RSG

Regsake

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Society

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

19 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Regsake 05.08.2019

'n Vrou vertel hoe 'n man se troubeloftes haar oortuig het om haar huis en motor te verkoop. Was sy net naief, of watter regsmiddels is tot haar beskikking? Igna Klynsmith beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor hoe 'n mens kan uitvind wie die eksekuteur van 'n boedel is, en bespreek 'n hofsaak oor die toets om te bepaal of 'n huwelik ingevolge die gewoontereg geldig is.

Regsake 29.07.2019

Igna Klynsmith beantwoord die volgende regsvrae van luisteraars: Is 'n eiendomsagent wat nie 'n getrouheidsfondssertifikaat het nie, geregtig op kommissie? Rus daar enige verpligting op die eienaars van aftreeoorde om aktiwiteite vir inwoners te reël? Kan 'n mens na jou troue nog 'n huweliksvoorwaardekontrak sluit? Wanneer kan deeltiteleienaars self die hof nader sonder om die beheerliggaam daarin...

Regsake 22.07.2019

Riette Oosthuizen sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith vir 'n regstreekse uitsending. Sy beantwoord luisteraars se regsvrae oor egskeiding en onderhoud.

Regsake 15.07.2019

Die volgende regsvrae word beantwoord: Watter buitengewone magte het die SAID om verskuldigde belasting in te vorder? Wie is verantwooordelik vir die instandhoudingskoste van 'n huis wat aan 'n vruggebruik onderworpe is? Hoe kan 'n bejaarde erflater sy volwasse kinders gelyk laat erf waar daar verskeie eiendomme in die boedel is?

Regsake 08.07.2019

Igna Klynsmith praat met Ian Wessels oor Suid Afrikaanse burgers se reg op konsulêre bystand in die buiteland, die geldigheid van elektroniese handtekeninge, en die verskil tussen 'n "warranty" en 'n "guarantee." Hy bespreek ook vergoeding vir grondonteiening en spesifiek of die ontwikkelingspotensiaal van die grond in ag geneem moet word.

Regsake 01.07.2019

Is jou huwelik geldig as jy op die strand trou? Wat behels die misdaad van verberging van 'n geboorte en wat is die straf daarvoor? Wat stel 'n kworum daar by vergaderings van die lede of trustees van 'n deeltitelkompleks, en hoe kan besluite wat sonder 'n kworum geneem is deurgevoer word?

Regsake 24.06.2019

Igna Klynsmith bespreek luisteraars se regsvrae. Wanneer kan 'n werker wat tydelik deur 'n arbeidsmakelaar by 'n werkgewer geplaas is aanspraak maak op status as permanente werknemer? 'n Gewese prostituut wil weet hoekom word die mans wat hulle dienste gebruik nooit vervolg nie. Igna vertel ook van 'n kattegeveg in 'n deeltitelkompleks wat in die hof beland het.

Regsake 16.06.2019

Igna Kynsmith praat met Ian Wessels oor die onlangse bevinding van die MRK dat sekere uitlatings van Julius Malema nie haatspraak was nie. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor botsings tussen iemand se geloof en sy werksure, en beantwoord twee vrae oor buite-egtelike kinders. Wanneer kan die ma die kind se van verander sonder die pa se toestemming, en wanneer is 'n oupa verantwoordelik vir die onderhoud...

Regsake 10.06.2019

Igna Klynsmith bespreek 'n wetswysiging oor ouerskapverlof vir mans, asook 'n paar uiteenlopende hofsake oor spoedbeperkings binne deeltitelkomplekse; ouers se wangedrag by skolesport; minimumvonnisse vir bedrog, en lasterlike opmerkings. Hy beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor wanneer 'n trust eindig.

Regsake 03.06.2019

Sal jou versekering 'n eis na 'n motorongeluk uitbetaal as jou bestuurderslisensiekaart na vyf jaar verval het? Wat is 'n weduwee se regte op onderhoud uit haar oorlede man se boedel? Wat gebeur met 'n erfporsie wat iemand toeval terwyl hy insolvent is? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak om politieke partye te dwing om hulle finansieringsbronne bekend te maak.

Regsake 27.05.2019

Kan iemand summier afgedank word weens rassistiese opmerkings? Mag 'n pastoor jou met insekdoder bespuit? Wat is die effek van 'n mondelinge bedanking uit jou pos? Wat behels jou verpligting om afloopwater vanaf 'n hoërliggende erf op jou erf te ontvang? Wanneer sal jy skenkingsbelasting moet betaal op 'n rentevrye lening aan jou kinders?

Regsake 20.05.2019

Wat is die jurisdiksie van die Hof vir Klein Eise? Wat is die maksimum rentekoers wat jy jou vriend mag vra op 'n lening? Wat is die effek van die onlangse hofsaak van gay lidmate teen die NG Kerk? Igna bespreek ook 'n hofsaak waarin boere die magte van die Waardeerder-Generaal betwis.

Regsake 13.05.2019

Igna Klynsmith en Ian Wessels bespreek luisteraars se regsvrae: Moet 'n pa steeds betaal vir sy seun se universiteitsfooie nadat hy slegs drie vakke in twee jaar kon slaag? Wat behels 'n nuwe wetsontwerp oor die Padongelukkefonds? Hoe kan 'n man sy ouma se aandeel in 'n huis, wat hulle saam besit, teen minder as markwaarde koop? Is 'n afskrif goed genoeg as ek my huis se titelakte verloor het?

Regsake 06.05.2019

Igna Klynsmith bespreek hofsake waar die volgende ter sprake was: Ooreenkomste met spermskenkers; of daar in die kontraktereg plek is vir die begrip ubuntu; aanpreeklikheid vir skade veroorsaak deur 'n botsing met jou diere op 'n openbare pad; en 'n egskeidingseis as gevolg van te min seks.

Regsake 29.04.2019

Igna Klynsmith bespreek 'n hofsaak oor die verdeling van bates ná die verbrokkeling van 'n langtermyn saamblyverhouding. Hy verduidelik ook die regte en verpligtinge van die pa van 'n buite-egtelike kind. Wat is die relevansie daarvan of hy onderhoud betaal of nie?

Regsake 21.04.2019

Regter Neels Claassen het aan die hand van hedendaagse regsbeginsels 'n artikel geskryf met die titel: 'n Perspektief op Jesus se opstanding - feit of fabel? Igna Klynsmith het dit in Afrikaans vertaal, en deel dit met luisteraars op Paasmaandag.

Regsake 15.04.2019

Die adjunkminister van Justisie, John Jeffery, sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan vir 'n regstreekse uitsending.

Regsake 08.04.2019

Ian Wessels en Igna Klynmith gesels oor die volgende regsvrae: Gebruik prokureurs onnodig "regstaal" wat moeilik verstaanbaar is? Is daar wetgewing oor die verstaanbaarheid van kontrakte? Kan die langslewende gade eksekuteur wees van die eerssterwende se boedel? Moet 'n boedel altyd aangemeld word? Mag skuldeisers van 'n oorlede eggenoot betaling van sy weduwee eis?

Regsake 01.04.2019

Regsake is geen grap nie. Ian Wessels gesels met Igna Klynsmith oor wat dit beteken om laterale ondersteuning aan jou buurman te bied, asook hofsake oor sonde met jou buurman se bome. Dan wil 'n 17-jarige erfgenaam ook weet wanneer sy die geld kan kry wat in 'n trust vir haar gehou word.

Regsake 25.03.2019

Advokaat Anton Alberts sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om luisteraars se vrae oor tyddeelskemas te beantwoord.

Regsake 18.03.2019

Ian Wessels en Igna Klynsmith bespreek die volgende vrae van luisteraars: As wild vanuit 'n reservaat op my plaas beland, mag ek dit hou? Wat is die regte van werkers wanneer 'n besigheid as lopende saak verkoop word? Wanneer moet 'n kurator aangestel word om iemand in hofverrigtinge by te staan? Wat gebeur wanneer die tradisionele reg bots met wetgewing?

Regsake 11.03.2019

Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae met Ian Wessels: Moet jou werkgewer jou verhuisingskoste dek as hy jou verplaas? Wat is die regte van kinders wat hulle ouerhuis wil verlaat om by iemand anders te gaan woon? Wanneer kom 'n testamentêre trust tot stand? Moet die Opperraad ingevolge die tradisionele reg met die gemeenskap konsulteer oor belangrike besluite?

Regsake 04.03.2019

Igna Kynsmith bespreek 'n paar hofsake met Ian Wessels. Dink jy vyf jaar tronkstraf is 'n gepaste vonnis vir iemand wat drie daggaplantjies op sy stoep gekweek het? Dit was 'n hele paar dekades gelede. En wanneer is 'n mens aanspreeklik as jou hond iemand byt?

Regsake 25.02.2019

Adv. Johan du Toit van die Nasionale Vervolgingsgesag sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om te praat oor Suid-Afrika se uitleweringsooreenkomste met ander lande.

Regsake 18.02.2019

Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Wat is die verskil tussen 'n skikking en 'n hofbevel? 'n Private ledewysiging in die parlement oor vaderskapverlof. Hoe raak dit jou vakansieverlof as jy weens omstandighede buite jou beheer nie by die werk kan kom nie? En hoe kan jy iemand aanstel om namens jou jou geldsake te hanteer?

Ascultă podcastul Regsake în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice