RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Êrens oorsee 6 Augustus 2024 06.08.2024 10:56
Cheney Collins vertel van haar belewenis van Oslo, Noorweë, waar sy al sowat twee jaar woon.
Tiaan van Deventer se camera obscura 06.08.2024 9:07
Tiaan van Deventer vertel vir Martelize Brink van ‘n camera obscura. By Burning Man het hy een van byna 100 vierkante meter opgestel.
Parfuum vir jou poedel 06.08.2024 1:28
Dolce&Gabbana het ‘n nuwe parfuum bekend gestel. Fefé, teen $109 vir 100 ml, is nie vir mense nie, dis vir honde.
Geraasbesoedeling - Deel 3 05.08.2024 5:14
Veearts dr. Liesl de Swardt praat oor die impak van geraasbesoedeling op diere, vertel watter geluide honde die meeste pla.
Kommer oor Baviaanskloof-bewaring 05.08.2024 7:01
Die sluiting van een van die Oos-Kaap se oudste vrywilligergroepe vir die ondersteuning van natuurbewaring, Friends of the Baviaans Wilderness Area (FOBWA), wek groot kommer onder bewaringsbewustes. Mariska Spoormaker praat hieroor met Japie Buckle, een van die stigterslede van FOBWA.
SA se laaste stoomsleepboot 05.08.2024 8:55
Johannes Uys vertel vir Martelize Brink van die Alwyn Vintcent, Suid-Afrika se laaste stoomsleepboot wat op Villiersdorp te sien is.
Vakansie op voorskrif 05.08.2024 1:07
In Duitsland kan ‘n dokter spavakansie van 4 weke voorskryf om uitbranding te voorkom, en die mediese fondse betaal daarvoor! Enkelouers se kinders kan saam gaan.
Suid-Afrikaanse Olimpiese munte 02.08.2024 11:18
Sport speel só ‘n belangrike rol in ons samelewing dat die moderne Olimpiese Spele ook op talle Suid-Afrikaanse munte uitgebeeld is. Johan Rademan praat hieroor met Pierre Nortjé van die Numismatiese Vereniging van die Wes-Kaap.
360 Speseryroete - Deel 46 02.08.2024 5:06
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die speserye wat in Franse kookkuns gebruik word.
Blitsbokke oor bronsmedalje 02.08.2024 10:19
Die Blitsbokke se afrigter, Philip Snyman, en voorspeler, Ryan Oosthuizen, vertel vir Martelize Brink van die bronsmedalje wat hulle by die Olimpiese Spele gewen het.
Die beste winkeldief van alle tye? 02.08.2024 1:34
‘n Vrou in Engeland is vas ná £500 000 se winkeldiefstal!
Vrugtebome en koue 01.08.2024 10:08
Dr. Esmé Louw vertel van bladwisselende vrugtebome se behopeftes in die koue maande.
Jonk 1 Augustus 2024 01.08.2024 8:11
Dr. Ria Smit vertel wat ‘n basiese velroetine behels, en die belangrikste bestanddele wat in velprodukte moet wees.
Die duurste kaas 01.08.2024 1:26
Die duurste kaas ter wêreld word van die melk van donkies in Serwië gemaak. Dit kos $600 per pond!
SA-trompoppies vaar goed in Frankryk 31.07.2024 7:28
Kaylene Cordom vertel van haar trompoppie-loopbaan. Sy is die afrigter van die junior nasionale trompoppiespan. Span SA het 11 goue, 13 silwer en 7 bronsmedaljes by die onlangse Wêreldspele in Frankryk gewen.
Diepkloof-rotsskuiling nou UNESCO-erfenisgebied 31.07.2024 10:04
Tania Colyn vertel vir Martelize Brink van die Diepkloof-rotsskuiling naby Elandsbaai, wat tot ’n UNESCO-erfenisgebied verklaar is. Die Elandsbaaimuseum is 'n interpretasiesentrum vir die skuiling.
Wie wil 'n bedpan hê? 31.07.2024 1:07
‘n Bedpan-versameling van 163 unieke items is met groot hoop op ‘n veiling geplaas. Niemand het egter daarop gebie nie.
Êrens oorsee 30 Julie 2024 30.07.2024 9:58
Marion Erskine vertel van sy ervaring in Nantes, Frankryk. Hy gee onder andere ‘n blik op die Franse se houding teenoor die Olimpiese Spele.
Padlopers wat leef van doodgeryde diere 30.07.2024 7:36
In die Koppies-distrik van die Noord-Vrystaat is daar verskeie padlopers langs die N1, wat doodgeryde diere oor ‘n oop vuurtjie langs die pad braai om te eet. Dié praktyk laat egter veldbrande ontstaan, wat al honderde duisende rand se weiveld en veevoer vernietig het. Mariska Spoormaker praat hieroor met Steven Pelser, veiligheidskoördineerder van die Koppies-distrik.
Die gevare van binneshuise kaggels 30.07.2024 8:36
Rita van der Walt vertel van die verborge gesondheidsrisiko’s van binneshuise kaggels.
Henry VIII op X opgespoor 30.07.2024 1:14
‘n Kunshistorikus het op die sosialemediaplatform, X, op ’n foto, wat by ‘n munisipale saal geneem is, ‘n langverlore skildery van koning Henry VIII uit die 1590’s raakgesien.
Museum van honde 29.07.2024 9:33
Karel van der Vyver vertel van die wêreld se eerste hondemuseum wat in Kaapstad geopen is.
Anrich se Worsie Wapsie Leeuvel Tiertert 29.07.2024 8:44
Haidee Muller-Isaacs gesels met Anrich Herbst (Wimpie van Orkney Snork nie) oor die herinneringe wat die heruitsending van dié program oproep.
Geraasbesoedeling - Deel 2 29.07.2024 9:02
Dr. Alida Naude praat oor die impak van geraasbesoedeling op volwassenes.
Olimpiese tafeltennisspeler op 58 29.07.2024 1:37
Zhiying Zeng was op 12 al ‘n professionele tafeltennisspeler. Op 16 was sy in China se nasionale span, en op 58 maak sy haar Olimpiese debuut vir Chili.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice