RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Education

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

10 iul. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Kompas 21 November 2024 21.11.2024

Ons is op ‘n missie om jongmense aan te moedig om meer volhoubaar te leef. Carla Troskie, die voorsitter van die NWU se Groenspan , verduidelik hoe dit gedoen kan word.

Kompas 20 November 2024 20.11.2024

Ons vier Wêreld Kinderdag, en praat met kinders oor wat hulle dink van klimaatsverandering, konflik, oorlog, en of die leiers van die land hulle raaksien.

Kompas 19 November 2024 19.11.2024

Juliann Kotze, ‘n werwing pesialis, gee raad aan jongmense oor die werkaansoekproses om beter resultate te verseker.

Kompas 18 November 2024 18.11.2024

Chloè van Rooyen praat met 'n slaapterapeut oor die belangrikheid van slaap vir tieners. Watter slaapversteurings kom die meeste voor onder jongmense? Hoe ontwikkel ek 'n goeie slaaproetine?

Kompas 15 November 2024 15.11.2024

Barrie Ferreira kyk na die impak wat tegnologie het op hoe jongmense se maniere en hoe hulle in-persoon kommunikeer.

Kompas 14 November 2024 14.11.2024

Hoe balanseer mens skool, sport, die kollig, familie en vriende? Rico Immelman, ‘n graad 11-leerder wat die rol van Warno Alberts vertolk in Showmax se Spooksoeker, vertel vir Hazel Janse van Rensburg hoe hy sy tyd bestuur en sy jongmenslewe geniet te midde van al die verantwoordelikhede.

Kompas 13 November 2024 13.11.2024

Hoe belangrik is dit vir jongmense om netwerke te bou? Hoe gaan mens te werk? Hoe kan jy dit doen as dit nie natuurlik vir jou kom nie?

Kompas 12 November 2024 12.11.2024

Alette Winckler, die hoogste gesertifiseerde beeldkonsultant in Afrika, verduidelik hoe jongmense stylvol kan wees op ‘n begroting.

Kompas 11 November 2024 11.11.2024

Chloè van Rooyen gesels met 'n entrepreneur wat 'n stokperdjie in 'n besigheid verander het, en met 'n Eskom Expo-wenner. Ons vind ook uit wat dit verg om 'n goeie leier te wees.

Kompas 8 November 2024 08.11.2024

Watter impak het jou houding en ingesteldheid teenoor die lewe op jou lewe en geestesgesondheid?

Kompas 7 November 2024 07.11.2024

Sjanel Vosloo, musiekjuffrou en musikant in eie reg, gesels met oor die verskillende vokale tegnieke, en hoe jongmense hulle stemme kan op pas.

Kompas 6 November 2024 06.11.2024

Het jy al dinge gesê en gedoen wat jy nie rerig wou nie, omdat jy “cool” wou wees? Barrie Ferreira praat oor groepsdruk, wat dit veroorsaak, of dit altyd sleg is, en hoe jy dit kan oorkom.

Kompas 5 November 2024 05.11.2024

Matilda Fourie, die eienaar van Pet Paws, vertel wat van jou ‘n goeie kandidaat maak om na ander mense se troeteldiere om te sien vir ‘n ekstra geldjie.

Kompas 4 November 2024 04.11.2024

'n Voorkomskonsultant en modeontwerper praat oor stylpersoonlikhede, en styl en identiteit. Hulle gee ook raad oor hoe om jou eie besigheid in die modebedryf te begin.

Kompas 1 November 2024 01.11.2024
Kompas 31 Oktober 2024 31.10.2024

Ons doen hersiening van Afrikaans Huistaal Vraestel 2 saam met dr. Nico van Niekerk, adjunkhoof van die Hoërskool Linden.

Kompas 30 Oktober 2024 30.10.2024

Barrie Ferreira vind uit wat dit verg om 'n motor instand te hou. Wat is die belangrikste dele waarvan jy moet weet om seker te maak dat jy so veilig moontlik is?

Kompas 29 Oktober 2024 29.10.2024

Ons doen hersiensiening van Lewenswetenskappe saam met mnr. Jean Goliath, adjunkhoof en  interne moderator vir Lewenswetenskappe Vraestel 2.

Kompas 28 Oktober 2024 28.10.2024

Chloè van Rooyne gesels met 'n paramedikus om te hoor wat sy werk alles behels. 'n Dosent vertel ook vir haar wat die toelatingsvereistes is was nood mediese sorg wil studeer.

Kompas 25 Oktober 2024 25.10.2024

Het jy onlangs hard gewerk vir ‘n toets, maar nie die punte gekry waarvoor jy gehoop het nie? Barrie Ferreira bespreek eksamenteleurstelling, en praat oor hoe jy hierdie gevoelens beter kan hanteer.

Kompas 24 Oktober 2024 24.10.2024

Ons doen hersiening van Rekeningkunde swaam met Juffrou Helouise Pretorius van Langenhoven Gimnasium in die Klein Karoo.

Kompas 23 Oktober 2024 23.10.2024

Barrie Ferreira praat met die wenners van die ATKV se Sêr-kompetisie.

Kompas 22 Oktober 2024 22.10.2024

Ons doen hersiening van Ekonomie saam met juffrou Clemizia Cupido, vakadviseur in die Eden en Sentraal Karoo Onderwysdistrik.

Kompas 21 Oktober 2024 21.10.2024

Philip Saayman is gekroon as Suid-Afrika se beste by die WorldSkills-kompetisies in die verkoelingsafdeling. Hy vertel vir Chloè van Rooyen van sy ervaing, en waar hy hierdie vaardighede aangeleer het. 'n Musikant kuier ook agter die Kompas-mikrofoon, en vertel wat dit verg om 'n onafhanklike musikant te wees.

Kompas 18 Oktober 2024 18.10.2024

Hoe word jy ‘n ingenieur? Barrie Ferreira vind meer uit van ingenieurswese as ‘n studierigting, en hoe jy kan uitvind of dit vir jou is.

Ascultă podcastul Kompas în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice