RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Education

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

10 iul. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Kompas 30 November 2021 30.11.2021

Athina Jansen praat met Adrian Alderson van Granville Energy oor  die uitdagings wat kleinsakeondernemings en entrepreneurs in die gesig staar, veral tydens die Covid-pandemie.

Kompas 29 November 2021 29.11.2021

Athina Jansen praat met ‘n matriekuitblinker van Limpopo, Koben Hofmeyer, oor sy prestasies en die toekenning wat hy by sy skool ontvang het. Hy moedig jongmense aan om nooit op te gee nie.

Kompas 26 November 2021 26.11.2021

Dit is Gestremheid-bewusmakingmaand. Akteur Erik Holm vertel hoekom inklusiwiteit uiters belangrik is, en Jorien Snyders deel haar storie.

Kompas 25 November 2021 25.11.2021

Athina Jansen praat met die niewinsgewende organisasie, Child Welfare SA Kraaifontein, se kantoorhoof, Cambell January, oor die welsyn en behoeftes van kinders. Hulle vertel ook wat hulle gaan doen tydens die 16 dae veldtog van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Kompas 24 November 2021 24.11.2021

Athina Jansen kyk na gasvryheid as ‘n loopbaanrigting. Celeste Dolan, ‘n kelner, en Werner Bouwer van Khamkirri vertel wat jy kan verwag as jy in die gasvryheidsbedryf wil werk.

Kompas 23 November 2021 23.11.2021

Talle leerders kan weens die Covid-19-pandemie steeds nie skool bywoon nie. Francois van der Merwe praat met juffrou Elsa Ward om meer inligting te kry oor aanlyn-leer.

Kompas 22 November 2021 22.11.2021

Dit is Uitblinkermaandag. Leerders van die Hoërskool Martin Oosthuizen verduidelik hoe uiesaad- en rosyntjieproduksie werk. Ons gesels ook met Dries Smit, ‘n 25-jarige produksiebestuurder, oor sy aanstelling by Southern Fruit Growers op Kakamas.

Kompas 18 November 2021 18.11.2021

Athina Jansen gesels met die graad 10 dramaleerders by New Orleans Hoërskool, wat deel van die Mass Particpation, Opportunity and Access, Development and Growth-program wat deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur aangebied word.

Kompas 17 November 2021 17.11.2021

Athina Jansen gesels met Seboletswe Serage, wat haar lewenservarings met jongmense deel om te hulle te inspireer.

Kompas 16 November 2021 16.11.2021

Mnr. Johan Joubert van die Hoërskool Bellville gee leerders ‘n laaste paar wenke oor hoe hulle beter vir die Lewenswetenskappe-vraestelle kan voorberei.

Kompas 15 Oktober 2021 15.11.2021

Athina Jansen hoor by Chante Adams van die OVK hoekom ons moes deelneem aan die plaaslike regeringsverkiesing, wat op 1 November plaasgevind het.

Kompas 12 November 2021 12.11.2021

Chrislynn Sias gesels met twee vroue met lewenslus en ambisie. Hulle praat oor die belangrikheid van jou herkoms en identiteit.

Kompas 11 November 2021 11.11.2021

Athina Jansen praat met die stigter en bestuurshoof van Matriek Kollege, Jan Badenhorst, oor die kursusse wat hulle aanbied, en hoe jy kan aansoek doen indien jy jou matrieksertifikaat wil voltooi.

Kompas 10 November 2021 10.11.2021

Athina Jansen kuier in Okiep by die bekroonde internasionale dansensemble, GARAGE. Een van die stigters, Alfred Hinkel, vertel meer van dié dansgeselskap, en Byron Klassen, choreograaf, vervaardiger en professionele danser, deel sy ervaring.

Kompas 9 November 2021 09.11.2021

Baie leerders wat in 2022 begin studeer, is onseker oor hulle pad vorentoe. Ons praat met ses eerstejaarstudente wat insig gee in die lewe van ‘n student.

Kompas 8 November 2021 08.11.2021

Athina Jansen praat met Chante Adams van die OVK oor waarom ons moes deelneem aan die plaaslike regeringsverkiesing.

Kompas 5 November 2021 05.11.2021

Die pandemie het die wêreld op sy kop gedraai. Die uitvoerende kunste is een sektor wat die hardste hierdeur getref is. Twee kunstenaars, Whaden Johannes en Kyle,  vertel van die uitdagings wat hulle in die gesig gestaar het, en of die kunste nog ‘n volhoubare loopbaankeuse is.

Kompas 4 November 2021 04.11.2021

Athina Jansen praat Elisna Kelly, 'n opvoedkundige spesialis, oor hoe leerders kan voorberei vir die eindeksamen, en hoe hulle vraestelle kan interpreteer en beantwoord.

Kompas 3 November 2021 03.11.2021

Athina Jansen gesels met leerders van Okiep Hoërskool wat aan ‘n wiskundekunskompetisie deelgeneem het. Peter Kriel van The Independent Institution of Education het raad vir Graad 12’s en hulle ouers.

Kompas 2 November 2021 02.11.2021

Francois van der Merwe praat met Juf. Celia Brink van die Hoërskool Bellville, wat vir leerders 'n laaste paar wenke gee, en verduidelik hoe hulle beter vir hulle Afrikaans-vraestel 1 kan voorberei.

Kompas 1 November 2021 01.11.2021

Athina Jansen praat met Chante Adams van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor die deelname aan die demokrasie tydens die plaaslike regeringsverkiesing.

Kompas 29 Oktober 2021 29.10.2021

Ons gesels oor hoe jy jou uitrusting van 0 tot ‘n 100 kan vat met net ‘n paar basiese bykomstighede. Lavern Maarman,'n grafiese ontwerper, deel modewenke en vertel meer oor haar loopbaan. En modekenner Grant Dyers gee raad oor stilering.

Kompas 28 Oktober 2021 28.10.2021

Athina Jansen praat met Elisna Kelly, 'n opvoedkundige spesialis oor hoe leerders kan voorberei vir die eindeksamen, en hoe hulle vraestelle kan interpreteer en beantwoord.

Kompas 27 Oktober 2021 27.10.2021

Athina Jansen gesels met Durane Plaatjies en Melissa Devries oor die toneelstuk, Groeipyne. Sy praat ook met Adinda Vermaak oor die boek, Vrae en Feite vir Feitevrate.

Kompas 26 Oktober 2021 26.10.2021

Francois van der Merwe gesels met juffrou Merle Rippenaar van die Hoërskool Bellville, wat vir leerders 'n laaste paar wenke gee oor hoe hulle beter vir hulle eerste vraestel in Engels kan voorberei.

Ascultă podcastul Kompas în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice