RSG

Skrywers en Boeke

Tv AF ↓ Episoade: 741

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Tv

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

14 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Skrywers en boeke 22 April 2026 22.04.2026

Ilse Salzwedel gesels met die joernalis en skrywer, Julian Jansen, wie se jongste boek, OP DIE SPOOR VAN DIE STASIEMOORDENAAR, onlangs verskyn het. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die Hans Christian Anderson-kinderboekprys asook die Hans Christian Anderson-letterkundeprys, en die wenners van die gesogte Windham-Campbell-letterkundepryse. Jy kan ook meer uitvind oor Wêreldboekedag wat o...

Skrywers en boeke 15 Maart 2026 15.04.2026

Ilse Salzwedel gesels met Jaco Jacobs, wat vanjaar sy 25e jaar as skrywer vier met die publikasie van sy 300e boek. Theo Kemp vertel meer oor die Jakes Gerwel Stigting se gratis boekprogram by vanjaar se Suidoosterfees. In Johan Myburg se internasionale insetsels kan jy meer uitvind oor die die Bologne-kinderboekfees, asook die ses boeke op die kortlys van die Dublin Letterkundeprys, en nuwe eerbe...

Skrywers en boeke 8 April 2026 08.04.2026

Ilse Salzwedel gesels met Lizette Rabe oor haar boek, 101 REMARKABLE SOUTH AFRICAN WOMEN, en vra haar ook uit na die vaardighede wat ‘n goeie skrywer en joernalis nodig het. Daar is meer oor die finaliste vir vanjaar se Tafelberg Jeugboekpryse, wat verlede week aangekondig is. Johan Myburg vertel meer oor die ses boeke op die kortlys vir die International Booker, en in sy tweede bydrae kan jy luis...

Skrywers en boeke 1 April 2026 01.04.2026

Ilse Salzwedel gesels met Michele Meyer oor EINDE en BEGIN, en Dieter Holm vertel meer oor ELY HOLM: VAN BERLYN TOT HARTBEESPOORT, die boek oor sy bekende kunstenaar-ma. Johan Myburg het bydraes oor die Britse skrywer Len Deighton, wat onlangs oorlede is, die wenner van ‘n nuwe letterkundeprys ter ere van Hilary Mantel, en die kortlys van die tweede internasionale prys vir klimaatfiksie.

Skrywers en boeke 25 Maart 2026 25.03.2026

Ilse Salzwedel gesels met Louis Jansen Van Vuuren oor BILTONG EN DIOR, sy nuwe bundel vertellings oor die lewe in Frankryk. SD Fourie, skrywer van DIE REIS, vertel meer oor die storie agter hierdie verhaal. In sy bydraes uit die internasionale boekewêreld, vertel Johan Myburg meer oor die topverkoperskrywer Colleen Hoover, en ‘n boek wat die Iranse vroueskrywer Shahrnush Parsipur vir vier jaar en...

Skrywers en boeke 18 Maart 2026 18.03.2026

Ilse Salzwedel gesels met Martin Steyn oor sy bundel kortverhale, SKIMME EN SPOORSOEKERS. Die resensent, Jannes Erasmus, praat oor vier boeke wat hy kan aanbeveel - DRIE MISDADE IN ‘N KNOOP, VOLMAAN IN BAVIAANSKLOOF, DIE AVONTURE VAN HELGA ROETS en EINDE EN BEGIN. Johan Myburg vertel hoekom Amazon aan die Parys-boekefees in Frankryk onttrek het, en stel ons voor aan die Guyanese skrywer en digter...

Skrywers en boeke 11 Maart 2026 11.03.2026

Albé Grobbelaar, bekend vir sy HISTORIESE ALMANAK-bydraes op RSG, gesels oor die gelyknamige boek wat onlangs uit sy pen verskyn het. Die skrywer, Sjaka Septembir, gesels oor sy jongste roman, DHARMA-DWAAS IN DOODLOOPSTRAAT, en vertel hoekom randfigure en kontra-kultuur hom so fassineer. Jy kan ook luister na vyf bydraes uit die internasionale boekewêreld. Johan Myburg het nuus oor die langlyste v...

Skrywers en boeke 4 Maart 2026 04.03.2026

Sowat 70% van Suid-Afrika se Graad 1 tot 3 leerders se leesvaardigheid is nie op peil nie, en byna ‘n kwart van leerders in sekere taalgroepe kan teen Graad 3 nog nie lees nie. Ilse Salzwedel wil by drie kenners weet waar die fout lê: by die regering, onderwysers of ouers? Sy praat met hulle oor die krisis, en hulle deel ook handige wenke vir ouers, onderwysers en versorgers om kinders te help om...

Skrywers en boeke 25 Februarie 2026 25.02.2026

Daniël Lötter, skrywer van verskeie nie-fiksie boeke, gesels oor sy debuutroman, WAAR DIE LAMMERS NIE SUIP NIE. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor twee boeke wat sy kan aanbeveel: Christiaan Bakkes se roman SOETDORING IN DIE RUIGTES en THE RIFT – SCAR OF AFRICA, ‘n koffietafelboek deur Shem Compion. Jy kan ook ‘n kort voorlesing hoor uit Christiaan se roman. Kom vind uit watter skr...

Skrywers en boeke 18 Februarie 2026 18.02.2026

Februarie word wêreldwyd as die maand van die liefde beskou. Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul, Irma Joubert, Elsa Winckler, Malene Breytenbach, Kristel Loots, Santie van der Merwe, Helene de Kock en Dina Botha oor die plek van romantiese fiksie in Afrikaans. Johan Myburg praat oor die boeke op die langlys vir die Womens Price for Non-fiction; LOST LAMBS, ‘n aweregse, humoristiese roman wat...

Skrywers en boeke 11 Februarie 2026 11.02.2026

Ilse Salzwedel gesels met Philip de Vos oor sy boek, DIE JAAR TOE DIT GEMMERBIER GEREËN HET. Dié prettige storie word op RSG voorgelees. Elna van der Merwe, die organiseerder van die Stilbaai-boekefees (wat op 27 en 28 Februarie gehou word), vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien. Johan Myburg gesels onder andere oor WUTHERING HEIGHTS, wat al beskryf is as die grootste liefdesverhaal van alle t...

Skrywers en boeke 4 Februarie 2026 04.02.2026

Akademikus, aktivis, die mense se digter, kultuurleier… Dit was Dr. Diana Ferrus, wat op 30 Januarie 2026 oorlede is. Sy was 72 jaar oud. Ilse Salzwedel het ‘n huldeblyk saamgestel oor haar lewe en werk. Verskeie mense deel hulle herinneringe aan hulle vriendin en mentor: Dr. Nico Koopman, prof. Steward van Wyk, die skrywer Ena Jansen, die skrywer Anzil Kulsen, Chareldine van der Merwe van die VVA...

Skrywers en boeke 28 Januarie 2026 28.01.2026

Geskiedkundige Karen Horn vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar boek, IN ENEMY HANDS, waarin sy die verhale vertel van ‘n klomp Suid-Afrikaanse krygsgevangenes wat in die Tweede Wêreldoorlog gevange geneem is. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die Nero-prys vir fiksie, en die wenner van die T.S. Eliot-prys vir poësie. Jy kan ook meer te wete kom oor die sangeres Dolly Parton se interna...

Skrywers en boeke 21 Januarie 2026 21.01.2026

Ilse Salzwedel gesels met die veelsydige skrywer, Francois Bloemhof, oor SPOOKSOEKER, ‘n televisiereeks vir tieners wat gebasseer is op drie van sy boeke, die waarde van lees vir kinders en jongmense, en ‘n nuwe roman gebasseer op die baie gewilde TV-reeks, EEN KEER OM DIE SON. Jy kan ook die drie skrywers ontmoet wat aangewys is as naaswenner en gesamentlike naaswenners in vanjaar se RSG-radiodra...

Skrywers en boeke 14 Januarie 2026 14.01.2026

Gerda Taljaard gesels oor haar roman, DIE GRAFDIGTER. Johan Myburg vertel meer oor die Jaipur-letterkundefees, vanjaar se International Bookerprys, en Elif Shafak se aanwysing as president van die Royal Society of Literature. Daar is ook twee bydraes oor verskillende skryfskole wat vanjaar aangebied word.

Skrywers en boeke 7 Januarie 2026 07.01.2026

Die skrywer Marko van der Colff is onlangs oorlede, en jy kan luister na ‘n argiefopname waarin SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, oor sy debuutroman gesels. Suzette Myburg gesels oor vier boeke wat haar verlede jaar beïndruk het. Johan Myburg bring hulde aan die Vlaamse digter, Leonard Nolens, en die gewilde Britse skrywers, Joanne Trollope en Sophia Kinsella (‘n skuilnaam vir die skrywer Ma...

Skrywers en boeke 17 Desember 2025 17.12.2025

Anita du Preez vertel meer oor haar sielkundige riller, DIE LAASTE LEUEN. Chris Karsten vertel van die inspirasie vir sy baie vermaaklike misdaadroman, AL DIE SWENDELAARS. In sy bydraes uit die internasionale boekewêreld vertel Johan Myburg meer oor die wenner van die Bollingerprys, waar dié beroemde Franse sjampanje die groot prys is, en ‘n nuwe bundel briewe deur die skrywer John Updike wat meer...

Skrywers en boeke 10 Desember 2025 10.12.2025

Irma Venter gesels oor haar jongste misdaadroman, DIE DRIE WEDUWEES. Deborah Steinmair en Ina Strydom, beide groot boekliefhebbers, gesels oor boeke wat hulle onlangs gelees het en kan aanbeveel. Johan Myburg praat oor die lewe en werk van Tom Stoppard, vertel meer van die wenner van die Brics-letterkundeprys, en het nuus oor AudioFile, ʼn gedrukte en aanlynpublikasie wat oudioboeke aanbeveel en re...

Skrywers en boeke 3 Desember 2025 03.12.2025

Marita van der Vyver gesels oor haar reisboek, MY JAAR VAN VREES EN VRYHEID. Skrywer en resensent Deborah Steinmair vertel meer oor haar gunsteling Afrikaanse romans en misdaadfiksie vir 2025. In Johan Myburg se internasionale boekenuus vertel hy meer oor die baie vermaaklike roman, THE TRUE STORY OF RAJA THE GULLIBLE (AND HIS MOTHER), deur Rabih Alameddine wat onlangs met ‘n gesogte Amerikaanse p...

Skrywers en boeke 26 November 2025 26.11.2025

Marieta Carrick gesels oor haar mediese riller, BLOED VAN ’N VLINDER. Daar is ‘n uittreksel uit ‘n onderhoud met die Springbok, Eben Etzebeth, oor sy biografie, TEN SLOTTE. Johan Myburg het nuus oor die pas aangekondigde Booker-kinderboekprys, en vertel meer oor ‘n nuwe boek deur die Poolse skrywer, Olga Tokarczuk. Hy bring ook hulde aan Marina Lewycka, skrywer van onder andere A SHORT HISTORY OF...

Skrywers en boeke 19 November 2025 19.11.2025

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor lekkerlees fiksie wat sy kan aanbeveel. Dis die ideale leesstof vir die vakansieseisoen wat voorlê. Daar is ook twee aanbevelings vir jonger lesers. Jy kan ook op hoogte kom van alles wat die afgelope paar weke in die internasionale boekewêreld gebeur het met sewe bydraes deur Johan Myburg. Hy het nuus oor die wenners van vier groot pryse (die Boo...

Skrywers en boeke 22 Oktober 2025 22.10.2025

Francois Bekker, ‘n boekresensent en groot boekliefhebber van Pretoria, stel lesers voor aan sewe goeie Afrikaanse boeke. Johan Myburg bring hulde aan die Suid-Afrikaanse skrywer, Zoe Wicomb, wat onlangs oorlede is. Hy verklap ook hoekom sekere bekende en verdienstelike skrywers oorgesien is met die Nobelprys.

Skrywers en boeke 15 Oktober 2025 15.10.2025

Die boekbeïnvloeder en resensent Anschen Conradie gesels oor vyf uiteenlopende Afrikaanse boeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel. Dit wissel van Antjie Krog en Vickie de Beer se boek, KOMBUISTAAL, tot Erla Diedericks se BONSAIMEISIES, ‘n Afrikaanse riller. Ilse Salzwedel gesels met Carla van der Spuy oor haar jongste nie-fiksie boek, UITVAART. In Johan Myburg se segment oor die internasi...

Skrywers en boeke 8 Oktober 2025 08.10.2025

Ons hoor wie is bekroon met die Netwerk24 kykNET Rapport-pryse, en jy kan ook luister na argiefonderhoude waarin die skrywers van die top 5-boeke op Rapport se lys van 100 beste boeke, oor hulle werk gesels. Marlene van Niekerk praat oor AGAAT en TRIOMF, onderskeidelik in die eerste en derde plekke op die lys, Etienne Leroux gesels oor SEWE DAE BY DIE SILBERSTEINS, en Elsa Joubert vertel die stori...

Skrywers en boeke 1 Oktober 2025 01.10.2025

Ilse Salzwedel gesels met Pauli van Wyk oor haar onthullende boek oor Julius Malema. Anneli du Preez, die skepper van RSG se nuwe middagvervolgverhaal, gesels oor haar skryfwerk. Johan Myburg het weer nuus oor wêreldklas storievertellers, en in sy bydraes kan jy hoor wie op die kortlys vir die Bookerprys is, hoekom Sally Rooney nie self ‘n groot Britse prys kon gaan ontvang nie, en meer oor die Hi...

Ascultă podcastul Skrywers en Boeke în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice