RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Monitor 14 November 2024 14.11.2024 48:32
Die polisie sê hulle vorder met tegnologie vir die gebruik teen misdaad. Vervalste matrieksertifikate word steeds op sosiale media verkoop. Die Johannesburg Planetarium word in 'n wonderwêreld omskep. Verskeie internasionale banke beloof om geld aan ontwikkelende lande tee gee vir die stryd teen klimaatsverandering.
Monitor 13 November 2024 13.11.2024 45:02
Werkloosheid neem effens af in die derde kwartaal - ons praat met 'n ekonoom. Die Minister van Water versoek Suid-Afrikaners om water as 'n skaars hulpbron te hanteer. 'n Kenner waarsku dat skelms jou tik-en-betaal-bankkaarte teiken.
Monitor 12 November 2024 12.11.2024 48:56
Die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, word gekritiseer vir sy besluit om die SAUK-wetsontwerp te onttrek. Ons praat met die vakbond, Bemawu, oor of dit wel n finansiële krisis voorspel vir die SAUK. Waterbeperkings vir Johannesburg. Die VN se Wêreld Meteorologiese Organisasie waarsku dat 2024 waarskynlik die warmste op rekord sal wees.
Monitor 11 November 2024 11.11.2024 50:43
Die net span nouer om ouers wat nie onderhoud betaal nie. Die situasie by die Lebombo-grenspos met Mosambiek begin na normaal terugkeer. Suid-Afrika blink uit op die sportveld.
Monitor 8 November 2024 08.11.2024 50:19
Eskom is van voorneme om die kragtoevoer na Johannesburg te onderbreek. Die Nasionale Skuilingsbeweging versoek dringende ingryping van die regering, om te verhoed dat skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld hulle deure sluit. Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwerp die voorgestelde verhoging in kragtariewe.
Monitor 7 November 2024 07.11.2024 48:58
Ons praat met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom oor Donald Trump se oorwinning, en kry reaksie van politieke partye in Suid-Afrika. Vragmotors kan nie die Lebombo-grens na Mosambiek oorsteek nie.
Monitor 6 November 2024 06.11.2024 49:23
Stemme word nog in Amerika se verkiesing getel. Die grenspos met Mosambiek by Lebombo word volgens berigte gesluit. Die konstitusionele hof besin oor burgerskap vir Suid-Afrikaners in die buiteland.
Monitor 5 November 2024 05.11.2024 48:18
Lewenslange tronkstraf vir die 13-jarige Jerobejin van Wyk se moordenaar. Ons praat met ‘n politieke ontleder oor die Amerikaanse verkiesing. Kommer oor mynmaatskappye wat nie tot verantwoording geroep word nie.
Monitor 4 November 2024 04.11.2024 49:26
Die polisie slaan op groot skaal toe op vermeende onwettige mynwerkers op Orkney in Noordwes. Die ANC se subkomitee oor buitelandse sake het die afgelope naweek in Boksburg vergader. Vakbonde is nie gelukkig met die regering se plan om vroeë aftrede vir sowat 30 000 staatsamptenare aan te bied nie.
Monitor 1 November 2024 01.11.2024 47:35
Die minister van finansies se mediumtermyn-begroting maak geen groot verskuiwing van fondse ten bate van Nasionale Gesondheidsversekering nie - hoekom? 'n Onafhanklike ondersoek deur die Verenigde Nasies bevind dat Israel se veiligheidsmagte doelbewus mediese fasiliteite- en personeel in Gasa geteiken het. 'n Beraamde 500-miljoen liter gevaarlike, onwettige alkohol word jaarliks deur Suid-Afrikane...
Monitor 31 Oktober 2024 31.10.2024 48:56
‘n Ekonoom en politieke partye reageer op die mediumtermyn-begrotingsraamwerk. Die ergste oorstromings in Spanje in meer as 30 jaar. Noord-Korea vuur 'n interkontinentale missiel oor meer as 1 000 kilometer af.
Monitor 30 Oktober 2024 30.10.2024 48:55
Daar word baie van die regering van nasionale eenheid se eerste medium-termynbegroting verwag, soos groter fiskale dissipline. Die RNE werk beter as verwag, sê DA-leier John Steenhuisen by 'n beleggerskonferensie in New York. Suid-Afrika wil sien dat heelwat meer internasionale geld aan ontwikkelende lande bestee word, om hulle teen klimaatsverandering te beskerm.
Monitor 29 Oktober 2024 29.10.2024 48:31
Groter druk dat die Matie-rektor bedank ná oudregter Edwin Cameron se onthullings - ons praat met die president van die US-Konvokasie. ‘n Spesialis verduidelik wat die organofosfaat, terbufos, is. Dit was die oorsaak van ses kinders se dood. Dis vandag Wêreld Beroerte-dag.
Monitor 28 Oktober 2024 28.10.2024 50:47
ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party is in 'n krisis wat 'n drieledige aanslag verg om te bowe te kom. Die Afrikaanse Taalraad kritiseer die rektor en visekansellier van Universiteit Stellenbosch, prof. Wim de Villiers, oor sy hantering van die Wilgenhof-verslag. ’n SAUK-reeks oor die Khoisan palm 'n SAFTA prys in. Suid-Afrika neem vandeesweek deel aan 'n internasionale beraad oor stowwe wat...
Monitor 25 Oktober 2024 25.10.2024 48:45
Die diamanthandelaar, Louis Liebenberg, en vyf medebeskuldigdes bly nóg 'n week in aanhouding. Die gebrek aan 'n eenvormige buitelandse beleid in die Regering van Nasionale Eenheid onder die soeklig. Frelimo bly aan bewind in Mosambiek.
Monitor 24 Oktober 2024 24.10.2024 46:06
Drie waterprojekte moet onmiddelik in Gauteng begin word om 'n Dag Zero te voorkom. Duisende mense is nog dakloos na hierdie week se storms in die Oos-Kaap. Meer as 17 000 mense onderteken 'n petisie teen misdaad in die sakekern van Stellenbosch. Die eerste besending Suid-Afrikaanse avokados het in China aangekom.
Monitor 23 Oktober 2024 23.10.2024 48:39
Afriforum gaan stappe doen om die rioolprobleem in Kroonstad op te los. Swaar reën rig groot skade aan in Kariega en omliggende gebiede in die Oos-Kaap. Ons fokus op die eerste honderd dae van die Minister van Korrektiewe Dienste, dr. Pieter Groenewald.
Monitor 22 Oktober 2024 22.10.2024 48:21
Die BRICS- en Statebond-berade vind vandeesweek plaas - ons praat met 'n ontleder oor Suid-Afrika se belange. 'n Gladde begin vir die matriek-eindeksamen in KwaZulu-Natal, ondanks baie reën. Die fokus is vandag op Wêreld-Hakkeldag.
Monitor 21 Oktober 2024 21.10.2024 47:46
Derduisende matrikulante skryf vandag hulle eerste vraestel in die eindeksamen. Die Joshlin Smith-hofsaak hervat enkele dae voor haar verjaarsdag. Afriforum sê die waterkrisis in Gauteng kan deels toegeskryf word aan die premier, Panyaza Lesufi, se versuim om munisipaliteite reg te ruk.
Monitor 18 Oktober 2024 18.10.2024 48:07
Die Instituut vir Sekerheidsstudies sê ernstige misdaad kan deur die opsporing van onwettige vuurwapens bekamp word. Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton MacKenzie, reageer op kritiek dat sy besoek aan die Olimiese Spele R800 000 gekos het. Die Padvragvereniging sê die privatisering van hawens is waarskynlik vir eers van die baan ná 'n belangrike hofuitspraak in Durban.
Monitor 17 Oktober 2024 17.10.2024 47:30
Kleinhandelverkope styg vir die sesde agtereenvolgende maand. Hoe gaan jy vir 'n mammogram? Ons praat met 'n kenner oor borskanker-bewusmaking. 'n Elekrtiese motorfiets kom 6 000 kilometer later, vanaf Kenia in die Kaap aan.
Monitor 16 Oktober 2024 16.10.2024 48:32
'n Moontlike styging in die brandstofprys in November. Rand Water vra munisipaliteite om dringend waterverliese te beperk om te verhoed dat krane opdroog. Brittanje, Duitsland, Frankryk en Italië vra Israel om nie VN-vredesmagte in die suide van Libanon aan te val nie.
Monitor 15 Oktober 2024 15.10.2024 41:07
President Ramaphosa vra dat die Regering van Nasionale Eenheid regverdig beoordeel word. Action SA sê hy is nog nie klaar met die Phala Phala-skandaal nie. Ons praat met Helen Zille oor koalisie-politiek, veral op plaaslike regeringsvlak.
Monitor 14 Oktober 2024 14.10.2024 46:53
Die polisie ondersoek 'n massa-skietvoorval in Orange Farm. Huldeblyke stroom steeds in na die dood van die voormalige minister van finansies, Tito Mboweni. Ons bespreek Mboweni se invloed op die ekonomie en politiek. Die polisiediens kry 'n ongekwalifiseerde ouditmening. Moontlike regstappe oor die besnoeiing aan onderwysposte in die Wes-Kaap.
Monitor 11 Oktober 2024 11.10.2024 49:25
Ons praat met 'n kenner oor die reuse bedrae wat in die Amerikaanse verkiesingsveldtogte betrokke is. Massa-optrede beplan teen die Wet op Basiese Onderwys en Orkaan Milton eis die lewens van 16 mense.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice