RSG

Monitor

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

News

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

16 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Monitor 15 Maart 2024 15.03.2024

Dreigemente teen die Verkiesingskommissie sal nié geduld word nie, waarsku die Minister in die Presidensie. Dit gons steeds oor 'n besluit om die Takatso/SAL-transaksie te kanselleer. Dis vandag Wêreld Slaapdag. Ons praat met 'n kenner oor die belangrikheid van wondersoete slaap.

Monitor 14 Maart 2024 14.03.2024

Bykans tweemiljoen strafsake kon die afgelope sewe jaar nie afgehandel word nie weens gebrekkige dossiere. Die Takatso/SAL-transaksie is van die baan. Landbou is bekommerd oor die uitermate hitte en min reën.

Monitor 13 Maart 2024 13.03.2024

Sivuyile Ngodwana behou, vir nou, sy posisie as burgemeester van Ekurhuleni nadat 'n tweede mosie van wantroue teen hom uitgestel word. Ons vind meer uit oor die stand van watersake in Johannesburg met die voortslepende watertekort in groot dele van die metro. 'n Werknemer van die Verkiesingskommissie kry die trekpas nadat kandidaatlyste uitlek - ons praat met 'n ontleder oor die OVK se beslissend...

Monitor 12 Maart 2024 12.03.2024

'n Meningsopname plaas Jacob Zuma se MK Party algeheel derde - en eerste in KwaZuluNatal, voor die verkiesing. Ramadaan begin amptelik vir Moslems in Suid-Afrika. 'n Rolprentmaker van Oekraïne palm 'n Oscar in.

Monitor 11 Maart 2024 11.03.2024

Die IVP sê poste wat min of geen vaardighede vereis, moet vir Suid-Afrikaners gereserveer word. Die ACDP wil nuwe Bybelse wetgewing ter tafel lê. Al Jama-ah sê hy gaan die onwettige uitvloei van geld uit Suid-Afrika beveg. Die rolprent, Oppenheimer, is die groot wenner by vanjaar se Oscar-toekennings.

Monitor 8 Maart 2024 08.03.2024

Februarie is die negende agtereenvolgende maand van rekord-temperature. Goud bereik 'n rekordprys - wat hou dit vir Suid-Afrika in? Vandag is die verkiesingspertyd vir die inhandiging van kandidatelyste en handtekeninge.

Monitor 7 Maart 2024 07.03.2024

Die soektog na die sesjarige Joshlin Smith wat in Sandanha in die Wes-Kaap vermis geraak het, bereik 'n kritieke stadium. Intussen word sowat 1 300 gevalle van mense wat vermis word, elke maand aangemeld. Presies hoeveel withaaie swem langs die Suid-Afrikaanse kus? Wetenskaplikes verskil daaroor.

Monitor 6 Maart 2024 06.03.2024

Gauteng se regering nader banke om e-tolskuld te delg. Suid-Afrika spring 'n tegniese resessie vry. Ons ontleed die jongste uitslag van die Amerikaanse voorverkiesings.

Monitor 5 Maart 2024 05.03.2024

Brandstofpryse styg wéér, hoofsaaklik weens geo-politieke kwessies. Geld word steeds deur Suid-Afrika gekanaliseer om militante organisasies soos ISIS in Wes-Afrika te finansier. Hoe rustig is jy op die pad, of is jy geirriteerd en gefrustreerd? Ons praat oor padwoede.

Monitor 4 Maart 2024 04.03.2024

Die onwettige grondbesetting in Lourierpark in Bloemfontein gaan voort, ondanks 'n hofbevel. DNS-toetse sal gedoen word op bebloede klere wat in 'n oop veld gevind is, om te bepaal of dit aan die vermiste Joslin Smith behoort. Navorsing wys dat 50% van Suid-Afrikaanse vroue teen 2030 oorgewig kan wees of aan vetsug ly.

Monitor 1 Maart 2024 01.03.2024

Die soektog na die vermiste Joslin Smith van Saldanha duur onverpoosd voort. Reaksie op Transnet se nuwe leierskap. Die Wetsontwerp op Skuldverligting aan Eskom is na die president verwys om dit te onderteken.

Monitor 29 Februarie 2024 29.02.2024

Politieke skaakstukke val in die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap, en dalk ook vandag in Ekurhuleni in Gauteng. Die polisie se hoofkantoor in Pretoria word gesluit omdat dit nie aan die vereistes van beroepsgesondheid en -veiligheid voldoen nie. Vyf verdagtes in die hof in verband met die moord op die rap-kunstenaar, Kienan 'AKA' Forbes, en sy vriend, Tebello 'Tibs' Motsoane.

Monitor 28 Februarie 2024 28.02.2024

Ses in hegtenis geneem vir die moord op AKA, maar hoe verloop die strafregproses nou? Action SA wys Angela Sobey as sy premierskandidaat vir die Wes-Kaap aan. Kommer oor die groot aantal renosters wat in KwaZulu-Natal gestroop word.

Monitor 27 Februarie 2024 27.02.2024

Die verkiesingskommissie verwerp sommige politieke partye se klagtes dat daar te min tyd is om registrasieprosse af te handel. Die soektog in Saldanha in die Wes-Kaap na die vermiste sesjarige Joslin Smith gaan voort. Die Amerikaanse president, Joe Biden, hoop dat 'n tydelike skietstaking in die Gazastrook teen Maandag bereik sal word.

Monitor 26 Februarie 2024 26.02.2024

Pro-Palestynse aktiviste betoog landwyd vir 'n einde aan die oorlog tussen Israel en Hamas. Ons bespreek die verskil in beleid tussen die drie grootste politieke partye. Oudpresident Donald Trump stewig op koers na nóg 'n presidentsbenoeming.

Monitor 23 Februarie 2024 23.02.2024

Gemeenskapsforums in die Noord-Kaap stig 'n nuwe politieke party. Die Tesourie ken R1,4 miljard toe aan Nasionale Gesondheidsversekering. Statistieke Suid-Afrika sê minder toeriste het in gastehuise tuisgegaan in Desember verlede jaar.

Monitor 22 Februarie 2024 22.02.2024

Die parlement stem ten gunste daarvan om twee regters te skors. 'n Video van 'n Suid-Afrikaner wat sy lot in Ierland bekla, ontketen 'n debat op sosiale media. Honderde veteraanmotors, presies soos die dag toe hulle vervaardig is, word onder 'n dik laag stof in 'n skuur ontdek.

Monitor 21 Februarie 2024 21.02.2024

Suid-Afrikaners gaan op 29 Mei stembus toe. Meer as 60 beweerde aanhitsers van die 2021-onluste van terrorisme aangekla. Sal ons meer inkomstebelasting betaal, of sal daar aan dienste besnoei word?

Monitor 20 Februarie 2024 20.02.2024

Kommer dat skuld dalk in Finansminister Enoch Godongwana se begroting sal toeneem. Roger Jardine se nuwe party, Change Starts Now, sal 'n welvaartsbelasting inspan om die land reg te ruk. 'n Afvaardiging van omgewingsaktiviste en regeringsamptenare besoek Munsieville aan die Wes-Rand om waterbesoedeling te ondersoek.

Monitor 19 Februarie 2024 19.02.2024

Die DA-leier sê sy party werp alles in die stryd vir die verkiesing. Varkpes breek wéér uit in die Wes-Kaap. Honderde Russe in hegtenis geneem ná die dood van die opposisiepolitikus Alexei Nawalni.

Monitor 16 Februarie 2024 16.02.2024

Die Veelpartyhandves vra die hulp van buitelandse waarnemers tydens die verkiesing. 'n Politieke wetenskaplike ontleed die president se staatsrede-repliek. Agt vooraanstaande Suid-Afrikaanse medici steun bystanddood.

Monitor 15 Februarie 2024 15.02.2024

Kommer oor die gebruik van glisofaat om waterslaai in die Vaalrivier te verwyder. Die DA se mosie om die Ethekwini Metro te ontbind, misluk. Prabowo Subianto is die voorloper in Indonesië se presidentsverkiesing.

Monitor 14 Februarie 2024 14.02.2024

Bafana Bafana deur talle ondersteuners verwelkom by OR Tambo-lughawe. Die ANC gaan voort met kaderontplooiing, ter wille van transformasie. Zimbabwe begin binnekort met openbare verhore oor die Matabeleland-slagting van die 1980's. Navorsing gedoen oor depressie onder die werklose jeug.

Monitor 13 Februarie 2024 13.02.2024

Inwoners van Ermelo vra vir ingryping oor die waterkrisis in dié dorp. Die Tshwane Metro wil sy uitgawes oor die volgende ses maande met 'n miljard rand per maand verminder. Die uitdagings van radio in 'n digitale wêreld is in die kollig.

Monitor 12 Februarie 2024 12.02.2024

Twee Suid-Afrikaners is ná 'n jaar steeds in aanhouding in Ekwatoriaal-Guinee, maar die regering sleep glo sy voete om hulle vrygelaat te kry. Eskom ontken dat Vlak 6-beurtkrag die gevolg van sabotasie is. Sal die EFF die amptelike opposisie word?

Ascultă podcastul Monitor în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice