RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Education

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

16 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Kompas 9 Januarie 2026 09.01.2026

Die skuif van hoërskool na universiteit kan nogal uitdagend en oorweldigend wees. Ons vind uit wat jy moet weet om jou eerste jaar te oorleef.

Kompas 8 Januarie 2026 08.01.2026

Die 12-jarige Gian du Toit van Namakwaland, maak groot golwe op Facebook, waar hy jou leer hoe om te braai.

Kompas 7 Januarie 2026 07.01.2026

Vir baie Graad 7-leerders is die oorgang van laerskool na hoërskool redelik oorweldigend. Wat kan jy weet om hierdie oorgang so glad as moontlik te maak?

Kompas 6 Januarie 2026 06.01.2026

Vier finalejaarstudente wat datawetenskap aan die Universiteit Stellenbosch studeer, het as span die 2025 GradHack-kompetisie gewen.

Kompas 5 Januarie 2026 05.01.2026

’n Jong man vertel sy storie van vernuwing. Ná 13 jaar van verslawing het Jadin-lu dwelms finaal gelos en ‘n volle ommeswaai gemaak. Vandag loop hy met sy kop hoog, en deel hy sy storie om ander jongmense te inspireer.

Kompas 2 Januarie 2025 02.01.2026

Is een van jou nuwejaarsvoornemens om te leer om ‘n musiekinstrument te bespeel? Ons vind uit wat jy moet weet voor jy met lesse begin.

Kompas 1 Januarie 2026 01.01.2026

Juffrou Melanie is terug om vir Hazel Janse van Rensburg en die Kompas-span te leer hoe die brein werk met die stel van doelwitte. Sy gee praktiese raad oor om jou doelwitte in 2026 te bereik.

Kompas 31 Desember 2025 31.12.2025

Ons kyk terug op 2025, en hoor wat die Kompas-aanbieders se gunsteling programme was.

Kompas 30 Desember 2025 30.12.2025

Ons kyk terug op ‘n jaar vol hoogtepunte.

Kompas 29 Desember 2025 29.12.2025

Hoe laat ek die dinge van 2025 agter, en gaan 2026 met ‘n nuwe gemoed binne?

Kompas 26 Desember 2025 26.12.2025

Ons gesels met ‘n skool wat deelgeneem het aan ’n Bybelvasvrae-kompetisie, en hoor hoe hulle presteer het, en wat die kompetisie alles behels.

Kompas 25 Desember 2025 25.12.2025

Kersaand is vir stories vertel om die kerstafel. Mel die Storieverteller vermaak ons met haar staaltjies in hierdie spesiale kersuitsending.

Kompas 24 Desember 2025 24.12.2025

Luister na twee stories van hoop van twee jongmense, wat deur moeilike tye gekom het.

Kompas 23 Desember 2025 23.12.2025

Hazel Janse van Rensburg gesels met haar mede-aanbieders, Barrie Ferreira en Chloè van Rooyen, oor die soet en die suur van 2025.

Kompas 22 Desember 2025 22.12.2025

Ons leer meer van die Nama-kultuur. Die Aitsama Homasen Nama Kultuurgroep vertel van die tradisionele dans, liedjies en hoekom dit belangrik is om hierdie tradisies aan die jonger generasie oor te dra.

Kompas 19 Desember 2025 19.12.2025

Wat is die verskil tussen akademie op skool en akademie op universiteit?

Kompas 18 Desember 2025 18.12.2025

Steven Schamrel, projekbestuurder van VIBE Innibos, vertel van ‘n jeugkunstesimposium en -ekspo, wat van 29 Junie tot 1 Julie 2026 in Nelspruit plaasvind.

Kompas 17 Desember 2025 17.12.2025

Ons vind uit wat dit verg om ‘n tandarts te word, en wat die verskil is tussen ‘n algemene en ‘n kosmetiese tandarts.

Kompas 16 Desember 2025 16.12.2025

Beroepsberader Sonia Roux gee raad aan jongmense wat daaraan dink om van beroep te verander.

Kompas 15 Desember 2025 15.12.2025

Om vlerk te sleep, kan uitdagend en verwarrend wees. Wat is die rooi vlae waarvoor jy moet uitkyk? Hoe gepas is emoji’s in jou eerste boodskap aan ‘n moontlik maat. Hoe wys jy dat jy belangstel sonder om te beskikbaar voor te kom?

Kompas 12 Desember 2025 12.12.2025

Velsorg is ‘n groot uitdaging vir baie jong mense. Wat kan jy doen om seker te maak dat jy mooi na jou vel kyk?

Kompas 11 Desember 2025 11.12.2025

Het jy geweet jy het groente in jou dieet nodig vir goeie spysvertering? Katinka Meiring deel resepte uit haar nuwe kookboek, MATINKA SE VEGETABLE MAGIC COOKBOOK.

Kompas 10 Desember 2025 10.12.2025

Tyd en produktiwiteit is twee dinge wat baie mense sukkel om reg te bestuur. Hoe kan jy produktief wees én jou tyd reg bestuur?

Kompas 9 Desember 2025 09.12.2025

Ons loer in by die Merensky Landbou Akademie om meer van die unieke sport, sweepslaan, te leer. Hulle verduidelik hoe dit werk, en hoekom hulle ‘n sweepslaanspan gestig het.

Kompas 8 Desember 2025 08.12.2025

Wat doen ’n voorkomskonsulant? Chloè van Rooyen vind meer uit oor hierdie beroep, en wat die jongste modegiere is.

Ascultă podcastul Kompas în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice