cleveland-skietery wat 13 lewens geëis het. Munisipaliteite met swak oudits is meer vatbaar vir die impak van klimaatsverandering.
Spektrum: ‘Te min mense spreek hulleself uit teen vreemdelingehaat’ 24.06.2026 52:56
24 Junie 2026: Die FW De Klerk Stigting sê te min Suid-Afrikaners spreek hulleself uit teen vreemdelingehaat. Die Johannesburg Padagentskap trap die rem op herstelwerk in die metro weens 'n brandstofkrisis. Landswye monsters wys sowat 'n kwart van mense wat tans grieperig is, die H1N1-virus onder lede het.
Spektrum: Polisie begroot R600 miljoen vir operasies met betogings op 30 Junie 23.06.2026 54:12
23 Junie 2026: R600 miljoen van die polisie-begroting geoormerk vir spesiale operasies om die beplande landwye betogings op 30 Junie te bestuur, terwyl owerhede Suid-Afrikaners versoek om nie paniekbevange te raak nie. Die Minister van Basiese Onderwys praat oor haar uitdagings ná twee jaar in die tuig.
Spektrum: Die Britse eerste minister, Keith Starmer, bedank 22.06.2026 50:04
22 Junie 2026: Ons bespreek Keith Starmer se bedanking as Britse eerste minister. Ons praat met Paul Adams oor die vroue Proteas se uitstekende vertoning, en die pad vorentoe in die Wêreldbeker-toernooi. 'n Dokumentêr oor Kaapse HipHop-kunstenaars seëvier by die Encounters Internasionale Rolprentfees.
Spektrum: ‘Bendegeweld in Kaapstad vereis buitengewone maatreëls’ 19.06.2026 51:38
19 Junie 2026: Bendegeweld in Kaapstad vereis buitengewone maatreëls, sê minister Anroux Marais. Meer as 40 woonbuurte in die Nelson Mandelabaai-metro ervaar watertoevoerprobleme te midde van opgaardamme wat oorloop. Die OVK sê alle noodsaaklike verkiesingsmateriaal is aan stempunte versprei op die vooraand van die eerste kiesersregistrasienaweek.
Spektrum: Phala Phala-afsettingskomitee voorgelig oor regsopsies 18.06.2026 48:46
18 Junie 2026: Die nuutste getuie voor die Madlanga-kommissie verskyn in camera weens kommer oor die getuie se veiligheid. Die Phala Phala-afsettingskomitee word voorgelig oor regsopsies teen president Cyril Ramaphosa se interdiktaktiek. Nóg koue weer lê om die draai.
Spektrum: Beoogde kabinetskommeling van DA-ministers 17.06.2026 51:39
17 Junie 2026: 'n Beoogde kabinetskommeling in DA-geledere laat wenkbroue lig. Inflasie neem verder toe. Europese lande aanvaar dat Rusland met sy rug teen die muur is wat die oorlog met Oekraïne betref.
Spektrum: Ons herdenk die Soweto-opstande van 1976 16.06.2026 48:19
16 June 2026: President Cyril Ramaphosa spreek die land toe in Soweto op Jeugdag. Druk neem toe op die Speaker van die parlement, Thoko Didiza, oor president Ramaphosa se afsettingskomitee-saak. Huldeblyke stroom in vir die jazzikoon en roemryke musikant, dr. Abdullah Ibrahim, wat in Duitsland sterf.
Spektrum: Nuwe hospitaal om 1 Mil te vervang? 15.06.2026 52:10
15 Junie 2026: Vusimuzi "Cat" Matlala en sy medebeskuldigdes weer in die hof. Versoeke dat daar eerder 'n nuwe hospitaal in die plek van 1 Militêre Hospitaal in Pretoria gebou word. Die G7-beraad begin in Frankryk.
Spektrum: Aanduidings vanuit Iran dat voorlopige ooreenkoms bereik is om oorlog te beëindig 12.06.2026 52:55
12 Junie 2026: Die teenmisdaad-aktivis, Yusuf Abramjee, sê hy gaan voort met sy werk ongeag dreigemente wat teen hom gemaak is. Die DA dien 'n dossier oor kinderswangerskappe by die Menseregtekommissie in. Daar is 'n sterk aanduiding vanuit Iran dat 'n voorlopige ooreenkoms bereik is om die oorlog te beëindig.
Spektrum: 60 Spookwerkers ontmasker in Department van Openbare Werke 11.06.2026 52:12
11 Junie 2026: 60 Spookwerkers ontmasker in die Department van Openbare Werke en Infrastruktuur. Die gaping tussen werkloses en dié wat werk het, word al hoe kleiner. Ons praat met 'n sokkerkenner oor Bafana Bafana se kanse in die Wêreldbeker-toernooi.
Spektrum: Die debat oor onwettige immigrante kry momentum 10.06.2026 55:02
Spektrum: Minstens tien verdagtes wat verbind word met die massaskietvoorval in Cleveland, Johannesburg, nog op vrye voet. Die debat oor onwettige immigrante tel spoed op. 'n Bohaai oor 'n bek-en-klouseer-e-pos uit die kantoor van die Ministerie van Landbou.
Spektrum: Suid-Afrika se ekonomie groei stadiger 09.06.2026 51:37
9 Junie 2026: Suid-Afrika se ekonomie groei stadig in die eerste kwartaal van 2026. Nóg polisiebeamptes geskors in verband met die Medicare24 Tshwane-tender. 'n Ondersoekbeampte van OPOD getuig voor die Madlanga-kommissie oor die Aeroton-dwelmvonds.
Spektrum: E-tolskuld word afgeskryf 08.06.2026 54:31
8 Junie 2026: Die kabinet skrap motoriste se uitstaande e-tolskuld. Die departement van basiese onderwys wil Kwintiel 5-skole verhoed om onder meer leerlinge se akademiese prestasie as toelatingsvereiste te gebruik. Die Ou Raadsaal se horlosie op Kerkplein in Pretoria se klokke beier weer ná 30 jaar.
Spektrum: Voorkomende middel teen MIV in SA bekendgestel 05.06.2026 50:01
5 Junie 2026: 'n Hooggeplaaste polisiebeampte, Richard Shibiri, val weens sy verbintenis met die misdaadbaas Vusimusi "Cat" Matlala, en kenners sê talle ander sal volg. 'n Voorkomende middel teen MIV word in Suid-Afrika bekendgestel. Inwoners van die Wes- en die Oos-Kaap tel die stukke op ná 'n tweede rondte oorstromings.
Spektrum: VSA beplan nuwe invoertariewe op SA 04.06.2026 50:11
4 Junie 2026: Die ANC gee sy streekssekretarisse 30 dae om hulle poste in munisipaliteite te ontruim. Amerika beplan om nuwe invoertariewe op Suid-Afrika en ander lande te hef. 'n Skietstakingsooreenkoms is tussen Israel en Libanon bereik.
Spektrum: Die ANC herroep nóg 'n burgemeester 03.06.2026 50:45
3 Junie 2026: Die ANC herroep nóg 'n burgemeester. Die gebrek aan beskerming vir fluitjieblasers is opnuut in die kollig ná getuienis deur adjudant-offisier Karel Sander by die Madlanga-kommissie. Die Verkiesingskommissie moedig jongmense aan om aanlyn vir die plaaslike regeringsverkiesing te registreer.
Spektrum: Sakevertroue daal 02.06.2026 50:51
2 Junie 2026: Sakevertroue daal. Wie is Makashule Gana, wat as voorsitter van die Phala Phala-afsettingskomitee verkies is? 'n Beroep op boere om ou gifstowwe van hulle grond te verwyder.
Spektrum: Weskus-vissers gekant teen seismiese eksplorasie 01.06.2026 51:29
1 Junie 2026: Weskus-vissers protesteer teen seismiese eksplorasie. Motoriste wag in spanning vir 'n brandstofprysaankondiging. 'n Yslike kouefront is op pad.
Spektrum: SAKP hou Konferensie van Linkses 29.05.2026 45:56
29 Mei 2026: Die Minister van Binnelandse Sake prys intelligensiegedrewe optrede vir die dwelmvonds van R1-miljard. Talle politieke partye en vakbonde woon die SAKP se Konferensie van Linkses by. President Trump sê die middeltermynverkiesing sal nie sy beleid oor Iran beïnvloed nie.
Spektrum: Polisie ondersoek moontlikheid van transnasionale dwelmsindikaat ná dwelmvonds van R1 miljard 28.05.2026 48:35
28 Mei 2026: Die taxi-baas, Joe "Ferrari" Sibanyoni, en sy medebeskuldigde, Oupa Sindane, het hulleself aan die polisie oorgegee. Hulle word van afpersing en geldwassery beskuldig. Die polisie ondersoek die moontlikheid van 'n transnasionale dwelmsindikaat nadat sowat R1 miljard se dwelms by Beitbrug gevind is. Die Nasionale Kruger Wildtuin word die naweek 100 jaar oud.
Spektrum: Die OVK stel sy veldtog vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing bekend 27.05.2026 49:20
27 Mei 2026: Honderde burgers van Ghana daag by die OR Tambo-lughawe op om na Accra geherpatrieer word, maar 'n immigrasiebeampte sê daar is probleme met die lys van kandidate. Die Reserwebank se Monetêre Beleidkomitee besin oor rentekoerse – die meeste ekonome verwag ’n verhoging. Die Verkiesingskommissie stel sy veldtog vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing op 4 November bekend.
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden