RSG

RSG Dokumentêr

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Society

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

24 sept. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

OP DIE AGTERPOOT deur Lizelle de Bruin 05.01.2023

In die hartjie van die Boland op die perdeplaas, Mistico, is die enigste stoet Lippizaners in Afrika. Hierdie perde het ‘n baie ryk geskiedenis, en hulle is spesiaal geteel vir hulle ongewone krag. Hulle is reeds 75 jaar lank in Suid-Afrika. Die stoet word gebruik om jaarliks twaalf ruiters op te lei as deel van ‘n internskap. Meeste van die ruiters kom uit agtergeblewe gemeenskappe. Die Lipizzane...

Kersfees 1914 deur Esté de Klerk 11.12.2022

Op 24 Desember 1914, vyf maande nadat die Eerste Wêreldoorlog uitbreek tussen die Sentrale en Geallieerde magte, daal ‘n heilige stilte oor die slagveld op die Westelike front in Europa, neer. Dit sou later bekendstaan as die 1914 Kersfees Wapenstilstand: ‘n vredesooreenkoms tussen vyande wat nog nooit weer in die geskiedenis herhaal is nie. Uit hierdie gebeurtenis, put die musikant en skrywer, Co...

85 JAAR VAN MUSIEK deur Haidee Muller-Isaacs 29.09.2022

Haidee Muller-Isaacs fokus op die plaaslike musiekbedryf sedert 1937 met die stigting van ‘n volwaardige radiodiens in Afrikaans. Hoor meer van langspeelplate, kassette en CD’s, verskeie kunstenaars en hulle treffers, die Musiek en Liriek-beweging en die Voëlvry-beweging wat daarna sou volg. Haidee fokus ook op die befondsingsmodel vir musiek, en hoe stroomdienste werk.

VAN HOORBEELD TOT POTGOOI - DEEL 2 deur Johan van Lill 22.09.2022

Johan van Lill kyk verder na die kuns van die maak van ‘n radiodokumentêr. Hy fokus op die fyn kuns wat dit verg om mense se stories te vertel – nie net bekende mense s’n nie, maar ook mense wat uitdagings in die lewe moes oorkom.

VAN HOORBEELD TOT POTGOOI - DEEL 1 deur Johan van Lill 15.09.2022

Johan van Lill vertel meer oor die kuns van die maak van ‘n radiodokumentêr. Oor die jare het RSG bekend geword vir die gehalte van sy tweejaarlikse dokumentêre seisoene. Johan het in die argiewe gaan kyk, en fokus op tegnieke wat dokkiemakers gebruik om jou vasgenael voor die radio te hou.

LOKSTEM VAN 'N DIONUSUS deur Ina Strydom 08.09.2022

Die akteur Louis van Niekerk is reeds meer as vyf dekades lank aan die werk in die Suid-Afrikaanse teaterbedryf.  Hy vertel van sy gunstelingrolle, mense wat ‘n groot invloed op sy loopban gehad het, en sy hoop vir die toekoms van die teater.

DIE HANTAM NASIONALE BOTANIESE TUIN deur Johan Rademan 01.09.2022

Daar is elf nasionale botaniese tuine in Suid-Afrika wat deur SANBI bestuur word. Die Hantam Nasionale Botaniese Tuin is die grootste nasionale botaniese tuin in Suid-Afrika. Johan Rademan gesels daar met kenners oor die geofiete, fauna en flora op die Bokkeveldplato.

KILOMETERS VAN GESKIEDENIS deur Lizelle de Bruin 25.08.2022

Oor dekades heen het die NG Kerk se kantoortannies dinge opgeteken en geliasseer, en iewers op ‘n punt na die Kerkarfgief in Stellenbosch gestuur. Lizelle de Bruin het by die argief gaan kyk wat alles daar bewaar word, en watter segmente van die samelewing daardie argiefmateriaal kan gebruik.

AAN DIE KLOK deur Martelize Brink 18.08.2022

Suid-Afrikaners stap verby hierdie strukture sonder kennis van die ware geskiedenis en rol wat dit in die destydse Kaap Kolonie en slawe se lewe gespeel het. Martelize Brink verken die slaweklokgeskiedenis van Suid-Afrika. Die verkenning van dié belangrike geskiedenis van Suid-Afrika word verweef met die verskeie spookstories en mitologie wat oor die jare van generasie tot generasie oorvertel is.

JAMBO, JAMBO KENIA deur Terrance April 11.08.2022

Kenia, aan die ooskus van Afrika, het ‘n ryk geskiedenis. Oorblyfsels van vroeëre beskawings in die land se suidoostelike deel, kan vandag nog duidelik gesien word. Die land spog ook met pragtige natuurskoon. Benewens die bekende wildreservate is daar pragtige spierwit strande langs die ooskus. Kyk na dié land deur die oë van ‘n paar Suid-Afrikaners wat daar woon en werk, asook van die gidse by  h...

KLIPPLAAT: SPOORWEGDORP TOT SPOOKDORP deur Jacques Arendt 04.08.2022

Klipplaat is sowat 185 km van Gqeberha, 35 km van Jansenville en 75 km van Aberdeen af geleë. Die dorp het sy naam gekry as gevolg van die groot rotsklipplate in die omgewing. Met die koms van die spoorweg in 1879 het Klipplaat begin lewe. Die stasie het tot 1992 ‘n belangrike rol in die plaaslike ekonomie en boerderygemeenskap gespeel, en was ‘n aansluiting vir treine vanaf Kaapstad, Johannesburg...

DISTRIK 6 NOU: KANALA OF TRAMAKASSIE? Deur Johan van Lill 28.07.2022

Johan van Lill het ‘n paar jaar gelede ‘n dokumentêre reeks gemaak oor Distrik 6, soos vertel deur die herrinneringe van die oudinwoners. Intussen het van die inwoners teruggekeer na hulle geliefde grond. Hoe ervaar die mense wat teruggetrek het na die nuwe Distrik 6 dit om daar te bly? Wat is tans aan die gebeur in die gebied?

AS JY LOOP HET JY HOOP deur Lizelle de Bruin 21.07.2022

Die Pelgrimstog van Hoop is 'n pelgrimsroete wat die oudste kerke van Suid-Afrika besoek. Die roete kan gevolg word van Stellenbosch of Robertson af en loop deur die Overberg tot by Agulhas aan die suidpunt van Afrika. Pelgrims kan ook korter dele stap. Die roete neem jou deur van die mooiste dele in die land – onder meer Greyton, Genadendal, die Hemel-en-Aardevallei, Walkerbaai en Baardskeerdersb...

DIENSPLIG deur Jody Hendricks 14.07.2022

Vir drie dekades, vanaf 1966 tot die laat tagtigs, was militêre diensplig vir die meeste jong wit seuns in Suid-Afrika onafwendbaar. Hulle staan bekend as die dienspliggenerasie. Nou, dekades later, in die nuwe Suid-Afrika kyk baie van hulle met trots terug op hulle dienspligtydperk, vir sommige was dit ‘n jaar en vir ander twee jaar. Maar daar is ook van hulle wat dit nie wou doen nie, dit was ‘n...

SUID AFRIKA, ‘N OUDIOTÊR VAN 1949 TOT 2021 deur Ettienne Ludick 07.07.2022

Suid Afrika het ’n ryk geskiedenis sedert 1949 - goed en sleg. Ettienne Ludick het die afgelope 12 jaar of wat ’n klankargief opgebou wat van hierdie oomblikke uitlig. Daar is klank van dr. Verwoerd se moord met beskrywende ooggetuie-opnames, die Soweto-opstande, die oorgang na demokrasie, en sporthoogtepunte soos die wêreldbekeroorwinnings en die Hansie Cronjé-sage.

AGTER DIE MASKER - DEEL 2 deur Esté de Klerk 31.03.2022

Die pandemie het ons lewe onherroeplik verander. Nog nooit voorheen is die mensdom op byna elke vasteland op aarde saamgesnoer deur een gebeurtenis nie. Baie is gesê oor die simptome van die Coronavirus, nuwe variante wat uitbreek het, lande se positiwiteitskoerse, nuwe daaglikse gevalle en sterftesyfers. Min is egter gesê oor die emosionele impak wat die pandemie gehad het op dokters, verpleegste...

AGTER DIE MASKER - DEEL 1 deur Esté de Klerk 24.03.2022

Die pandemie het ons lewe onherroeplik verander. Nog nooit voorheen is die mensdom op byna elke vasteland op aarde saamgesnoer deur een gebeurtenis nie. Baie is gesê oor die simptome van die Coronavirus, nuwe variante wat uitbreek het, lande se positiwiteitskoerse, nuwe daaglikse gevalle en sterftesyfers. Min is egter gesê oor die emosionele impak wat die pandemie gehad het op dokters, verpleegste...

DIE BLOMMEVERKOPERS VAN ADDERLEYSTRAAT deur Haidee Muller 17.03.2022

Hulle is, nes Tafelberg, Kaapstad se trots, ‘n lewende geskiedenis. En daar by Trafalgar-plein, die historiese deurloop tussen Adderley- en Parlementstraat, sal jy die Moederstad se legendariese blommeverkopers in al hulle glorie, kleur en geur aantref. Hulle is ‘n bloedlyn van blommemense, en Adderleystraat se blommemark is ook na dese ‘n gewilde toerismebaken – hier word immers al langer as 'n e...

DIE DUURSTE SPESERY OP AARDE deur Jacqui January 10.03.2022

Saffraan, die duurste spesery op aarde, verkoop teen R200,000 per kilogram. Dié gesogte en besondere spesery bring ‘n uiters welkome ekonomiese inspuiting in die dorre Noord-Kaap. Dit verg egter fyn beplanning, en sowat ‘n 150,000 blomme is nodig om ‘n kilogram saffraan te produseer.

IN NOMINE PATRE deur Fritz Klaaste 24.02.2022

Daar is ‘n drastiese afname in die aantal nonne in sekere dele van die wêreld. In Suider Afrika is it egter baie stabiel. Die rol van nonne in ons lewe word nie goed gepubliseer nie, en misinformasie dra by tot ‘n wanpersepsie oor dié besondere roeping. Fritz Klaaste het die wêreld en leefstyl van die non gaan bekyk.

50 JAAR VAN KUNSTE IN DIE KAAP deur Martelize Brink 17.02.2022

Dis ‘n baken van kuns en een van die eerste geboue wat jou verwelkom soos jy die Moederstad vanaf die N1-snelweg groet. Dit was die afgelope twee jaar vir lang tye stil en leeg, tog is daar baie werk gedoen om die kunste lewendig te hou. Kunstekaap, vroeër bekend as die Nico Malan-teater, het in 2021 sy 50ste bestaansjaar gevier. Martelize gesels met die teaterkompleks se bestuurshoof d...

TRANSGENDER – OM MYSELF TE WEES deur Johan van Lill 10.02.2022

Johan van Lill vertel die verhale van Simone Heradien en Robert Hamblin, wat ná ‘n lang oorgangsperiode, albei as die teenoorgestelde geslag leef as wat hulle gebore is. Om transgender te wees, het eintlik bitter min te doen met jou geslag. Die rol wat gender speel, het ‘n reuse impak op die mate waarin jy jouself kan uitleef in die rol wat jy speel, ongeag jou geslag.

DIE SAGTE REUS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WYNBEDRYF deur Martelize Brink 03.02.2022

Duimpie Bayly - voorste wynwetenskaplike, Kaapse wynmeester, wynmaker en administrateur - is in 2021 in die ouderdom van 81 oorlede. Hy was reeds teen 1962 by Stellenbosch Boere Wynmakery werksaam. Duimpie was hoogsgeleerd met ‘n BSc van die Universiteit Stellenbosch, ‘n MSc van die Universiteit van Kalifornië en ‘n PMD van Harvard. Hy was een van die groot geeste wat ‘n daadwerklike bydrae tot di...

DIE DIEP DONKER WEB deur Jody Hendricks 27.01.2022

Almal weet wat die wêreldwyeweb (www) is, maar baie min mense weet van die ander dele van die internet, soos die diepweb en die gevaarlike donkerweb. Jody Hendricks stel ondersoek in na die verskeie dele van die internet, en hoe dit jou privaatheid en veiligheid kan bedreig.

BROERS - VAN GISTER TOT VANDAG deur Johan Rademan 20.01.2022

Na Theuns Jordaan se dood het ‘n mens tot die besef gekom watter hegte eenheid Suid-Afrikaanse kunstenaars vorm. Elkeen het ‘n storie. Johan Rademan kyk na die invloed van die ouerhuis en ‘n loopbaan oor drie dekades van drie broers - die Snyman-broers. Christo, Cobus en Stephan (Nick Stephens) het twee B. Mus-grade tussen hulle, en twee van hulle het in die Kanaries gesing. En wat het Zane Adams...

Ascultă podcastul RSG Dokumentêr în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice