RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Skrywers en boeke 2 April 2025 02.04.2025 49:52
Die program word gewy aan die bekroonde digter, skrywer en vertaler Johann de Lange, wat op 27 Maart 2025 oorlede is. De Lange was bekend as iemand wat die kollig vermy het, maar jy kan luister na ‘n 1994-argiefonderhoud waarin hy met Nic Swanepoel gesels oor sy eerste ses bundels. Daarna volg ‘n opname van ‘n 2021-uitsending van VERS EN KLANK, waarin Richard van der Westhuizen gedigte voorlees ui...
Skrywers en boeke 26 Maart 2025 26.03.2025 51:24
Rudie van Rensburg gesels oor die navorsing vir sy jongste roman, LEEUMENS. Sally Andrew praat oor die sukses van haar baie gewilde TANNIE MARIA-reeks. In Johan Myburg se internasionale bydraes bring hy hulde aan die Noorweegse skrywer, Dag Solstad. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van die Nero-pryse, die kortlyste vir die eerste klimaatfiksie-prys, en die Dylan Thomas-letterkundeprys.
Skrywers en boeke 19 Maart 2025 19.03.2025 50:55
Die Cordis Trust is vanjaar 25 jaar oud, en Ilse Salzwedel gesels met die stigter, dr. Fanie Marais, oor die trust se wye verskeidenheid werk in, en vir, Afrikaans. Die gewilde skrywer Sophia Kapp gesels oor die boek wat van haar ‘n skrywer gemaak het, en ander boeke wat sy nooit sal vergeet nie. Johan Myburg vertel hoe die wêreld gereageer het op die dood van die dramaturg ,Athol Fugard, en jy...
Skrywers en boeke Bonuspotgooi: Crystal-Donna Roberts 12.03.2025 20:57
Suzette Myburg het in 2022 met Crystal-Donna Roberts gesels oor haar debuutjeugroman, SPEURDER SAMMI: DIE BLOU STEEN.
Skrywers en boeke 12 Maart 2025 12.03.2025 46:48
Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Bergh oor sy baie openhartige outobiografiese boek, LANDUIT. Jy kan ook luister na ‘n huldeblyk aan Crystal-Donna Roberts, wat in 2022 haar debuut as jeugboekskrywer gemaak het. In sy internasionale bydraes gesels Johan Myburg oor die 16 boeke op die langlys van die Women’s Prize for Fiction. Jy kan ook meer uitvind oor CARELESS PEOPLE, ‘n boek waarin ‘n voor...
Skrywers en boeke 5 Maart 2025 05.03.2025 52:14
Rozaan de Wet Boer gesels openhartig met Suzette Myburg oor haar tweede roman, IS JY ORRAAIT, ELIZABETH? wat handel oor die ma van ‘n Downsindroom seun en die vriendinne wat haar ondersteun. Ilse Salzwedel stel jou voor aan die kinder- en jeugboekkenner, MAGDEL VORSTER. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer uitvind oor THE TWELVE CEASARS, ‘n boek uit die tweede eeu wat handel oor R...
Skrywers en boeke 26 Februarie 2025 26.02.2025 51:42
Betsie van Niekerk, skrywer van SO OOK OP DIE AARDE, wat soggens op RSG voorgelees word, vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar skryfloopbaan. Prof. Steward van Wyk gesels oor die vyfde Swart Afrikaanse Skrywersimposium wat later vanjaar by die UWK gehou word, en vertel ook meer oor die vier dekades wat verloop het sedert die eerste SAS. In Johan Myburg se insetsels oor die internasionale boekewê...
Skrywers en boeke Bonuspotgooi: Rosa Keet & Ellen Botha 19.02.2025 41:22
Luister na die digter Rosa Keet en haar suster Ellen Botha in ‘n episode uit die 2005-reeks, INK IN ONS ARE, ‘n reeks oor bekende letterkundige families.
Skrywers en boeke 19 Februarie 2025 19.02.2025 52:13
Resensent en smaakmaker-finalis Trisa Hugo gesels oor boeke wat haar lewe verander het. Van DIE REISE VAN ISOBELLE tot WILHELMINA: KAMPKIND OP JAVA tot GRIET SKRYF ‘n SPROKIE en THE BOY WHO NEVER GAVE UP – daar is iets vir elke smaak. Ilse Salwedel praat oor SKRYFNET se skryfkursusse, en hulle soektog na die beste 100 Afrikaanse boeke van die afgelope 100 jaar. In Johan Myburg se insetsels oor die...
Skrywers en boeke 12 Februarie 2025 12.02.2025 54:11
Jeremy Veary is nie net ‘n bekende oud-polisieman nie, maar ook ‘n gerekende skrywer. Ilse Salzwedel gesels met hom oor sy biografiese boeke (JEREMY VANNIE ELSIES en INTO DARK WATER) en sy jongste boek, ‘n historiese roman getiteld ROOISAND: DIE VERHAAL VAN DIRK ARUSEB EN DIE BONDELSWARTS. Die digter, liedjieskrywer en TV-draaiboekskrywer, Rosa Keet, het vandeesweek haar 80e verjaarsdag gevier, en...
Skrywers en boeke 5 Februarie 2025 05.02.2025 48:57
Luister na ‘n huldeblyk vir Joha van Dyk (27), die gewilde jeugskrywer wat onverwags oorlede is op 2 Februarie. Jy kan o.a. luister na uittreksels uit ‘n onderhoud wat in 2022 met haar gevoer is. Medeskrywers en haar uitgewer gesels oor Joha as mens, en bespreek ook haar bydrae tot Afrikaans. Elna van der Merwe, organiseerder van die Stilbaai-boekefees wat tussen 21 en 23 Februarie gehou word, ver...
Skrywers en boeke 29 Januarie 2025 29.01.2025 50:18
Ilse Salzwedel het resensent Francois Bekker gevra om ‘n paar boeke vir luisteraars aan te beveel. Só lyk sy lysie: DIE KATARTIESE METODE (Jaco Fouché); NAAM, VAN, DIER, DORP (Gielie Hoffman), PRETORIA STORIES (Pieter Swanepoel), ALL THE WORST HUMANS: HOW I MADE NEWS FOR DICTATORS, TYCOONS, AND POLITICIANS (Phil Elwood). Sy gesels ook met Helené Coetzee van Pan McMillan-uitgewers oor Wêreldhardopl...
Skrywers en boeke 22 Januarie 2025 22.01.2025 49:44
Carina Stander, die skrywer van die Bergengel-reeks, gesels met Ilse Salzwedel oor haar skryfwerk. Hulle praat oor haar kreatiewe wêreld, en verken die inspirasie agter haar magiese verhale. Desiree Gardner gesels oor die verwerking van die geliefde Reënboograntboeke vir tieners na 'n sepie, wat op Showmax te sien is. Johan Myburg vertel meer oor Fierce Elegy, die digbundel van die Amerikaanse dig...
Skrywers en boeke 15 Januarie 2025 15.01.2025 51:36
Ilse Salzwedel gesels ek met Chris Karsten oor sy roman, DIE KEISER SE DUIM. Johan Myburg bring hulde aan die Britse skrywer, David Lodge, en vertel meer oor 'n Amerikaanse mediese dokter wat rillers begin skryf het onder die skuilnaamn Freida McFadden. Johan het ook nuus oor Chimamanda Ngozi Adichie se nuwe roman. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor drie belangrike boeke oor die Gr...
Skrywers en boeke 8 Januarie 2025 08.01.2025 48:32
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, het ‘n lys van nie-fiksie boeke wat sy aanbeveel. Skrywer en Hertzogpryswenner SJ Naude gesels oor ‘n lys uiteenlopende Suid-Afrikaanse boeke wat ‘n impak op sy lewe gehad het. Johan Myburg bespreek ‘n paar internasionale boeke waarna jy kan uitsien in 2025, en vertel van die eer wat die Britse skrywer Alan Hollinghurst te beurt geval het. Daar is ook nuus o...
Skrywers en boeke 25 Desember 2024 25.12.2024 40:57
Ervaar die warmte van Kersfees met 'n spesiale uitsending. Laat jou inspireer deur die stories, gedigte en musiek wat Ilse Salzwedel en Johan Myburg uitgesoek het. Luister na Johan Myburg se voorlesing van DJ Opperman se Kersliedjie, en beleef Abraham de Vries se verhaal, Kerssang by Pitlamplig, ‘n roerende blik op 'n Klein Karoo-Kersaand. Donald W. Riekert se gedigte Kersfees en Kersfees in Ouet...
Skrywers en boeke Bonuspotgooi: Annelie Botes 18.12.2024 1:10:48
Ontspan met drie van Annelie Botes se kortverhale en twee rubrieke, soos oor die jare voorgelees in KORTOM. Die volgende kortverhale kom uit haar bundel Trousseaukis: OP SOEK NA SKADUWEE, voorgelees deur Martelize Kolver; HUIS OP DIE MAAN, voorgelees deur Anna-Mart van der Merwe; SKRIF AAN DIE MUUR, voorgelees deur Jana Kruger; Riëlle Heine lees twee rubrieke ‘N LYS VAN TROUMANNE en ‘N VERPLIGTE V...
Skrywers en boeke 18 Desember 2024 18.12.2024 47:24
KIND VAN DIE KAMMANASSIE is ‘n huldeblyk aan topverkoperskrywer Annelie Botes – soms omstrede, maar ook een van Afrikaans se mees geliefde skrywers. Ilse Salzwedel gesels met haar eerste uitgewer, Hettie Scholtz, en Melt Myburg, haar uitgewer van die laaste 12 jaar. Digter, skrywer en joernalis Selwyn Millborrow en Marion Erskine (skrywer en wenner van RSG se 2025-radiodramakompetisie) deel ook h...
Skrywers en boeke 11 Desember 2024 11.12.2024 51:01
Ilse Salzwedel praat met P.J.O. Jonker oor sy debuutroman, DIE ONSIGBARE. Nadine Petrick (LAPA) en Helene Coetzee (Pan McMillan) gesels oor oulike kinder- en jeugboeke wat hulle aanbeveel vir Kersgeskenke. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor Trevor Noah se nuwe kinderboek, INTO THE UNCUT GRASS. Johan Myburg gesels oor die eerste wenner van Wits se Achmat Dangor-prys, en Yang Shuang-...
Skrywers en boeke Bonuspotgooi: Breyten Breytenbach 04.12.2024 35:44
Luister na uittreksels uit twee Vers en Klank-programme, wat deur wyle Margot Luyt saamgestel is. In die eerste een, wat in 2015 uitgesaai is, gesels sy met Breyten oor sy tien gunsteling Afrikaanse gedigte, wat hy ook voorlees. In die tweede Vers en Klank lees Dawid Minnaar van Breyten se gedigte voor. Daar is ook ‘n argiefopname waar Breyten van sy eie gedigte voorlees.
Skrywers en boeke 4 Desember 2024 04.12.2024 42:38
Ilse Salzwedel praat met Susan Coetzer oor haar nuwe lekkerlees-roman, HAAS EN HARRIET. AJ Opperman vertel meer oor Nathan Trantraal. Johan Myburg stel ons voor aan die wenners van die National Book Awards van die VSA, en gesels oor ‘n klompie nuwe internasionale boeke vir jou boekrak. Hy vertel ook hoekom ‘n bekende internasionale uitgewer besluit het om van sy boeke beskikbaar te stel vir gebrui...
Skrywers en boeke 27 November 2024 27.11.2024 37:28
Breyten Breytenbach was een van die invloedrykste letterkundige figure in Afrikaans. Hy was wêreldberoemd as aktivis, digter, skrywer en skilder. Maar hy was ook iemand se man, pa, seun en broer. ‘n Vriend en mentor vir baie. In hierdie huldeblyk gesels die skrywers Justin Fox, Theo Kemp en Kerneels Breytenbach oor hulle vriend en mentor, en Brenda Breytenbach (sy broer Cloete se weduwee) onthou h...
Skrywers en boeke 20 November 2024 20.11.2024 50:53
Ilse Salzwedel gesels met Bettina Wyngaardt oor WAT SÊ BETTINA, ‘n bundel met ‘n keur uit haar Litnet-rubrieke. Joernalis AJ Opperman vertel meer oor die bekroonde skrywer, digter, dramaturg en akademikus Marlene van Niekerk. Ilse Salzwedel gesels met Jeretha van der Merwe van die Kleinmond-leeskring. Johan Myburg gesels oor die wenners van die plaaslike Sunday Times-pryse, en stel ons voor aan Sa...
Skrywers en boeke 13 November 2024 13.11.2024 51:23
Luister na ‘n heruitsending van Bettie Kemp se 2004-hoorbeeld oor Anjie Krog en haar ewe bekende ma, Dot Serfontein. In Johan Myburg se internasionale boekenuus stel hy ons voor aan die skrywer Rachel Cusk. Haar roman, PARADE, is pas met die Goldsmiths-prys bekroon. Jy kan ook meer uitvind oor Hanif Kureishi se outobiografiese boek, SHATTERED, wat handel oor ‘n val wat hom verlam gelaat het. Johan...
Skrywers en boeke 6 November 2024 06.11.2024 43:30
Sakejoernalis TJ Strydom gesels oor sy boeke oor drie leiers in die sakewêreld: Christo Wiese (RISIKO EN RYKDOM), Koos Bekker (BEKKER’S BILLIONS) en CAPITEC: STRYD MET DIE GROTES. Skrywer en letterkundige Jeanette Ferreira vertel van die boek wat haar lewenslank sal bybly. AJ Opperman vertel meer oor die digter Bibi Slippers wat onlangs verjaar het. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy...
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice