RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Society

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

29 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Jan Boland Coetzee: 'n Bewustheid van plek 12.09.2025

Die legendariese Jan Boland Coetzee is in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Ons luister na ‘n gedeelte uit ‘n onderhoud wat Martelize Brink in 2021 met hom gevoer het.

Rotterdammers kla oor daggareuk 12.09.2025

In Rotterdam was daar 2 000 klagtes teen ‘n fasiliteit wat medisinale cannabis verbou. Die reuk pla. Nou het hulle ‘n week om ‘n plan te maak anders is daar ‘n €3,5 miljoen boete, of hulle moet sluit.

Kos-stylering en -fotografie 11.09.2025

Marguerite Oelofse en Hannes Koegelenberg praat oor kos-stylering en kosfotografie. Hulle verduidelik hoe foto’s opgestel word om ‘n hele storie te vertel.

Nampo Kaap skop af 11.09.2025

Johan Rademan is by Nampo Kaap op Bredasdorp. Hy praat met die voorsitter van die reëlinsgkomitee, Henk Aggenbach.

Jonk 11 September 2025 11.09.2025

Dr. Ria Smit praat oor die gebruik van hialuroonsuur in skoonheidsprodukte vir jou vel.

Hond ontlont dinamiet 11.09.2025

‘n Joernalis in Peru se hond word as ‘n heldin gesien nadat sy ‘n kers dinamiet, wat in sy huis ingegooi is, se lont afgekou het voor dit kon ontplof.

Philipstown Draadkar Grand Prix 10.09.2025

Fred McQuade vertel vir Martelize Brink van die draadkarre wat die naweek weer die strate invaar by die Philipstown Draadkar Grand Prix.

Sanja se driekamp vir weeskinders 10.09.2025

Sanja Steyn gaan ten bate van Race4Grace aan die Xterra Driekamp-wêreldkampioenskap in Italië deelneem om geld in te samel vir weeskinders in Zimbabwe, waar haar ouers sendelinge was. Toe Haidee Muller-Isaacs verlede jaar met haar gesels het, was al hierdie dinge nog net drome. Nou is sy uiteindelik op pad!

Geskiedenis van die polkadot 10.09.2025

Dr. Mandie Uys praat oor die geskiedenis van die polkadotpatroon. Oorspronklik is dit met siekte en dood geassosieer.

"To Nice" word toe kaartjies na Tunis 10.09.2025

Twee Amerikaners was op pad na Nice in Frankryk. Toe daar gevra word waarheen hulle wil vlieg, antwoord hulle “to Nice”, maar toe bevind hulle hulle op ‘n vlug na Tunis in Tunisië!

Baviaanskloof-kommune kry Klip Kafee 09.09.2025

Met die draai van die eeu het die rekenaar-Y2K-vrese baie mense landelike verblyf, weg van enige water- of kragnetwerk, laat opsoek. Só het die gemeenskapsplaas Tchnuganoo in die Baviaanskloof tot stand gekom. Noudat Trevor Philander ook daarby ingekoop en met sy gesin daarheen verhuis het, spog Tchnuganoo met bobbejaanbestande groentetuine, roofdierbestande hoenderhokke én die Klip Kafee.

Êrens oorsee 9 September 2025 09.09.2025

Muller Rothmann vertel van die lewe op Timaru, op die suid-eiland van Nieu-Seeland.

Buffers belangrik teen hoë ouderdom 09.09.2025

Ná 44 jaar as bestuurshoof van die Algoabaai Raad vir Bejaardes, het Maureen Andreka, ook ‘n opgeleide maatskaplike werker, die volgende raad gegee: Dit is dit belangrik dat 'n mens al van voor jou middeljare ernstige werk maak van jou fisieke-, finsansiële- emosionele- en geestelike gesondheid om jou deur ‘n hoë ouderdom te help dra. Mariska Spoormaker het kort na haar aftrede met Maureen gesels.

Die hertogin van Kent (1933 - 2025) 09.09.2025

Marius Coetzee vertel vir Martelize Brink van die hertogin van Kent, wat in die ouderdom van 92 oorlede is.

Sportmotor jaag op snelweg 09.09.2025

In die Tsjeggiese Republiek is ‘n bestuurder van ‘n Formule 1 tipe motor vasgetrek. Vir ses jaar het die kar dan en wan op die hoofweg gejaag. Op die ou end is die hulp van ‘n helikopter ingespan vir die arrestasie.

Parasiete by troeteldiere 08.09.2025

Veearts dr. Ginelle Vivier praat oor interne parasiete, en ontwurming.

Tasneem van Bonteheuwel 08.09.2025

Haidee Muller-Isaacs kuier by Tasneem Meyer in Bonteheuwel se kleuterskool, waar sy ook haar papegaai ontmoet wat al in ‘n fliek was. Die papegaai was nie juis daai dag lus om te gesels nie, maar 'n mens hoor hom wel op die agtergrond.

Hoe het julle ontmoet? 8 September 2025 08.09.2025

Renchia Liebenberg vertel vir Martelize Brink dat sy haar man, Giel, op skool vir R5 by haar vriendin gekoop het!

Intimidasie te huur 08.09.2025

‘n Onderneming in Japan verskaf mense wat intimiderend lyk, om jou te help om moeilike situasies op te los. Hulle werksmag is meestal kaalkop met prominente tatoeëermerke.

Branderplankry-ontwikkeling in Afrika 05.09.2025

Johnny Bakker vertel hoe branderplankry in Afrika ontwikkel word. Daar was onlangs ‘n kompetisie in Angola waaraan Suid-Afrika ook deelgeneem het.

360 Speseryroete - Deel 97 05.09.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor tradisionele knoffelgeregte, soos Italië se bagna càuda met ansjovis.

Bibber op Buffelsfontein 05.09.2025

Weet jy waar is die plek in Suid-Afrika waar die laagste temperature gemeet word? Die Baai se Weather Guru, Garth Sampson, en sy vrou, Elmarie, het uitgery soontoe, en met Mariska Spoormaker hieroor gesels.

Sokkerhare 05.09.2025

Manchester United-ondersteuner Frank Ilett het in Oktober verlede jaar sy hare kort geskeer, en gesê sy hare word eers weer geskeer wanneer sy span vyf wedstryde in ‘n ry wen. Sy vooruitsigte vir ‘n haarsny lyk nie goed nie...

'n Plek vir penne 04.09.2025

Hendrik Theron praat oor die verbintenis wat mense met penne het. Hy is ‘n penentoesias wat uitsien na die naweek se SA Penskou in Kaapstad.

Bakkievrag-oorlewing 04.09.2025

In Covid-19 se grendelperiode is Shawn Wilken se salaris met tweederdes gesny. Sy vrou, Louise, se inkomste het ook verklein, en finansiële oorlewing het ’n noodsaak geword. Dis nou jare later, en ’n bakkievrag vol van enigiets – van ‘n Grandpa tot ’n brood - help steeds om die gate toe te stop, het Mariska Spoormaker gevind.

Ascultă podcastul Driesestig în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice