RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Society

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

23 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Sjef Ashley se restaurantdroom 15.05.2026

Sjef Ashley Wynand wou al lank sy eie restaurant bestuur. Die pad het eers ‘n paar ander kronkels gemaak, maar nou is sy droom uiteindelik bewaarheid. Haidee Muller-Isaacs het na Grabouw toe gegaan om te sien wat hy alles agter die kospotte aanvang.

Wolf! Wolf! Hoeveel bere is daar? 15.05.2026

‘n Maatskappy in Japan kan nie voor bly met bestellings vir hulle monsterwolf nie. Dit is ‘n sonkragaangedrewe robot beerverskrikker.

Jonk 14 Mei 2026 14.05.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor voeding om jou immuniteit te versterk, en waar Vitamien C in die prentjie pas.

Hoog in die tak(ke)bokke 14.05.2026

Die Franse polisie waarsku bestuurders teen takbokke en ander wilde diere, wat gegiste vrugte en verrottende plantmateriaal eet. Dié dronk diere se gedrag is onvoorspelbaar.

Pretloop ten bate van jong kankerlyers 13.05.2026

DF Akademie se Tuinklub bied die eerste jaarlikse Lig Loop-aandpretloop aan ten bate van jong kankerlyers. Die skool se gewilde tuintannie, Lorinda Smit, vertel vir Haidee Muller-Isaacs van hierdie gemeenskapsdaad van hoop, liefde en saamstaan.

Lize Marié, die suiwelsommelier 13.05.2026

Lize Marié du Toit gesels oor haar werk as suiwelsommelier, en hoe beoordeling by suiwelkompetisies werk.

Kleurlose verpakking weens oorlog 13.05.2026

‘n Groot peuselhappie-maatskappy in Japan se verpakking sal nou swart-en-wit wees weens ‘n tekort aan ‘n bestandeel van ink weens die blokkade van die Straat van Hormoes.

Êrens oorsee 12 Mei 2026 12.05.2026

Theresa Wernich vertel vir Martelize Brink van Jiaozhou in Qingdao, China, waar sy al drie jaar woon. Seekomkommer en sandwurms is daar gesogte disse.

Prof. Pierre vertel wie hy nog wil ontmoet 12.05.2026

Ons kyk deur die 100-jarige bril van professor Pierre Volschenk, en hoor wat hy van sommige nuwe kuns dink. Johan Rademan het by sy huis op Gordonsbaai by hom gaan kuier kort nadat hy op 1 Mei vanjaar 100 geword het.

Hoe klink jou seemeeu? 12.05.2026

Die sesde jaarlikse Europese seemeeu-kryskampioenskap het onlangs plaasgevind. Deelnemers van 15 lande het in België saamgetrek om te maak soos ‘n meeu.

Seeperdjieredding 11.05.2026

Chanel Visser vertel vir Martelize Brink van seeperdjieredding, na hulle by die Keurboomsrivier die see in gespoel word weens die geweldige hoë reënval.

In die wêreld van landbou 11 Mei 2026 11.05.2026

In hierdie week se landbounuus hoor ons van ‘n nuwe geval van bek-en-klouseer in die Wes-Kaap; landboumaatskappy NWK open ‘n nuwe tegnologiesentrum; ’n wêreldbekende plaaslike plantpatoloog word vereer; die Suid-Afrikaanse wynbedryf verwelkom China se nul-invoertarief; en die sitrusbedryf toon stabiliteit.

Snyborde in die kombuis 11.05.2026

Prof. Pieter Gouws gesels met Martelize Brink oor jou snybord keuse in die kombuis.

Brood op die rooitapyt 11.05.2026

Realiteitstelevisiester Queen Mercy Atang het by die Africa Magic Viewers' Choice toekenings in Nigerië opgedaag in ‘n rok gemaak van 500 brode om haar bakkery te bemark.

360 Speseryroete - Deel 128 08.05.2026

Hetta van Deventer – Terblanche gesels met Martelize Brink in die DrieSestig speseryroete oor die gebruik van koffie as geurmiddel.

Nasionale krisanteskou 08.05.2026

Prof. Michael le Cordeur vertel vir Martelize Brink van die nasionale krisanteskou wat die naweek op Pniel plaasvind.

Hof toe oor 'n handdoek 08.05.2026

‘n Duitse toeris is hof toe oor ‘n Griekse vakansie-ervaring wat nie na wense was nie. Hy het min kans gekry om die sonbeddens te gebruik, want ander toeriste het voor sesuur soggengs al hul handoeke op die beddens gesit om hul plek te hou. Op die ou end moes die toeroperateur opdok.

Jonk 7 Mei 2026 07.05.2026

Valpré Huisamen gesels met Martelize Brink in Jonk oor gefermenteerd produkte soos jogurt, kefir, suurkool, amasi en mageu.

Hartaanval in 'n KPR-klas 07.05.2026

‘n 72-jarige Karl Arps van Wisconsin was besig om die tekens van ‘n hartaanval aan studente te verduidelik tydens ‘n KPR-klas, toe hy self ‘n hartaanval kry. Gelukkig kon sy studente tot sy redding kom.

Paulette se stap vir 'n doel 07.05.2026

Paulette Govender het besluit om te begin stap ten bate van die geestesgesondheid van gemeentelede in haar kerk in die Paarl. Sy het dalk nie altyd die geld om by te dra nie, sê sy, maar met haar bene is daar nie fout nie. Intussen het sy 'n paar makkers aangemoedig om saam met haar te stap om sodoende geld in te samel vir diegene wat in stilte ly, vertel sy vir Haidee.

‘n Koerant in die hand in ‘n digitale era 06.05.2026

André-Pierre du Plessis vertel vir Martelize Brink van Die Promenader, ‘n splinternuwe gedrukte gemeenskapskoerant vir Seepunt.

Desireé Wentzel, die musiekjuffrou 06.05.2026

“Ek sal nooit ’n musiekjuffrou wees nie. Ek sal net drie jaar op ’n plek werk en dan skuif. Ek sal net in stede werk. Ek sal nooit op ‘n klein dorpie bly nie. Ek sal nooit op die platteland aard nie, en ek sal nooit met ’n boer trou nie.” Dit was die onderwyseres Desireé Wentzel se eintlike planne. Tog hét sy toe ’n musiekjuffrou geword. Sy woon al 55 jaar op Bonnievale. En ja, sy hét met ’n boer...

'n Pokémon-plan 06.05.2026

Wanneer nuwe Pokémonkaarte te koop aangebied word, staan mense tou voor die winkeldeur. ‘n Man in Pasadena, Kalifornië, het besluit om só ver voor in die ry in te druk, dat hy sommer gesorg het dat hy die vorige dag in die winkel toegesluit word.

Êrens oorsee 5 Mei 2026 05.05.2026

Alwyn Dippenaar vertel van Queensland, Australië, waar hy in die Outback boer. Daar maak hulle beeste met 'n helikopter bymekaar, siende dat die plase enorm is.

Prof. Pierre Volschenk word 100! 05.05.2026

Prof. Pierre Voschenk, kunsikoon, leermeester en kunsfilosoof is op 1 Mei 1926 op Paardekop naby Standerton in die destydse Transvaal gebore. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat ‘n doktorsgraad in kuns in Suid-Afrika verwerf het. Johan Rademan het by hom gaan kuier, en gevind dat hy op 100 nog ‘n onblusbare lewenslus het.

Ascultă podcastul Driesestig în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice