Kerksondermure
Kerksondermure (KSM)
Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Fanie Venter | Van vasgevang na gevorm – gehoorsaamheid 06.07.2026 30:26
Die 10 plae is God se antwoord op die Farao se arrogante vraag: wie is die Here, dat ek na Hom sal luister. Uit hierdie antwoord gaan ons vandag riglyne kry vir ons lewe van gehoorsaamheid
Neels Marais | Van vasgevang na gevorm – nog een nag saam met die paddas 06.07.2026 27:14
Baie van die verhale in die Ou Testament gee vir ons ‘n “prentjie” wat ons help om ons eie lewe of lewensituasie te verstaan of om dit te interpreteer. Die verhaal van "Nog een nag saam met die paddas" (Eksodus 8:10) illustreer dat ons as mens dikwels kies om langer in ons ellende te bly, al bied ons Hemelse Vader onmiddellik bevryding aan. Die paddas simboliseer die slegte dinge waaraan ons vash...
Gerrit Visser | Van vasgevang na gevorm: Die begin 29.06.2026 22:45
In Eksodus sien ons hoe God Homself bekend maak aan mense vir wie Hy baie lief is. Hy wys hoe groot Sy mag is. Hy wys wat dit beteken om te gaan van vasgevang na gevorm.
Stefan Fourie | God se guns, te midde van onderdrukking 29.06.2026 26:52
In hierdie boodskap sien ons hoe God se krag sigbaar word en opdaag in die lewens en situasies van sy mense. Ons sien dat God se mense groei en floreer, selfs onder die druk van bose magte. Dit laat ons met die vraag: Wat kan God doen met situasies wat onoorkombaar vir my lyk?
Mike Burnhard | Die wêreld op ‘n mespunt 22.06.2026 27:27
Die wêreld op ‘n mespunt: wat leer ons as die bomme val?
Fanie Venter | Ons Vader 22.06.2026 24:48
Wys my iemand wat nog nooit gesukkel het met gebed nie en ek wys jou iemand wat nog nooit probeer bid het nie. Een van die belangrikste dinge en die grootste voorregte van ons geloofslewe is dat ons kan en mag bid. Tog sukkel ons daarmee. Vandag probeer ons verstaan waarom ons sukkel en wat om daaraan te doen.
Colin Smith | Bekommernis – die klippie in my skoen 15.06.2026 29:16
Ons elkeen ken die gevoel van ‘n klippie in die skoen. Dit skaaf en skuur en dwing jou om te stop en dit uit te haal, want anders lei dit tot verdere ongemak en gevolge. Bekommernis is soos daardie klippie wat knaag, wat pla, wat jou aandag vra. Wat daarmee gemaak? Feit is: Ons almal raak van tyd tot tyd bekommerd. Ons sit hierdie week by die voete van Jesus, langs die mooie see van Galilea en hoo...
Gerrit Visser | Iets om regtig oor bekommerd te wees 15.06.2026 28:39
Daar is baie dinge wat jou vandag bekommerd kan maak. Die Bybel help om te gaan van bekommerd wees oor aardse dinge na gemotiveerd wees oor die dinge wat regtig ons kommer nodig het. Jesus kom plaas al die dinge waaroor ons bekommerd kan wees in perspektief
Stephan Joubert | Alles in een nag: Ver tot in God se familie! 08.06.2026 32:03
Wat kan nie alles in een aand gebeur nie! Vat maar Handelinge 16. In een aand verskuif die evangelie mense vanaf dood na lewe, en vanaf donker na lig.
Colin Smith | Die belangrikste vraag wat jy kan vra 08.06.2026 26:11
Wat dink jy sou die belangrikste vraag wees om te vra? Google bied vir ons gereeld die nuutste top 50 vrae, en tog is nie een van hulle so belangrik dat elkeen op aarde die antwoord daarvan moet weet nie. Die vraag wat ons moet vra vereis ‘n antwoord. Ken jy die vraag? Nog meer: Ken jy die antwoord?
Johan Smith | Jy is uitgekies 01.06.2026 36:09
Ek en jy is uitgekies? Met al ons verkeerde keuses, skewe verledes en tekortkominge? Ja, “ jy is op jou naam geroep. Jy is Myne”. Vra vir Moses met al sy verskonings. Leer by Dawid na al sy droogmaak. Om nie te praat van Paulus wat Jesus se volgelinge vervolg het nie. Kom kry hoop. Hoor weer opnuut God se hartklop vir jou. Ja, jy is uitgekies!
Stefan Fourie | Uitgekies en aangetel 01.06.2026 33:49
Wat beteken dit as Paulus skryf: “Alles sal goed uitwerk?”. In my lewe sien ek dan nie raak dat “alles” goed is nie. Wat maak ons met die teëspoed en aaklige dinge wat met ons gebeur?
Gerrit Visser | Die Gees as advokaat 25.05.2026 26:20
Die Heilige Gees wys nie net vir ons hoe groot God se liefde vir ons is nie. Hy wys ons ook, soms in ‘n oomblik, hoe om anders te leef. Dit kan soos ‘n aanklag voel, maar dis vir ons beskerming. Sodat ons Hom nog meer kan leer ken, en ook onsself.
Neels Marais | Die Heilige Gees pick ‘n fight met jou 25.05.2026 26:35
Die Heilige Gees is nie net ons Trooster nie — Hy is ook die Een wat ons aanspreek wanneer ons afdwaal. Soms fluister Hy sag in ons binneste en ander kere daag Hy ons uit met waarhede wat ons eerder wil vermy. Sy doel is egter nie om ons te breek of af te skryf nie, maar om ons nader aan Jesus en God se wil vir ons lewe te bring. Kom ontdek hoe God se Gees ons in liefde lei na waters van rus en vr...
Stefan Fourie | Maak skoon jou huis 18.05.2026 29:36
Die Heilige Gees is God se Gees in beweging in jou lewe. Paulus sê dat die Heilige Gees in jou lewe kom woon, hy trek in jou in, en maak van jou sy huis. Wanneer die Heilige Gees inkom, dan kom kuier hy nie net nie, maar hy kom woon permanent. Dit beteken, dat die Heilige Gees begin om die huis waarin Hy woon, skoon te maak.
Colin Smith | Maak skoon jou huis 18.05.2026 33:53
Wanneer gaste kom, word ons huise skoongemaak. Wanneer ons mense verwag, kry ons tyd om reg te maak, voor te berei... maar daardie dag wanneer jy onkant betrap word met ‘n onverwagse gas, daardie dag kan jy nie skielik wegwens of wegsteek nie. Wanneer God by ons intrek, verander alles en kan ons nie meer wegsteek nie, want Hy is nie ‘n gas nie, Hy woon nou hier.
Gerrit Visser | Wag, en gaan dan! 18.05.2026 26:05
Net voor Jesus opvaar hemel toe, gee Hy aan Sy dissipels ‘n belangrike opdrag: “Gaan dan na al die nasies toe!” Ons ken daardie opdrag. Hy gee ook ‘n ander opdrag: “Wag op die geskenk wat ek julle sal gee.” Ons sukkel met daardie gedagte: “Wag.” Wanneer ons daardie opdrag verstaan, leer ons leef op ‘n nuwe manier.
Colin Smith | Die Hemelvaart is goeie nuus 18.05.2026 21:48
Om te groet is nooit lekker nie. Om ‘n geliefde se vertrek te aanskou bring verlange en diepe seer... en tog is daar een datum van vertrek wat JUIS GOEIE NUUS IS... waar een groet met ‘n beter een vervang word.
Colin Smith | Kinders van die Koning 11.05.2026 27:35
Wie is ek? Waarom is ek hier? Wat moet ek met my lewe maak? Hierdie vrae vorm die basis waar rondom elkeen van ons, ons identiteit bou. Kom luister saam na ‘n gesprek wat ek en jy broodnodig het om te hoor.
Gerrit Visser | Kinders van die Koning 11.05.2026 28:04
Die Heilige Gees bevestig dat ons kinders van God is en lei ons na ‘n dieper verstaan van ons nuwe identiteit in God. Om dit te weet is ‘n waarheid, om dit elke dag te leef is ‘n avontuur. Kies vandag om die avontuur aan te pak in die waarheid dat jy ‘n kind van die Koning is.
Stephan Joubert | Ek is ‘n kind van God 11.05.2026 30:38
Ek is ‘n kind van God. Romeine 8 leer my God se straf is af. Ek is regtig vry. Sonde is nie meer my baas nie. Ek is Gees-deurdrenk. Hy roep oor en oor uit in my hart dat ek aan God behoort. Ek praat nou die Gees se nuwe taal.
Stefan Fourie | As die opstanding nie waar was nie, sou hulle dit anders vertel 05.05.2026 31:23
‘n Kern waarheid van die Christen geloof , is dat Jesus Christus, doodgemaak is, begrawe is, en uit die dood opgestaan het. As dit waar is, kan ons dit op eis, dat Christene die enigste ware God aanbid. Maar as dit nie waar is nie, wat doen ons dan?
Neels Marias | Christus se opstanding verander alles 05.05.2026 27:03
Ons geloof is nie nutteloos nie. Ons hoop is nie leeg nie en ons toekoms is nie onseker nie. As kinders van die Here kan ons dit met vrymoedigheid sê want God het iets in ons midde kom doen. Jesus het uit die dood opgestaan, God het Hom opgewek en dít verander alles! Christus anker ons geloof en hoop en ons toekoms is ín Hom.
Stephan Joubert | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig is 28.04.2026 28:42
Jesus nooi ons in sy verhaal in. Dis nooit andersom nie. In Jesus se nabyheid deel ons in sy oorwinning oor die bose magte. ByJesus hoor ons ook hoe klink "the roar of the lambs." So klink die nuwe oorwinningsverhale wat Jesus se uitgestuurdes kom vertel met hulle terugkoms (Lukas 10:1-16). Dan nooi Jesus hulle selfs nog dieper in sy eie narratief in as hulle by Hom hoor dat hulle grootste vreugde...
Neels Marais | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig is 28.04.2026 26:48
Hoe kan ek geluk vind? Hoe kan ek meer blydskap ervaar? Is ons “high performance culture” die antwoord? Daar is iets in ons almal wat hou van prestasie. Dit is lekker om te wen. Ons geniet dit om eerste te kom. Sukses smaak soet. Dis betekenisvol om vir die Here te werk. Maar tog leer die Here ons dat ons nie primêr ons vreugde in hierdie tipe goed moet vind nie. Die bron van ons diepste vreugde l...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.