Kerksondermure

Kerksondermure (KSM)

Religion AF ↓ 112 episodes

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.

Author

Kerksondermure

Category

Religion

Podcast website

ksm.co.za

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Neels Marias | Hou jou oog gevestig op Jesus, ten spyte van die storms 16.02.2026

Elke dag is daar e-posse, druk, teleurstellings, onsekerheid oor die toekoms en bekommernisse oor ons familielede. En êrens in die middel van dit alles sal ons oë begin dwaal. Ons sal na die golwe kyk. En stadig — amper sonder dat ons dit agterkom — sal ons ophou om na Hom te kyk.  Maar Jesus se uitnodiging is nie: “Probeer harder” nie. Sy uitnodiging is: “Moenie bang wees nie. Kyk na My, sien raa...

Fanie Venter | Hou aan hoop 16.02.2026

Vir die lewe op sy beste, ook buite jou gemaksone het ons iets baie besonders nodig. Mens noem dit hoop. Maar is hoop altyd genoeg?

Stephan Joubert | As jy moet vra, loop of klim, doen dit saam met Jesus 09.02.2026

Geloof loop soms hardepad. Vra vir Johannes die Doper. In Matteus 11 is hy in die dodesel. Johannes se geloof kos hom alles. Is dit die moeite werd? Gelukkkig doen Johannes een  goeie ding met hierdie twyfelvraag. Hy maak sy probleem Jesus S'n. Johannes gaan vra Jesus via sy eie dissipels of Hy regte die Messias is. Johannes vat sy twyfel na Jesus toe. Petrus doen ook in Matteus 14 die regte ding...

Stefan Fourie | Vrees: Ons Grootste Vyand om in beweging te kom 09.02.2026

Vrees is baie keer die grootste vyand in ons lewens, wat ons verhoed om te beleef hoe groot en almagtig God is. In Petrus se lewe, sien ons dat ‘n beweging - of dit nou uit vrees of waagmoed was - een is waar Petrus ontdek dat God reeds teenwoordig is in sy situasie. 

Gerrit Visser | Die seisoene van vrees en vertroue 09.02.2026

Van die dag wat ons gebore word moet ons ander vertrou. Almal se unieke reise bevat verskillende ervarings van vrees en vertroue. Dit is die dinge wat ons bang maak, wat ons help om te verstaan wie ons is, en ook wie ons nie hoef te wees nie. Dit skep ook die potensiaal vir nuwe seisoene van vertroue. Jesus leer baie oor vertroue en vrees.

Johan Smith | Die tragedie van die onoopgemaakte geskenk 02.02.2026

God is ‘n vrygewige God. Hy seën sy kinders met gawes. Sy bedoeling met gawes is dat dit eintlik geskenke ( gifts ) is wat ons moet gaan uitdeel in hierdie stukkende wêreld om dit ‘n beter plek te maak. Hierdie geskenke is Hy ernstig oor, want elke mens is vir Hom belangrik. Hy vra van sy kinders opoffering en diensbaarheid ter wille van ander. Hy wil nie hê ons moet die geskenke onoopgemaak laat...

Colin Smith | Die Tragedie van: As ek maar net... 02.02.2026

”As ek maar net...” het jy dit dalk al gesê? Wel jy is nie alleen nie. Kom luister saam, voor jy dalk jou woorde moet sluk.

Stephan Joubert | Om die Here te toets is om te kry wat jy vra! 26.01.2026

Toe kry Petrus wat hy wou hê: sy waterloop!  Toe nooi Jesus hom uit om op die stormwater te kom loop. Dit het hy nie sien kom nie. Petrus en die ander dissipels het gedink Jesus is 'n spook. Hy het Jesus juis so 'n bietjie getoets: As U regtig U is..." Maar Petrus het een goeie ding gedoen. Hy het bygevoeg: "Sê ek moet na U toe kom.' Toe kry hy sy wens. Toe loop Hy na Jesus toe, die groot "Ek is."...

Gerrit Visser | Geroep om uit die boot te klim 26.01.2026

Net na Jesus die dissipels met ‘n boot oor ‘n meer gestuur het, steek daar ‘n storm op. Die dissipels was bang, en toe kom Jesus na hulle aangestap op die water. Hy is kalm op die onveilige water, en hulle vreesbevange in die veilige boot. En toe roep Jesus hom, die brawe een, uit op die oop water – na veiligheid.

Neels Marais | Geroep om uit die boot te klim 26.01.2026

Soms voel dit vir ons of ons in die middel van ‘n storm heeltyd die wind van voor kry. Ons swem onder die golwe en in die donker nag wonder ons waar die Here is. Matteus 14 nooi ons uit om juis in sulke omstandighede ons oë oop te hou vir die Here wat naby is. Ons word uitgenooi en uitgedaag om Sy stem te gehoorsaam en om uit die boot te klim sodat ons kan wees waar Hy is.

Colin Smith | Die rede vir ons bestaan 19.01.2026

Ontdek die Jesuslewe is die inspirerende verwoording van Kerksondermure se bestaansrede. Daar is egter ‘n gevaar as ons die volgorde verkeerd kry. In Gal. 2 help Paulus ons om hierdie slaggat te vermy.

Fanie Venter | Die rede vir ons bestaan 19.01.2026

Ontdek die Jesuslewe is die inspirerende verwoording van Kerksondermure se bestaansrede. Daar is egter ‘n gevaar as ons die volgorde verkeerd kry. In Gal. 2 help Paulus ons om hierdie slaggat te vermy.

Neels Marais | Die Messias belowe seën, maar eis (liefdevolle) geregtigheid 12.01.2026
Stephan Joubert | Jesus is... regtig Immanuel 05.01.2026
Gerrit Visser | Die God wat was, die God wat is, die God wat bly 05.01.2026
Colin Smith | Geloof is... 05.01.2026
Colin Smith | 'n Lig het geskyn 05.01.2026
Stefan Fourie | Wat is God se wil vir my, in 2026 05.01.2026

Aan die begin van die jaar, vra mense dikwels die vraag: ‘Ek wonder wat die nuwe jaar vir my gaan inhou.’  Vir Christene is die vraag baie keer niks anders as om te vra: ‘Ek wonder wat is God se wil vir my in hierdie jaar nie.’  In hierdie boodskap ontdek ons dat ons kan weet wat God se wil is, wat dit is, en hoe ons ons lewens daarmee kan belyn. 

Colin Smith | Wees sterk en vasberade in 2026 05.01.2026

‘n Nuwe jaar is op hande – ‘n jaar vol nuwe geleenthede, maar ook uitdagings. Op weg na die onbekende leer ons by Josua kosbare wyshede waarmee ons hierdie jaar kan binnegaan. 

Stefan Fourie | Jesus bring ‘n swaard vir die siel 30.12.2025

In vandag se boodskap stop ons by Simeon, ‘n ou oom, wat twee profesieë oor Jesus uitspreek. Hy meld twee dinge wat Jesus gaan kom doen. Eerstens, Jesus gaan konflik bring tussen mense, en tweedens, Jesus gaan konflik bring binne mense. Vandag ontdek ons wat dit beteken.  

Fanie Venter | ‘n Lig het geskyn... 30.12.2025

Kersfees is nie ‘n sentimentele verhaal nie en help ons daarom om realisties te kyk na ons lewe in hierdie wêreld. Dis ‘n donker wêreld (nie hopeloos nie), waarin ons nooit ons weg sal vind nie, tensy Jesus ons Lig is nie.

Gerrit Visser | Die God wat was, die God wat is, die God wat bly 30.12.2025

Wanneer ons dink aan engele wat mense besoek dan dink ons aan Maria, Sagaria, Elisabet... Ons vergeet soms dat Jesus se aardse pa, Josef, ook deur ‘n engel besoek was in ‘n droom. Daardie ontmoeting help ons om te verstaan wie Jesus regtig is, gister, vandag, en tans hier.

Colin Smith | Geloof is... 30.12.2025

Kersfees kondig die grootste gebeurtenis in die geskiedenis aan: GOD HET MENS GEWORD. Dié gebeurtenis vra van jou en my om dit nie net te hoor nie, maar juis van harte te glo. Maar wat is geloof? Ons sien in die Kersverhaal hoe Maria se geloof gevorm word en juis daarin sien ons ‘n model vir ons eie geloof. Kom ontdek saam wat Geloof is...

Neels Marais | Vier waarhede uit Jesus se geslagsregister 08.12.2025

Ons almal het soms die ervaring dat die Here baie lank vat om ons gebede te verhoor. Die geslagsregister van Jesus Christus herinner ons daaraan dat die Here altyd sy beloftes hou. Hy hou sy woord, Hy kom sy beloftes na, maar dikwels voel dit of hy talm. Ons taak en voorreg is om te bly wag op die Here. Hy is nooit laat nie.

Fanie Venter | God se hart in ‘n lys 08.12.2025

Matteus begin sy vertelling van die Kersverhaal met ‘n lang, op die oog af, amper uitputtende geslagsregister. Wanneer ‘n mens hierdie lys name lees, kan jy amper nie wag om dit agter die rug te kry, sodat jy by die aksie kan uitkom nie. Maar jy sal ‘n fout maak om dit oor te slaan, want in hierdie geslagsregister is daar ‘n paar uiters betekenisvolle waarhede. Waarhede wat vir ons so baie vertel...

Listen to the Kerksondermure (KSM) podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.