RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Spektrum 12 Februarie 2025 12.02.2025 49:42
Ernstige vrae word gevra oor doeltreffendheid van advokaat Shamila Batoyi, die eerste vrou wat aangestel is as die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag. 'n Politieke ontleder praat oor die toekoms van die Ditsobotla Munisipaliteit in Noordwes, wat volgens die ANC eerder ontbind moet word. Suid-Afrika maak hom gereed om die liggame van weermagsoldate te ontvang, wat in die Demokratiese Republiek...
Spektrum 11 Februarie 2025 11.02.2025 50:01
'n Debat oor wie presies die "Afrikaner" is wat nou in Amerika vlugtelingstatus kan kry, oorheers sosialemediagesprekke. Vrystaatse boere gryp op eie onkoste in om paaie in die provinsie te herstel. Verskeie politieke partye vra dat die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, uit die amp verwyder word.
Spektrum 10 Februarie 2025 10.02.2025 49:58
Die MK-party gaan 'n klag van hoogverraad teen Afriforum indien. 'n Oproep tot kalmte, te midde van 'n heksejag na die oorsprong van president Trump se asiel-opdrag. Amerika stel 'n 25%-invoertarief in op staal en aluminium.
Spektrum 7 Februarie 2025 07.02.2025 54:37
Ons praat met 'n ekonoom, 'n landboukenner en 'n politieke ontleder oor die staatsrede. ArcelorMittal Suid-Afrika het die sluiting van sy aanlegte in Newcastle en Vereeniging met 'n maand uitgestel. Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, verskyn weer in die handelsmisdaadhof.
Spektrum 6 Februarie 2025 06.02.2025 54:00
Die ANC en die DA bereik 'n kompromie oor die voortbestaan van private mediese fondse onder die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering. OUTA hoop die president sal innoverende planne om georganiseerde misdaad en korrupsie te pak, in sy staatsrede aankondig. Die nasionale minimumloon word verhoog.
Spektrum 5 Februarie 2025 05.02.2025 49:50
Die DA verduidelik wat hy van môre se staatsrede verwag. Ons praat ook met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom oor die staatsrede. Die Rea Vaya-busdiens bly tot verdere kennisgewing opgeskort.
Spektrum 4 Februarie 2025 04.02.2025 50:06
Die miljardêr versekeringsmagnaat en eiendomsontwikkelaar, Douw Steyn, sterf. China stel vergeldende tariewe in teen die VSA. 'n DNS-toets kan dalk help om servikale kanker gouer op te spoor.
Spektrum 3 Februarie 2025 03.02.2025 51:56
Die Amerikaanse president dreig met stappe oor Suid-Afrika se grondonteieningsbeleid. Ons praat hieroor, en die gevolge van die VSA se invoerheffings op Kanada en Mexiko, met 'n ekonoom en ‘n politieke ontleder. Die jongste oor die situasie in die DRK. 'n Weervoorspeller gee die reënvooruitsigte vir die res van die seisoen.
Spektrum 31 Januarie 2025 31.01.2025 48:31
Malaria breek uit in Limpopo. President Trump waarsku dat hy 'n 100% invoertarief sal instel indien BRICS sy eie geldeenheid skep. Kommer oor landbou in droogtegeteisterde gebiede.
Spektrum 30 Januarie 2025 30.01.2025 49:07
Die MK-Party in Kwazulu-Natal staan bankvas agter die voormalige president, Jacob Zuma, se dogter wat vandag in die landdroshof in Durban verskyn. Die Johannesburg Metro sê hy het 'n plan om vroue en kinders wat in die middestad bedel, te help. Die voormalige Minister van Verdediging en Internasionale Betrekkinge, Lindiwe Sisulu, veroordeel die onlangse aanvalle op Suid-Afrikaanse vredesmagsoldate...
Spektrum 29 Januarie 2025 29.01.2025 50:43
Die Regering van Nasionale Eenheid se tweedaagse kabinetslekgotla begin vandag. Belanghebbendes in die onderwys vra dat die Noord-Kaapse onderwysdepartement onder administrasie geplaas word. Meer oor die ooreenkoms tussen die Wes-Kaapse regering en die Gesondheidstigting om 'n sorgfonds op die been te bring.
Spektrum 28 Januarie 2025 28.01.2025 50:38
Eskom wil strenger beheer afdwing op sonkragstelsels wat aan die nasionale kragnetwerk gekoppel is. Die ANC en die VF Plus stem ten gunste van 'n wantrouemosie teen die DA-burgemeester van Swellendam, Francois du Randt. Gautengers kla al hoe meer oor die vlieëplaag in die provinsie - ons praat met 'n entomoloog van die Landbou Navorsingsraad. Die Hooggeregshof in Pretoria beslis dat die armoedetoe...
Spektrum 27 Januarie 2025 27.01.2025 49:38
Die MK Party voer aan die SAUK kies kant wanneer die uitsaaier na die Regering van Nasionale Eenheid verwys. Ons bring jou die jongste uit daardie hofsaak. Gemoedere loop steeds hoog oor die nuwe Grondonteieningswetm met spanning wat toeneem binne die Regering van Nasionale Eenheid. Die familie van een van die nege Suid-Afrikaanse soldate wat in die Demokratiese Republiek die Kongo sterf, praat oo...
Spektrum 24 Januarie 2025 24.01.2025 47:16
Wye reaksie op die nuwe onteieningswet wat deur President Cyril Ramaphosa bekragtig is. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement reageer op die skietdood van 'n skoolhoof in Kraaifontein. Kollega Annamarie Jansen van Vuuren berig uit Los Angeles waar die jongste benoemings vir vanjaar se Oscars aangekondig is. Volgens die VN is sowat 2 000 kinders in Gasa wees gelaat sedert die oorlog tussen Israel en H...
Spektrum 23 Januarie 2025 23.01.2025 49:09
Build One South Africa se petisie om die minimumslaagsyfer van 30% af te skaf, kry momentum. Ouers van leerlinge met spesiale behoeftes dreig met regstappe teen Gauteng se onderwysdepartement omdat hulle kinders nie in spesiale skole geplaas word nie. Meer oor 'n nuwe digitale stelsel om die gebruik van verbode middels in sport te identifiseer.
Spektrum 22 Januarie 2025 22.01.2025 49:29
Verbruikersinflasie styg vir 'n tweede agtereenvolgende maand, en is nou 3%. Die EFF open 'n strafregtelike klag teen die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur. Ons praat met die Minister van Korrektiewe Dienste oor die land se oorvol tronke. Het jy geweet die brilpikkewyn is hoogs bedreig?
Spektrum 21 Januarie 2025 21.01.2025 50:44
President Trump maak talle beloftes tydens sy inhuldiging. Ons praat met 'n ekonoom oor sy uitlatings. 'n Klimatoloog reageer op die VSA se onttrekking aan die Parys Klimaatooreenkoms. Die EFF gaan die PA se Kenny Kunene by die Menseregtekommissie verkla oor sy opmerking dat onwettige myners geslag moet word.
Spektrum 20 Januarie 2025 20.01.2025 52:38
China se adjunkpresident woon Donald Trump se inhuldiging by nadat Xi Jinping sy uitnodiging van die hand gewys het. Daar was ‘n toename in die feesseisoen se padsterftes. Die gedrukte woord teenoor digitale media - maak seker jou kind gebruik steeds 'n woordeboek.
Spektrum 17 Januarie 2025 17.01.2025 52:55
Die moontlike sluiting van die polisie se nasionale inspektoraat laat baie vrae ontstaan. Die Minister van Polisie, Senzo Mchunu, word gevra om dringend teen 'n toename in plaasaanvalle op te tree. Talle gevangenes ontvang hulle matriekuitslae. Die ekonomie kan vanjaar met 1.7% groei.
Spektrum 16 Januarie 2025 16.01.2025 53:45
Ons kry die jongste nuus uit Stilfontein in Noordwes, nadat die reddingsoperasie van onwettige mynwerkers vanoggend voltooi is. Angstige ouers in Gauteng staan tou by disktriksonderwyskantore in 'n poging om hulle kinders in skole geplaas te kry. Meer oor die Kamer van Koophandel en Nywerheid se jongste handelstoestande-indeks. Die MK-partyleier, Jacob Zuma, sê hy sal die ANC red as die party vir...
Spektrum 15 Januarie 2025 15.01.2025 52:46
Die lyke van minstens 60 onwettige mynwerkers is die afgelope twee dae by 'n mynskag in Stilfontein na die oppervlak gebring. Die Sentrale Energiefonds voorspel 'n beduidende brandstofprysstyging in Februarie. Ná 'n maandelange dooiepunt hieroor, is bemiddelaars hoopvol dat 'n skietstilstand tussen Israel en Hamas in Gasa bereik sal word.
Spektrum 14 Januarie 2025 14.01.2025 54:51
Politieke partye en ander belanghebbendes in die onderwys reageer op die matriekuitslae van 2024. Dit is dag twee van reddingsoperasies by die Stilfonteinmyn in Noordwes, waar honderde onwettige mynwerkers steeds ondergronds is. Honderde mense is dakloos gelaat ná swaar reën in Limpopo. Die Oscar-benoemings is vir 'n tweede keer uitgestel weens die brande wat voortvoed in Los Angeles. Die Mededing...
Spektrum 13 Januarie 2025 13.01.2025 50:08
Terwyl die land asem ophou vir die uitslae van die matriekklas van 2024, heers daar groot ontevredenheid oor bewerings dat die uitslae vooraf te koop was. Die voormalige spioenbaas, Niël Barnard, sterf. Swaar reën word vandag vir Pretoria voorspel. Besoekers is steeds welkom om die Nasionale Kruger Wildtuin te besoek ondanks oorstromings in die gebied.
Spektrum 10 Januarie 2025 10.01.2025 47:31
Vyf beskuldigdes, wat die kleinkind van voormalige president Nelson Mandela insluit, verskyn in die Johannesburgse landdroshof in verband met ’n voertuigkaping. Donald Trump het sy visier op Groenland gestel - ons praat met 'n ontleder oor hoekom dié eiland so belangrik vir die Amerikaners is. Die polisie se ondersoek na 'n plaasaanval in die Stellenbosch-ongewing duur voort.
Spektrum 9 Januarie 2025 09.01.2025 50:16
Twee EFF-parlementslede, waaronder dr. Mbuyiseni Ndlozi, bedank. President Cyril Ramaphosa skop vas en sê alle prosesse is gevolg toe Jacob Zuma se partylidmaatskap opgeskort is. ‘n Groot verwelkoming in Maputo vir Mosambiek se opposisieleier. Talle Hollywoodsterre verloor hulle huise in 'n vernietigende brand in Los Angeles.
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden