Kerksondermure

Kerksondermure (KSM)

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: ksm.co.za

Autor

Kerksondermure

Categorie

Religion

Site-ul podcastului

ksm.co.za

Cel mai nou episod

5 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Stefan Fourie | Nuwe mense, leef nuut. 05.10.2026

Jesus word sigbaar deur die brood wat ons uitdeel – dit is wat Jesus-volgelinge hulle mee besig hou wanneer hulle weet hulle is gered, en hulle is vrygespreek... hulle kies om Jesus sigbaar te maak vir mense rondom hulle. Hoekom? Want die wêreld word ‘n beter plek wanneer mense in Jesus glo.

Gerrit Visser | Word wie jy is – Galasiërs 5 en 6 05.10.2026

Ons leef in ‘n wêreld wat sê jou identiteit het iets ekstra nodig. Wie jy is, + goeie lewe, Wie jy is, + geld? Galasiërs het nuus wat ons vry maak: Jou identiteit is in Christus, en dit help jou nuut dink oor die + in jou lewe.

Neels Marais | Word wie jy is – Galasiërs 4 28.09.2026

Heel dikwels is ons alleen, gedaan en moeg. Soms kry ons seer, ons verkeer in pyn en ander kere weer is ons beangs en benoud. In sulke tye is dit vertroostend en bemoedigend dat ons die Here God as Vader kan aanspreek. Die Gees van Jesus wat in ons harte is, stel ons in staat om na God as Abba , Vader uit te roep. God is ons Hemelse Vader en het ons net so lief soos wat Hy sy Seun het.

Fanie Venter | Word wie jy is – Galasiërs 4 28.09.2026

Die Evangelie (die Goeie nuus oor Jesus) is so mooi! Paulus wys ons in Galasiërs 4 dat hoe dieper mens delf in die Evangelie, hoe mooier word dit. Kom ontdek in hierdie boodskap saam met ons die skoonheid van die Evangelie.

Johan Smith | Word wie jy is – Galasiërs 3 21.09.2026

Paulus is kwaad, ontwrig, teleurgesteld…….ja, jy lees reg, dis Paulus as hy skryf aan die Galasiërs in Galasiërs 3. Dalk is ‘n beter beskrywing: hy spoeg vuur. Mense verdraai die Evangelie. Hulle gaan soek hulle identiteit in werke en die wet. Hy wat Paulus is, het die Evangelie aan hulle “geskilder” en vertel, maar hulle verkies om die wet-pad te loop. Maak seker jy hoor Paulus se hart en waarhei...

Stefan Fourie | Word wie jy is – Galasiërs 3 21.09.2026

God se wiskunde werk anders as ons wiskunde. As ons in ons gedagte iets by iets plus, kom ons by ‘n groter en beter plek uit, maar God se wiskunde werk nie so nie. As ons iets bytel by wat God gedoen het, dan trek ons eintlik af. In hierdie boodskap hoor ons wat Paulus bedoel in Galasiërs 3 wanneer hy vir Jesus-volgelinge vra: “Wie het julle getoor?”

Fanie Venter | Word wie jy is – Galasiërs 2 14.09.2026

Dit is ‘n pragtige Bybelse gedagte om God te wil tevrede stel, om Hom te behaag. In Gal. 2 ontdek ons dat daar ‘n verkeerde en regte manier is, om dit te probeer doen.

Stephan Joubert | Goeie (en minder goeie) mense benodig godsdiens, begenadigdes benodig Christus 14.09.2026

Prestasiemeting is deel van die lewe. Skole en universiteite doen dit; sportspanne doen dit, TV-kompetisies doen dit, godsdiens doen dit. Nog altyd gaan godsdiens oor prestasies en teenprestasies. Mense moet God se guns probeer wen deur gehoorsaamheid aan sy voorskrifte.  Paulus was ook deel van so 'n hoogs-kompeterende godsdiens. Die meetinstrument was die wet van God. Paulus het gemeen hy was go...

Gerrit Visser | Word wie jy is – Galasiërs 1 07.09.2026

Elkeen van ons vra van jongs af vrae oor wie ek is. In elke seisoen van die lewe speel daardie vrae verskillend uit in ons lewens. Galasiërs help ons om iets te ontdek van hoe om te word wie ons is. Paulus kon getuig dat Jesus sy lewe verander het, en ons kan dit vandag ook doen.

Neels Marais | Word wie jy is – Galasiërs 1 07.09.2026

Wie definieer ons? Watter hoofstuk in ons lewe het die finale sê oor ons lewe? Paulus leer ons dat ons slegste en donkerste hoofstuk ons nie hoef te definieer nie. Die Here het die finale sê oor ons én in Sy grootheid en liefde kan Hy ons lewenstorie vat en dit omvorm in ‘n verhaal wat Sy Naam verheerlik. In Sy lig kan ons onsself sien soos Hy ons sien.

Johan Smith | Vriende maak seer 01.09.2026

Vriendskap is goud werd. Goeie vriende is onontbeerlik in jou en my lewe. Daardie vriend of vriendin wat nader is as ‘n broer of suster leer Salomo ons so mooi in Spreuke. Maar dan: daardie ontnugtering as een van hierdie vriende, vriendinne jou seermaak of te na kom. Daardie onverwagse en onnodige dolksteek is ongelukkig deel van die lewe. Kom ons leer uit hierdie boodskap van die realiteit hierv...

Colin Smith | Wanneer vriende seermaak 01.09.2026

Hoe gemaak as iemand die naaste aan jou, jou seer maak? Wanneer jou hart in twee wil skeur en jou wêreld skielik baie onveilig voel. Jesus weet en daarom staan ons dié week stil by Hom op die aande tot Hy ‘n paar keer bitter seer gemaak is deur hulle die naaste aan Hom.  

Stefan Fourie | Vriende wat stilbly 24.08.2026

In Job se verhaal, kan ons baie leer oor hoe vriende moet en nié moet optree nie. In hierdie verhaal sien ons hoe hulle eers baie goed begin, maar dan later nie die beste voorbeeld van ‘n vriend is nie. In hierdie boodskap ontdek ons wat dit is.

Johan Smith | Vriende wat stilbly: Job 24.08.2026

Vriendskap is gewoonlik ‘n heerlike ding en saam met vriende is die lewe gewoonlik een groot fees. MAAR dan kom daardie tye van seer, pyn en beproewing in ‘n vriend se lewe – daardie tye wat jy wonder: Wat doen ek? Wat sê ek? Hoe moet ek optree? Kom ons leer by Job se vriende (en ander) hoe om hierdie reg te doen. A friend in need is a friend indeed . Kom leer om werklik so ‘n vriend te wees.

Colin Smith | Vriende vat jou na Jesus toe 17.08.2026

“Wys my jou vriende en ek wys jou jou toekoms” lui die woorde... maar watter toekoms praat ons van? Hierdie week staan ons stil by vier manne wat ware vriende is, en juis waarom ons elkeen sulke vriende nodig het, en sulke vriende moet wees.

Fanie Venter | Vriende vat jou na Jesus toe 17.08.2026

In ‘n wêreld wat arm is aan ware vriendskap, het ons nodig om daaroor te gesels. In die verhaal van Markus 2 is daar ‘n paar belangrike ontdekkings oor vriendskap. Die duidelikste ontdekking is dalk op ‘n plek waar ons dit nie sou verwag nie

Stephan Joubert | Gee my jou laste 11.08.2026

Vriendskap is lojaliteit. By Rut leer ek dat dit alles van my vra. Ek gee myself vir my vriende. Ek beskerm hulle rug, soos wat Jonatan vir Dawid gedoen het. Ek dra hulle laste, soos wat die Bybel van my vra. Ek is self bereid om al die goeie plekke in die lewe, en selfs my eie lewe, vir hulle te ruil.

Neels Marais | Vriende wat ons naby aan die HERE hou 11.08.2026

Naomi moedig Rut aan om in Moab agter te bly waar sy familie, sekuriteit en 'n toekoms het, maar Rut kies om saam met Naomi te gaan, al weet sy dit kan haar álles kos. Haar woorde wys dat sy nie net van Israel se God gehoor het nie, maar reeds die verbondsnaam Jahwe gebruik, wat wys op 'n persoonlike verhouding met God; daarom kies sy om by Naomi en by God se volk te bly sodat haar geloof kan groe...

Gerrit Visser | Vriendskap as verbintenis 11.08.2026

Rut en Naomi is meer as familie. Hul verbintenis word ‘n vriendskap waarin elkeen kan leer om saam te groei oor generasies heen.

Stephan Joubert | Tyd vir 'n dringende taalkursus by die Here! 03.08.2026

Ons woorde wys wat in ons harte aangaan. Ons taal moet uit ons hart kom, uit 'n hart wat die Here aangeraak het. Daarom moet ons leer om reg te praat. Dit vra meer as om net nie lelik te praat nie. Ons praat reg as ons die Here verheerlik en ander mense opbou met ons taal. Daarom skryf ons graag in vir 'n Bybelse taalkursus by die Here

Fanie Venter | Om beter (groter) te sien... 03.08.2026

Die manier waarop ‘n mens na iets of iemand kyk, bepaal dikwels ons optrede. In die verhaal van die man wat van geboorte af blind is, ontdek ons iets daarvan.

Stefan Fourie | As U nie saam gaan nie, gaan ons Nêrens! 27.07.2026

Die Jesuslewe dring ons om nader aan Jesus te leef. Moses wys vir ons opnuut, dat die grootste geskenk van God is nooit dit wat Hy gee nie, die grootste geskenk is God self. 

Fanie Venter | “Here, as U nie saamgaan nie...” 27.07.2026

Op ons pad om die Jesuslewe te ontdek, staan ons vandag stil by Moses se woorde: “ As U nie saamgaan nie, moet ons nie hiervandaan laat optrek nie.” Die vraag is: “Wat is vir jou die belangrikste - God se teenwoordigheid of God se gawes?”

Stephan Joubert | Geloof kos my meer as die regte woorde 20.07.2026

Daar's 'n verskil tussen tydbepaalde gebruike en tydlose norme in die Bybel. Dit sien ons duidelik in Eksodus 22 wat wemel van tydbepaalde gebruike aan Israel van ouds. Al volg ons nie meer sulke tydbepaalde voorskrifte na nie, vra ons onsself af watter tydlose norme is steeds geldig ook hier in God se Woord wat ons vandag steeds getrou moet gehoorsaam en navolg. Hierdie norme sluit in dat ons God...

Gerrit Visser | Wette oor die gewone goed wys God se liefde 20.07.2026

Wanneer God vir Sy mense wette gee om te leef, bemagtig Hy hulle om mekaar te versorg. Meer as 1000 jaar na hierdie wette gegee word bring Jesus dit in perspektief wanneer ons die Vader se liefde in Hom sien. Om mekaar te versorg moet deel wees van die identiteit van hoe ons vandag leef.

Ascultă podcastul Kerksondermure (KSM) în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice