Solidariteit
Die Solidariteit Wêreld met Dirk Hermann
Kom luister saam wanneer Dirk Hermann met verskeie gaste oor gebeure in die wêreld en by Solidariteit gesels. Hierdie gefokusde gesprekke gee kykers 'n ander perspektief op hoe gebeure op nasionale en internasionale vlak die wêreld van werk beïnvloed.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: solidariteit.co.za
Autor
Solidariteit
Categorie
Site-ul podcastului
Cel mai nou episod
16 nov. 2026
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Ep 33 - Rassewette maak mense siek ... letterlik! 23.10.2025 12:41
Die uitwerking van rassewette op mense is só ekstreem dat dit hulle van hulle waardigheid ontneem. Dis hoekom Solidariteit só hard daarteen baklei. In hierdie week se episode praat dr. Dirk Hermann oor die fisiese effek watrassewette op mense het.
Ep 32 - Topvyf-gebeure – Wat sê dr. Dirk Hermann? 16.10.2025 13:16
In dié week se episode van die Solidariteit Wêreld gesels Dirk Hermann oor die topvyf-gebeure wat tans van belang is. Hy spreek sy opinie uit oor die hoofstroommedia asook die krisis rondom werk. Wat is jou gevoel oor Solidariteit se stem in die media? Luister saam en laat weet ons in die kommentaar.
Ep 31 - Ons gaan Withuis toe omdat die ANC sloer! 09.10.2025 26:49
Dirk en Jaco gee vir ons ʼn blik agter die skerms oor wat op die onlangse toer na Amerika gebeur het. Dit het 24 dae, 7 state en 2 besoeke aan die Withuis behels. Jaco gesels oor die vensterperiode wat tans oop is, wat ongelooflike geleenthede vir Suid-Afrika se verhouding met Amerika inhou mits dit reg bestuur word. Die regering doen alles in hul vermoë om ons in ʼn slegte lig te plaas, maar kry di...
Ep 30 - Charlie Kirk – net ʼn oomblik in tyd of ʼn ewigheid? 02.10.2025 21:41
Regoor die wêreld het mense oor die dood van Charlie Kirk gerou. Waarom het, veral jong mense, by Kirk aanklank gevind en oor sy dood getreur? Hierdie week gesels Dirk met Myrtle Endley oor rentmeesterskap, en oor hoe Kirk met opregte passie en eenvoudige waarhede jong mense gehelp het om die lig in ʼn deurmekaar wêreld te vind.
Ep 29 - Wat het in die Withuis gebeur? 01.10.2025 14:54
Die gesprekke in die Withuis wat oor Suid-Afrika handel, is nog lank nie verby nie. Dit is krities dat hierdie gesprekke voortgesit word om ʼn oplossing te vind vir die huidige tariefoorlog wat tussen Amerika en Suid-Afrika woed. Dit is egter nog meer belangrik dat gewone Suid-Afrikaners nie die prys vir die Suid-Afrikaanse regering se ideologie betaal nie. Dirk en Jaco Kleynhans gesels hierdie wee...
Ep 28 - VSA-tariewe: Wag daar ʼn protes op ons? 01.10.2025 17:10
Die golf van afleggings in Suid-Afrika duur voort. Dirk gesels hierdie week met Gideon du Plessis oor die toename van 100 000 afleggings binne ʼn enkele week, en dit is nog net die eerste vlaag. Wat wag op ons en wat is die oplossing? Kyk en gesels saam.
Ep 27 - Kwart miljoen werke kwyt; dis net die begin 01.10.2025 17:22
Kwart miljoen werke kwyt en dit is net die begin. Die regering swyg steeds. Hulle soek ‘n ekonomiese oplossing vir ‘n politieke probleem. Wat is die rol van Solidariteit en ander vakbonde vorentoe? Dirk gesels hierdie week met Gideon du Plessis oor ons ope brief aan president Cyril Ramaphosa oor die huidige krisis in die werksmag. Luister saam op al ons platforms.
Ep 26 - Die ANC sit soos ʼn stout kind in die hoek 30.09.2025 23:13
Die ANC sit soos stout kinders in die hoek en sê almal is lelik met hulle. In hierdie week se episode gesels Dirk met Jaco Kleynhans oor die komende besoek aan Amerika en die werklike impak van die tariewe op Suid-Afrika. Ons gaan vir ons land en ons mense opstaan!
Ep 25 - Cyril het ʼn graad, maar geen ruggraat nie. 30.09.2025 20:44
Die ANC bereik ʼn historiese laagtepunt! President Cyril Ramaphosa het vele grade, maar geen ruggraat. In vandeesweek se episode gesels Dirk met Connie Mulder en hulle ontleed die huidige politieke klimaat. Dit is reg om te vrees, maar daar is soveel meer om oor opgewonde te wees! Luister graag en besluit self hoe ʼn post-ANC Suid-Afrika vir jou sal lyk.
Ep 24 - SA se toekoms lyk beter as dié van Europa 23.09.2025 21:07
Ons hoor dikwels die vraag: gaan jy bly of gaan jy gly? Ja, die ANC maak dit ongemaklik in ons land, maar hoe lyk die toekoms regtig in Westerse lande? Hierdie week gesels Dirk Hermann en Jaco Kleynhans oor die moontlikhede as jy sou oorweeg om te emigreer, en hoekom Suid-Afrika se toekoms in baie opsigte beter lyk as dié van ander Westerse lande.
Ep 23 - Die ANC is reg en jy is verkeerd 23.09.2025 23:46
Die Nasionale Dialoog is ’n herlewingspoging van die ANC! In hierdie week se episode gesels Dirk met Werner Human oor waarom ons nie aan dié dialoog gaan deelneem nie, asook wat die alternatief is.
Ep 22 - Trump straf SA, danksy ANC 23.09.2025 29:09
Die 30%-tariefverhoging is hier – wat kan jy verwag? Pres. Trump is besig met ʼn totale herrangskikking van globale handel en SA trek aan die kortste ent. Is dit waarvoor Amerika vra onredelik of is die ANC net magsbehep? Vind uit in hierdie week se episode van die Solidariteit Wêreld.
Ep 21 - Is die menslikheid in onderhandelinge weg? 22.09.2025 22:26
Hoe lyk onderhandelinge agter geslote deure? Dirk gesels met Gideon du Plessis oor kollektiewe bedinging en of menslikheid nog 'n faktor is tydens onderhandelinge.
Ep 20 - Lesufi kan praat, maar ons gaan bou! 22.09.2025 17:50
ʼn R3,2 miljard-kampus wat die gemeenskap sal versterk, is op pad. Kanton werk aan ʼn vennootskap met die gemeenskap en in hierdie week se episode gesels Dirk met Henk Schalekamp oor hoe ons aanhou bou terwyl ander moedeloos raak.
Ep 19 - Blackvest: Geen klas vir wit kinders, slegs ras 22.09.2025 22:50
In vandag se episode gesels Dirk met Connie Mulder oor Bidvest se rassisme, wat as regstelling vermom word. Die beursprogram se bestaan kom nou eers aan die lig, maar is in werklikheid al vir 22 jaar in werking – en Bidvest is trots daarop. Kyk hier om uit te vind hoe president Cyril die begin en einde van die rasmalheid is.
Ep 18 - Trump se byt toe erger as sy “bluff” 17.09.2025 16:51
Die 30%-tariewe wat die VSA op Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte wil hef, kan ʼn verwoestende uitwerking op ons land hê. Die ironie is dat die kwessie met ʼn politieke skikking opgelos kan word – wat die VSA graag wíl toestaan. Die bal is nou in president Ramaphosa se hande; wat gaan hy daarmee doen? Hierdie is nie ʼn onoplosbare probleem nie, maar die regering het ons gefaal. Kyk hierdie week se episo...
Ep 17 - Werksoekportaal waar “BEE” nie tel nie! 17.09.2025 23:26
Die digitale platform wat Solidariteit in 2023 geskep het werk só goed dat selfs regeringsdepartemente daarvan gebruikmaak! In hierdie week se episode gesels Dirk met Hennie Bierman oor die opwindende nuwe funksionaliteit wat binne die volgende paar maande op Solidariteit beskikbaar gaan wees.
Ep 16 - Dirk en Kallie se gesprek met die president. 17.09.2025 40:17
“Bela is ʼn aanval op ons siel!” – Dit was die eerste woorde aan president Ramaphosa tydens onderhandelinge oor die Bela-wet. Dié week se episode bied ʼn kykie agter die skerms van Dirk en Kallie se gesprek met die president, asook hoe die boek Sielstryd tot lewe gekom het. Volg die skakel om ʼn e-weergawe van die boek af te laai: https://soli.online/5nu
Ep 15 - Ramaphosa pak in, Trump pak uit! 16.09.2025 21:52
Ramaphosa pak sy sogenaamde ideale ooreenkoms in sy G7-tassie, maar Trump stuur hom leë hande terug. In dié week se episode bespreek Dirk en Jaco hul kommer oor die regering se ‘wag-en-sien’-benadering – eerder as daadwerklike optrede!
Ep 14 - Dit is hoe SEB jou sak ruk 15.09.2025 19:01
Dit is geen geheim dat daar meer ongelykheid as gelykheid in ons land is nie. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het ʼn skokkende verslag vrygestel wat bewys hoe SEB mense in werklikheid ontmagtig. Skakel in by hierdie week se episode saam met Dirk Hermann en Theuns du Buisson, wanneer hulle oor al hierdie ontnugterende bevindings gesels.
Ep 13 - Sektorteikens – só gaan jy vervang word 15.09.2025 19:02
Die somme is gemaak, maar die antwoorde maak nie sin nie. Suid-Afrika se konsep van ras is absurd. Dirk Hermann en Connie Mulder bespreek Solidariteit se verslag oor die regering se rasregulasies. Kyk die week se episode om te hoor hoe jy in jou sektor vervang gaan word.
Ep 12 - Trump het die raspleister afgeruk 15.09.2025 23:16
Beteken hierdie die einde van rassewetgewing in Suid-Afrika? Ons land is meer ongelyk as ooit tevore. Die vraag is nou, moet ons nóg 25 jaar wag vir ekonomiese groei? Hierdie week gesels Dirk met Connie Mulder oor hoekom die ANC nooit genoeg rasregulasies sal hê nie.
Ep 11 - Withuis-gesprek: Pres. Ramaphosa in die “hoof” se kantoor 15.09.2025 24:12
President Ramaphosa het gedink dat sy “sjarme” voldoende sou wees om die gesprek in die rigting van vennootskap, handel en die G20-beraad te stuur. Toe wys pres. Trump weereens dat slegs hy die agenda vir gesprekke in sy kantoor bepaal. Ramaphosa is gedwing om oor onderwerpe te praat wat hy liefs wou vermy, en is veroordeel omdat hy Malema se “Kill the Boer” toelaat. Solidariteit hou van eerlike d...
Ep 10 - Te wit om welkom te wees? 11.09.2025 24:59
Is jy te wit om welkom te wees? In hierdie week se episode gesels Dirk met Willie Spies, direkteur van Hurter Spies, oor die 49 vlugtelinge wat in Amerika aangekom het en of hy saam met hulle gaan vlug. Is ons dalk te vinnig om hulle te oordeel? Verder vra Dirk vir Willie uit oor sy debat met Pieter du Toit en hoe hy werklik daaroor gevoel het. Klik hier om dié week se episode te kyk!
Ep 9 - Rassewette: Beteken afnames in Europese beleggings minder werk in SA? 11.09.2025 16:10
Dirk gesels met Jaco Kleynhans wat tans in Straatsburg by die Europese Parlement is, waar hy namens Solidariteit 'n memorandum oor rassewetgewing in Suid-Afrika ingedien het. Die werklikheid is dat die rassewette Suid-Afrika elke jaar duisende rande aan werksgeleenthede kos. Die werkloosheidsyfer het nie minder geword as gevolg van rassewetgewing nie; dit het baie meer geword. Daarom moet inte...
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice