RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Spektrum 6 Augustus 2025 06.08.2025 48:52
Presies 80 jaar ná die atoombom op Hiroshima, bespreek ons Suid-Afrika se voormalige kernwapenprogram. Kitsbanke word op groot skaal gesluit. 'n Formele appèl word ingedien téén die besluit om Shell se Noord-Kaap olie- en gasprojek toe te laat.
Spektrum 5 Augustus 2025 05.08.2025 50:10
Kommer oor die moorde op ouditeure van die Ekurhuleni Metro, wat tenders van miljarde rand ondersoek. Nasionale ingryping in die bestuur van die Johannesburg-metro. Trek maar die verwarmers, musse, jasse en sambrele nader...
Spektrum 4 Augustus 2025 04.08.2025 49:37
Kommer oor die verreikende impak van Amerika se handelstariewe op die Oos-Kaap se ekonomie, maar, die regering sê hy is hoopvol om 'n beter handelsraamwerk te beding. Professor Debra Meyer praat oor haar aanstelling by die Sol Plaatje Universiteit as eerste vroue vise-kanselier.
Spektrum 1 Augustus 2025 01.08.2025 49:16
Die nuwe minister van polisie, prof. Firoz Cachalia, sê hy is verbind daartoe om korrupsie binne die polisie uit te roei. Suid-Afrika het nog sewe dae tyd om 'n gunstige handelsooreenkoms met Amerika te sluit. Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee begin vanmiddag vergader om oor sake soos die regering van nasionale eenheid te besin.
Spektrum 31 Julie 2025 31.07.2025 48:52
Drie mense wat in 'n video 'n vierjarige aanmoedig om mandrax te rook, in die hof. Eskom sê daar sal nie vir die volgende ses maande beurtkrag wees nie. Suid-Afrika wag in spanning vir die VSA se tariefverhogings wat môre in werking tree.
Spektrum 30 Julie 2025 30.07.2025 50:09
Die Tesourie weerhou voorwaardelike toedelings aan ses munisipaliteite in Noordwes. Teenkanting teen die Tshwane-metro se plan om die Pretoriastadsaal aan die Iranse ambassade te verhuur. Amerika se president, Donald Trump, sal waarskynlik nie die G20-beraad in Suid-Afrika bywoon nie. Hoë seegolwe tref Hawaii ná 'n massiewe aardbewing in Rusland.
Spektrum 29 Julie 2025 29.07.2025 51:04
Die president sê groot vordering word gemaak om die Zondo-kommissie se aanbevelings toe te pas. Die moordbeskuldigde, Tiffany Meek, is borgtog geweier. 'n Versoek dat munisipale werkers 'n minimumkwalifikasie moet hê. Die stand van Suid-Afrika se buitelandse betrekkinge is onder die vegrootglas. Inwoners van Welverdiend in Gauteng is raadop omdat hulle al 'n maand lank sonder krag is. Die parlemen...
Spektrum 28 Julie 2025 28.07.2025 51:18
Slotbetoë word aangehoor in Tiffany Meek se borgaansoek. 'n Wysigingswetsontwerp wat die afskaffing van adjunkministersposte voorstel, is in die Staatskoerant gepubliseer. Ons bekyk die handelsooreenkoms tussen Amerika en die Europese Unie. 'n Studie deur Wits wys dat klimaatsverandering die verwoestende storms in 2022 vererger het.
Spektrum 25 Julie 2025 25.07.2025 49:46
Meer as 'n miljoen kinders in die Gasastrook lei aan hongersnood en wanvoeding. Die staat sluit sy saak in die Senzo Meyiwa-verhoor ná 3 jaar af. Nóg 'n rentekoersverlaging is in die vooruitsig.
Spektrum 24 Julie 2025 24.07.2025 50:02
Reaksie op Amerika se plan om sanksies teen korrupte ANC-leiers in te stel, wat momentum kry. Die ontwikkeling van TB-entstowwe is onder die vergrootglas by 'n konferensie in Johannesburg. Die regering word versoek om die Padongelukke-voordeleskema te laat vaar.
Spektrum 23 Julie 2025 23.07.2025 48:37
Die BT Soccer Academy vra om verskoning vir die getrande sokkerspelers in Portugal. Verbruikersinflasie neig opwaarts na drie persent. Amerikaanse sanksies teen top Suid-Afrikaanse politici beweeg 'n treetjie vorentoe.
Spektrum 22 Julie 2025 22.07.2025 51:29
Die parlement aanvaar riglyne vir die ondersoek na bewerings deur die Kwazulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, van politieke inmenging in die polisiediens. Reëlings word gefinaliseer om die groep gestrande sokkerspelers in Portugal terug te bring. Antiretrovirale middels in die drinkwater is nie 'n onmiddelike probleem nie, sê die die adjunkminister van Water en Sanitasie, Sello Sei...
Spektrum 21 Julie 2025 21.07.2025 47:09
Talle mense is gestrand as gevolg van FlySafair-vlugte wat gekanselleer is weens 'n vlieënierstaking. Kanada verstewig handelsbande met die Wes-Kaap te midde van hoër Amerikaanse tariewe. Israel waarsku Palestyne om Sentraal-Gasa te ontruim.
Spektrum 18 Julie 2025 18.07.2025 53:03
Jayden-Lee Meek se vermeende moordenaar gaan vandag om borgtog aansoek doen. Defend South Africa eis die president se bedanking. Ons praat met ‘n kenner oor nabygeleë ruimtevoorwerpe wat 'n gevaar vir die aarde kan inhou. 'n Teaterproduksie oor mensehandel en misdaadsindikate het feesgangers by die Vrystaat Kunstefees aan die praat.
Spektrum 17 Julie 2025 17.07.2025 51:19
Roelf Meyer en professor Tinyiko Maluleke is aangestel as die voorsitters van die beplande Nasionale Dialoog. Die Verenigde Nasies veroordeel Israel se lugaanvalle op Sirië. Ons praat met Vrystaat Landbou oor veiligheid aan die Lesotho-grens. Kaderontplooiing kom onder die soeklig. 'n Nuusveteraan praat oor SABC NUUS se 75ste herdenking.
Spektrum 16 Julie 2025 16.07.2025 53:41
Die DA sê hulle inligting oor Mcebisi Jonas se swak ontvangs as saakgelastigde in Amerika is onberispelik. Suid-Afrika se motoruitvoere na Amerika daal met tot soveel as 85-persent. Navorsing wys dat 10 ton kos jaarliks vermors word, terwyl Suid-Afrikaners verhonger.
Spektrum 15 Julie 2025 15.07.2025 55:17
Verskeie onganisasies, waaronder die MK-party, betoog teen president Cyril Ramaphosa se kommissie van ondersoek na bewerings van polisiekorrupsie. Die G20-lidlande vergader oor omgewingsake in die Nasionale Kruger Wildtuin. By die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein praat die span oor die jongste uitbreking van bek-en-klouseer in Kroonstad, en 'n politieke ontleder werp lig op die toekoms van die...
Spektrum 14 Julie 2025 14.07.2025 54:05
President Cyril Ramaphosa se komissie van ondersoek na korrupsie in die polisie, nasionale vervolgingsgesag en regsbank ontlok uiteenlopende reaksie. Onsekerheid oor Johannesburg se planne met 'n sportklub en die botaniese tuin. Besoekers stroom na die nuwe dinosourusmuseum in die Golden Gate Nasionale Park.
Spektrum 11 Julie 2025 11.07.2025 47:59
Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie eis die bedanking van die polisieminister te midde van ernstige bewerings van korrupsie. Die eerste vergadering word vandag gehou oor die komende Nasionale Dialoog. Kommer heers oor ouer mense wat deesdae toenemend die teiken van kuberkrakers word.
Spektrum 10 Julie 2025 10.07.2025 50:13
Die DA dien klagte in teen die minister van polisie Senzo Mchunu. ActionSA betoog in KwaZulu-Natal teen, wat hy noem, die verdiepende krisis in die strafregstelsel. Wie is die omstrede sakeman Vusimusi Cat Matlala, wat by bewerings van polisiekorrupsie betrek word? Suid-Afrika se MIV/Vigs-program gaan voort ondanks die onttrekking van Amerika se Pepfar-befondsing.
Spektrum 9 Julie 2025 09.07.2025 54:00
Die Menseregtekommissie vra die president om 'n kommissie van ondersoek in te stel na bewerings van politieke inmenging deur die minister van polisie. Die ANC se sekretaris-generaal sê die minister van hoër onderwys het nie gelieg oor die omstrede SETA-aanstellings nie. Die minister van grondhervorming en landelike ontwikkeling maak nuwe wetsvoorstelle om grondhervorming te bespoedig.
Spektrum 8 Julie 2025 08.07.2025 52:09
President Cyril Ramaphosa sê Amerika se hoër invoertariewe is onredelik. Honderde skole in Gauteng is sonder krag en water weens agterstallige munisipale rekeninge. Die ontslape voormalige adjunkpresident, David Mabuza, word Saterdag met 'n kategorie twee staatsbegrafnis vereer.
Spektrum 7 Julie 2025 07.07.2025 51:52
Die nasionale polisiekommissaris sê misdaadvoorkoming gaan normaal voort, ondanks bewerings teen senior polisieamptenare. Intussen is alle oë op die Parlement waar die kwessie moontlik vandag bespreek word. Navorsing deur Stellenbosch Bestuurskool wys 'n toenmende voorkoms van narisstiese eienskappe onder topleiers. Verskeie mense is in hegtenis geneem tydens klopjagte, wat deel vorm van Johannesb...
Spektrum 4 Julie 2025 04.07.2025 51:22
Huldeblyke stroom in vir die voormalige adjunkpresident David Mabuza, wat in die ouderdom van 64 in 'n Johannesburgse hospitaal gesterf het. Die Umkhonto weSizwe-Party hou vol dat sy fondamente stewiger is as ooit tevore. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens reik waarskuwings uit vir ysige koue weer vir groot dele van Suid-Afrika die naweek.
Spektrum 3 Julie 2025 03.07.2025 52:18
Is die afkeur van begrotings die beste manier om geskille binne die Regering van Nasionale Eenheid op te los? Owerhede benadruk dat daar nié 'n wagtyd is vir mense om vermiste kinders aan te meld nie. 'n 37-jarige vrou verskyn in die hof in verband met die ontvoering van 'n pasgebore baba. Werknemers van die Johannesburg-metro beweer die stad se omstrede Bomeenheid intimideer hulle.
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden