RSG

Monitor

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

News

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

16 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Monitor 5 Januarie 2024 05.01.2024

Hulde aan 'n legendariese radio- en televisie-persoonlikheid. Die tronkdeure swaai oop vir Oscar Pistorius, en die voortslepende waterkrisis in dele van die Noord-Kaap noop die burgerlike samelewing om die howe te nader.

Monitor 4 Januarie 2024 04.01.2024

Nog vyf lande sluit by BRICS aan..Kommer oor 'n hernude vlaag beurtkrag, en 'n bekende hotel langs die Weskus brand af.

Monitor 3 Januarie 2024 03.01.2024

Brandstofpryse daal vir die derde agtereenvolgende maand. Ramp-reaksiespanne in KwaZulu-Natal is op 'n gereedheidsgrondslag, met nog storms vandag, en nuwejaars-babas plaas tienerswangerskappe en afwesige pa's onder die soeklig.

Monitor 2 Januarie 2024 02.01.2024

27 lyke reeds gevind ná oorstromings  in die KwaZulu-Natalse Middellande. 'n Sensoriese tuin in Bronkhorstspruit verryk die lewens van dementia-lyers, en vanjaar se verkiesing word beskou as die belangrikste sedert 1994.

Monitor 1 Januarie 2024 01.01.2024

Die Kaapse Klopse skud hul vere reg vir môre se Twee Nuwejaars Parade. Kenners voorspel wat in vanjaar se verkiesing gaan gebeur, en, reën vandag vir die Oos-Kaap en KwaZuluNatal voorspel.

Monitor 29 Desember 2023 29.12.2023

Die jongste oor die brand by Kamiesberg in die Noord-Kaap. Opposisie-kanidate in die DRK sê die presidensiële verkiesing is 'n bedrogspul - ons praat met 'n kenner, en terwyl die vakansie-seisoen pret vir mense beteken, is dit minder so vir baie diere.

Monitor 28 Desember 2023 28.12.2023

Mpumalanga verskerp toerisme-veiligheid..Kenners waarsku dat duisende onderwysers oor die volgende dekade gaan aftree, en die Amasone het sy ergste droogte ooit vanjaar beleef.

Monitor 27 Desember 2023 27.12.2023

Gerco van Deventer is weer tuis - ná 6 jaar in Al Kaida se kloue. Veilige hawens vir mishandelde vroue en kinders steier onder ekonomiese druk, en Immigrasie was die afgelope jaar 'n warm onderwerp in Suid-Afrika - en kenners meen dit sal gesprekke oorheers in aanloop tot volgende jaar se verkiesing.

Monitor 26 Desember 2023 26.12.2023

Boere in Noordwes is woedend oor veediefstalsake wat nie ondersoek word nie. Die Stad Kaapstad sê wetstoepassings-personeel is vandag ten volle op die stad se strande ontplooi, en brandbestryders het die afgelope 24 uur onverpoosd gewerk om talle brande in die Wes-Kaap te blus.

Monitor 25 Desember 2023 25.12.2023

'n Spesiale Kersdag-Monitoruitsending.

Monitor 22 Desember 2023 22.12.2023

Verkeer na vakansiebestemmings neem skerp toe. Sakeliga sê die Lisensieraad vir Lugdienste is onregmatig besig om lugdiens-lisensies aan raskriteria onderhewig te maak. En, buurlande is toenemend bekommerd oor die konflik tussen Israel en Hamas.

Monitor 21 Desember 2023 21.12.2023

Stakende Noordwes-mynwerkers keer terug na die oppervlak..Ons bespreek die gespanne situasie in die Rooisee met 'n militêre kenner, en, dis slangbyt-seisoen.

Monitor 20 Desember 2023 20.12.2023

Duisende laat aansoeke vir skooltoelating in Gauteng, is reeds ontvang.  'n Landbou-ekonoom sê die agteruitgang van biosekerheid, hou ernstige gevolge vir die ekonomie in.  Die Demokratiese Republiek die Kongo hou vandag sy algemene verkiesing.

Monitor 19 Desember 2023 19.12.2023

Kaapse owerhede waarsku teen braaivleis-vure. Die privaatsektor en die regering sit koppe bymekaar oor ekonomiese groei, en 'n blinde Paralimpiese swemmer maak geskiedenis met 'n doktersgraad in Handelsreg.

Monitor 18 Desember 2023 18.12.2023

Die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer, wat vir ses jaar in Mali aangehou is, is vrygelaat. Oudpresident Jacob Zuma gaan nie vir die ANC in 2024 stem nie. Suid-Afrikaanse organisasies verleen humanitêre hulp aan burgers, wat deurloop onder die oorlog tussen Hamas en Israel.

Monitor 15 Desember 2023 15.12.2023

'n Nuwe politieke-tuiste vir die veteraan-politikus Carl Niehaus. Gauteng se AmaPanyaza-misdaadbestryders kry amptelike status as vredesbeamptes. Plaaswerker-vervoer is onder die soeklig, na 'n dodelike oop-vragmotor-ongeluk in die Wes-Kaap en die jongste Versoeningsbarometer toon 'n afname in vertroue in openbare instellings. Maar daar is nog 'n aptyt vir samehorigheid.

Monitor 14 Desember 2023 14.12.2023

Ses van Durban se strande word gesluit, weens hoë vlakke van e.coli. Honderde toerisme-veiligheidsmonitors gaan by gewilde toerismebestemmings ontplooi word. Intussen word bykomende veiligheidsmaatreëls by die Tafelberg Nasionale Park vir die feestyd ingestel en 'n geskiedkudinge ooreenkoms oor die uitfasering van fossielbrandstowwe, word by die COP28-klimaatsberaad bereik.

Monitor 13 Desember 2023 13.12.2023

Die regering kry die groen lig om 2500 megawatt Kernkrag. aan te skaf - 'n stap wat nie sonder 'n tikkie sinisme begroet word nie. Dele van die Vlugtelinge-wet is ongrondwetlik  - so sê die Konstitusionele. En 300 nuwe mediese praktisyns by die Universiteit van Pretoria neem 'n eed van onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.

Monitor 12 Desember 2023 12.12.2023

Die nasionale minimum loon gaan dalk volgende jaar styg. Daar is kommer dat die Nasionale Gesondheidsversekering tot 'n uittog van medici kan lei. 'n Kenner gee raad oor hoe om uitbranding te bestuur.

Monitor 11 Desember 2023 11.12.2023

Die sakeman en voormalige anti-apartheidsaktivis, Roger Jardine, stel 'n politieke alternatief vir die ANC bekend. Eenheid twee van die Koeberg-kernkragsentrale word vandag vir onderhoudswerk afgeskakel, en die Minister van Polisie Bheki Cele ontplooi 'n bykomende tienduisend polisiebeamptes op die vooraand van die vakansieseisoen.

Monitor 8 Desember 2023 08.12.2023

Die omstrede wysigingswetsontwerp op OPOD word na die Nasionale Raad van Provinsies verwys. Kommer oor junior dokters wat nog nie vir hul verpligte gemeenskapsdiensjaar geplaas is nie. Botswana verleng sy verbod op die invoer van groente en vrugte uit Suid-Afrika.

Monitor 7 Desember 2023 07.12.2023

Hoe gaan Suid-Afrika sy waterkrisis oplos? Ons praat met die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu. RGN-navorsing dui op die mees negatiewe stemming voor verkiesings tot nog toe, en daar word vordering gemaak om die houer-agterstand by Durban se hawe uit die weg te ruim.

Monitor 6 Desember 2023 06.12.2023

'n Inkrimping in die ekonomie, maar brandstof is vandag goedkoper. Kritiek op die goedkeuring van die Haat-misdade en Haat-spraak wetsontwerp, en SkaakSA bied 'n aanlyn-toernooi aan.

Monitor 5 Desember 2023 05.12.2023

Die polisie maan teen verdere vigilante-optredes in Diepsloot in Johannesburg, waar sewe mense die naweek dood is. Wetenskaplikes by die COP-28-beraad beklemtoon die verband tussen klimaatsverandering en nuwe epidemies, en treinwiele rol weer tussen Johannesburg, Durban en Kaapstad.

Monitor 4 Desember 2023 04.12.2023

Die minister van Elektrisiteit moet binne 2 maande hospitale, skole en polisiestasies van beurtkrag vrystel. Die president van COP28 los 'n bom, en Zimbabwiërs en Lesotho burgers nog 2 jaar grasie gegee.

Ascultă podcastul Monitor în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice