Klank Kompas

Ek en my mense

Hierdie boeiende podcast bring 'n reeks inspirerende stories van hoop. Elke episode bied aangrypende getuienisse, stories en opinies wat jou sal aanmoedig om te volhard en vas te hou aan die hoop wat daar in Christus is.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: klankkompas.co.za

Autor

Klank Kompas

Categorie

Religion

Site-ul podcastului

klankkompas.co.za

Cel mai nou episod

16 nov. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android 10 mil.+ descărcări · nota 4,7+ iOS în curând

Episoade

Ep. 35 - "Wat het ons oor podcasting geleer?" | DJ Muller en Helene Meissenheimer gesels 16.11.2026

Wat moet ek weet as ek ’n idee het vir ’n podcast show? So drie jaar terug het Kaapkerk en Kerkbode die Klank Kompas-platform geloods as ’n gesamentlike projek waar geloofsinhoud in klank kon leef. In hierdie episode gesels DJ Muller (Kaapkerk) en Helene Meissenheimer (Kerkbode) ondermeer oor wat hulle ontdek het rondom voorbereiding en vrae, die kuns van luister en die tegnologie wat hulle gebrui...

Ep. 34 - Dylan en Swift vir 'n VBO? Protes en trooslirieke bring mense saam 03.11.2026

Wat gebeur wanneer jy die digterlike proteste van Bob Dylan en die meesleurende storievertelling van Taylor Swift na dieselfde tafel uitnooi? Wilmi Wheeler verken die unieke VBO waar predikante en musiekliefhebbers gesels oor die diep konneksie tussen popmusiek, lewensverhale en geloof. Van die liminale tussenin-ruimtes van Dylan se 'Mr. Tambourine Man' tot die 10-minute trooslirieke van Swift se...

Ep. 33 - Francesca de Gasparis - Faith communities and eco-justice 28.08.2026

In this episode we sit down with Francesca de Gasparis, Executive Director of the Southern African Faith Communities’ Environment Institute (SAFCEI) and former director at the Green Belt Movement International. Francesca explains that true "eco-justice" means shifting our worldview from seeing humans at the top of a pyramid to recognizing that we are equal parts of a scientific and spiritual "web...

Ep. 32 - Dr. Ernst Baard - Biodiversiteit en bewaring: die wonder van die Wes-Kaapse skepping 14.08.2026

Hy het sy loopbaan begin deur skilpaaie en paddas in Jonkershoek te bestudeer, en dit uitgebou tot 'n leeftyd se werk op die hoogste vlak van natuurbewaring in die Wes-Kaap. Dr. Ernst Baard sê natuurbewaring gaan nie net oor bokkies en blommetjies nie, dit gaan oor die stelsels wat ons lewe elke dag onderhou. In hierdie episode gesels DJ Muller met Ernst oor waarom die Wes-Kaap ekologies so uitson...

Ep. 31 - Dr. Dawid Mouton - Skeppingspiritualiteit: ons geloof en verantwoordelikheid teenoor God se huishouding 14.08.2026

Voordat hy 'n praktiese teoloog geword het, was hy 'n fisiese oseanograaf wat seewatertemperature in die Benguela-stroom bestudeer het. Vandag vra dr. Dawid Mouton, senior lektor in Praktiese Teologie by Stellenbosch Universiteit, die vraag: aan wie behoort die aarde eintlik? In hierdie episode gesels DJ Muller met Dawid oor wat dit beteken om te glo dat God skep, dat God die skepping goed noem, e...

Ep. 30 - Proteahoogte kinderteater: 'Geen ouderdomsbeperking op verwondering nie' 03.06.2026

In hierdie episode vier ons ’n merkwaardige mylpaal: tien jaar van kinderteater tydens Pinkster by die Proteahoogte-gemeente. Ons gesels met Christo Botha, Christene Kruger en Siegfried Louw oor hoe ’n droom om jong gesinne te bedien, ontwikkel het in ’n jaarlikse instelling wat die hele gemeente saamsnoer. Ons gesels oor die krag van stories en waarom dit dikwels meer toeganklik is as tradisionel...

Ep. 29 - Bywoners vertel oor "Geroep om te Floreer" kursus 16.03.2026

Drie persone wat onlangs die "Geroep om te Floreer" kursus bygewoon het, vertel oor hul ervaring en hoe hierdie kursus hul gehelp het om nuut oor hulself en hul gemeentes te dink. Vir meer inligting oor toekomstige kursusdatums, kontak Mathilda by mdup@kaapkerk.co.za. Meer oor die kursus: https://kaapkerk.co.za/wp-content/uploads/2025/06/Geroep-om-te-floreer-.pdf

Ep. 28 - Twee eerstejaar teologiestudente vertel oor roepings en drome 09.02.2026

09 Februarie was die opening van die Teologie Fakulteit in Stellenbosch. DJ Muller het met twee eerstejaar studente gesels oor hul pad tot hier en hul uitkyk op die pad vorentoe. Marnus Havenga deel ook later in die gesprek oor sy waarnemings oor roeping en teologiese opleiding in die breë.

Ep. 27 – Digitale higiëne: Tyd vir briek aandraai? 10.09.2025

Het jy al gewonder hoekom dit so moeilik is om jou foon neer te sit – al weet jy jy spandeer te veel tyd daarop? Of hoekom jou kind se bui en selfbeeld so direk beïnvloed word deur wat op Instagram of TikTok gebeur? Ons gesels met dr. Yolinda Steyn, ’n ervare traumakundige en navorser wat al baie jare werk met kinders, jongmense en volwassenes. Haar navorsing en praktyk fokus onder andere op die i...

Ep. 26 - Pyle van die bose en die engel in Oekraïne 06.09.2025

Tydens ’n onlangse besoek aan die oorloggeteisterde Oekraïne het ’n paar Suid-Afrikaners 'n groep vroue gaan ondersteun, veral rondom die sekondêre trauma wat hulle beleef. In hierdie episode vertel Dolf Du Plooy en Bernard Joubert hoe dit tans in Oekraïne lyk en hoe hulle sin maak van hul belewenisse. ’n Sleutelfiguur staan uit en help veral vir Dolf om anders na die oorlog te kyk - tot so ’n mat...

Ep. 25 - Cohen-konferensie: Alles het ’n kraak en die lig skyn daardeur 20.08.2025

As jy die naam Leonard Cohen hoor, is daar waarskynlik twee moontlikhede. Óf jy ken hom as die growwe stem wat soos Bybelverse oor jou spoel. Óf jy onthou hom in Shrek, waar die treffende lied “Hallelujah” die wêreld se kinders (en grootmense) aangegryp het. Sy musiek is ryk aan kontraste: donker én lig, liefde én eensaamheid, lewe én dood. In hierdie spesiale episode neem Wilmi Wheeler jou terug...

Ep. 24 - Nasionale Dialoog: Passie, aggressie en energie 18.08.2025

Ons gesels met Braam Hanekom oor sy bywoning van die eerste sitting van die Nasionale Dialoog. Hy het namens die Hoop en Versoening Trust daar gaan luister, deelneem en sy eie indrukke gevorm van wat besig is om in hierdie proses te gebeur. Die dialoog het duidelik ’n mengsel van hoop, pyn, woede en verwagting na vore gebring – en Braam se waarnemings help ons om beter te verstaan wat op die spel...

Ep. 23 - Deidre Jaftha: "'n Meisie soos ek, uit 'n area soos daai" 30.07.2025

Deidre Jaftha is ’n 24-jarige aspirant radio-omroeper en mentor by die Echo-huis in die Paarl. Sy het haar ma op tienjarige ouderdom verloor, maar danksy inspirerende vroue wat as rolmodelle opgetree het, is sy vandag self ’n bron van inspirasie en bemagtiging vir ander jong vroue. Een van die maniere waarop sy dit doen, is agter die mikrofoon by Radio KC. DJ Muller het met haar gesels oor die imp...

Ep. 22 - Karel Verhoef vertel oor opwindende dinge by Radiokansel 14.05.2025

Dit is altyd lekker wanneer mense by ons kom kuier by die Sinodale kantoor in Bellville. Vandag het ds. Karel Verhoef, die Hoof Uitvoerende Beampte van Radio Kansel, by ons kom koffie drink. Hierdie tipe kuiers loop gereeld uit op ’n opname in ons ateljee – sodat ons ook iets van die kuier met jou kan deel. In hierdie episode gesels ons met Karel oor die opwindende dinge wat by Radio Kansel aan di...

Ep. 21 - Om gemeente te wees: Francois en Enel Lambrechts van Knysna Kerk 26.02.2025

Op ons storietoer deur die Suid-Kaap het ons in Knysna gaan kuier by Francois en Enel Lambrechts, ‘n leraarspaar wat passievol betrokke is by hul gemeente en gemeenskap. Wat aanvanklik net ‘n video oor hul kankerbediening sou wees, het vinnig uitgebrei na nog iets - ‘n eerlike refleksie oor diversiteit, gemeenskapsontwikkeling en die uitdagings én voorregte van dominee-wees. Kyk die video oor hul...

Ep. 20 - Kerkbode Kollig word een jaar oud 19.02.2025

Kerkbode se podcast, Kollig, word op 19 Februarie ’n jaar oud. ’n Jaar gelede het die Kaapkerk-span saam met Kerkbode begin om ons kommunikasie-mediums uit te brei met ’n podcast. Dit was ’n jaar waarin baie lesse geleer is, ondervinding opgedoen is, en aangrypende stories gedeel is. Ek het met Heléne Meissenheimer en Le Roux Schoeman gesels oor die pad van die afgelope jaar. Heléne is ’n joernali...

Ep. 19 - Twee ma's help ander met geloofsgroei 13.01.2025

Corli en Mariëtte van MaWees kuier in die Kaapkerk-ateljee en deel inspirerende insigte oor hoe hulle ander ma’s ondersteun in hul geloofsreis. Hulle beskryf hulself nie as “professionele ma’s” nie, maar eerder as vroue wat elke dag saam met die Here stap, luister en leer om te word wie Hy hulle roep om te wees. Met nederigheid en oorgawe deel hulle hoe God se leiding hulle toerus om ander te bemo...

Ep. 18 - Msinga se stof bly op my skoene 17.09.2024

'n Groep predikante en leiers vanuit die Wes-Kaap het onlangs die Msinga-gebied in KwaZulu-Natal besoek en deelgeneem aan verskeie bedieningsaktiwiteite by gemeentes. Die groep bestaan uit DJ Muller en Daniel De Wet (beide van Kaapkerk), Nati Stander (George-Bergsig), Albert Myburgh en Mizelle Prinsloo (beide van Durbanville-Bergsig). In hierdie episode gesels DJ met hulle, maar ook van die geeste...

Ep. 17 - Klein, maar getrou: Die kerk in Japan 27.08.2024

In hierdie episode gesels ons oor die werk van Missie Japan, ’n vennootskap tussen die NG Kerk in Suid-Afrika en die Gereformeerde Kerk in Japan. Ons gesels met Stéphan van der Watt, ’n sendeling wat al meer as 15 jaar in Japan werk, en Yoshitsugu Ohnishi, ’n Japannese pastoor en dosent in Ou Testament studies. Hulle deel hul ervarings van die verspreiding van die Evangelie in ’n land waar minder...

Ep. 16 - Ondersteunende Leierskap: Ryno Els oor jongmense en geloof 21.08.2024

In hierdie episode gesels ons met Ryno Els, van Toringkerk. Hy is ’n predikant met ’n vars perspektief op hoe ons die volgende generasie kan ondersteun in hul geestelike reis. Ryno deel sy insigte oor ’n reeks gesprekke wat hy onlangs met jongmense gehad het, waar die idee van ’n “bottom-up approach” na vore gekom het. Hy beskryf hoe hierdie jongmense pleit vir meer geloof as ’n bron van betekenis...

Ep. 15 - U2 Konferensie: "Gewyde seer..." (Deel 2/2) 07.08.2024

Op dag twee van die U2 konferensie, reflekteer ons oor 'n aangrypende aanbieding van die vorige aand. Dit gaan oor seerkry, brutale eerlikheid en die bediening. Ons hoor ook van die rol wat U2 in twee broers se lewens gespeel het, voor én na die een se dood.

Ep. 14 - U2 Konferensie: "Rou, eerlike geloof..." (Deel 1/2) 06.08.2024

Op 6 -7 Augustus het 'n konferensie oor U2 se musiek en die teologiese invloed daarvan, by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington plaasgevind. Dit was 'n baie verrykende ervaring. DJ Muller het op dag een van dié konferensie met die organiseerders en 'n paar deelnemers gesels oor hul ervarings. Musiek in hierdie podcast: Verskeie snitte deur U2. Beskikbaar op YouTube: https://w...

Ep. 13 - Diaconia hou geleenthede om te deel oor barmhartigheid 01.08.2024

Diaconia is ’n eenheidsbediening van die NG en VG Kerke. Hulle is tans besig met ’n reeks streeksbesoeke by gemeentes en ringe. By hierdie tipe geleenthede word daar stories gedeel oor hoe gemeentes, organisasies en ringe betrokke is by barmhartigheidswerk, en daar word ook gekyk na maniere hoe daar hande gevat kan word. Ons het in Worcester by hulle aangesluit op die 1ste Augustus en met ’n paar...

Ep. 12 - Laaiplek: "Covid het ons goed gedoen" 31.07.2024

Die kommunikasiespan van Kaapkerk het die week die Kaap bietjie agter gelaat en die pad gevat langs die Weskus op, tot by Velddrif en Laaiplek. Na ‘n heerlike ontbyt jaffel by die hawe, het ons by die NG Kerk op Laaiplek gestop en die gemeente se dominee, Charl van Rensburg, ontmoet. Dit was bitter koud, so ons het in die kerkgebou in die son wat by die venster inskyn gaan sit en gesels. ’n Paar d...

Ep. 11 - "Ignite the Flame" - Evangelisasie Konferensie 24.07.2024

Ons gesels met Braam Hanekom oor evangelisasie. Is ons nog genoeg besig hiermee? Hoe lyk evangelisasie in 2024? Indien jy of jou gemeente hulp nodig het met jul werk "na buite", reik gerus uit na Getuienis Aksie: https://getuienis.christians.co.za/

Ascultă podcastul Ek en my mense în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice