RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Monitor 23 Januarie 2025 23.01.2025 45:09
Munisipaliteite in die Vrystaat vermors meer as R3-miljard rand se water in vyf jaar. Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die regering se beplande ondersteuningsfonds vir slegs swart sakeondernemings, is ongrondwetlik. Ons ondersoek die impak van oorvol klaskamers op die welstand van leerlinge en onderwysers.
Monitor 22 Januarie 2025 22.01.2025 45:39
Tersiêre instellings bars uit hulle nate. Ons praat met 'n kenner oor die groeiende gaping tussen beskikbare plek by universiteite en die reuse aantal studente-aansoeke. Die polisie in die Vrystaat sê Operasie Vala uMgodi behaal groot sukses in die stuit van onwettige mynbou in dié provinsie. Ons vra 'n krimonoloog vir haar insette nadat 'n man onlangs in hegtenis geneem is vir die besit en verspr...
Monitor 21 Januarie 2025 21.01.2025 47:00
Die meerderheid van padsterftes oor die feesseisoen is voetgangers. Die ANC se topbestuur sal Maandag aandui wie tot die party se redding in Kwazulu-Natal en Gauteng sal kom. Donald Trump belowe om die Amerikaanse droom te laat herleef.
Monitor 20 Januarie 2025 20.01.2025 49:30
Die ANC neem ernstige besluite oor sy uitvoerende komitees in KwaZulu-Natal en Gauteng. Minstens agt mense sterf in twee ongelukke in die Oos-Kaap en Limpopo. President Cyril Ramaphosa lei vandeesweek 'n afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos in Switserland. Amerika se volgende president, Donald Trump, word vandag ingehuldig.
Monitor 17 Januarie 2025 17.01.2025 47:34
Die vakbond, Naptosa, waarsku dat onderwysers dalk die beroep sal verlaat as druk nie verlig word nie. ‘n Massiewe styging in die vlak van die Vaaldam. Meer as 80 mense dood in Israelse aanvalle sedert die skietstilstandooreenkoms aangekondig is.
Monitor 16 Januarie 2025 16.01.2025 49:06
Die laaste van die onwettige mynwerkers is na verwagting nou uit die Stilfontein-myn in Noordwes gehaal. Minstens 250 skole in Gauteng word as 'onveilig' beskryf. Action SA is in gesprekke met ander partye gewikkel om 'n teenwig vir die regering van nasionale eenheid te vorm. Suid-Afrika verwelkom die skietstilstand-ooreenkoms tussen Israel en Hamas in Gasa. Die wiele van Suid-Afrika se strafregst...
Monitor 15 Januarie 2025 15.01.2025 48:15
120 onwettige mynwerkers en 30 lyke is by 'n mynskag in Stilfontein na die oppervlak gebring. 'n Kenner verduidelik hoe die 2024-matrieks se vooruitsigte op werk lyk. Suid-Korea se president in hegtenis geneem.
Monitor 14 Januarie 2025 14.01.2025 49:21
Verlede jaar se matrieks kry vanoggend hulle langverwagte uitslae. Die klas van 2024 word gelukgewens met 'n geskiedkundige slaagsyfer van meer as 87%. Die reeks aardbewings in die Noord-Kaap gaan ondersoek word. Dertien mense verdrink in oorstromings in Limpopo.
Monitor 13 Januarie 2025 13.01.2025 48:41
Kommer oor die groot aantal werklose dokters in die land. Die ANC-president sê die party sal moet hernu, of die risiko loop om te vergaan. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die ANC se verjaarsdagverklaring. Dierebeskermingsorganisasies in Gauteng sê hulle ondervind 'n aansienlike toename in die aantal verdwaalde diere.
Monitor 10 Januarie 2025 10.01.2025 47:00
Nóg heelwat reën die naweek in die noorde en ooste van die land verwag. 'n Landbou-ekonoom verduidelik die impak van die baie reën op die bedryf. Die jongste oor die vernietigende brande in Los Angeles.
Monitor 9 Januarie 2025 09.01.2025 48:46
Die Departement van Basiese Onderwys verwelkom 'n hofbeslissing wat toestemming gee vir die publikasie van matriekuitslae in die media. Die parlement sal vanjaar in 'n koepeltent vergader terwyl herbouwerk aan die beskadigde gebou begin. Later vandeesmaand sal ses planete vir 'n skouspel in die hemelruim sorg.
Monitor 8 Januarie 2025 08.01.2025 48:57
Groot dele van die Noord-Kaap gaan gebuk onder 'n knellende droogte. Die beleerde ANC is vandag 113 jaar oud - ons bespreek die party se uitdagings met 'n politieke wetenskaplike. Heelwat ouers sukkel om kop bo water te hou met skooluitgawes.
Monitor 7 Januarie 2025 07.01.2025 49:02
Minstens 14 mense sterf in 'n ongeluk op Van Reenenspas in KwaZulu-Natal - sommige media berig dit is 18 mense. Die staalreus, ArcelorMittal, gaan na verwagting sowat 3 500 werknemers afdank. Die hooggeregshof besluit vandag of die matriekuitslae aanstaande week in die koerante gepubliseer mag word. 'n Minimumbelasting van 15% gaan op multinasionale maatskappye in Suid-Afrika gehef word.
Monitor 6 Januarie 2025 06.01.2025 45:58
Ons berig oor die mini-tornado wat Welkom in die Vrystaat getref het. Verskeie weerwaarskuwings tot en met Vlak 8 geld oor die ooste van die land. Anthony Blinken besoek Suid-Korea.
Monitor 3 Januarie 2025 03.01.2025 50:05
Ná ’n moratorium van 20 jaar, is die doodstraf vandeesweek amptelik in Zimbabwe afgeskaf. Nog nege lande sluit by die BRICS-groepering aan. Die Rand vertoon sterk - ons praat met 'n ekonoom oor sy verwagtinge en voorspellings vir 2025.
Monitor 2 Januarie 2025 02.01.2025 49:35
Minstens 34 000 verdagtes word regoor die land vir misdade soos moord en verkragting in hegtenis geneem. Gevalle van Covid19 neem toe. Om by nuwejaarsvoornemens te hou, verg toewyding en deursettingvermoë.
Monitor 1 Januarie 2025 01.01.2025 48:18
‘n Oorsig van die jaar se politiek en sport, en ons hoor wat die Kaapse Klopse se planne is.
Monitor 31 Desember 2024 31.12.2024 51:11
Ons kry die jongste nuus oor die onwettige myners op Stilfontein in Noordwes. Gauteng se regering wil diensleweringprestasie onder die loep neem met 'n digitale barometerstelsel. Die toename in mense wat op straat is, word grootliks toegeskryf aan die afgelope jare se toename in armoede en werkloosheid.
Monitor 30 Desember 2024 30.12.2024 47:54
'n Hiëna gryp 'n driejarige meisie in die Timbavati-natuureservaat. Ysterpenne maak weer hulle verskyning as 'n voertuigkapingstaktiek, dié keer op die N1-snelweg aan die westekant van Johannesburg. Die voormalige Amerikaanse president, Jimmy Carter, sterf in die ouderdom van 100.
Monitor 27 Desember 2024 27.12.2024 49:13
Die EFF vra die regering en SADEK om in te gryp om die konflik in Mosambiek op te los. Die probleem van haweloses sal nie weggaan nie waarsku welsynsorganisasies. Die herstel van grondregte bly op die politieke agenda.
Monitor 26 Desember 2024 26.12.2024 50:23
Kommer oor die hoë voorkoms van tienerswangerskappe in KwaZulu-Natal. Die proses om van analoog na digitale uitsaaidienste oor te skakel, is steeds nie afgehandel nie. Rolprenttoerisme is in die kollig.
Monitor 25 Desember 2024 25.12.2024 47:11
'n Spesiale Kersdag-uitgawe van RSG se vlagskip-nuusaktualiteitsprogram.
Monitor 24 Desember 2024 24.12.2024 49:09
Rotontlasting word op produkte by sommige groot kettingwinkels in Soweto gevind. In Mosambiek bekragtig die grondwetlike raad Frelimo as die wenner van die afgelope verkiesing. Talle buitelanders word by verskillende grensposte in hegtenis geneem. Ons praat met 'n ontleder oor die jaar se vernaamste politieke gebeure. Springbokkaptein Siya Kolisi wil glo terugkeer na die Stormers.
Monitor 23 Desember 2024 23.12.2024 49:27
Die waterkrisis op Lichtenburg in Noordwes verdiep. 'n Aardbewing tref die Noord-Kaap. 'n Voormalige Isidingo-kollega bring hulde aan Michelle Botes, wat Saterdag oorlede is.
Monitor 20 Desember 2024 20.12.2024 52:58
Meer as 500 mense sterf op die land se paaie. Eskom ly 'n verlies van R55-miljard. 'n Span van vyf leerlinge het Antarktika vandeesweek besoek.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice