RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Education

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

16 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Kompas: Hoe verander jy jou passie in ’n suksesvolle sosiale mediablad? 29.05.2026

29 Mei 2026: Hoe maak jy ‘n sukses van jou sosiale media? Barrie Ferreira praat met ‘n jong wynmaker wat haar passie om wyn te maak op sosiale media dokumenteer. Hy praat ook met ‘n paar jeugleiers oor die belangrikheid vir jongmense om te registreer om te stem.

Kompas: Wat doen die OVK? 28.05.2026

28 Mei 2026: Ellsforth Booyse, ‘n uitreikbeampte van die OVK se Weskusstreek, vertel meer van die Onafhanklike Verkiesingskommissie en hulle mandaat.

Kompas: Tarique Kenny oor sy seldsame siekte 27.05.2026

27 Mei 2026: Die Kaapse akteur, Tarique Kenny, ly aan die seldsame siekte, sistinose. In weerwil van alles waardeur hy is, weier hy om op moedverloor se vlakte te gaan lê.

Kompas: Skoolfokus - Merensky Landbou Akademie 26.05.2026

26 Mei 2026: Hazel Janse van Rensburg loer in by Merensky Landbou Akademie om te hoor wat die “Plasies” so uniek maak.

Kompas: Die Raad op Hoër Onderwys 25.05.2026

25 Mei 2026: Wat doen die Raad op Hoër Onderwys? Barrie Ferreira vind uit wie hulle is, wat hulle doen, en watter impak hulle op jongmense se studies het.

Kompas: Hoekom jongmense sportprestsie nie té ernstig moet opneem nie 22.05.2026

22 Mei 2026: Barrie Ferreira vind meer uit oor Wêreld Regverdige Spel Dag, en hoekom dit belangrik is in die konteks van sport in skole en universiteite. Dit is belangrik dat sport nie altyd oor die prestasie gaan nie, maar die genot om die spel te speel.

Kompas: Hersiening van Graad 12-Chemie 21.05.2026

21 Mei 2026: Moreen Coetzee, 'n dosent in opvoedkunde aan Akademia, help met die Chemievraestel vir die Junie-matriekeksamen.

Kompas: Graigan Mentoor (13) bespeel 13 instrumente! 20.05.2026

20 Mei 2026: Die 13-jarige Graigan Mentoor speel die saksofoon sedert hy vyf jaar oud was. Vandag speel hy al 13 instrumente! Chrislynn Sias-Louw gesels ook met Jordan-lee Watt van die musiekgroep, The Fantastics.

Kompas: Neem die beste profielfoto's 19.05.2026

19 Mei 2026: Stephne Steenkamp van Kaktus Fotografie gee praktiese raad oor hoe om jou beste kant vir die kamera te wys, en hoe om jou foto’s te redigeer sodat jy met die beste profiel op sosiale media kan spog.

Kompas: Wie is Umalusi? 18.05.2026

18 Mei 2026: Wie is Umalusi, en hoekom moet jy weet wie hulle is en wat hulle doen? Barrie Ferreira vind uit hoekom dit belangrik is om te weet van dié beheerliggaam.

Kompas 15 Mei 2026 15.05.2026

Ons vind uit hoe ‘n praktiese landbouprogram jong leerders bemagtig om ná skool meer suksesvol te kan wees.

Kompas 14 Mei 2026 14.05.2026

Moreen Coetzee, 'n dosent in opvoedkunde aan Akademia, werk deur die Fisikavraestel vir die Junie-matriekeksamen.

Kompas 13 Mei 2026 13.05.2026

Suid-Afrika ryp is aan talent! Dit is die afgelope naweek weer beklemtoon tydens die finale rondtes van Tribuo se Proscenium Dramakompetisie. Chrislynn Sias-Louw gesels met die finaliste van die kompetisie asook vanjaar se algehele wenner, Johandre Viljoen.

Kompas 12 Mei 2026 12.05.2026

Somaya Marais van U Go Girl Driving Academy in Kaapstad verduidelik die proses om jou bestuurderslisensie te kry.

Kompas 11 Mei 2026 11.05.2026

Wat is die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, en hoekom is dit vir jou as ‘n jongmens bealngrik om bewus te wees daarvan?

Kompas 8 Mei 2026 08.05.2026

Hoekom is so baie jong mense bang om hulle drome te volg? Watter stappe kan jy doen om jou drome te bewaarheid?

Kompas 7 Mei 2026 07.05.2026

Dane Roberts gesels oor haar ervaring as ‘n au pair in Amerika.

Kompas 6 Mei 2026 06.05.2026

Chrislynn Sias-Louw gesels met Kelly-lee Ohlson oor haar Nederlandse avonture, en haar werk as kunsjoernalis.

Kompas 5 Mei 2026 05.05.2026

Dis makliker om ‘n tweede of derde taal aan te leer as jou moedertaal se grondslag baie sterk is. Rene Arendse, woordvoerder en media- en kommunikasiespesialis vir Afrikaans.com, gesels oor moedertaalonderrig, veeltaligheid en hoe dit jou akademiese prestasie, selfvertroue en selfs jou toekoms kan beïnvloed.

Kompas 4 Mei 2026 04.05.2026

Barrie Ferreira vind uit hoekom dit belangrik is vir matrieks wat daarin belangstel om gesondheidswetenskappe te gaan studeer, om seker te maak wanneer die sluitingsdatums vir die aansoek vir die kursusse is.

Kompas 1 Mei 2026 01.05.2026

Ons kuier by die Paarl Hoërmeisieskool om met twee van hulle uitskieterleerders te gesels – een ‘n danser en die ander ‘n swemmer.

Kompas 30 April 2026 30.04.2026

Hazel Janse van Rensburg kuier by St. Teresa’s skool in die Oos-Kaap.

Kompas 29 April 2026 29.04.2026

Dis belangrik om jouself toe te rus met die nodige kennis om gesonde verhoudings te handhaaf in alle vlakke van jou lewe, insluitend die klaskamer. Chrislynn Sias-Louw praat met opvoedkundige kenners Elisna Kelly en dr. Jeanne Roux oor die belangrikheid van goeie verhoudings in die opvoedkundige stelsels.

Kompas 28 April 2026 28.04.2026

Sandra de Beer van SDB Esthetiek verduidelik wat somatologie behels, is en hoe ‘n beroep as ‘n somatoloog lyk.

Kompas 27 April 2026 27.04.2026

Hoe word jy ‘n ambagsman of -vrou? Watter werksgeleenthede is beskikbaar?

Ascultă podcastul Kompas în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice