RSG

Monitor

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

News

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

14 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Monitor 2 April 2025 02.04.2025

Action SA en die IVP steun die ANC oor die nasionale begroting, maar regstappe dreig. Ons praat met lede van 'n hoëprofiel groep Suid-Afrikaanse sakelui en arbeidsleiers wat besoek in Amerika afgelê het. Wat is mense met outisme se uitdagings?

Monitor 1 April 2025 01.04.2025

NSFAS se wanbetaling aan private verblyfverskaffers is weer in die kollig. ‘n Waterbestuurspesialis sê die sogenaamde watermafia knou ook die landbousektor. Twee nuwe staatsveiligheidsentiteite word in die lewe geroep. Die Afrika-kommandowurmplaag versprei na nog provinsies.

Monitor 31 Maart 2025 31.03.2025

Het laatmiddag samesprekings ons nasionale begroting gered? Ons praat met een van die twee groot parte in die RNE. Puttoilette onder die kollig in KwaZulu-Natal. Sprake dat die VSA militêre ondersteuning en samewerking met die Suid-Afrikaanse weermag opskort.

Monitor 28 Maart 2025 28.03.2025

Die DA juig oor die oorstap van ‘n opposisieleier na die party, maar die ANC sê hy het dalk hulle kandidatelys gemanipuleer. Hoe raak Donald Trump se nuwe heffing van 25% op motors Suid-Afrika se uitvoere na Amerika? Parlementêre komitees is bekommerd oor toestande by staatsinstellings.

Monitor 27 Maart 2025 27.03.2025

Die moontlike likwidasie van Ithala Bank is onder die vergrootglas in die parlement. Die regterpresident van Gauteng stel verpligte bemiddeling voor om ‘n groot agterstand met siviele sake in te haal. Die Johanneburgse burgemeester ontken daar is 'n tekort aan water. Meer paartjies skei, terwyl minder mense trou.

Monitor 26 Maart 2025 26.03.2025

Wie is die aangewese Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika? Die Departement van Water en Sanitasie sê die land beleef 'n waterkrisis. Hewige teenkanting in die parlement teen die BTW-verhoging.

Monitor 25 Maart 2025 25.03.2025

Die politieke party, Build One South Africa, wil hê waterrantsoenering moet ongrondwetlik verklaar word. Onderhandelinge gaan voort om 'n ooreenkoms vir 'n moontlike skietstilstand in Oekraïne te bereik. Shamila Batohi se termyn as hoof van die NVG is in die kollig. Die musieklegende, Jonathan Butler, ontvang 'n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch.

Monitor 24 Maart 2025 24.03.2025

Die uitgeskopte ambassadeur, Ebrahim Rasool, sê hy is nie spyt oor dit wat hy oor die VSA kwytgeraak het nie. Meer as 'n halfmiljoen migrante moet die VSA binne 'n maand verlaat. Op Wêreld Tuberkulosedag praat ons oor Suid-Afrika se uitdagings met dié siekte. Suid-Afrika se 800-meter ster, Prudence Sekgodiso, maak geskiedenis.

Monitor 21 Maart 2025 21.03.2025

Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee besluit om rentekoerse onveranderd te laat. Meer as 30 gevalle van a-pokke is reeds in Gauteng aangeteken. 'n Waarskuwing aan rolspelers in die landbousektor oor disinformasie-veldtogte op sosiale media.

Monitor 20 Maart 2025 20.03.2025

Klimaatsverandering bereik nuwe hoogtes in 2024, met sommige gevolge onomkeerbaar. Is 'n rentekoersverlaging vandag moontlik? Vandag is die laaste kans om van 'n SASSA goue kaart na die swart kaart oor te slaan.

Monitor 19 Maart 2025 19.03.2025

Peperduur krag is verbruikers se voorland. 'n Regsmening oor die verbod op die vervaardiging en verkoop van voedingsmiddels wat dagga bevat. Rusland onderneem om sy aanvalle op kraginfrastruktuur in Oekraïne te staak.

Monitor 18 Maart 2025 18.03.2025

Wie moet SA se nuwe ambassadeur na Amerika wees, en wat is volgende vir SA-VSA verhoudinge? Onderwysers in die Vrystaat kan hulle mediese fonds verloor. Kommer oor die stand van menseregte in die land.

Monitor 17 Maart 2025 17.03.2025

Die minister van internasionale betrekkinge betreur Amerika se besluit om Ebrahim Rasool uit te skop. Politieke partye vra vir dialoog tussen Suid-Afrika en die VSA om betrekkinge te herstel. Die toenemende agterstand in DNS-toetse by die polisie se forensiese laboratoriums wek kommer. ‘n Moontlike daling in die brandstofprys wag op motoriste.

Monitor 14 Maart 2025 14.03.2025

Ons praat met ‘n militêre ontleder oor hoe en wanneer SA soldate aan die DRK sal onttrek. Die EU kondig 'n beleggingspakket van R94 miljard vir Suid-Afrika aan. 'n Dringende hofaansoek om die Kleuterzone-groep te likwideer.

Monitor 13 Maart 2025 13.03.2025

Die regering sal steun vir sy begroting moet werf. Die ontvoerde Joshlin Smith is glo per skip na Wes-Afrika geneem - só word daar in die hofsaak getuig. Tyd word min vir belanghebbendes om die Formule 1-wedren terug na Suid-Afrika te bring.

Monitor 12 Maart 2025 12.03.2025

'n Ekonoom en politieke partye gee hulle verwagtinge van die begrotingsrede. Oekraïne ondersteun 'n voorgestelde skietstaking van 30 dae met Rusland. Kommer oor 'n ongekende toename in diensleweringsbetogings in Noordwes.

Monitor 11 Maart 2025 11.03.2025

Weerstand teen enige soort belastingverhoging neem toe. Die omstrede onteieningswet word dalk op gekaapte geboue in die Johannesburgse stadkern gebruik. Afrikaans is 'n honderd jaar oud! Of is dit? 'n Vooraanstaande klimaatwetenskaplike sê klimaatsverandering is erger as wat die bestaande modelle voorspel.

Monitor 10 Maart 2025 10.03.2025

Die ANC wil sy takke in die Vrystaat versterk. Reaksie op die Amerikaanse president se jongste aanbod aan Suid-Afrikaanse boere. Huldeblyke stroom in ná die dood van dramaturg Athol Fugard.

Monitor 7 Maart 2025 07.03.2025

President Ramaphosa sê samewerking tussen regeringsvlakke is die sleutel tot beter dienslewering. Die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan word vanuit 'n ander oord gekritiseer. Die regering beoog om die toelae-stelsel meer vaartbelyn te maak. Wetenskaplikes begin om aalwyne in die Magaliesberg aan te plant.

Monitor 6 Maart 2025 06.03.2025

Kelly Smith vertel die hof van die verdwyning van haar dogter, Joslin. ‘n Regskenner gee sy mening oor die Johannesburg-metro se plan om private kringtelevisiekamerastelsels te reguleer. Ons praat met professor Wim De Villiers, wat uittree as die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch.

Monitor 5 Maart 2025 05.03.2025

Amerika is terug, sê president Donald Trump in die Amerikaanse Kongres. 'n Ekonoom verduidelik wat die tariefoorlog tussen die VSA en sy handelsvennote vir Suid-Afrika en die res van die wêreld inhou. 'n Tweede polisiebeampte in die getuiebank in die Joslin Smith-verhoor.

Monitor 4 Maart 2025 04.03.2025

Die drie beskuldigdes in die Joshlin Smith-hofsaak, pleit onskuldig. Die openbaarmaking van die register van seksoortreders is vir eers op ys. Action SA wil hê adjunkminister-poste moet geskrap word. Die regering van die Demokratiese Republiek die Kongo is nie bereid om vredesamesprekings met M23-rebelle te voer nie.

Monitor 3 Maart 2025 03.03.2025

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê Europa is by 'n kruispad in die geskiedenis. Ons bespreek die rol wat sekere seldsame minerale in oorloë speel. Hoe baie is daar om te vier vandag op Wêreld Natuurlewe dag?

Monitor 28 Februarie 2025 28.02.2025

Ons praat met 'n kenner oor die aanstelling van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se nuwe baas, John Lamola. Die woordestryd oor Solidariteit en AfriForum se omstrede besoek aan Washington, woed voort. 'n Rasie-lied van 'n Wes-Kaapse skool trek internasionaal aandag op sosiale media. Die Amerikaanse president, Donald Trump, ontken dat hy die Oekraiense president, Wolodimir Zelenski, 'n diktator genoem...

Monitor 27 Februarie 2025 27.02.2025

Inflasie bly binne die Reserwebank se teikenband. Die Wes-Kaapse regering wil meer werk skep. Die Passasierspooragentskap moet opdok nadat 'n vrou uit 'n trein gespring het. Die meeste Graad 3-leerlinge kan nié met begrip lees nie. Reaksie op Denemarke se besluit om die gebruik van selfone in skole te verbied.

Ascultă podcastul Monitor în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice