Kerksondermure
Kerksondermure (KSM)
Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gerrit Visser | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig is 28.04.2026 36:05
Wanneer die 72 volgelinge van Jesus terugkom is hulle vol vreugde. Hulle vertel van wonderwerke en getuig van God se liefde vir ander. Daardie verhale kan deel wees van jou lewe ook.
Stefan Fourie | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies! 20.04.2026 26:20
Om mense van Jesus te vertel, is baie keer vir Christene moeilik. Waar begin ek? Wat moet ek sê? Hoe moet ek dit doen? En is dit selfs my plek om dit te doen? Die Lukas evangelie is duidelik: Christene is boodskappers, boodskappers van ‘n iets groter as hulself.
Colin Smith | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies! 20.04.2026 32:01
In die nuus vandag, of eerder die NUUS SOPAS ONTVANG! Met gespitste ore luister almal aandagtig na dié gebeure wat die wêreld indringend gaan verander... Ons ken hierdie tipe aankondigings al te goed, en tog is daar ‘n aankondiging wat selfs groter is, genoem die euangellion . Hierdie week sien ons hierdie NUUTSTE NUUS, DIE BESTE NUUS in aksie.
Stephan Joubert | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies! 20.04.2026 26:32
Jesus is nie net ons Verlosser aan die kruis nie. Dit ook, Goddank! Maar Hy is ook die Here van ‘n nuwe koninkryk. En ons is sy weerlose weermag van lammers tussen die wolwe. Ons “wapens” is seënende hande, gebed, en die Goeie Nuus dat God aangebreek het. Nogtans is ons uitgestuur op gesag van Jesus en God Self.
Gerrit Visser | Meer lewe vir meer mense – Missio Dei – God is reeds daar 16.04.2026 30:27
God weet wat ons as mense nodig het. Wanneer ons getuig van die liefde wat in ons harte is aan onbekendes, is God reeds daar. Jesus stuur ons na plekke waar die Heilige Gees reeds besig is. Ons sluit aan by Sy werk in die wêreld.
Neels Marais | Meer lewe vir meer mense – Die Missio Dei 16.04.2026 25:55
Ons as kinders van die Here het geen rede om te twyfel oor wie ons is nie. Ons identiteit lê daarin dat die Here ons as sy getuies in die wêreld instuur. Jesus sê self: “Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle.” Hy stuur ons egter nie om God êrens heen te vat waar Hy nog nie is nie. Die Here stuur jou om raak te sien waar Hy lankal reeds aan die werk is. Hy gaan ons vooruit en beloof om ons...
Neels Marais | Daar is ‘n beter opstanding 16.04.2026 28:29
Ons Christelike hoop is nie blote optimisme nie, dit word gebou op dit wat God in Christus gedoen het. Hebreërs 11:35b beskryf mense wat marteling, verlies en selfs die dood verduur het, omdat hulle gehoop het op ’n “beter opstanding”. Hierdie “beter opstanding” beteken méér as om net weer lewendig te word soos bv. Lasarus of Jaïrus se dogter. Dit verwys na die finale opstandingslewe saam met God,...
Colin Smith | Daar is ‘n beter opstanding 16.04.2026 27:01
“Hy leef, Hy leef, Hy leef hier in my hart”, lui die lied... maar hoe is dit moontlik en wat beteken dit as ons sê daar is ‘n beter opstanding vir die gelowiges? Kom hou stil by Heb.11 en ontdek die beter opstanding in Jesus.
Stefan Fourie | Jesus smeer aan ons af 16.04.2026 27:04
Ons kyk na die Heilige week, deur die lens van die Hebreër skrywer. Hebreërs probeer die gordyn weg trek, sodat ons iets anders en nuut kan sien, van wie Jesus is en wat Hy doen.
Neels Marais | Jesus as finale offer 16.04.2026 31:43
Wie bid vir jou? Wie dra jou op die hart? Wie is ‘n 100% vir jou? Wie is die een, die enigste een, wat jou sonde kan wegneem? Vanuit Levitikus 16 leer ons dat die Hoëpriester al hierdie dinge tot ‘n mate gedoen het. Maar in Christus het ons ‘n nuwe Hoëpriester. ‘n Hoëpriester wat vir ewig bly en wat vir eens en altyd ál ons sonde weggeneem het. Die opgestane Christus is die een wat jou op die hart...
Colin Smith | Jesus as finale offer 16.04.2026 27:44
Die Tabernakel en al sy elemente klink dalk vir ons vreemd, totdat ons oë opgemaak word vir elke element daarin. Hebreërs help ons om verder te kyk, dieper te kyk en te sien hoe elke deel van die Tabernakel op Jesus, die volmaakte offer, dui.
Gerrit Visser | Jesus smeer af aan ons 16.04.2026 29:42
Jesus se dood aan die kruis is die grootste gebeurtenis in die wêreld. Wanneer ons weer daarna kyk het dit ‘n impak op ons – dit smeer af aan ons.
Stefan Fourie | Jesus is meer as net ‘n Verlosser – Jesus is die Voorloper! 30.03.2026 24:49
Die Hebreër skrywer begin sy brief deur te sê: “Daar is niemand soos Jesus nie!” Jesus is die absolute Middelpunt, maar daar is meer aan Hom as wat ons baie keer raaksien. Jesus se werk het nie net by die kruis gestop nie, maar ons word uitgenooi om verder te kyk, verby die kruis en die GOUD van ons geloof raak te sien.
Gerrit Visser | Jesus as voorloper 30.03.2026 26:26
Die skrywer van die brief van Hebreërs kyk verder as die kruisiging van Jesus. Hy wys vir ons hoe Jesus vandag in ons lewens is. Hy wys vir ons dat Jesus voor loop, maak nie saak waar ons gaan nie.
Stephan Joubert | Min of Meer – vra vir Petrus 23.03.2026 32:10
Petrus se ontbyt saam met Jesus is in een woord aardskuddend. Pleks dat Jesus hom herinner aan die feit dat hy Hom drie keer verloën het vra Jesus drie keer vir Petrus: “Het jy my lief?” Hierdie aardskuddende vrae en antwoorde word opgevolg deur drie opdragte aan Petrus. Jesus leer hom dat liefde meer as lippetaal is. Dit lei tot ‘n nuwe lewe van diens en medelye
Stefan Fourie | Min of Meer ... Nikodemus 23.03.2026 32:21
Die realiteit van ons wêreld is dat meeste mense nie kerk toe gaan nie. Hulle is nie kwaad vir die kerk nie, en wil dit ook nie afbrand nie, maar loer van buite af in. Nikodemus, ‘n karakter wat selfs Johannes in sy evangelie van skryf, is ook so ‘n persoon wat van buite af inloer, en dan stadig maar seker nader aan Jesus beweeg.
Neels Marais | Min of Meer ... Nikodemus 23.03.2026 31:59
Ons as mens wonder dikwels oor baie aspekte van ons geloof. Ons wonder oor die oorlog in Iran en of ons gebede ‘n verskil sal maak. Ons wonder oor al die leed en swaarkry in die wêreld. Andere kere weer het ons baie vrae oor dit wat ons in die Bybel lees. Nikodemus was ‘n gelowige wat baie vrae gehad het. Wat merkwaardig is, is dat hy met al sy vrae na die Here Jesus toe gegaan het. Ons Here het s...
Stephan Joubert | Min of Meer ... Tomas 16.03.2026 30:50
Spyt kom altyd te laat, sê hulle. Gelukkig het Tomas 'n tweede kans gekry. Hy was afwesig toe Jesus die eerste Sondagaand na sy opstanding aan die dissipels verskyn het. Hy was nie oortuig dat Jesus leef nie. Tomas wou sy eie post mortem doen. Maar toe daag Jesus die tweede Sondagaand weer op. En Hy nooi Tomas na Hom toe. Daar en dan het sy oë oopgegaan. Tomas se belydenis: "My Here en my God," ve...
Johan Smith | Min of Meer ... Tomas 16.03.2026 42:59
Jesus moet meer word en jy minder. Jesus moet belangriker word en jy onbelangriker. Dis geestelike groei. Dis hoe jou geestelike pad moet wees en moet lyk. Met hierdie boodskap leer ons meer deur te kyk na die lewe van Tomas. Ja, daardie Tomas wat die merke aan Jesus se hande wou sien. Hy kom in ‘n diep en uiters intieme verhouding met Jesus - so ‘n mooi verhouding dat elkeen van ons daarna moet s...
Colin Smith | Minder verwagting, meer vervulling 09.03.2026 29:36
Ons diepste begeerte vir “minder van myself en meer van Jesus”, kan beteken dat ek soms teleurgesteld word in my verwagting. Wanneer Jesus my vertrou met die “nie weet nie”, moet ek mooi oplet...
Gerrit Visser | Marta en Maria: Wanneer minder en meer alles verander 09.03.2026 30:35
‘n Broer. Twee susters. ‘n Dorpie met min betekenis. Iemand sterf. Jesus daag dan op. ‘n Wonderwerk. Radikale verandering. Minder en meer is woorde wat herdefinieer word. ‘n Dorpie met min betekenis kry nuwe betekenis. Twee susters. ‘n Broer. ‘n Nuwe roeping.
Neels Marias | Moenie Sy stilte as afwesigheid interpresteer nie 02.03.2026 25:20
As kinders van die Here het ons soms die ervaring dat die Here ons nie so gou help as wat ons wil hê Hy ons moet help nie. Ander kere voel dit vir ons of die Here “wegstap” van ons problem af. Die verhaal van Johannes die Doper wys vir ons dat ons nie die Here se stilte as sy afwesigheid moet interpreteer nie. Hy is God en sy planne is nie ons planne nie en sy denke is nie ons denke nie.
Johan Smith | Minder of meer – Johannes die Doper 02.03.2026 29:40
In die lewe vandag is dit vir baie mense belangrik om raak gesien te word. Hulle wil graag belangrik wees. Om dit reguit te stel: om great te wees is baie se doelwit wat hulle najaag. Dis tyd dat ons tot stilstand kom en diep dink en besin oor wat is waarlik belangrik in die oë van die Here. Wat is dit waarna Hy kyk en soek om ware greatness raak te sien? Kom ons leer van en by Johannes die Doper...
Colin Smith | ‘n Maaltyd soos geen ander nie 23.02.2026 29:17
‘n Maaltyd soos geen ander, ‘n fees waarna jy genooi is – save the date en sien jou Sondag
Fanie Venter | Ken en vertrou 23.02.2026 21:12
‘n Mens vertrou baie moeilik iemand wat jy nie ken nie. Vandag beantwoord ons die vraag of dit dalk ook waar kan wees in ons verhouding met God.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.