RSG

Spektrum

News AF ↓ 2553 avsnitt

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

News

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

30 okt 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Spektrum 26 September 2024 26.09.2024

Tshwane se stadsraad stem oor 'n mosie van wantroue in burgemeester Cilliers Brink. SanParke se Visie 2040 bepaal dat 30% van Suid Afrika se grond teen 2030 onder beskerming van Sanparke moet wees. Sterrekundiges in Italië ontdek 'n geheimsinnige ring van lig in die ruimte met die hulp van Suid-Afrika se MeerKAT-radioteleskoop.

Spektrum 25 September 2024 25.09.2024

Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, bring die land op hoogte van nasionale onderwys-begrotingsbesnoeiings. Alle aanduidings is dat die mosie van wantroue teen die burgemeester van die Tshwane-metro, Cilliers Brink, môre voortgaan. Kommer dat moedertale in Suid-Afrika afgewater word, en moontlik heeltemal kan verdwyn. 'n Span sterrekundiges van die Catania-sterrewag in Italië ontdek...

Spektrum 24 September 2024 24.09.2024

President Cyril Ramaphosa het die tonge los ná sy ontmoeting met die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr, Elon Musk, in New York. Ons praat met 'n ekonoom oor die Regering van Nasionale Eenheid se eerste 100 dae aan bewind. Mej. Suid-Afrika, Mia Le Roux, kry 'n warm verwelkoming in haar tuisdorp, Oudtshoorn in die Klein-Karoo.

Spektrum 23 September 2024 23.09.2024

Ons neem die Regering van Nasionale Eenheid se eerste 100 dae in oënskou. Die regering sê uiterste weerstoestande het hulpverlening op die N3 in KwaZulu-Natal bemoeilik. Sterrekundiges in Italië ontdek 'n geheimsinnige ring van lig in die ruimte, danksy Suid-Afrika se MeerKat-radioteleskoop.

Spektrum 20 September 2024 20.09.2024

'n Sleutelfiguur in die Eskom-korrupsiesaga by die Kusile-kragstasie, Michael Lomas, word uit Londen na Suid-Afrika uitgelewer. Die Tshwane-metro is op 'n mespunt met intense onderhandelinge oor 'n nuwe koalisie om die stad te regeer. Pretoria maak hom gereed vir 'n skouspel in die lug.

Spektrum 19 September 2024 19.09.2024

Oud-minister Pravin Gordhan word in Durban ter ruste gelê. Parlementslede eis 'n hersiening van die aanstelling van generaal-majoor Patrick Mobotho as afdelingshoof vir prioriteitsmisdrywe by die Valke. Israel het oornag verskeie teikens van die gewapende groep, Hezbollah, in die suide van Libanon in lugaanvalle getref.

Spektrum 18 September 2024 18.09.2024

Die DA betoog teen 'n moontlike kragtariefverhoging van 36%. Daar is kommer oor die Koeberg-kernkragstasie se veiligheid nadat Eenheid 1 noodgedwonge afgeskakel moes word. Verbruikersprysinflasie sak terug tot sy laagste vlak in drie jaar.

Spektrum 17 September 2024 17.09.2024

Motoriste kan nóg 'n daling in die brandstofprys verwag. 'n Studie wys onderwysers ervaar geweldige angs en stres. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vermeerder invoerbelasting vir oorsese aanlynwinkeliers.

Spektrum 16 September 2024 16.09.2024

Die onderwysersvakbond, SADOU, eis die Minister van Basiese Onderwys se kop. Die regering wil seismiese opnames vir gas en petroleum in die Karoo doen. Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê verskille oor geopolitieke kwessies tussen Suid-Afrika en die VSA moet met werdersydse respek opgelos word.

Spektrum 13 September 2024 13.09.2024

President Ramaphosa gaan nie nou al die omstrede artikels oor taal en toelating van die Bela-wet in werking stel nie. Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwaruba, boikot die ondertekening van die BELA-wet. Huldeblyke stroom in nadat die voormalige minister van drie portefeuljes, Pravin Gordhan, vanoggend vroeg oorlede is. Amerika gee sy steun aan die voorstel van twee nuwe permanente lede in...

Spektrum 12 September 2024 12.09.2024

Nóg reaksie op die president se voorneme om die Bela-wetsontwerp te bekragtig. Die Emfuleni munisipaliteit verduidelik hoekom hy kniediep in die skuld is. Die konstruksiesektor het effens herstel in die tweede kwartaal van die jaar.

Spektrum 11 September 2024 11.09.2024

Oudpresident Jacob Zuma se wapentransaksie-korrupsiesaak word vandag weer in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor. NERSA gee redes aan die Parlement oor hoekom kragtoevoertariewe by munisipaliteite verhoog is. Die toutrekspan van die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal word vir die derde agtereenvolgende jaar as wêreldkampioene gekroon. Gauteng se krane kan binne die volgende 30 dae...

Spektrum 10 September 2024 10.09.2024

Ekonome verwag 'n aansienlike verdere daling in branstofpryse. Die vervaardigers van 'n dokumentêre rolprent oor die politieke spotprenttekenaar Zapiro, se appèl teen die oorspronklike ouderdomsbeperking van 16, is suksesvol. Darth Vader se stem word stil.

Spektrum 9 September 2024 09.09.2024

Dokters by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg in die spervuur in 'n video op sosiale media. Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, ondeneem om die werksomstandighede van veeartse te verbeter. Besonderhede oor 'n klasaksie teen Tiger Brands oor listeriose in kos, word vandag bekendgemaak.

Spektrum 6 September 2024 06.09.2024

 Wie is Frankryk se nuwe Eerste Minister? 'n 91-jarige tannie van Potchefstroom se kleindogter bewaarheid haar droom om die toets in Kaapstad te kyk en, 'n Suid-Afrikaner wat in Nieu-Seeland bly, praat oor die belangrikheid van die Haka.

Spektrum 5 September 2024 05.09.2024

Naptosa verwelkom 'n ooreenkoms om toegang tot sport- en kultuurprogramme by skole te bevorder. China se president Xi Jingping verbind hom tot 'n bedrag van 50-miljard dollar as deel van planne om Afrika te ontwikkel en meer oor die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad se geslote vergadering waar die dispuut in die verkiesingsuitslae van Venezuela se algemene verkiesing bespreek word.

Spektrum 4 September 2024 04.09.2024

President Cyril Ramaphosa belowe sterk optrede teen misdaad, tydens sy besoek aan China, terwyl parlementslede debat voer oor die misdaad van afdreiging. Ons skakel oor na Suzanne Paxton by die TLU se jaarkongres.

Spektrum 3 September 2024 03.09.2024

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, klap die sweep oor venynige alliansievennote. 'n Brand in die Tuinroete Nasionale Park word onder beheer gebring. Die AA en OUTA ruik lont oor die regering se rybewyskontrak met 'n Franse maatskappy. President Cyril Ramaphosa sluit ooreenkomste met China wat die uitvoerbedryf kan help.

Spektrum 2 September 2024 02.09.2024

In Israel betoog mense nadat die lyke van ses gyselaars gevind is. 'n Regeringsberaad oor lugbesoedeling is bekommerd oor die rooklug in Tshwane en Johannesburg. 'n Helder komeet is dalk in Oktober sigbaar in die suidelike hemelruim.

Spektrum 30 Augustus 2024 30.08.2024

Misdaadstatistiek vir die eerste kwartaal van die 2024/25 boekjaar is pas bekendgemaak. Interpol word gevra om strenger op te tree teen oorgrensveediefstal. Ons vertel jou meer van 'n spesiale projek, wat Monitor se 50ste verjaarsdag vier.

Spektrum 29 Augustus 2024 29.08.2024

Oudpresident Jacob Zuma is terug in die hof oor die wapenskandaal van meer as 30 jaar gelede. Spanning laai op oor die beplande mosie van wantroue in Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink. Die DA en MK-party wen setels in 14 tussenverkiesings landwyd.

Spektrum 28 Augustus 2024 28.08.2024

Die Ouditeur-generaal betreur die wyse waarop munisipaliteite infrastruktuurtoelaes gebruik. Statistieke SA se jongste misdaadslagoffer-verslag wys dat Suid-Afrikaners die ergste deur huisbraak geraak word. Ons praat met 'n kundige oor die veelbesproke tweepot-stelsel, en beantwoord luisteraars se kwelvrae.

Spektrum 27 Augustus 2024 27.08.2024

Politieke partye eis dat die Minister van Justisie, Thembi Simelane, se beweerde betrokkenheid by die VBS-skandaal ondersoek word. Die SAUK se omkeerstrategie is in die kollig in die parlement. Openbare ondernemings soos Denel en Transnet val nou onder nuwe departemente.

Spektrum 26 Augustus 2024 26.08.2024

'n Brand in die Cathcart-gebied in die Oos-Kaap rig groot skade aan. Die regering vra gemeenskappe om te help om die sogenaamde watermafia te stuit. Die Minister van Gesondheid wil streng optree teen regsfirmas wat bedrieglike eise teen die departement instel oor mediese nalatigheid.

Spektrum 23 Augustus 2024 23.08.2024

Ons fokus op die tweepot-aftreestelsel, en vind uit hoeveel diegene na aan aftrede hiervan weet. Die minister van elektrisiteit en energie gee terugvoer oor die stand van die land se kragsake. Die Palestyne kry nie 'n spreekbeurt by die Demokrate se konvensie in Chicago nie.

Lyssna på podden Spektrum i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden