RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Society

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

23 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Die wyn en die "doughnut" 14.04.2026

Kom ons noem dit ‘n versnit van tyd - 120 jaar en ‘n ou droom, afgerond met ‘n "doughnut".

Krokodille en slange vir grensbeheer? 14.04.2026

Indië oorweeg dit om krokodille en giftige slange in riviere em moerse te ontplooi op die grens met Bangladesj waar heinings nie opgerig kan word nie.

Vreemde seediere 13.04.2026

Maryke Musson van uShaka Marine World in Durban vertel van vreemde seediere, soos blobvisse, koekiedrukkerhaaie, seeskapies, slympalings en dwergpypperdjies.

In die wêreld van landbou 13 April 2026 13.04.2026

In vandag se landbounuus kyk ons na die jongste verwikkelinge met bek-en-klouseer, ‘n veediefstalsaak, die melkbedryf se statutêre heffingsaansoek, en finansiële ondersteuning vir kreefplase.

Jou naam se komvandaan 13 April 2026 13.04.2026

Dr. Willem Botha praat oor Latynse name soos Adriaan, Cornelius, Antonius, Marthinus en Markus.

Kantoorstoel-straatresies in Japan 13.04.2026

In Japan vat die kantoorwerkers hulle stoele straat toe om teen mekaar te jaag. Spanne van drie jaag vir twee ure in ‘n aflosformaat.

Die kat kom weer... 10.04.2026

Dit is nie net desperate katte wat desperate spronge maak nie, maar ook hulle eienaars. Johan Rademan het uitgevind dat die kat wel weer kom.

360 Speseryroete - Deel 124 10.04.2026

Sjef Pieter Malan gesels met Martelize Brink oor olyfolie as geurmiddel en bestandeel.

Farbergé-eier in pub gesteel 10.04.2026

‘n Man is vir langer as twee jaar tronk toe gestuur nadat hy ‘n handsak met ’n Farbergé-eierstel ter waarde van £2,2 miljoen gesteel het, sonder om te besef wat dit is en hoeveel dit werd is. Hy het dit vir kokaïene geruil.

Dr. Beryl Botman se nuwe boek 09.04.2026

Dr. Beryl Botman, vrou van die ontslape oudrektor van die Universiteit Stellenbosch, Russel Botman, vertel vir Haidee Muller-Isaacs meer oor haar lewe na dese, ‘n nuwe boek en ‘n splinternuwe projek.

Jonk 9 April 2026 09.04.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor jogurt, dermgesondheid en wanopvattings soos dat suiwel slym in die lugweg veroorsaak.

Pluimbal se pluimvee-uitdaging 09.04.2026

Pluimballe se pryse het die hoogte in geskiet. Die balle word met 16 gans- of eendvere van dieselfde vlerk gemaak. In China waar die meeste pluimballe vervaardig word, het gansboerdery dramaties afgeneem. Die Chinese eet nou baie meer vark. Nou laat die Pluimbal Wêreld Federasie sintetiese pluimballe in graad 3 en junior internasionale kompetisies toe.

RSG se bibliofiel 08.04.2026

Sy noem haarself 'n onrehabiliteerbare bibliofiel wat hartstogtelik oor Afrikaans is. Haidee Muller-Isaacs gesels met Ina Strydom, die stem agter RSG se Taaldinge.

Wat kan ons leer by... 8 April 2026 08.04.2026

Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink wat kan ons leer by die antieke Grieke en Romeine oor teater. Die Romeinse keiser, Nero, was ‘n ywerige akteur.

Woonstelle vir geliefdes se as 08.04.2026

In China het mense klein woonstelle begin koop om geliefdes se as in te bêre, siende dat dit soveel goedkoper is as begraafplase. Dié praktyk is nou onwettig.

Êrens oorsee 7 April 2026 07.04.2026

Hermanus Retief gesels met Martelize Brink oor die lewe in Katar, en hoe die konflik in die streek hulle daaglikse lewe beïnvloed. Dit is sy elfde jaar as onderwyser in die Midde-Ooste.

Diversiteit en stamselskenkers 07.04.2026

Ilze Nel-Marais vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se uitdaging met etniese diversiteit en die min mense wat geregistreer is as stamselskenkers.

Bure wat spook 07.04.2026

Chinese bure was haaks, toe begin die een woonstel se inwoners vir 10 ure elke dag spookstories speel oor ‘n luidspreker by die muur wat hulle deel met die bure met wie hulle onmin het.

Hawe vir weggooi-hasies 06.04.2026

Amor McLaren vertel van die uitdaging van hase en konyne, wat ongewenste troeteldiere word en deur eienaars vrygelaat word op plekke soos parke en sportvelde.

In die wêreld van landbou 6 April 2026 06.04.2026

In die landbounuus: SA Landbou verwelkom die tydelike verlaging in die brandstofheffing. Die effek van die konflik in die Midde-Ooste op kunsmispryse. Bek-en-klouseer-nuus, en die jongste skatting vir somergraangewasse.

Jou naam se komvandaan 6 April 2026 06.04.2026

Dr. Willem Botha praat oor die komvandaan van Afrikaanse vrouename uit die Bybel, soos Salome, Naomi, Judith en Magdalena. Hy bespreek ook luisteraars se navrae oor Renche, Zelda en Marcia.

Tonne gesteelde KitKats 06.04.2026

Twaalf ton KitKat-sjokoladestafies is gesteel. Dit is in Italië vervaardig, en was bestem vir Pole toe die 413,793 stafies met die voertuig voete gekry het.

Steffi ommitafel 02.04.2026

Steffie le Roux gesels met Martelize Brink oor haar produksie, Ommitafel. Sy het haar ervarings om die tafel in ‘n karakter omskep. Dis ’n intieme musikale reis oor mense, maaltye en momente wat ons bind.

Julio Agrella se roomys 02.04.2026

Julio Agrella gesels met Martelize Brink oor sy regsgraad, skryfwerk en roomysmaak by sy huisrestaurant, Bistro Celeiro, op die Sewepassepad tussen Hoekwil en Karatara in die voorheuwels van die Outenikwas.

Johan Stadler se stoompunk-kuns 02.04.2026

Johan Stadler gesels met Martelize Brink oor sy stoompunk-kuns. Hy bou sy fantasiewêreld-kunswerke uit items wat hy by antiekewinkels en markte koop.

Ascultă podcastul Driesestig în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice